PDA

View Full Version : 'n Wit klippie mat my eie naam



Ta-An
Jul 28th 2007, 05:18 PM
1953 vertaling Openb 2:17 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=66&CHAP=2&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=17) Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sÍ. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op diť steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Net soos wat ons elkeen geskape is na G_d se beeld,( Psalms 139:14 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=19&CHAP=139&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=14) Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. ) uniek en 'n eie individu net so sal elkeen van ons nog steeds uniek bly wanneer ons ons eie name op 'n wit klippie sal ontvang. Wat sal die naam op die wit klippie uitbeeld... ek wonder :hmm:
En net ons self sal dit kan lees en verstaan :pp Hoekom?? :hmm:

Lanie
Jan 20th 2009, 08:00 AM
Soos wat ons vandag vir mekaar uitnodigingskaartjies gee het hulle in daardie tyd wit steentjies (met die persoon se naam op) gebruik om iemand uit te nooi na 'n fees. So die klippie wat jy sal ontvang sal 'n uitnodiging wees na die Seun van God se bruilofsfees! Jou nuwe naam sal jou nuwe karakter verteenwoordig en net jy sal dit kan lees omdat dit 'n baie persoonlike boodskap van Jesus aan sy geliefde kind is.... :pp Kan julle ook nie wag nie?

Mag ons almal genooi word... :pray:

protea
Jan 21st 2009, 05:32 PM
Ek lees al die 'het jy al jou keuse vir Jesus gemaak' verse 'raak' in die Bybel deesdae en ook die verse wat praat oor Jesus wat spoedig kom en moet tog nie talm om jou keuse te maak nie. Die dringendheid in al die verse wat ek lees is opvallend. (vir my in elke geval!):pp

marline
Mar 15th 2009, 07:20 PM
1953 vertaling Openb 2:17 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=66&CHAP=2&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=17) Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sÍ. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op diť steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang. :

Ek het my wit klippie by die Ester's ontvang!!!! Dit was waarlik 'n wonderlike ervaring om hierdie konferensie by te woon, en ons het ongelooflike seen ontvang. Om meer as 8000 vroue so bymekaar te sien, is 'n belewenis wat jy nie kan beskryf nie.