PDA

View Full Version : Die sleutel van Dawid??



Ta-An
Jul 28th 2007, 04:46 PM
Openb 3:7 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=66&CHAP=3&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=7) En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:

Wat is die sleutel van Dawid??:hmm:

Ta-An
Jul 28th 2007, 07:18 PM
Ek kry nog die verwysing in die OT Jes 22:22 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=23&CHAP=22&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=22) En Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie.

Beteken dit bloot outoriteit??

CFJ
Jul 28th 2007, 08:48 PM
Die sleutel van Dawid was nogal 'n studie wat ek gedoen het... en nou moet ek bieg, ek weet nie meer presies nie. Tog sal ek terugkom en dit wat ek kon uitvind later met jou deel. Ek is net bly dat ek darem kon onthou dat ek al so studie kon doen, hulle sê die floried in die tandepasta maak mens vergeet, ek borsel heeltemal te veel tande, of ek dink so... :confused :B :o

Ta-An
Nov 23rd 2009, 07:49 AM
Het 'n "Nuwe iemand" dalk meer info hieroor??

Philip dT
Nov 23rd 2009, 09:39 AM
Die kommentare sê dit dui op Christus, wat beheer het oor die "huis van Dawid." Die vraag is, wie is die "huis van Dawid"?

Jes 22 se laaste vers sê:

Jes 22:25 In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal die pen padgee wat in ‘n vaste plek ingeslaan is: dit word afgebreek en val, en die drag goed wat daaraan hang, raak tot niet, want die HERE het dit gespreek.

Psalm
Dec 7th 2009, 07:57 PM
Nee julle, lees asb die HELE Bybel in konteks, moenie traag wees om ALLES te glo wat in die profete staan nie. Jesus het dit self gesê.

Lees die onderstaande skrifte BAIE mooi deur. Sal dit nie verstaan as julle nie die HELE Woord in konteks lees nie.

Maar net 'n paar skrifte (Die profete is PROPVOL daarvan):


2 Sam 7 – En nee, hier word NIE van Salomo gepraat nie
Jer 29
Hosea 1
Amos 9
Luk 1
Luk 24


Dis amper onmoontlik on dit nie raak te sien as die Skrifte (Ou en Nuwe Testamente) in konteks gelees word nie, vergeet van teologie, dit gaan julle net deurmakaar maak dat die profete verkeerd en baie dinge nie verstaan word nie.
Die Profete is VOL antwoorde. (Glo of die teologie, of die Woord van God wat bestaan van Genesis tot by Openbaring)

Selfs Moses het al geprofeteer daarop – Sien Deut 28 – 32 (Paulus het in Romeine 10 uit Deut 30 gekwoteer) Deut 31:29 “...aan die einde van die dae sal teekom...”

Ek verwys net terug na die skrifte.
Glo wat die profete gespreek het of glo hulle nie...

Mag die Heilige Gees vir julle die skrifte oopmaak!

Groete