PDA

View Full Version : Inligting Die Nietig verklaring van God se wette



Ben Cronje
Sep 18th 2019, 10:58 AM
Ons staan voorwaar in die eind tyd net voor Jesus se Wederkoms.



Ons lees in Psalm 119: 26 die volgende:

Psa 119:126 It is time for thee, LORD, to work: for they have made void thy law.

Psa 119:126 Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek.


Ek plaas ook die Engelse KJ-Weergawe, want dit omskryf dit beter. Die mens is besig om God se tien gebooie en ander waardes, normes en ordes as nietig te verklaar deur hul eie wette; Menseregte.



Op hierdie draad gaan ons hierdie wreldwye tendens n biekie monitor.

Daarinteen lees ons ook;


Psa 119:127-128 Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud. 128 Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.

Open 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.


Dit is ongelukkig waarop alles afstuur. Hulle wat gehoorsaam is aan God gaan nie net al hoe meer as fundamentaliste en verkramptes uitgemaak word nie, maar eventueel vervolg word;
Joh 16:2-3 Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy n diens aan God bewys. 3 En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.

Johannes 16:2-3 is n baie ontnugterende stelling, is dit nie. Selfs sogenaamde gelowigiges gaan onder die dwase oortuiging dat hulle n diens aan God bewys, die opregte gelowiges vervolg en vermoor. Dit kom...

Ben Cronje
Sep 18th 2019, 01:40 PM
Spr 29:15 Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar ‘n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.
Spr 13:24 Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.

Vandag, 18 September 2019, het die konstitutionele hof die uitspraak van die hooggeregshof van 2017 bevestig dat dit ongrondwetlik is om jou kind ‘n pak slae te gee. Dit druis teen die kind se regte in.

En net daar het vandag se dwase wereld die amper 6000 jaar se wysheid van ouer-ondervinding by die deur uitgegooi en ons sit met sogenaamde “kenners” wat dink hulle weet beter as l die generasies van ouers se kollektiewe kennis en ondervinding vr hulle! :cry:


Spr 1:7 Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.

In ons onderstebo wreld is kinderregte nou belangriker as ouer regte. God se orde word nou omgekeer. "Eer jou vader en jou moeder” word nou vervang met “Eer jou kinders, al is hulle rebels en het geen meer grense nie”, want jy mag hulle nie konsikwensies vir dade leer nie, Dis nou die letter van die wet. Kinderregte weeg nou swaarder as ouer-regte. Inteendeel, een van jou ouer-regte is nou weg geneem…

Die Christelike belangegroep "Freedom of Religion SA" het die 2017 uitspraak teen gestaan, maar raai wie het gejuig oor die uitspraak? Die Suid Afrikaanse Raad van Kerke en natuurlik ander kinderregte-groepe.

Ons laat dit retories...