PDA

View Full Version : Gedigte: Getuig met jou eie Gedigte

CFJ
Aug 8th 2007, 02:28 PM
As jyself gedigte skryf, plaas hulle gerus in hierdie draad. As dit egter iemand anders se gedig is wat jy wil plaas, kan dit in hierdie draad (http://bibleforums.org/showthread.php?t=96282) gedoen word. Moet nie iemand anders se gedigte hier plaas nie, net jou eie.

Jy kan ook jou eie draad begin. Hierdie is bloot net 'n samevatting van almal se gedigte en dit is nie nodig dat dit in hierdie draad hoef te wees nie.

Wat goed sal wees, is om dit wat gelei het tot die gedig wat jy geskryf het, ook hier te plaas as jy so voel. Jou getuienis behoort so bietjie agtergrond te verskaf wat so gedig baie meer waarde kan gee.

Lewies
Aug 24th 2007, 01:15 PM
In die soveelste aanslag van 'geestelike vallende siekte' het die volgende verse in my kop kom draai terwyl ek voor die spiel staan:

Ek, Simon Bar-Jona

Die doodsengel swaai
die doodsengel maai
in sy almag gesetel
Versplinter die murg
met die vlymskerp lem
van sy swiepende sekel

Wil jy bekleed wees
met rein blink linne
Is daar bloed geverf
aan jou deurkosyn
Stop dit hom
of nooi jy hom binne?

Simon Bar-Jona
het jy my lief -
is jy my kind
Kom klim op die skaal
of word jy verbaas
dalk te lig bevind?

Die saad is gesaai
die koringoes ryp
en vrugte te pluk
Of het lewenssorge,
begeerlikheid, rykdom
die gerwe verstik?

Onbedwingbaar die tong
dodelike gif -
tog somstyds rein
Borrel soet
en bitter water
uit dieselfde fontein?

Ons was b Hom
ons duiwels glo ook
maar ons sidder
Is my selfvoldane fantasie
van geloof sonder werke
unmitigated audacity?

Waarom is jy
soos my niere wat waarsku
onrustig in my
Wees stil my siel
of is dit klein jakkalsies
wat die wingerd verniel?

Dit is volbring
die prys was duur
As Ek reg gespreek het
in hierdie uur
waarom slaan jy My nog
gewitte muur?

Dink tog, o mens
ja, dink tog oor dit:
Watter oomblik gaan k
jou silwerdraad knip?

Die doodsengel swaai
die doodsengel maai
in sy almag gesetel
Versplinter die murg
met die vlymskerp lem
van sy swiepende sekel

CFJ
Aug 27th 2007, 08:02 PM

Lewies,

Dit is 'n baie diep gedig wat werklik intense emosies uitbring. Ek sal net graag wil weet wat 'geestelike vallende siekte' is? Ek het 'n idee maar is nie seker nie.

CFJ
Aug 28th 2007, 02:58 PM
Lewies kan op die oomblik nie antwoord nie en het 'geestelike vallende siekte' as volg verduidelik en toe hy dit noem het dit onmiddelik vir my aanneemlik geraak...

Dagse Ferdi,

Dit is 'n siekte waaraan meeste ly. Vandag is jy bo, more onder.
Paulus beskryf dit mooi - Die dinge wat ek nie wil doen nie, doen ek. Die dinge wat ek moet doen, doen ek nie.

Om vol te hou met heiligmaking is vir niemand seker maklik nie - of om 'te alle tye' onbevlek bevind te word.

Meeste van die tyd is dit 'n kwessie van 'louheit' wat 'n man beet het...

Gideon88
Sep 15th 2007, 08:59 PM
Sedert my jong dae had ek 'n besondere deernis vir bejaardes. Ek het die onderstaande in 1977 geskryf en dit het in verskillende publikasies verskyn - o.a. in die digbundel "Vensters van die Hart". Ek het al verskillende variasies daarvan onder o gehad.

(Dit is net ter verduideliking in geval ek verdink word van plagiaat.)

DIE GEBED VAN N BEJAARDE

Sen hul, O Heer, wie my ouderdom snap
In my dowwe oog, my onsekere stap;
Dankie vir hul wat n hand wat beef
en die koffie laat stort, weereens kan vergeef.
Sen hulle, Vader, met U milde hand,
Wanneer hulle ook eendag die jeug moet verpand.

Sen hulle, Heer, wat geduldig kan luister
na herhaalde ou grappies, en nie sal fluister;
En di wat kan stop en met vrolike lag
Klein dingetjies opdiep uit gister se dag.
Sen di wat verstaan as iets my ontgaan,
En gesels asof daar geen kwelling bestaan.

Sen hulle vir wie ek nie eens hoef te vra
Om my te help om my kruis te dra;
Wie die swakheid van oud-wees nie ligtlik verfoei,
Van wie liefde en agting so vrylik vloei.
Ek bid vir hl, Vader sen almal inkluis
Wat my pad ligter maak na u ewige huis.

AMEN.

EngelHart
Jan 11th 2008, 08:37 AM
Die Kruis

‘n klipperige randjie
wat die geskiedenis vertl
eenkant ‘n stowwerige naambordjie
uitgebeeld in ‘n passiespel

ek hef my hoof na U
my hande reik na bo
hoe kon hul U verafsku
hoe kon hul U nie glo?

‘n onbeskryflike lyding
het U deurgemaak
om te bring goeie tyding
my siel aan te raak

U het vir ons sonde gesterf
aan ‘n ongenaakbare kruis
U naam daarin uitgekerf
U bloed op die aarde gebruis

U het neergedaal
om die dood te oorwin
wyn en brood ‘n liefdesmaal
my siel vir u gewin!

Deur: Paula-Christine

Nicolaas
Feb 14th 2008, 12:17 AM
My
liefde vir jou
is nie 'n ruiker van twaalf bloedrooi rose
nie. Dit is 'n potplant: 'n Viooltjie.
My liefde vir jou het nie lang stele en wegsteekdorings nie. Dit is opreg,
soos potplante wat nie verlep nie: Viooltjies - wat mre ng op die
kombuisvensterbank, bokant die wasbak, voetjies in die modder
- sal wees!
My liefde vir jou
is nie vier-en-twintig afsnyblomme
wat bly vervaag in herinneringsglans aan een verbygaande droomgeleentheid
nie: Dit is kneusbaar-g! ..So anders as die sy-blomme van
vroer; wat nooit eens werklik ws
nie!
My liefde vir jou
is nie 'n bos varsgeplukte
rose; doudruppels tussen die blare; in
silovaan toegedraai
nie:
My liefde
kan nie gepluk word
nie:
Teenoor die langnek-simbool,
wat wetenskaplikes in kunsmatig gereguleerde
kweekhuise laat floreer, is dit pt-en-al
joune! ..Of dit is gld nie joune
nie!!
My liefde is nie daar
waar die ridder se wit perd en die pampoen-
koets mekaar by vanaand se bal ontmoet
nie: My liefde sal mre-oggend ng
hier wees: Maanlignag onder sterrehemel, of de
ni!!
Hoe graag sou ek nie dalk ook eerder iets meer
flambojant wou gee
nie?
..Maar ek kan myself nie verlon
nie: My liefde vir jou
is 'n viooltjie ..!
- Nie bloot net nog 'n dns
met
die aandblom nie..

Gerhard Ebersoehn
Feb 14th 2008, 12:23 AM
Uit dertig plus jaar se studie van die onderwerp - meesal in gesprek met Amerikaners - het die volgende gestalte aangeneem,

IN SABBATHS-TIME BEFORE THE LORD

FOURTEEN ABIB FIRST FIRST DAY
GOSHEN TO GETHSEMANE
PREPARE THE DAY OF PASSOVER!
BEGIN! REMOVE ALL LEAVEN!
TO THE END TO SACRIFICE THE LAMB!

FIFTEEN ABIB FIRST OF PASCHAL DAYS AGAIN
FEAST! REMEMBER! EAT!
UNLEAVENED BREADS ROASTED LUMP!
OUT FROM UNDER EGYPTS CLAIMS
TO FLAME TO ASH TO EARTH WITH THE REMAINS

SIXTEEN ABIB THIRD DAY ACCORDING TO THE SCRIPTURES
YAHWEHS PASSOVER CONSUMMATE!
FIRST OF WINTER HARVEST DAYS
WAVE THE SHEAF CLARION CALL TO SHAVUOT!
IN SABBATHS TIME BEFORE THE LORD!

FEAST ON STILL, BITTER LEAVENLESS BREAD
FIRST OF FIFTY TO THE DAY
LAST OF WINTERS GROWTH,
TWO LOAVES WAVED ONE THE BODY THAT IS CHRISTS
IN SABBATHS TIME BEFORE THE LORD!

Het u geweet, die Christelike 'Skrif-Geloof', is Pasga-Geloof?

CFJ
Feb 14th 2008, 12:37 PM

Mooi gedig Nicolaas, het jy hom geskryf? :)

CFJ
Feb 14th 2008, 12:41 PM

Dankie vir die gedig Gerhard en welkom hier by ons!

Nicolaas
Feb 18th 2008, 12:05 AM
Mooi gedig Nicolaas, het jy hom geskryf? :)
Dankie CFJ. Om jou vraag te antwoord: Ja, ek het hom self geskryf.
Groete, Nicolaas

Karen1
Jun 7th 2009, 02:44 PM
My lewe...

'n denkbeeld
Van hartseer en pyn
verwerping en hoop
van geloof gestroop.

Die lewe...

'n ou murasie van liefde
deur wind en weer
ontbind oor eeue heen

Is my lewe dan net ‘n
sprokiesverhaal
van weer probeer
en weer gefaal?

Onvergenoegd
dit is die mens.
Deur jare
se loop en val
het ek geleer
my lewe as sondaar
kan nie faal
want my Redder
is die Heer.

Nou is my lewe meer
sonder die Drie enigheid
sal ek skeur.

Jare moes ek wag,
harde feite leer.
Nog altyd was ek veilig
by my God en Heer.

Karen1
Jun 7th 2009, 03:04 PM
Die pad raak soms lank, pad van die lewe
met stopstrate van seer, geluk en strewe.

Wolke voor o waar waters vloei,
stop en reik uit na die wat bloei.

Verloor net nooit die sig van saligheid,
lewe eindig nie dit begin by ewigheid.

Elke afdraai pad n les om te leer,
vriendskappe vorm en liefdes word teer.

Elke stop het sy eiesoortige toekomsdroom,
tyd vir leer... groei vas aan die lewenssoom.

Kyk verby die sleg na wat goed is
lewe om te lag, leer van vergifnis.

Hou vas aan God drie-enig elke dag
Hy skenk genade en daaglikse krag.

protea
Jun 7th 2009, 04:34 PM
Dis pragtig Karen! Ja , ons word nie n maklike lewe belowe as ons die pad met Christus wil loop nie, ne? Doet zo voort!
Baie welkom ook by Lighuis en mag jy jou ook hier kan uitleef soos ons ander.:hug:

CFJ
Jun 7th 2009, 07:20 PM
Dis pragtig Karen! Ja , ons word nie n maklike lewe belowe as ons die pad met Christus wil loop nie, ne? Doet zo voort!
Baie welkom ook by Lighuis en mag jy jou ook hier kan uitleef soos ons ander.:hug:

Dis my sussie wat so mooi dig Mona, sy het net die naweek aangesluit... :)

protea
Jun 8th 2009, 05:58 AM
Dis WONDERLIK as familie aansluit om so ook deur die digkuns lof en eer aan ons Koning te bring! Ek werk nog aan my Hubby om ook aan te sluit ,moontlik met Karoobos??? as forumnaam ....;) om by Protea te pas...

Karen1
Jun 8th 2009, 06:02 PM
Baie dankie Protea ek waardeer jou kommentaar opreg...en kom ek se jou dit is my boetie wat my so geweldig inspireer... met die genade van Bo. En dankie Ferdi jy is 'n broer duisend!!!!:hug:

Karen1
Jun 8th 2009, 06:08 PM
Die klokkespel
van jou hart
gestop soos
di van Notre dam
boggelrug voel jy
in hartseer vasgevang.

Jy hoor klokke,
(nie jou eie hart)
binneste gebeier van
nog n Bultenaar
om te deel
in jou smart.

Hoor jou hartas God klop.

Karen1
Jun 8th 2009, 06:28 PM
Wanneer die oranje bal
met gemengde soel kleure
sy laaste oogknip gee
en agter die groot dam
se lyn verdwyn,
l daar een ry voetspore
gets op sand
waar watertonge
reeds gelek het.

Die mooiste skulpjuweel
is nie meer deel
van die pastel tableau
op die sagte strand
se skilderdoek nie
dit is nou in God se Hand.

(Wanneer God 'n geliefde kom haal)

Karen1
Jun 8th 2009, 06:46 PM
Hierdie dag het Ek
die hemel, land en see
net vir jou gegee.

Aan jou geskenk My kind.
Vir geen ander sterfling
sal Ek die wreld preserveer
en bewaar vir duisend jaar.

More draai Ek tyd terug,
memoires sal jy h
van gebottelde see,
vakuum verpakte strand
en geblikte hemellug...

maar My hart wil breek,
weereens gooi jy, mensekind,
jou lewe
in My gesig terug!!!

Karen1
Jun 8th 2009, 07:31 PM
Hier waar branders breek
op rustelose rotse -
en ewigdurende
standbeelde vernietig,
skeur helder lig deur
wat rooskleurig vertoon
teen die horison.

See sirkels krimp
en maak water botsels
op die rant van my siel
tot net een druppel
klankloos,
galoppend
verdwyn
niksseggend
verewig.

Helder roos
breek in kleur deur skuim,
magnetiese
korstondige
bloeiende dood
verdwyn.

God, ek & Liefde, saam bekragtig ons klankloosheid
terwyl die see sy ewigdurende standbeelde vernietig.
Torings stort ineen met wilde spoed en blanko wit skuim
wat in kontras met die swart van die nag verdwyn.

In die binding van verborgenheid,
verwek dit tog weer opnuut ewige “seerheid”.
Maar in die wewing van die onsigbare stof van
gallopende water en onophoudelike goue sand
skep God nogsteeds die "permanentste" teerheid.

("Seerheid" en "permanentste" is seker nie erkende Afrikaanse woorde nie, maar in 'n gedig is mens mos maar vry om "nuwe" woorde te skep:))

Mia Ashton
Jun 9th 2009, 06:24 PM
Hierdie is nie 'n 'gedig' wat aan enige reels voldoen nie, maar is net 'n aanbiddingslied wat tydens 'n retreatkamp by Good Shepherd Retreat in Pretoria in my hart opgeborrel het.

Die bepeinsing van
hierdie naweek
tevergeefs sou dit wees
as U daar geen behae
in kon vind.

Ek is egter aan U verbind
met onverganklike band
en die kosbare pand
van ewige trou het U-self
voorsien
aan die kruis vir straf wat ek
verdien.

Nou as stofmens is ek
waardig geag te wees
die bruid van die Lam
en trek ek aan die
lieflike kleed
in die hemel geweef.

Heerlik kosbaar die wete:
U bloed het my
hierin
geklee en mag ek nou
ingaan en ewiglik
maaltyd hou met U
my Here en my God.

In onvolmaakte mensetaal
bring ek my liefde vir U.

Kon ek tog maar dig,
kon ek tog maar sing,
swygend sou die skepping
luister.
My dankbaarheid, lofsang
en vrede in en vir U
onbeskryflik groot.

protea
Jun 10th 2009, 06:23 AM
Mia, dis pragtig! Soos met enige digkuns leer ken mens die digter se hart deur sy digkuns en dis hoekom ons so lief is vir jou!:hug:

MercyChild
Jul 15th 2009, 04:27 PM
Magtig ek kom hopeloos te min hier. Dankie CFJ vir die opening van hierdie draad, daar is beslis talentvolle skrywers hier onder ons. ;)

Hoop om spoedig 'n paar plasings te maak!:idea:

Willem
Jul 21st 2009, 10:49 PM
Sedert my jong dae had ek 'n besondere deernis vir bejaardes. Ek het die onderstaande in 1977 geskryf en dit het in verskillende publikasies verskyn - o.a. in die digbundel "Vensters van die Hart". Ek het al verskillende variasies daarvan onder o gehad.

(Dit is net ter verduideliking in geval ek verdink word van plagiaat.)
Gideon, die sny tot binne mens. Sal jy omgee as mens die per e-pos versprei vir ons jongeres wat ouer mense het wat begin sukkel met die skete?

MercyChild
Aug 6th 2009, 11:04 AM
Vandag het ek met God gepraat
Hierdie woorde het Hy te se gehad:

My kind, waar was jy? Ek poog al so lank om jou te bereik.
Soveel maal het ek probeer om my liefde aan jou te toon, jou te druk, jou vas te hou en vir jou om te gee. Maar jy het my aanhoudend weg gestoot.
Nie vandag nie Heer, sou jy se, laat my toe om dinge vir nog so n rukkie op my manier te doen.
Daarom het ek aanbeweeg na n volgende, wat beried was om My te ontvang.
Dit skeur My hart om jou in soveel pyn en ellende te sien. Ek wil jou help, en gehoop vir die dag wat jy My sal inlaat. My sal toelaat om jou te vertroos, vas te hou en lief te he.

Vader, waar is U?
Ek is nog altyd hier, my kind
Vader, ek is reg, ek het genoeg gehad om dinge my manier te doen. Genoeg seer, genoeg ellende, genoeg pyn en genoeg vrese het ek ervaar.
Vader, ek is reg om U liefde te ontvang. Ek is reg vir U vertroosting.
Vader.., sal U my vashou?
Maar natuurlik, ek was nog altyd hier vir jou. Ek het gewag en gehoop vir die dag wat jy My sou aanroep. Nog nooit het Ek jou laat gaan of op jou opgegee nie, My kind.
Jy sien my liefde is konstant, My liefde vir jou is vir altyd.
Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Wees nie bevrees nie, wanneer jy My aanroep, sal Ek altyd hier wees vir jou.

Met hierdie woorde het God se hand my hart aangeraak.
Ek kon die liefde, blydskap, vreugde en vrede ervaar. God se Gees het my hart gevul, my beker laat oorloop.
Dankie Vader, ek is hier om U wil te doen vir die res van my lewe.
Wys aan my Heer, wat U wil he ek moet doen.
Ek het U lief Vader met my hele wese. Ek honger na U met my hele hart en hele siel. Met my hele lewe wil Ek U eer.

Met teerheid het God my in Sy arms omvou. n Glimlag het deurgebreuk op Sy gesig. Was dit n traan wat oor Sy wange rol. Ja, n traan was dit beslis. n Traan van blydskap, want een van Sy kinders is weer terug!

MercyChild
Aug 6th 2009, 11:14 AM
Moederliefde.................

Moeder, vroeg in my lewe het ek jou as kind verloor
Die seer en die leemte kon nie my hart verbind
God het die gemis verstaan en my hart kom bekoor
n Spesiale mensie toeglaat om weer moederliefde te vind

Dis haar hoopvolle drukkies wat soveel trane afkeer
Deur hartseer en leed is sy daar om my by te staan
In gebed dra sy my op aan ons Liewe Heer
Selfs wanneer verkeerd, is daar nooit n woord van blaam

Meer werd is sy as goud en diamante wat blink
Deur haar voorbeeld kan ek in haar voetspore trap
Haar lewe weerspieel God, as haar Middelpunt
Dankbaar is ek dat sy die pad saam met my stap.

Soos haar eie dogter wil sy my net die beste gee
In haar teenwoordigheid is daar vrede en gemoedsrus te vind
Deur haar leiding word ek daagliks van Jesus geleer
Soms voel ek soos haar eie biologiese kind

Vandag wil ek vir haar uit dankbaarheid se
Elke dag vir haar die mooiste blomme bring
Dankie vir jou moederliefde wat slegs n kind kan he
Vir al jou tyd en omgee wat my hart weer laat sing.

MercyChild
Aug 6th 2009, 11:15 AM
Moederliefde..........

Aug 8th 2009, 09:24 AM
Vandag het ek met God gepraat
Hierdie woorde het Hy te se gehad:

My kind, waar was jy? Ek poog al so lank om jou te bereik.
Soveel maal het ek probeer om my liefde aan jou te toon, jou te druk, jou vas te hou en vir jou om te gee. Maar jy het my aanhoudend weg gestoot.
Nie vandag nie Heer, sou jy se, laat my toe om dinge vir nog so n rukkie op my manier te doen.
Daarom het ek aanbeweeg na n volgende, wat beried was om My te ontvang.
Dit skeur My hart om jou in soveel pyn en ellende te sien. Ek wil jou help, en gehoop vir die dag wat jy My sal inlaat. My sal toelaat om jou te vertroos, vas te hou en lief te he.

Vader, waar is U?
Ek is nog altyd hier, my kind
Vader, ek is reg, ek het genoeg gehad om dinge my manier te doen. Genoeg seer, genoeg ellende, genoeg pyn en genoeg vrese het ek ervaar.
Vader, ek is reg om U liefde te ontvang. Ek is reg vir U vertroosting.
Vader.., sal U my vashou?
Maar natuurlik, ek was nog altyd hier vir jou. Ek het gewag en gehoop vir die dag wat jy My sou aanroep. Nog nooit het Ek jou laat gaan of op jou opgegee nie, My kind.
Jy sien my liefde is konstant, My liefde vir jou is vir altyd.
Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Wees nie bevrees nie, wanneer jy My aanroep, sal Ek altyd hier wees vir jou.

Met hierdie woorde het God se hand my hart aangeraak.
Ek kon die liefde, blydskap, vreugde en vrede ervaar. God se Gees het my hart gevul, my beker laat oorloop.
Dankie Vader, ek is hier om U wil te doen vir die res van my lewe.
Wys aan my Heer, wat U wil he ek moet doen.
Ek het U lief Vader met my hele wese. Ek honger na U met my hele hart en hele siel. Met my hele lewe wil Ek U eer.

Met teerheid het God my in Sy arms omvou. n Glimlag het deurgebreuk op Sy gesig. Was dit n traan wat oor Sy wange rol. Ja, n traan was dit beslis. n Traan van blydskap, want een van Sy kinders is weer terug!

Mercy Child!:cry::pp:cry::pp Ek huil en lag nou letterlik deurmekaar na die lees van hierdie pragtige getuienis. n Dogter van die Allerhoogste het tuisgekom! Sy is uiteindelik tuis by haar Vader wat SO lankal vir haar wag en SO na haar verlang het. Mag Hy die res van jou lewe DAAR wees vir jou sodat Sy Gees jou kan lei , kan vertroos , kan leer en jou bystaan in jou droefheid. Maar mag jy ook vele kere voor jou Hemelse Vader se troon gaan dans in jou blydskap en Hom alleen al die eer gee vir Sy onuitspraaklike genade aan ons as sondaars. Ons is SO lief vir jou!:hug::hug:

Ta-An
Aug 8th 2009, 12:32 PM
Maar mag jy ook vele kere voor jou Hemelse Vader se troon gaan dans in jou blydskap en Hom alleen al die eer gee vir Sy onuitspraaklike genade aan ons as sondaars.En sy doen!! Sy dans vir Hom :pp

MercyChild
Dec 18th 2009, 11:19 AM
Drome van gister

Drome verpletter, drome vernietig
Tyding soos ‘n slegte nuus berig
Verbrokkel in duisend stukke wat jou vlenters sny
Is daar heling by die Lewende Fontein te kry?

Aan elkeen van ons was daar ‘n belofte gegee
Reeds het Hy betaal vir die ellende, die pyn en die seer
Die dag van gister is reeds verby
Ek gee oor sodat Hy die stryd vir my moet stry.

AndreHa
Dec 18th 2009, 12:23 PM
Nou en dan, gaan my gedagtes weer,
na waar my pad begin het met U, O Heer.

In duisternis vasgeklem, verlam, bevrees,
was ek afgetaklel in my gees.

Elke aand was dit so, keer op keer.
Teen hierdie ongesiene mag kon ek myself nie weer.

Tot een mooi dag, toe iemand my vertel
van Jesus, die Een wie oor duisternis het al die bevel.

Een aand, bevrees in my bed,
vra ek Hom baie mooi om te help, in gebed.

In 'n oomblik was die vrees vervang
met vreugde, en ek was nie meer bang.

Van toe af het die Gees my gelei,
en inderdaad my vir my roeping begin voorberei.

'N mooi pad het Hy met my geloop,
inderdaad Jesus het my vrygekoop.

Elke keer as ek naby die afgrond sou kom,
het sy beskermende hand van liefde my laat blom.

Ek weet Hy's lief vir my,
hoekom dan anders beskerm Hy my?

Na al die jare besef ek wel,
al het dit gevoel of beweeg ek deur hel,
Sy liefde omvou my wel.

En inderdaad, na al die jare het ek my roeping gevind,
En dit is om te help dat die vyand ander nie verslind.

Soos pragtige bloeisels wat bot,
groei hulle, glorie aan God.

CFJ
Dec 19th 2009, 07:06 AM
Drome van gister

Drome verpletter, drome vernietig
Tyding soos n slegte nuus berig
Verbrokkel in duisend stukke wat jou vlenters sny
Is daar heling by die Lewende Fontein te kry?

Aan elkeen van ons was daar n belofte gegee
Reeds het Hy betaal vir die ellende, die pyn en die seer
Die dag van gister is reeds verby
Ek gee oor sodat Hy die stryd vir my moet stry.

Ek het in 2006 'n gedig geskryf wat baie dieselfde strekking het as joune Linda. Ek hoop jy hou daarvan...

Ek droom in die son want ek kon

Ek het baie gedroom maar dit nooit bereik
hulle't vervaag soos mis voor die son
genoeg van my drome het ek wel bereik, dank die Heer,
nou droom ek nog want ek kon

Ek het baie gebid maar net niks wou gebeur
ek het gewag op die Heer se son
genoeg het Hy tog antwoorde gegee,
nou bid ek nog want ek kon

Ek het mense vertrou wat my hart gebreek
ek het alleen gestaan in die son
genoeg mense kan ek nog vertrou
nou vertrou ek nog want ek kon

Ek het saadjies gesaai deur die wind verwaai,
vir vols om te eet in die son
genoeg het gegroei om my hart te verkwik
nou saai ek nog want ek kon

Ek het gedrink uit die beker van hartseer en pyn
baie dae sonder musiek in die son
genoeg nektar het ek tog gesmaak,
nou leef ek nog want ek kon!

F. Alberts, 23 September 2006, 9:49

CFJ
Dec 19th 2009, 09:20 AM
Nou en dan, gaan my gedagtes weer,
na waar my pad begin het met U, O Heer.

In duisternis vasgeklem, verlam, bevrees,
was ek afgetaklel in my gees.

Elke aand was dit so, keer op keer.
Teen hierdie ongesiene mag kon ek myself nie weer.

Tot een mooi dag, toe iemand my vertel
van Jesus, die Een wie oor duisternis het al die bevel.

Een aand, bevrees in my bed,
vra ek Hom baie mooi om te help, in gebed.

In 'n oomblik was die vrees vervang
met vreugde, en ek was nie meer bang.

Van toe af het die Gees my gelei,
en inderdaad my vir my roeping begin voorberei.

'N mooi pad het Hy met my geloop,
inderdaad Jesus het my vrygekoop.

Elke keer as ek naby die afgrond sou kom,
het sy beskermende hand van liefde my laat blom.

Ek weet Hy's lief vir my,
hoekom dan anders beskerm Hy my?

Na al die jare besef ek wel,
al het dit gevoel of beweeg ek deur hel,
Sy liefde omvou my wel.

En inderdaad, na al die jare het ek my roeping gevind,
En dit is om te help dat die vyand ander nie verslind.

Soos pragtige bloeisels wat bot,
groei hulle, glorie aan God.

Hi Andr,

Dis altyd lekker om 'n gedig te sien wat feitlik dieselfde s as een wat jyself gedig het. Hier is een wat baie dieselfde as joune s...

My Eerste Ontmoeting

Ek onthou n donker nag
toe ek in geestelike bankrotskap trag
dit was iewers in negentien-sewe-en-tagtig
waar U my aangeraak het, so kragtig

Ek was so verlig na vele maande
van ander-mense-hartseertrane
Hierdie is my laaste gedig
my toekomsplanne ingewig
- U sielsverlore aarde -

F. Alberts, 25 April 2002, 3:00

AndreHa
Dec 21st 2009, 07:04 AM
Ja nee - dit is nogal. Daardie gediggie is my heel eerste gedig. Ek het net hierdie golf van inspirasie gekry en gedink ek beter dit neerskryf. :)

Marnix
Jul 14th 2011, 07:03 PM
Hemelliggame

Die westelig kwyn,
die nag verloor sy skyn.
Broers staan rug teen rug - oos
in ons val,
niks anders as boos.

Sou dit dan anders,
anders kan as voorheen?
Voor alles wat nou
geword het wat ons wou?

Hartseer, hartseer kyk hy neer
sou ons met die terugkeer, weer 'n keer?
Kies vir kennis van goed en kwaad -
die aantrek van die rooi gewaad.

Standvastig en ver,
baan hy sy weg met elke ster.
Sonder sy lig,
op die horison geen sig.

Soms in sy volheid,
kyk ons op - Sy verlossingsbeleid!
In die stilte van die nag
hou Hy oor ons die wag.

Elkeen weg sy eie baan,
'n liggaam soos die son en maan.
Maar kyk ons op - verder as die straal se strek,
dit wat wag is wat ons is -
Hemelliggame.