PDA

View Full Version : Nuwe selfdegeslag besluit



Kalahari
Oct 10th 2019, 09:57 AM
Die NGK se algemene sinode sit huidiglik en het 'n nuwe besluit geneem rakend selfdegeslag gelowiges in die kerk. Stem jy saam met die besluit of nie, of maak dit nie saak nie?

Louwrens Erasmus
Oct 11th 2019, 09:56 AM
Lidmaatskap van 'n genootskap gaan nie maak of ek in die hemel kom of nie, so wat hulle ookal besluit het geen effek op my verhouding met die HERE nie. Hulle leiers moet dalk net deur Esegiel 34 lees en ter harte neem en kyk hoe hulle optree.

Kalahari
Oct 11th 2019, 02:35 PM
Ek was Dinsdag teenwoordig gewees toe die besluit geneem is. My wegneem is dat die kerk van die Here hieruit sal opstaan. Baie stem nie saam met die besluit nie en is ook nie bereid om meer saam met die besluit te leef nie. Die tyd sal leer wat die Here se wil is.

Ben Cronje
Oct 17th 2019, 08:00 AM
Die NGK se algemene sinode sit huidiglik en het 'n nuwe besluit geneem rakend selfdegeslag gelowiges in die kerk. Stem jy saam met die besluit of nie, of maak dit nie saak nie?

Interessant toe Paulus die volgende aan die Kerk van Korinthe geskryf het;


1Kor 6:10-11 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God berwe nie. 11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

Verbeel ek my, of is hierdie voorbeeld die teenoorgestelde rigting as wat die NGK tans volg? :hmm: