PDA

View Full Version : Word 'n Voorbidder

CFJ
Aug 6th 2007, 10:44 AM
As jy graag 'n gebedsversoek wil plaas op hierdie forum is jy welkom. Jy kan ook hierdie volgende skakels volg en 'n gebedsversoek (http://dominee.co.za/index.php?option=com_prayerrequests&Itemid=48) plaas en/of 'n voorbidder (http://www.dominee.co.za/index.php?option=com_mosforms&Itemid=180) word vir ander waar hulle gebede na jou privaat e-pos adres gestuur word.

Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
(Mat 6:6)
Elke gebed wat in die verborgene verhoor word, kan jou in die openbaar vergelde, maar dit is soms goed om in die openbaar ook iemand te kan bemoedig. Laat God jou lei oor hoe jy moet bid. :hug: :pray:

CFJ
Aug 29th 2007, 07:20 AM
Mens wil tog vra, dat elkeen dit ernstig sal oorweeg om 'n voorbidder te word. Daar is niks so kragtig soos gebed nie en dit is mense se gebede wat ander dra, hulle weet dit net nie altyd nie. Daar is mooi verhale van net een persoon se gebede, wat 'n hele herlewing laat plaasvind het of net een persoon wat ingetree het vir 'n harde hart en op 'n dag, het so hart sag geraak. :pray:

ldp
Nov 22nd 2007, 07:08 PM
Cfj dankie vir gebedsversoek uitnodiging.Wat ek egter wil weet is of hier in hierdie forum n gebedsketting is en of dit net deur middel van die ds webwerf is.Ek het egter nogal lywige versoek en wil dit graag by die regte groep uitkry en dan op stadium deel met lede waant ek is seker ons kan deur persoonlike ondevinding mekaar net meer en meer
versterk op die lewens pad vorentor.

Phil Fourie
Nov 22nd 2007, 07:24 PM
Hi Louis, weer

Jy kan hier enige gebedsversoek plaas onder die sub-forum "Gebed, Getuienis en Bediening". As jy dit wil privaat doen en slegs wil h die moderators moet dit sien, dan kan jy dit ook doen op die hoofforum (dis nou die Ingelse deel waar jy eers was), plaas dit dan in die Chat to the Moderators forum.

Ek hoop hierdie help, ons het wel planne om weer hier by Afrikaans Lighuis uit te brei (genugtig, ons het net noudie dag uitgebrei:saint:) en daar sal sekerlik spesifieke gedeeltes wees vir gebedsversoeke.

Groete
Phil

protea
Dec 16th 2007, 06:21 PM
As jy graag 'n gebedsversoek wil plaas op hierdie forum is jy welkom. Jy kan ook hierdie volgende skakels volg en 'n gebedsversoek (http://dominee.co.za/index.php?option=com_prayerrequests&Itemid=48) plaas en/of 'n voorbidder (http://www.dominee.co.za/index.php?option=com_mosforms&Itemid=180) word vir ander waar hulle gebede na jou privaat e-pos adres gestuur word.

Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

(Mat 6:6)
Elke gebed wat in die verborgene verhoor word, kan jou in die openbaar vergelde, maar dit is soms goed om in die openbaar ook iemand te kan bemoedig. Laat God jou lei oor hoe jy moet bid. :hug: :pray:

Help asb. As ek op die woorde 'gebedsversoeke' en 'voorbidders' kliek,se die bl. net: This page cannot be found. Ek sou baie graag as n voorbidder wou optree en julle e posse vir gebedsversoeke in die verband wil ontvang.

CFJ
Dec 16th 2007, 07:51 PM
Help asb. As ek op die woorde 'gebedsversoeke' en 'voorbidders' kliek,se die bl. net: This page cannot be found. Ek sou baie graag as n voorbidder wou optree en julle e posse vir gebedsversoeke in die verband wil ontvang.

Hallo protea, ja, ek moes ook vandag ontdek dat daar een of ander probleem met die sagteware was. Hopenlik is alles weer mre in plek. Daar is ongelooflike verhale op daardie skakel van hoe gebed vir mense gewerk het, dankie dat jy op hierdie manier wil help met koninkrykswerk!

protea
Dec 17th 2007, 05:39 PM

Hallo daar. Ek het vandag n faks gekry van ene Alet Goosen. Ek het nie n 'scanner' nie en daarom tik ek die brief oor omdat ek glo dis van uiterste belang.

Liewe Leser,

Die Here het gister baie duidelik met my gepraat en gese:

SA, keer terug tot God! Nog nooit was die tyd so dringend om te bid vir julle land en julle volk nie.Ek help net DIE wat hulle tot My wend vir hulp. Die keuse le by die SA volk of hulle gaan terugdraai na My en of hulle My gaan verwerp. Lg met katastrofiese gevolge. In My Woord is geskryf: Ek sal die antw wat My Naam aanroep , maar die wat My verwerp, sal Ek verwerp.

Bid dat julle nuwe president My keuse sal wees sodat SA weer as My volk en die RSA as My land bekend sal staan.

SA staan weereens op die drumpel van groot verandering. Die volk se hartsingesteldheid sal bepaal of Ek gaan help of verwerp. Verootmoedig julle voor My en pleit vir die voortbestaan van julle land en die Christendom hier aan die Suidpunt van Afrika.

En dan gaan Alet voor in haar eie gebed:

Uit die diepste van my wese pleit ek voor U my Hemelvader om ons weer n volk te maak wat ons oe gerig sal hou op U en U Seun Jesus sal aanvaar en erken as ons Verlosser. Vergewe ons waar ons die wereld bo U gestel het.Dankie dat ons kan weet U is almagtig, genadig, regverdig en goed en dat U hoor as ons in ons uiterste nood tot U roep.

In Jesus se Naam bid ek dit.

Amen

CFJ
Dec 17th 2007, 06:37 PM
Dankie vir die plasing protea. Daar is net een enkele rede vir ellende en angs en verdriet en onreg wat die mens teister, die mens het weggedraai van God hulle Skepper. Dit is al rede hoekom dit gaan soos dit gaan, mense het God verwerp. Keer terug na my en Ek sal jou land genees, is al wat God vra en dit is wat mens moet doen, soos wat Alet ook op wys...

2Kron 7:13-14 As Ek die hemel toesluit, dat daar geen ren is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, (14) en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde we, dan sal k uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
Voor ek vergeet, die skakel behoort weer reg te wees en jy sal nou kan registreer as voorbidder.

protea
Dec 18th 2007, 04:27 PM

Baie dankie CFJ. Ek het reggekom!
Help net asb met die vlgde: As ek nie wil 'quote' nie , maar oor die onderwerp wat in die draad bespreek word n inset wil lewer, hoe nou gemaak?

CFJ
Dec 18th 2007, 06:59 PM
Baie dankie CFJ. Ek het reggekom!
Help net asb met die vlgde: As ek nie wil 'quote' nie , maar oor die onderwerp wat in die draad bespreek word n inset wil lewer, hoe nou gemaak?

Hi protea,

Jy weet reeds dat "quote" 'n wyse is waarop jy kan "reply". Links bo elke draad en ook links onder aan elke draad, is 'n "Post reply" knoppie. Klik net daarop dan kan jy direk antwoord sonder om iemand aan te haal. Jy kan natuurlik, sou jy iemand aanhaal en dit nie meer wil doen nie, alles "delete". Die "Reply to Thread" blokkie waarin mens jou plasing maak, sal dan heeltemal skoon wees.

protea
Dec 19th 2007, 04:20 PM

Baie dankie! Nou is ek goed op koers!

Plaasgroete

CSC
Dec 21st 2007, 10:11 AM
CFJ, Ek is nuut op hierdie site, en het dringend gebed nodig. Ek alleen glo dat waar meer as een vergader is om te bid die here se wil sal geskied. Hoop jy kan my help.

CFJ
Dec 21st 2007, 11:20 AM
CFJ, Ek is nuut op hierdie site, en het dringend gebed nodig. Ek alleen glo dat waar meer as een vergader is om te bid die here se wil sal geskied. Hoop jy kan my help.

Beste CSC,

God is in beheer, dit moet jy erken en wt, dat Hy werklik in volle beheer is. Ek sal graag wil weet waarvoor ons vir jou moet bid en ook of ek dan namens jou 'n gebedsversoek aan al die voorbidders kan stuur.

As jy nie die inligting hier op die draad wil plaas nie, kan jy na my privaat e-pos vir my iets stuur. Ek kyk graag daarna en ek weet, God sal jou help!

Phil Fourie
Dec 21st 2007, 05:59 PM
CFJ, Ek is nuut op hierdie site, en het dringend gebed nodig. Ek alleen glo dat waar meer as een vergader is om te bid die here se wil sal geskied. Hoop jy kan my help.

Hi CSC, ek bid ook graag vir jou, jy is op hierdie oomblik in my gebede, laat weet as daar iets is waarmee ek kan help.

Groete
Phil

MercyChild
Nov 8th 2008, 10:46 PM
Ek het 'n lang geskiedenis, en alles daarin is nie van die mooiste nie. Ek is 'n eks lid van die SAPS en het baie familie en vriende agv geweld afgestaan. Ek het ook 'n agtergrond van verslawing, so ek dink nie ek het verder nodig om meer te se nie.

Ek het God aangeneem 27 Oktober 2008 en beleef tans 'n geweldige stryd met depressie. Ek sukkel om medikasie te kry, en self met die medikasie voel dit of niks wil werk nie. In my hart is ek oortuig dat dit satan is wat my aan die verlede gekoppel wil hou, maar ek wag nog vir God om my daarop te beantwoord.

Die depressie word soms so erg dat ek voel dat die lewe nie die moeite werd is nie. Ek moet myself soms forseer om myself te herhinner dat ek aan God behoort. As ek so depressief raak, raak ek soms so buite beheer en doen dinge waaroor ek later spyt is. Ek het al sewe maal probeer selfmoord pleeg, en soms is ek bang dat ek dalk net mag slaag. Nou het ek darem iets om myself te oortuig om nie sover te gaan nie, want ek is God se beeld, en ek wil nie sy beeld skade aanrig nie, maar dit beteken nie dat die gedagtes nie opkom nie.

Bid asb dat ek hierdie depressie sal oorwin. Ek wil dit nie meer as deel van my lewe he nie, en wil die mooi vir 'n slag in die lewe raak sien.

Julle gebede word opreg waardeer!:B

CFJ
Nov 9th 2008, 07:02 AM
Hallo Linda,

Jou nuwe natuur, is jou behoud (2Kor 5:17). Na mens tot wedergeboorte kom, het mens 'n outomatiese weersin in verkeerde dinge en 'n outomatiese liefde vir geregtigheid. Ons kan egter in menslike krag, nooit geregtigheid bereik nie, maar kan met die geloof wat God geskenk het met wedergeboorte (Efe 2:8), aan Jesus vashou. Deur aan Hom vas te hou, kan ons geregtigheid ervaar en bereik, omdat Hy ons geregtigheid is. Paulus het ook met hierdie selfde kwessie geworstel...

Rom 7:4-25 AOV So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra. (5) Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra. (6) Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie. (7) Wat sal ons dan s? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie ges het: Jy mag nie begeer nie. (8) Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood. (9) En sonder die wet het ek vroer gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe. (10) En die gebod wat die lewe moes wees, di het vir my geblyk die dood te wees. (11) Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood. (12) Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed. (13) Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word. (14) Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde. (15) Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek. (16) En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. (17) Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. (18) Want ek weet dat in my, dit wil s in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. (19) Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. (20) Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. (21) Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. (22) Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; (23) maar ek sien n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. (24) Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? (25) Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.
Daar is twee soorte sondes. Erfsonde en sondesmet. Erfsonde is wat Adam gedoen het en a.g.v. sy sonde, het almal 'n sondige natuur. Sondesmet is egter ons eie sondes wat ons pleeg, omdat ons 'n vleeslike liggaam het en feilbaar is. By wedergeboorte kom verander Jesus ons natuur en kom herstel Hy, wat Adam veroorsaak het (Rom 5:12-14; 1Kor 15:45). Na wedergeboorte het mens ongelukkig nog sondesmet (want ons vlees verdwyn nie in die niet nie), maar genadiglik sonder die begeerte of natuur om van nature te sondig, want nou haat mens sonde en is lief vir geregtigheid.

Voor mens tot wedergeboorte kom is mens lief vir sonde en haat mens geregtigheid. Jou natuur het verander Linda en jou natuur hou nie meer van verkeerde dinge nie, tog dink mens nog verkeerde dinge en doen mens verkeerde dinge. Ons behoud is Jesus, wat vir ons intree, "Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree." (Rom 8:34 AOV)

Deur Sy Gees, dring Hy ons nou en kom ons te hulp, "En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree." (Rom 8:26-27 AOV)

Die Here help jou Linda! :pray:

Etienne Marais
Jun 12th 2009, 01:42 PM
Ek het al vir baie mense se bekerings gebid.