PDA

View Full Version : Nuwe lede, stel jouself voor



Pages : 1 [2] 3

Son of the South
Nov 3rd 2008, 12:02 PM
Ek het Johannes begin lees en redelik geleer, maar verstaan nie altyd al die inligting nie.

Hi Linda. Jou getuienis maak my dag! :pp Baie welkom hier by ons.

Hongarye is ver, maar die Here is naby (en die forum is ook naby :hug:).

Johannes is een van die moeiliker evangelies. Het jy al Markus of Lukas probeer? Ek glimlag sommer as ek onthou hoe het ek die Bybel verslind na my eie bekering. Kon nie glo wat alles in die Bybel staan nie; die Bybel is WONDERLIK, lees sommer baie. Die verstaan kan maar later kom en ek is seker die forum maaitjies sal graag help hiermee.

protea
Nov 3rd 2008, 12:27 PM
:hug:Liewe , liewe Linda,
Baie welkom en dankie vir jou eerlikheid. Mag die Here jou n honger na Sy Woord gee sodat jy dit letterlik wil verslind.Net by Jesus is genesing moontlik van ENIGIETS wat jou gebonde hou en net deur Sy KRAG is genesing moontlik. Hou net vas aan Hom! Al ons lievvvvde en soeiiiinkies!
Protea

Smuggler
Nov 7th 2008, 08:10 PM
Linda ! :pp
Ek loof God dat hy jou op so 'n "spesifieke" manier kom ontmoet het.
Laat my dink aan Paulus...ook eers lekker hardkoppig en "eiewys" gewees.

Ek bid dat God jou genade sal gee om hierdie getuienis, wat uniek is aan jou, uit te leef in 'n baie donker wreld waar die ware getuienisse van gelowiges jammerlik ontbreek.

Weet dat die pad wat God met jou loop BAIE spesiaal en volkome reg is.
2Sam 22:33 Die God wat my sterk toevlug is, Hy het vir my n weg volkomelik uitgesoek.

Ek bid vir jou! As daar enigiets is waarvoor ons kan bid of vrae wat daar is . . ASB praat net hoor !:pray:

Vanuit watter agtergrond (kerk verband) kom jy ?
Is jy al "gewas" (doop) tot 'n rein gewete oor jou verlede ? (1Pet 3:21)

Vrede-groete

kevinvr
Nov 11th 2008, 05:44 PM
Hello daar almal,
Ek is Kevin en ek het al myself voorgestel in die Engelse deel van hierdie bybelforum. My vrou is al reeds 'n lid hier. Ek is eintlik Engelssprekend, maar sal my beste probeer met Afrikaans. Ons is Baptiste sendelinge hier in Paraguay en op die oomblik is ek 'n 3rd graadse onderwyser by Asuncion Christian Academy. Ons het 3 maande terug 'n Afrikaanse kerk hier in Asuncion gestig en die Here seen dit geweldig. Alle eer aan Jesus!

CFJ
Nov 11th 2008, 06:52 PM
Welkom by ons Kevin en geluk ook! Julle is sovr ek weet die tweede Afrikaanse paartjie by Lighuis! :pp

paidforinfull
Nov 11th 2008, 10:48 PM
Hello daar almal,
Ek is Kevin en ek het al myself voorgestel in die Engelse deel van hierdie bybelforum.

Hallo alweer Liefie :kiss: (hierdie keer in Afrikaans)
(As jy lank genoeg hier is kan jy vir my briefies PM :pp)

Tatta

Lanie
Nov 12th 2008, 03:37 AM
Hello Kevin! :pp

Baie welkom! Ons is bly jy kom saamkuier!

(Ferdi, wie's die ander paartjie? )

CFJ
Nov 12th 2008, 06:19 AM
Hello Kevin! :pp

Baie welkom! Ons is bly jy kom saamkuier!

(Ferdi, wie's die ander paartjie? )

Hmmm, ek het geweet julle gaan wonder. Die heel eerste plasing op Lighuis, was deur haar man gedoen en sy hang heel dag hier rond... :idea:

Phil Fourie
Nov 12th 2008, 06:39 AM
Hello daar almal,
Ek is Kevin en ek het al myself voorgestel in die Engelse deel van hierdie bybelforum. My vrou is al reeds 'n lid hier. Ek is eintlik Engelssprekend, maar sal my beste probeer met Afrikaans. Ons is Baptiste sendelinge hier in Paraguay en op die oomblik is ek 'n 3rd graadse onderwyser by Asuncion Christian Academy. Ons het 3 maande terug 'n Afrikaanse kerk hier in Asuncion gestig en die Here seen dit geweldig. Alle eer aan Jesus!

Kevin

Baie welkom hier by ons op Lighuis, ek glo die plek sal sommer nog vir julle tot groot seen wees.

Groete
Phil

MercyChild
Nov 12th 2008, 08:41 AM
Hi daar Kevin

Lekker om te sien dat jy hier by die Afrikaners aangelsuit het. Jong jou vrou moes seker goeie inspirasie vir jou wees. Julle het nie een van die maklikste take nie, maar ek haal my hoed af vir wat julle doen.

Mag God julle ryklik seen!:)

kevinvr
Nov 13th 2008, 11:24 PM
Dankie vir al die vriendelike groete. Dit lyk soos 'n heerlike gesellige plek hierdie!
Senwense !

Die Filadelfieer
Nov 14th 2008, 07:30 AM
Kevin, Paidforinfull,
Ek wonder nou net oor die logistiek rondom julle tweetjies se deelname. Maak julle beurte op dieselfde rekenaar om vir mekaar boodskappe te tik of hoe werk dit ? ;)

paidforinfull
Nov 14th 2008, 03:56 PM
Kevin, Paidforinfull,
Ek wonder nou net oor die logistiek rondom julle tweetjies se deelname. Maak julle beurte op dieselfde rekenaar om vir mekaar boodskappe te tik of hoe werk dit ? ;)

Hehehe - ja-nee, dis nou 'n probleem daardie. Eintlik werk Kevin op die desktop, en ek op die laptop, maar my ou laptoppie is soooooo stadig, dus gebruik ek maar liewers sy komper as hy dit nie nodig het nie.

Geniet die dag :)

marline
Nov 15th 2008, 01:23 PM
Hi Kevin, Baie welkom!!!! Soos Belinda jou seker vertel het, hier kry mens baie antwoorde oor dinge waaroor mens wonder. Partykeer word daar hard gepraat, maar nooit lelik nie. :cool:

Die Filadelfieer
Nov 17th 2008, 11:52 AM
Hehehe - ja-nee, dis nou 'n probleem daardie. Eintlik werk Kevin op die desktop, en ek op die laptop, maar my ou laptoppie is soooooo stadig, dus gebruik ek maar liewers sy komper as hy dit nie nodig het nie.

Geniet die dag :)

Dankie paidfor, spot eintlik net met julle twee. ( Ek reken boodskappe op die net is die nuwe generasie post-it notas op die yskas. :D )

paidforinfull
Nov 17th 2008, 03:28 PM
Dankie paidfor, spot eintlik net met julle twee. ( Ek reken boodskappe op die net is die nuwe generasie post-it notas op die yskas. :D )

;) - ja, ek het so gereken.


(Kevin, die volgende is gesensor - jy mag dit nie lees nie, ok?)


PS - my man is so in rekenaars en robotte en dinge in dat dit vir lyk asof 'n emailtjie of PM maar die beste manier is om sy aandag te kry :D:D:D

Die Filadelfieer
Nov 18th 2008, 10:50 AM
..... my man is so in rekenaars en robotte en dinge in .......





Nee wag, nou het jy 'n ding begin.
Vertel ons meer van die robotte !
Hele robotte ?
Hoe groot is die robotte ?
Hoeveel spandeer julle aan batterye in 'n maand ?

paidforinfull
Nov 18th 2008, 03:20 PM
Nee wag, nou het jy 'n ding begin.
Vertel ons meer van die robotte !
Hele robotte ?
Hoe groot is die robotte ?
Hoeveel spandeer julle aan batterye in 'n maand ?

Haai Fila - jong, al wat ek weet is dat hy 'n ER1 robot het wat met 'n herlaaibare battery werk, en waarop hy (my) laptop monteer. Die ding het so 'n blou oog wat loer, en 'n arm met 'n knyper-hand op. Dit loop die huis vol en praat met homself. Hy het ook 'n Lego robot wat hy gebruik om sy studente mee leer om so 'n bietjie programmering te doen. Verder weet ek nie veel nie.

Ek sal vir Kevin om vra self vir jou meer 'tegniese' inligting te gee. Die dag as hy 'n robot bou wat kook en huis skoonmaak sal ek baie meer belangstel :).

Lekker dag vir julle.

Ta-An
Nov 18th 2008, 03:38 PM
PS - my man is so in rekenaars en robotte en dinge in dat dit vir lyk asof 'n emailtjie of PM maar die beste manier is om sy aandag te kry :D:D:DEn ek weet presies waarvan jy praat :lol:

Willem
Nov 21st 2008, 09:20 PM
Welkom Kevin,

Lekker om nog 'n boeta by te kry. Hoop ons kan nog baie saam leer en help en gesels.

eendag as ek grrooooot is sal ek ok weer kan speel met goete... nou is ek nog net amper vier en kan pappa nog net speel met goete wat ek nie kan dismantle en gooi nie:rofl:

Sal graag eendag mindstorms met laaitie wil discover en geniet, dis nou as hy nie 'n jock uitdraai nie:o

ChristoN
Nov 22nd 2008, 10:00 AM
Hallo vriende,
Ek is Christo Nel en woonagtig in Somerset-Wes. Ferdi Alberts het my voorgestel aan die webwerf en hierdie forum. Dankie daarvoor. Dit is heerlik om hier te wees.

Ek het die voorreg om die afgelope 7 jaar reeds via die internet Afrikaanssprekendes op al die kontinente in die wreld te mag bedien met dit wat die Here aan my leer. As jy belangstel, gaan loer 'n bietjie in by Goeie Afrikaanse Christelike webbladsye (http://bibleforums.org/showthread.php?p=1877531#post1877531).

As ek ook hier van diens kan wees, sal dit net een groot voorreg wees. Druk dus gerus op my knoppie.:kiss:

paidforinfull
Nov 22nd 2008, 10:42 AM
Baie welkom by BF, Christo. Ons sien uit daarna om met jou te chat.

Blessings.:)

Lanie
Nov 22nd 2008, 02:07 PM
Baie welkom by ons hoekie. Ek weet verseker jy gaan dit geniet! :hug:

CFJ
Nov 22nd 2008, 03:12 PM
Hallo vriende,
Ek is Christo Nel en woonagtig in Somerset-Wes. Ferdi Alberts het my voorgestel aan die webwerf en hierdie forum. Dankie daarvoor. Dit is heerlik om hier te wees.

Ek het die voorreg om die afgelope 7 jaar reeds via die internet Afrikaanssprekendes op al die kontinente in die wreld te mag bedien met dit wat die Here aan my leer. As jy belangstel, gaan loer 'n bietjie in by Goeie Afrikaanse Christelike webbladsye (http://bibleforums.org/showthread.php?p=1877531#post1877531).

As ek ook hier van diens kan wees, sal dit net een groot voorreg wees. Druk dus gerus op my knoppie.:kiss:

Welkom hier by ons Christo, jy is vinniger as wat ek gedink het jy gaan wees en ek sal graag bietjie meer wil s oor die diens wat ons by De Rust bygewoon het. Dit was 'n fantastiese ervaring en dankie vir wat jy ons klomp kon leer Woendsdag-aand! Ek gaan jou skakels in die draad plaas wat spesiaal vir Goeie Afrikaanse Christelike webbladsye (http://bibleforums.org/showthread.php?p=1877531#post1877531) geskep is en wil elkeen aanbeveel om besoek af te l op jou webbladsy/e.

Toe ek vandag George toe ry, toe pla iets my na ek met jou gesels het en ek kon nie dink wat dit kon wees nie, tot ek besef het ek het jou heeltyd "Gerrit" genoem, i.p.v. Christo... :lol:

Ek hoop ons kan nog lekker kuier hier en ek glo ons gaan nog baie by jou leer, soos wat 'n hele paar mense hier op Lighuis al vir ander kon doen.

Son of the South
Nov 22nd 2008, 03:18 PM
Hallo vriende,
Ek is Christo Nel en woonagtig in Somerset-Wes. Ferdi Alberts het my voorgestel aan die webwerf en hierdie forum. Dankie daarvoor. Dit is heerlik om hier te wees.

Ek het die voorreg om die afgelope 7 jaar reeds via die internet Afrikaanssprekendes op al die kontinente in die wreld te mag bedien met dit wat die Here aan my leer. As jy belangstel, gaan loer 'n bietjie in by Goeie Afrikaanse Christelike webbladsye (http://bibleforums.org/showthread.php?p=1877531#post1877531).

As ek ook hier van diens kan wees, sal dit net een groot voorreg wees. Druk dus gerus op my knoppie.:kiss:Welkom Christo. Jy kan maar heeltemal ontspan hier by ons, van ons beste vriende is in voltydse bediening. ;) Ek het so lank op jou webtuiste gaan inloer en ek kan sien ons gaan sommer lekker gesels. Ek sien jy het boonop heelwat materiaal wat my nuuskierigheid prikkel.

Ferdi, my lysie vir Krismis is besig om te groei: :rolleyes:
1) Glock 19
2) Kragopwekker
3) Nuwe wyn
(Christo, jy sal gou agterkom ons is baie ernstig, maar ons het altyd nog tyd vir 'n grappietjie ook. :D)

kevinvr
Nov 22nd 2008, 03:44 PM
Ja ek speel met die goed as ek tyd het en dis gewoontlik net in die skool vakansies :).

CFJ
Nov 22nd 2008, 04:43 PM
Ferdi, my lysie vir Krismis is besig om te groei: :rolleyes:
1) Glock 19
2) Kragopwekker
3) Nuwe wyn
(Christo, jy sal gou agterkom ons is baie ernstig, maar ons het altyd nog tyd vir 'n grappietjie ook. :D)

SOS,

Ek het toevallig die boek oor Nuwe Wyn aangeskaf. Kry hom, jy sal dit geniet...

Ek was gisteraand daar by jou pa en het hom belowe dat ek sal kom kuier as jy hier is. ;)

Pilgrimtozion
Nov 23rd 2008, 12:14 AM
Ik ben geen nieuw lid, maar ACCM heeft gezegd dat ik mocht proberen mee te doen in het Afrikaans forum. Ik kom uit Nederland, dus ik hoop dat we elkaar kunnen volgen!

paidforinfull
Nov 23rd 2008, 01:53 AM
Ik ben geen nieuw lid, maar ACCM heeft gezegd dat ik mocht proberen mee te doen in het Afrikaans forum. Ik kom uit Nederland, dus ik hoop dat we elkaar kunnen volgen!

Baie welkom, Pilgrimtozion - ons verstaan jou heel goed, en ek glo jy sal hier op die Afrikaanse forum kan regkom.

Ons sien uit daarna om met jou te deel.

Groete.

Lanie
Nov 23rd 2008, 04:09 AM
Goeiedag Pilgrimtozion! Baie welkom! Ek is half-nederlands van geboorte. My pa is in Delft gebore en sy familie het hierheen gemmigreer toe hy net 5 was. Ek sal dit geniet om met jou te gesels, die laaste wat ek met nederlands te doen gehad het was op skool toe ons "Koning van Katoren" gelees het. :lol: (Wie van julle kan dit onthou?)

Phil Fourie
Nov 24th 2008, 06:48 AM
Ik ben geen nieuw lid, maar ACCM heeft gezegd dat ik mocht proberen mee te doen in het Afrikaans forum. Ik kom uit Nederland, dus ik hoop dat we elkaar kunnen volgen!

Ek verstaan nie 'n woord wat jy seg nie :lol:

Welkom hier by ons Ben, hoop ons kan lekker saamgesels ;) Het die troue goed gegaan?

Phil Fourie
Nov 24th 2008, 06:53 AM
Hallo vriende,
Ek is Christo Nel en woonagtig in Somerset-Wes. Ferdi Alberts het my voorgestel aan die webwerf en hierdie forum. Dankie daarvoor. Dit is heerlik om hier te wees.

Ek het die voorreg om die afgelope 7 jaar reeds via die internet Afrikaanssprekendes op al die kontinente in die wreld te mag bedien met dit wat die Here aan my leer. As jy belangstel, gaan loer 'n bietjie in by Goeie Afrikaanse Christelike webbladsye (http://bibleforums.org/showthread.php?p=1877531#post1877531).

As ek ook hier van diens kan wees, sal dit net een groot voorreg wees. Druk dus gerus op my knoppie.:kiss:

Hi Christo

Baie welkom hier by ons

Pilgrimtozion
Nov 25th 2008, 12:25 PM
Hoi Phil! :hug: Ja, die trouwe is baie goed gegaan! ;) Ben heel blij dat ik nu bij mij vrouw kan zijn!! Hoop dat met jou ook alles goed is!

MercyChild
Nov 25th 2008, 12:27 PM
Hi Christo

Hartlik welkom by die forum. !:pp

Die Filadelfieer
Nov 25th 2008, 12:27 PM
Hoi Phil! :hug: Ja, die trouwe is baie goed gegaan! ;) Ben heel blij dat ik nu bij mij vrouw kan zijn!! Hoop dat met jou ook alles goed is!


Wat beteken zijn ? Gaan dit vir my nodig wees om hierdie pos te modereer ?

Sonia Smit
Nov 25th 2008, 01:03 PM
Ek wil net aan Kevin, Christo en Pilgrim baie welkom s. Ek het julle nog nie gegroet nie :blush:

Ek hoop julle gaan dit hier by ons geniet! Al sukkel ek ook om Pilgrim se verskriklike skrywes te lees! :lol:

Phil Fourie
Nov 25th 2008, 02:09 PM
Hoi Phil! :hug: Ja, die trouwe is baie goed gegaan! ;) Ben heel blij dat ik nu bij mij vrouw kan zijn!! Hoop dat met jou ook alles goed is!

Ben

Met my gaan dit ook nog baie goed, self sal ek ook bly wees om 'n vrou te kry:lol:

Net bly saam met jou en jou vrou dat die groot dag toe aangebreek het, bid vir julle die Here se seen en baie vreugde ;)

Fila, zijn is wees. Dat hy by sy vrou kan wees;)

Groeten
Phil

Pilgrimtozion
Nov 25th 2008, 02:18 PM
Dank voor de vertaling, Phil! ;) Ek sal goed wees en Afrikaans proberen te spreek...

Phil Fourie
Nov 25th 2008, 02:37 PM
Probeer jy Afrikaans skryf, dan probeer ek Nederlands skryf ;)

Pilgrimtozion
Nov 25th 2008, 02:41 PM
Ek nie weet nie of dat een succes wordt! :D

Ta-An
Nov 25th 2008, 03:47 PM
Hallo Benjamin....

Sien, party van ons kan jou darem verstaan.... ons sal vir Fila verskoon, want hy is te jonk on Nederlands te praat ;)

Pilgrimtozion
Nov 25th 2008, 03:50 PM
Hallo Benjamin....

Sien, party van ons kan jou darem verstaan.... ons sal vir Fila verskoon, want hy is te jonk on Nederlands te praat ;)
Moet je ouder zijn om Nederlands te praten, dan?

Ta-An
Nov 25th 2008, 03:58 PM
Moet je ouder zijn om Nederlands te praten, dan?Nee, Benjamin, ek terg net vir Fila.... ek glo nie daar word nog deesdae op skool Nederands geleer nie..... Fila is baie jonger as ek.... hy is oud genoeg om my kind te kon wees ;) Ons het nederalnds op skool geleer in die "ou-dae" ;)

CFJ
Nov 25th 2008, 04:04 PM
Sjoe ACCM, as Fila nog nat agter die ore is, hoe moet Phil dan voel... :lol:

Ta-An
Nov 25th 2008, 04:07 PM
Sjoe ACCM as Fila nog nat agter die ore is, hoe moet Phil dan voel... :lol: So pas uit die doeke uit :idea:...................................:rofl:

Willem
Nov 25th 2008, 10:29 PM
Hi Christo,

Welkom hierso, maar verskoon as ek partykeer kla oor julle wat so naby aan see is, die sout in my are is nou heel te min na my smaak...

Hallo Bejamin,

Wilkommen bij ons hier op het deze forum:rofl:.... die zijn my Nederlands die ek voor so laggen, hebt ook Koning van Katoren op school heb geleesd en ik voel wel dat ek wel effe moet proberen alst ek een soon Kouwenhoven zijn en mijn vader van Enkhuizen sulle wees?

(If that is too horrible to comprehend, welcome here and I know we will fully understand each other in heaven one day!:pp)

Lanie,

Jy OOK! Hollanders vir ouers:rofl::pp dit verklaar baie van ons ne?

Lanie
Nov 26th 2008, 04:12 AM
Lanie,

Jy OOK! Hollanders vir ouers:rofl::pp dit verklaar baie van ons ne?

:)...:D...:spin:...:lol:...:rofl:...:P :P :P :P :P

Phil Fourie
Nov 26th 2008, 06:07 AM
Ok julle, goed dan, kom ons stel dit dan net reg. As Fila jonk genoeg is dat tannie Annie sy ma kon wees, dan kon sy seker my ouma gewees het, want ek is mos nog 'n baba :lol:

En net vir die rekord, ek is een van die jongeres hier en verstaan vir Ben goed dankie :P

Die Filadelfieer
Nov 26th 2008, 06:11 AM
ooooooo,,, dat hy by sy vrou kan wees. Sjoe, dit is 'n verligting. ;)

Welkom al die nuwelinge, soos julle kan sien is daar ietsie vir almal hier by Lighuis, vanuit 'n baie bre spektrum, wat grootliks toegeskryf kan word aan die reuse, kolosale, amper onbeskryfbare ouderdomsverskille in die mod span.

Phil Fourie
Nov 26th 2008, 06:55 AM
Noudat ons almal op dieselfde bladsy is en mekaar verstaa, kan iemand asseblief my bottel regkry, ek is honger. Bring sommer 'n skoon nappy saam :rolleyes:

Ta-An
Nov 26th 2008, 08:47 AM
Ok julle, goed dan, kom ons stel dit dan net reg. As Fila jonk genoeg is dat tannie Annie sy ma kon wees, dan kon sy seker my ouma gewees het, want ek is mos nog 'n baba :lol:

En net vir die rekord, ek is een van die jongeres hier en verstaan vir Ben goed dankie :P Dis hoekom ons so lief is vir jou :kiss:

Willem
Nov 26th 2008, 07:58 PM
A nee a Phil!

Ek sukkel al klaar by huis om meisiekind te kry om potty training te oorweeg en nou wil jy ga staan en verval na doeke en bottels toe!;)

Mind you ek self is nog nie gespeen nie en drink nog elke dag my melkies soos die growing boy wat ek is:rofl:

Phil Fourie
Nov 27th 2008, 06:24 AM
Ek is ook nog 'n growing boy, probleem is net, ek word nie langer nie, maar hou aan groei :rolleyes:

modanufu
Dec 19th 2008, 12:02 PM
Hallo,

Ik ben nu enkele weken bij dit bijbelforum en ik heb een vraag. Begrijpen jullie ook Nederlands? Het Zuid-Afrikaans kan ik wel redelijk volgen, dat wil zeggen: op papier.:)

Groetjes,

Dik

Lanie
Dec 19th 2008, 03:51 PM
Hallo Dik!!!!

Ek glo die meeste van ons verstaan Nederlands (ook op papier) en die wat nie mooi verstaan nie vra gou vir vertaling. Ek geniet dit verskriklik wanneer iemand in Nederlands 'n plasing maak want dis tog die wortel van Afrikaans. :lol: Ons het 'n ander lid hier, Pilgrimtozion (Benjamin) wat ook hier by Lighuis in Nederlands gesels en ons kommunikeer heel goed met hom. Geniet dit en ek hoop op sommer baie plasings van jou hier te sien.

Groete
Yolan

Willem
Dec 19th 2008, 06:52 PM
Hello Dik,

Welkom hier by ons.
Ons verstaan Nederlands wel op dese forum. Soos jy tereg se op papier kan ons ook Nederlands verstaan , maar as jul erg vinnig praten , dan kan ons niet verstaan , soos ek gelooft julle ook afrikaans op die oor as die gepraat so als een baba verstaan?

En as ons niet verstaan dan sal ons wel lag oor die misverstande eerder as om kwaad te word.

Groete
Willem

Ta-An
Dec 19th 2008, 08:34 PM
Dik, Hartlik welkomen !!

Pilgrimtozion
Dec 19th 2008, 09:50 PM
Hoi Dik!

Ze verstaan hier inderdaad Nederlands; gelukkig wel! Dus voel je vrij om mee te doen met de gesprekken en discussies!

Benjamin

MercyChild
Dec 19th 2008, 09:51 PM
Hoi Dik

Ek begryp wat jy skryf, en dis sommer lekker om jou hier by ons te he!:pp

Phil Fourie
Dec 24th 2008, 03:32 PM
Hi Dik

Ja ons probeer ons bes en ek dink ons verstaan mekaar tog wel, of altans, ons dink ons verstaan mekaar :lol:

Welkom hier by ons ;)

Groete
Phil

Psalm
Dec 30th 2008, 09:24 PM
Goeienaand almal,

ek is nuut op die forum, het hierop afgekom terwyl ek 'n Afrikaanse elektroniese ou vertaling bybel vir my nuwe smartfoon gesoek het op die internet - wat ek nogsteeds nie gekry het nie... (e-sword werk net op smartfone wat 'n "touch screen" het)

Elkegeval - so bietjie oor myself, ek het in 2003 'n ware opregte harts bekering ondergaan (ek se hartsbekering want meeste van vandag se sogenaamde Christene is kop bekeerdes, soos ek ook was voor die tyd) en het myself laat doop soos die Woord ons leer. My hele lewe het verander en ek het 'n nuwe mens geword, 'n besluit geneem om in God se Geregtigheid te wandel en om Hom te dien en omtrend al my vriende verloor in die proses - Wat 'n goeie ding is want ooo was ons nie in die wereld nie, maar wat ook hartseer is want ek wil soooo graag he hulle moet ook die nuwe lewe in Christus beleef en hoop dat hulle hulle opreg sal bekeer en die oue sondige mens sal afsterf, terwyl daar nog genade tyd oor is.

Oor my Skepper, verlosser en leidende persoon die Heilige Gees - Ons is gered nie deur ons werke nie maar deur Sy Groot Genade en Barmhartigheid. Mag onse Vader se Naam Geheilig word - Ons is geskape nie om onsself te verbeter en oplossings vir ons probleme te kry nie, maar om te wees as 'n lig vir die wereld, temidde van 'n krom en verdraaide geslag, tot Lof en Eer van God!
Mag die Heilige Gees nie bedroef word deur ons eie wil nie maar God se wil geskied ook deur die leiding wat die Heilige Gees ons gee.
Ons Verlosser kom terug om die Koningskap te ontvang wat Hy verdien en Sy heerskappy sal wees in Regverdigheid en in Geregtigheid!

Moet ek 'n nuwe "Thread" oopmaak vir raad oor waar ek 'n elektroniese Afrikaanse Ou vertaling Bybel program kan kry wat sal werk op 'n Windows Mobile 6 smartfone wat nie 'n "touch screen" het nie?

Nou is dit laat en ek gaan slaap...

MercyChild
Dec 30th 2008, 10:14 PM
Hi daar Psalm.
Baie, baie hartlik welkom op die forum. Ek het geleer, dat ons maar nie per ongeluk op hierdie forums afkom nie! Dankie dat jy sommer met inspirerende woorde jou bekendstelling gemaak het!:)

paidforinfull
Dec 30th 2008, 11:59 PM
Welkom hier by BF, Psalm. Dankie ook vir jou fantastiese intro.

En terwyl ek nou hier is: mag 2009 'n geseend jaar vir jou wees.

http://i553.photobucket.com/albums/jj382/lindievr/110377.jpg

CFJ
Dec 31st 2008, 07:09 AM
Welkom hier by ons Psalm en dankie vir jou getuienis. Mens kan net saamstem met jou, want daar is 'n baie groot verskil tussen 'n kop-christen en 'n hart-christen. Mens se natuur moet verander en dit kom na 'n intense sonde-besef, wat mens totaal verlore laat en dan eers weet mens, jy het werklik 'n Redder en Verlosser nodig.

Lanie
Dec 31st 2008, 07:21 AM
Hallo daar Psalm! Hartlik welkom hier by ons! Oor jou vraag - ek is tegnologies gestremd so ongelukkig gaan ek jou nie kan help nie, maar ek is seker dat as jy 'n draad oopmaak in "Website stuff" op die engelse kant van die forum jy daar hopelik gehelp sal word... Weereens baie welkom. :hug:

Ta-An
Dec 31st 2008, 08:10 AM
Moet ek 'n nuwe "Thread" oopmaak vir raad oor waar ek 'n elektroniese Afrikaanse Ou vertaling Bybel program kan kry wat sal werk op 'n Windows Mobile 6 smartfone wat nie 'n "touch screen" het nie?

HAllo en welkom!! die beste ou om die vraag voor te vra is Roelof.... http://bibleforums.org/member.php?u=25837

Psalm
Dec 31st 2008, 12:03 PM
Baie dankie vir die baie vriendelike verwelkoming.
Ek sal gou daar na die engelse deel gaan en 'n draad gaan oopmaak om te hoor of hulle my kan help met die webwerf.
ACCM - Ek kan nie in daai skakel ingaan wat jy gegee het van Roelof nie. Lo Tov

Mag julle ook 'n Geseende 2009 beleef, gevul met alle Geestelike Seeninge en die nuwe jaar binnegaan met 'n opgewonde verwagtende hart, in dankbaarheid en in gehoorsaamheid om sterk te staan teen die misleiding en verleiding van die vyhand wat rondloop soos 'n brullende leeu om ons te verskeur, want God sal nie toelaat dat ons bo ons kragte versoek word nie! Wees sterk in Jesus (Yahshua) en moenie dat ons eie begeerlikhede ons wegsleep en verlok nie - verdra die versoeking sodat ons die toets kan deurstaan en die kroon van die lewe kan ontvang!

marline
Dec 31st 2008, 02:41 PM
Baie welkom Psalm, Mag jy net soveel seen ondervind in die forum soos ek, en terwyl ons gesels, sommer 'n fantastiese geseende 2009.

Ta-An
Dec 31st 2008, 06:34 PM
ACCM - Ek kan nie in daai skakel ingaan wat jy gegee het van Roelof nie. Lo Tov

Oops sori .... dit is omdat jy nog 'nuut' is dat jy nie profiele kan sien nie.....

Okay, ek sal hom vra..... maak 'n draad oop, spesifiek daarvoor http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=132 probeer die forum.... :idea:

Psalm
Jan 1st 2009, 07:59 AM
Goeiemore almal,

my probleem met die selfoon Bybel is 50% opgelos. Ek het nog v 2.2.0 gebruik wat ek van my vorige foon af na die nuwe een oopgedra het. Het na lank se gesoek die nuwer weergawe gekry (2.2.6) en hom sommer vanaf my foon afgetrek en geinstalleer en hy werk nou reg - Maar dis nou nog net die KJV. Nou wil ek die Afrikaanse een ook probeer (1933/1953), maar hy is afgehaal van die webbladsy (wil nie die nuwe vertaling h nie), so na weereens lank se gesoek het ek die nuwer Afrikaanse een gekry (1933/1953) maar dis v 2.2.4 - In een van die google groepe - Hom kon ek nie met my selfoon aftrek nie maar wel met my rekenaar. Sal more dan die Afrikaanse een werk toe vat en dit daar oor sinkroniseer na my selfoon toe en installeer en kyk of die Afrikaanse een in ver 2.2.4 ook reg is.
Baie dankie vir julle hulp.
Hier is die webbladsy vir die KJV vir die wat belangstel (Volledige Engelse KJV) - http://wap.jolon.org/22/welcome.html
Daar is 'n Afrikaanse een ook, maar hy is in stukke opgesny - Dit help nie as jy iets soek deur die hele Bybel nie...
Nou om alles in engels te vertaal en daar terugvoer te gee waar ek die nuwe draad oopgemaak het ...

Ta-An
Jan 1st 2009, 05:10 PM
Daar is 'n Afrikaanse een ook, maar hy is in stukke opgesny - Dit help nie as jy iets soek deur die hele Bybel nie...
. Dit is so volgens die reels van die Bybelgenootskap ;)

Maar bly nou maar hier by ons, en gesels saam ;)
Dit is goed om iemand te h wat weet van :"Lo tov" ;) Laat ons dit oorlaai na "Metsujan" :)

Psalm
Jan 1st 2009, 07:39 PM
Dis baie jammer...
Ja ek sal hier bly en bietjie rondloer en bietjie gesels.
Ek sien jy doen koordanse, by watter groep dans jy en op watter en wie se musiek? Ons doen self ook koordanse in ons gemeente, dis wonderlik om Vader te kan loof en dien met jou hele Siel, Gees en Liggaam.
Mense spring op en skree met hulle groen hempies en vlaggies en swaai hulle arms wanneer die springhase/springbokke 'n drie druk, maar wanneer dit kom by die blydskap van die ewige lewe wat ons geskenk is deur God en 'n nuwe skoon rein lewe, en dit wat Yahshua vir ons gedoen het en nogsteeds doen in ons lewe, mag mens geen emosie toon nie want dan is dit mos onrespekvol - Nee man, HY het jou stem vir jou gegee, Loof hom daarmee, en verkondig sy Woord daarmee, HY het jou voorsien van klere en arms en emosie - Loof en dank HOM vir wat HY vir jou geskenk het met wat Hy jou geskenk het, met jou hele hart, en siel en gees en liggaam!
Soos Mirjam wat haar tamboeryn gegryp het en in koordanse uitgebreek het toe hulle deur die rooisee gegaan het - Ware Blydskap en dankbaarheid! Mense kan maar s en dink wat hulle wil - My God, die Allerhoogste kom toe AL die Lof en Eer en Dankbaarheid! Hodoe Lo

Julle moet verskoon as ek partykeer en baie opgewonde raak oor Vader se dinge, maar hoe kan mens die dankbaarheid in mens nie laat uitborrel nie! Geregtigheid en regverdigheid en Liefde, dit maak my baie opgewonde en die wreld en die babeloniese stelsel van die ou slang kan maar vergaan, maar die Woorde van onse God, sal NOOIT vergaan nie. Die wreld bied ons sorge en pyne en kwale en stress en al daai vrot dinge wat elkgeval gaan vergaan, maar die Lewende water van God, sal nimmer nooit vergaan nie!

Ja ek kan Hebreeus lees, maar ani ivriy miliym lo gadol. (my hebreeuse woordeskat is nie groot nie)

Roelof
Jan 2nd 2009, 06:20 PM
HAllo en welkom!! die beste ou om die vraag voor te vra is Roelof.... http://bibleforums.org/member.php?u=25837

Probeer gerus die webbladsy e-sword. Hulle het verskeie gratis Bybels, asook die 1953 AOV

Anders sms 53Bybel na 31990
Vir R40 kan jy die Bybel aflaai as 'n "application" op jou java versoenbare selfoon

Ta-An
Jan 2nd 2009, 07:10 PM
Dis baie jammer...
Ja ek sal hier bly en bietjie rondloer en bietjie gesels.
Ek sien jy doen koordanse, by watter groep dans jy en op watter en wie se musiek? Ek het my eie groep :) Ek gebruik Paul Wilbur, of Chuck King, Barry & Batja Segal of enige Mesiaanse musiek.... selfs ook Suid Afrikaanse Kunstenaars se musiek......

Vader gee vir my die choreografie wanneer ek skottelgoed was :pp so tussen die oond en die wasbak.....:pp

My groep se naam is Dvorah ...Ons groep het ontstaan op versoek van die Protea Emmaus beweging..... So ons dans by elke 4th day byeenkoms, ens. Ons het einde 2007 by 'n Afrika Konvensie gedans, en dans nou weer begin Februarie by 'n ander Afrika Konvensie ook van Emmaus.
Maar ons dans ook by die Feeste, en Tehuise vir Bejaardes, en het al by 'n Kombuis-tee en 50ste Verjaarsdag opgetree


Ons doen self ook koordanse in ons gemeente, dis wonderlik om Vader te kan loof en dien met jou hele Siel, Gees en Liggaam. Pretoria.... daardie groot kerk ........ Moreletta Park ???

Mense spring op en skree met hulle groen hempies en vlaggies en swaai hulle arms wanneer die springhase/springbokke 'n drie druk, maar wanneer dit kom by die blydskap van die ewige lewe wat ons geskenk is deur God en 'n nuwe skoon rein lewe, en dit wat Yahshua vir ons gedoen het en nogsteeds doen in ons lewe, mag mens geen emosie toon nie want dan is dit mos onrespekvol - Nee man, HY het jou stem vir jou gegee, Loof hom daarmee, en verkondig sy Woord daarmee, HY het jou voorsien van klere en arms en emosie - Loof en dank HOM vir wat HY vir jou geskenk het met wat Hy jou geskenk het, met jou hele hart, en siel en gees en liggaam!
Soos Mirjam wat haar tamboeryn gegryp het en in koordanse uitgebreek het toe hulle deur die rooisee gegaan het - Ware Blydskap en dankbaarheid! Mense kan maar s en dink wat hulle wil - My God, die Allerhoogste kom toe AL die Lof en Eer en Dankbaarheid! Hodoe Lo Amen!!


Julle moet verskoon as ek partykeer en baie opgewonde raak oor Vader se dinge, maar hoe kan mens die dankbaarheid in mens nie laat uitborrel nie! Geregtigheid en regverdigheid en Liefde, dit maak my baie opgewonde en die wreld en die babeloniese stelsel van die ou slang kan maar vergaan, maar die Woorde van onse God, sal NOOIT vergaan nie. Die wreld bied ons sorge en pyne en kwale en stress en al daai vrot dinge wat elkgeval gaan vergaan, maar die Lewende water van God, sal nimmer nooit vergaan nie! Hallelujah!!


Ja ek kan Hebreeus lees, maar ani ivriy miliym lo gadol. (my hebreeuse woordeskat is nie groot nie) Ani talmidah evrit :)

Shalom

Psalm
Jan 3rd 2009, 07:36 AM
Ja ons dans self ook op baie van Paul Wilbur se musiek en dan ook op Karin Davis en Suid Afrikaanse kunstenaars se musiek.
Wat ek van Paul Wilbur se musiek hou is hy sing omtrend net skrif, nie een of ander opinie van wat hy dink iets beteken nie, alleenlik skrif en omtend net Profetiese skrif. Die Profete is darm baie interessant, ek meen hulle is doodgemaak vir wat hulle ges het, en dit voel asof my gees binne my wil opspring van blydskap en vreugde wanneer ek die profete lees of hoor, en tog ook baie vermanend, draai nie doekies om soos meeste van vandag se prediking nie. Akkurater as eergister, vandag en oormore se koerant of nuus.

Nee ons is nie Moreleta kerk nie, ons is inderdaad gladnie 'n kerk nie, behoord aan geen dinominasie nie, ons is 'n huisgemeente. Ons dans net in ons eie gemeente en veral baie op kampe, maar ek glo as dit Vader se wil is sal ons nog voor andere gemeentes dans, maar nie vir hulle nie, alleenlik vir Vader.

Nouja, mag julle 'n geseende dag verder h, ek het 'n paar dingetjies wat ek moet doen rondom die huis.

Shalom oelhitraot

Ta-An
Jan 3rd 2009, 02:45 PM
maar nie vir hulle nie, alleenlik vir Vader.
Dit is so ja, die dans is 'n uitbeelding van verhouding met G_d :)

Willem
Jan 7th 2009, 08:44 PM
Hi Psalm,

Welkom hierso, sien gaan sommer nog by jou ok goete leer.

Ja daai kop na hart verandering is die ding ne'?

BLy jy het reggekom met die foon? maar kan gerus e-sword se goed. kry, ek het omtrent alles as jy cd wil he dan kan ek met ou by werk wat in Pta reel om by jou te kry.

Groete
Willem

Phil Fourie
Jan 8th 2009, 06:14 AM
Psalm, baie welkom hier by ons ;)

Psalm
Jan 8th 2009, 09:43 AM
Baie dankie,

ek is reg met e-sword, het dit al selfs "gepackage" in 1 enkele file wat mens net kan dubbel klik en hy installeer die program met 'n paar bybels en graphics viewers en comments en goeters, nie meer 30 verskillende exe's om te run om te installeer nie, net een.

Die probleem met e-sword is dat sy Palm version wat op fone werk net op fone werk met "touch screens". Werk marnatuurlik wonderlik op rekenaar. Ek sal regkom met die go-bible wat in 4 dele opgedeel is vir fone wat nie "touch screens" het nie.

Baie dankie vir die hulp en vriendelikheid.

Dauwq
Jan 14th 2009, 09:39 AM
Hi daar

My naam is Dauw en ek het vandag aangesluit. Ek het die Here reeds sowat 9 jaar terug aangeneem as my persoonlike verlosser en salig maker.
Ek is tans die jeug leier van die Familie Aanbidding Lighuis in Sophiatown JHB.
Ek is bly dat ek die geleentheid het om met mede kinders van Christus te kan chat.

groete


DS:pray:

Phil Fourie
Jan 14th 2009, 09:52 AM
Welkom Dauw, mag ons nog baie saam gesels en jy sommer gou deel voel van die familie hier ;)

Groete
Phil

Lanie
Jan 14th 2009, 09:59 AM
Baie welkom, Dauw. Ek is seker jy gaan dit baie by ons geniet. Is jy dalk die Dauw wat hierdie week sy vroutjie by die lughawe gaan haal?

MercyChild
Jan 14th 2009, 10:08 AM
Hi daar

My naam is Dauw en ek het vandag aangesluit. Ek het die Here reeds sowat 9 jaar terug aangeneem as my persoonlike verlosser en salig maker.
Ek is tans die jeug leier van die Familie Aanbidding Lighuis in Sophiatown JHB.
Ek is bly dat ek die geleentheid het om met mede kinders van Christus te kan chat.

groete


DS:pray:

Hello daar my liefde...........jy het reg gekom! Ek is bly jy is hier. Wonderlike nuus, ek is bly jy is jeugleier!:pp. Ek vaar goed en hoop om so veel as moontlik te leer. Hierdie plek is awesome! Ek is bly jy is weer betrokke by die kerk! Lief jou baie!:kiss::kiss::kiss:

MercyChild
Jan 14th 2009, 10:16 AM
Ek kan nie wag om huistoe te kom nie. Hoor hier, bel asb my boetie. My pa is opgeneem in die hospitaal. Sy niere is blykbaar besig om in te gee, en hy sukkel met sy hart. Ons het probeer bel, maar ek kry net niks ingligting nie....... More is 16 weke!:pp:pp:pp

Lief jou!:hug::kiss::hug:

Dauwq
Jan 14th 2009, 10:26 AM
Love you 2. Pa is opgeneem. Die hart en die niere. Sal laat weet vanaand wat aangaan. Hulle hardloop nog toetse

Dauwq
Jan 14th 2009, 10:26 AM
Jip Lanie dis ek ja. Hoe weet jy?...

Dauwq
Jan 14th 2009, 10:28 AM
Hello daar my liefde...........jy het reg gekom! Ek is bly jy is hier. Wonderlike nuus, ek is bly jy is jeugleier!:pp. Ek vaar goed en hoop om so veel as moontlik te leer. Hierdie plek is awesome! Ek is bly jy is weer betrokke by die kerk! Lief jou baie!:kiss::kiss::kiss:


So trots op jou my engel. Geweet jy sal dit kan maak met God aan jou kant!;)

MercyChild
Jan 14th 2009, 10:30 AM
Love you 2. Pa is opgeneem. Die hart en die niere. Sal laat weet vanaand wat aangaan. Hulle hardloop nog toetse

Hou my asseblief op hoogte. Ek kon gisteraand niks slaap nie. Medikasie is op, so ek gaan moet opvang met slaap. Ek is regtig sooooo baie bly jy is hier. Ek het so baie om met jou te deel, en kan nie wag om terug te wees nie. Ek was effens bang, maar ek glo, hoop en vertrou dat alles ten goede sal meewerk! Ek het so amper begin pak.......jy weet mos ek is 'n laaste nippertjie mens.....lol. Is daar enige rede vir my om enigsins bekommerd te wees?:(

Dauwq
Jan 14th 2009, 10:34 AM
Nee my lief. Ek gaan nou deur ry JHB toe om te probeer uitvind van pa en wat aangaan. Ek het nou net met hom gepraat en hy klink maar bang jong. Hy se dat hulle nog toetse moet doen om te kyk na als. Hy se hulle praat van angiogram en moontlik ook 'n by-pass as dit nie anders kan nie.

Hou net aan bid en glo

MercyChild
Jan 14th 2009, 10:37 AM
Dauw ek het sommer 'n draad oopgemaak om vir hom te bid. Se vir hom ek is lief vir hom, ok. Moet asb nog nie vir hom se ek kom huistoe nie, ek wil nie he hy moet onnodig bekommerd wees nie. Laat hom net weet dit gaan uitstekend goed met my. Ek hoop van harte hy sal ok wees, net todat ek terug is.......:cry::cry::cry:. Daar is nog so baie wat ek hom moet vertel. Jy weet ons moet, en dit is een ding waarvoor ek op hierdie oomblik voor bid!:(

Jeugleier..............;) Jy verbaas my elke dag politiek man:lol:

Dauwq
Jan 14th 2009, 10:44 AM
Ek maak so. Lief vir jou en ek glo dat die Here jou die geleentheid sal gee om dinge met pa uit te klaar. Lovies.... Ek kry nie die engelse deel nie

MercyChild
Jan 14th 2009, 10:46 AM
Gebruik die link
http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=19
Of kliek links bo op bybel Christian message forum. Nommer 3 of 4 is introductions!!!! Kyk of jy kan regkom ok. Lief jou baie:kiss::kiss::kiss:

Lanie
Jan 14th 2009, 11:27 AM
Jip Lanie dis ek ja. Hoe weet jy?...

'n Engeltjie het in my oor gefluister... ;) Ek is so bly oor wat in julle lewens aan die gebeur is, Dauw en Linda. Mens weet ook nie hoe dit anders kon nie, want ek dink daar het honderde gebede vir julle en julle huwelik hier opgegaan. Daar kom nou onwillekeuring 'n lied in my hart op - Ken Hom in al jou we, dan sal Hy jou paaie gelyk maak, gelyk maak, gelyk maak.

Sterkte met alles wat vir julle twee voorl. :hug:

CFJ
Jan 14th 2009, 11:42 AM
Welkom by ons Dauwq en goed om jou saam met jou vroutjie hier te sien. Sy het in ons almal se harte gekruip en dit is een van die mooiste prentjies om voor te stel, wanneer julle twee weer mekaar gaan sien! God weet hoe om Sy gunsgenote te bederf! :hug:

Lanie
Jan 14th 2009, 11:46 AM
Ja, kan jy dit net vir jouself indink Ferdi. Ek raak sommer bewo...

paidforinfull
Jan 14th 2009, 12:04 PM
Hi weer, Dauwg (hierdie keer in Afrikaans :) ). Dit is wonderlik dat jy nou ook hier by BF is. Jou liefie het al so in ons harte ingekruip, en ek kan sommer sien jy gaan ook :hug:.

Baie welkom.
B.

MercyChild
Jan 14th 2009, 12:15 PM
Ag baie dankie dat julle my beter helfde so vriendelik verwelkom. Julle is sommer 'n oulike klompie mense. :hug::hug:
Ek is nou sommer uit my vel van opgewondenheid..........ek is seker die mannetjie sit en tik op die forum terwyl hy in 'n vergadering wat hom tot die dood to verveel:lol:

marline
Jan 14th 2009, 01:43 PM
Baie warm welkom Dauwg, Ons is sommer almal 'n lekker klomp bymekaar en deel in mekaar se lief en leed.

marline
Jan 14th 2009, 01:49 PM
Hello daar my liefde...........lief jou baie!:kiss::kiss::kiss: Nou kyk net sulke ou tortel duifies!!!!:blushhap::blushhap:

Dauwq
Jan 14th 2009, 02:07 PM
Dankie aan almal wat my so welkom laat voel! Ja nee ek kan sien my vrou het julle om haar pinki. Ek waardeer al die gebed opreg want ek weet dat slegs die Here is wat ons deurgedra het. Hy is ons toekoms en sal vir altyd bly. Ek sal die vrede wat ek nou in hom gevind het nooit ooit weer veruil nie

Ta-An
Jan 14th 2009, 06:14 PM
Welkom Dauw :hug:
Inderdaad het jou vrou in ons harte kom inkruip en ons om haar pinkie kom draai>> Kan jy jou die beeld indink??

En kyk hoe mooi lyk sy!!!

Psalm
Jan 15th 2009, 10:00 AM
Baie welkom Douwq,
baie Geluk met jou Nuwe vroutjie - die rede hoekom ek se Nuwe is want as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Mag jy as koning, priester en profeet oor jou gesin altyd jou vrou en kinders, indien daar is of sal wees (ek weet nie) altyd in lyn met Vader se Woord en deur leiding van die Heilige Gees hulle bystaan, bemoedig en by die voete van Jesus hou. Hulle ondersteun, en vermaan waar nodig is, sodat hulle sowel as jy in Vader se Wil bly. Dit verg baie kniee werk en luister werk, luister na jou vrou en jou kinders, maar belangrikste, luister na die leiding van die Heilige Gees en TOEPASSING van die leiding en Woord!

Hier is nou 'n baie BAIE goeie belangrike tip: Indien dit nie alreeds so gebeur nie, stel dit so gou as moontlik in - Bid jy en jou vrou SAAM, en moenie verbaas wees wanneer strome en strome van Seen, Vrede en Liefde oor julle kom nie!

Sonia Smit
Jan 15th 2009, 12:00 PM
Hi julle,

Ek was so lanklaas aktief op die forum dat ek eers by alles 'n draai gaan maak en opvang. Ek het gesien daar is nogal heelwat nuwe lede by ons en ek wil elkeen verwelkom! Baie welkom by LH! :pp

Dik, ek verstaan nie altyd Nederlands nie, maar hier is so baie wat verstaan dat ek gewoonlik vra vir vertaling! Hoop om nog baie van jou te hoor!

Psalm, baie welkom by lighuis! Ek glo jy geniet dit sommer al klaar hier tussen ons.

Dauwq, jou vrou is 'n juweel! Baie welkom by ons en ek is baie bly om te sien dat jy Jeug Leier is! My man was ook vir 'n ruk Jeug Leier by ons vorige gemeente, en waar ons nou gaan inskakel gaan ons ook weer betrokke wees by die Jeug. Die Jeug is ons hart se punt!

Geniet dit hier by ons julle almal! :hug:

Anel Frylinck
Jan 15th 2009, 04:47 PM
Hallo daar, my naam is Anel, en ek is 'n newbie. Ek skryf hier omdat ek bitter lief vir Jesus is, en om my afhanklikheid aan Hom te verklaar!!! Te veel dinge in my lewe het al gebeur om nie Sy Grootheid te erken nie!!! Wonderwerke is Sy kos!!!!

Groete!!!:pp:pp:pp

Lanie
Jan 15th 2009, 04:53 PM
Hallo Anel!

Baie welkom hier by ons! Jy sal gou agterkom dat die meeste mense net so lief is vir Jesus en dat ons hier werklik daarna streef om sy grootste gebod na te kom, naamlik om mekaar lief te h en te bedien.

Geniet BF!

Ta-An
Jan 15th 2009, 05:29 PM
Hallo Anel, Welkom hier by ons :hug:
Amen!! Ons G_d IS Groot!!!

Anel Frylinck
Jan 15th 2009, 06:03 PM
My liewe mense, maar julle is blitsig!!! Uit opgewondenheid het ek vergeet om te se waar ek bly!!! Ek bly in lieflike Mosselbaai, en daar was hierdie Desember net so baie vakansiegangers as vorige jare. Natuurlik veroorsaak dit chaos op die paaie, maar my hart le maar by die Gautengers - Pretoria spesifiek (my geboortedorp), want hulle waardeer meer in 'n paar weke as wat ek in 'n jaar geniet. Mag hulle altyd welkom voel hier - ten spyte van die wind.
Nou ja, later meer oor myself. Laat weet maar as ek verkeerde goed op verkeerde plekke pos, aangesien ek maar blonderig op die rekenaar is:rolleyes:

Dauwq
Jan 15th 2009, 07:17 PM
Welkom Anel. Glo jy gaan die chat baie geniet en ook geestelik groei.


Dauwq

Willem
Jan 15th 2009, 10:16 PM
:cry: sit en tjank ek hierso!

Dauw Welkom hierso en ek is SO BLY vir julle al2 en wat die Here doen... dis awesome !

Liefde groete en mag Sy vrede met julle en julle familie
wees met wat julle nou deur gaan
Willem

Willem
Jan 15th 2009, 10:20 PM
My liewe mense, maar julle is blitsig!!! Uit opgewondenheid het ek vergeet om te se waar ek bly!!! Ek bly in lieflike Mosselbaai, en daar was hierdie Desember net so baie vakansiegangers as vorige jare.

Welkom hierso Anel,

en weet maar self met die wind verruil ek dit enige dag vir die gejaag hierso in JHB, self in Amanzimtoti grootgeword en die see diep in my wese ingekruip, deesdae gelukkig die Here wat diepste is:pp


O en moenie worry oor die nekenaars nie, ek werk elke dag met hulle en dan laat hulle jou deurmekaar:hmm: , die mense hier het harte van goud :hug:

Mense soos ek wat half ingils grootgeword het moet net oppas vir die ooms as ek die "talke the tales diliciously" begin mix :rofl:

Psalm
Jan 16th 2009, 06:59 AM
Goeiemore Anel,

baie welkom! Ja ons is absoluut onafhanklik van Jesus!
Luk 8:43 En n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, en wat haar hele vermo aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie, het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou.

Die skriffie is BAIE diep!
Soos die vroutjie wat al haar vermo aan geneeshere (wreldse dinge gedoen het en gaan genesing soek het by die wreldse dinge) uitgegee het, en nie gesond kon word nie, maar toe sy by Jesus kom, het sy Waarlik geneesing ontvang!

en

1Pe 2:9 Maar julle is n uitverkore geslag, n koninklike priesterdom, n heilige volk, n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

Dan om dit te verkondig!

Anel Frylinck
Jan 16th 2009, 12:29 PM
Hallo Psalm, dankie vir Bybelvers. Ek het nog nooit so daaraan gedink nie.
Jy bedoel seker ons is absoluut afhanklik van Jesus, en nie onafhanklik nie, ne?;)

Anel Frylinck
Jan 16th 2009, 12:42 PM
Baie dankie Willem,

Ja hoe geseend is ek nie om hier te bly nie - uit die rush uit, met die wind in my seile.
Ek kan sien julle klomp ouens het 'n hart van goud - te lekker!!!!
Groete;)

Psalm
Jan 16th 2009, 02:03 PM
Hallo Psalm, dankie vir Bybelvers. Ek het nog nooit so daaraan gedink nie.
Jy bedoel seker ons is absoluut afhanklik van Jesus, en nie onafhanklik nie, ne?;)

Oops, ja dis wat ek bedoel het, dankie :)

Anel Frylinck
Jan 16th 2009, 02:24 PM
Oops, ja dis wat ek bedoel het, dankie :)
Toemaar, ek weet presies wat jy bedoel het!!!!!!!:hug:

Wessie
Jan 24th 2009, 07:43 PM
Goeie naand . Ja ek is 'n nuwe lid by die forum. Ja , en ek is 'n Christen en beslis nie skaam om dit te se nie. Ek is getroud en ook 'n jong pensionaris.
Ek wil graag met ander Christene kommunikeer asook my geestelike lwe uitbrei.

CFJ
Jan 24th 2009, 08:14 PM
Goeie naand . Ja ek is 'n nuwe lid by die forum. Ja , en ek is 'n Christen en beslis nie skaam om dit te se nie. Ek is getroud en ook 'n jong pensionaris.
Ek wil graag met ander Christene kommunikeer asook my geestelike lwe uitbrei.

Baie welkom by ons Wessie! Hoop jy geniet dit hier by ons en dankie vir jou kort getuienis!

Ta-An
Jan 24th 2009, 08:32 PM
Baie welkom hier by ons Wessie :pp

Anel Frylinck
Jan 24th 2009, 09:43 PM
Goeie naand . Ja ek is 'n nuwe lid by die forum. Ja , en ek is 'n Christen en beslis nie skaam om dit te se nie. Ek is getroud en ook 'n jong pensionaris.
Ek wil graag met ander Christene kommunikeer asook my geestelike lwe uitbrei.

Welkom hier, Wessie, soos jy kan sien het ek ook nou onlangs hier aangesluit, en reeds 'n paar getuienisse geskryf, en dit is regtig lekker om deel te kan wees van nog 'n familie waarvan ons weet die Drie-enige God Sy Hand oor hou!!!

Geniet dit,
Anel Frylinck

Phil Fourie
Jan 26th 2009, 06:17 AM
Wessie, dit is vir ons absoluut 'n voorreg om jou hier by ons te verwelkom

Lanie
Jan 26th 2009, 07:14 AM
Baie welkom Wessie!

marline
Jan 26th 2009, 03:36 PM
Hallo Wessie, baie welkom!!! Ek wil net graag vir jou een ding vra, wat is die verskil tussen 'n jong pensionaris en 'n ou pensionaris?:lol::lol:

Ta-An
Jan 26th 2009, 03:40 PM
Hallo Wessie, baie welkom!!! Ek wil net graag vir jou een ding vra, wat is die verskil tussen 'n jong pensionaris en 'n ou pensionaris?:lol::lol:net 'n nommer :lol:
'n Jong pensionaris is iemand wat afgetree het voor hy oud genoeg was om af te tree.:o

marline
Jan 26th 2009, 03:52 PM
net 'n nommer :lol:
'n Jong pensionaris is iemand wat afgetree het voor hy oud genoeg was om af te tree.:o

:rofl::rofl::rofl:

Sonia Smit
Jan 27th 2009, 01:17 PM
Baie welkom hier by ons Wessie! Hoop dat jy dit hier gaan geniet, maar ek glo jy gaan!

paidforinfull
Jan 27th 2009, 02:18 PM
Hello en baie welkom by BF, Wessie. Ek glo jy gaan sommer gou-gou goeie vriende maak en lekker saamgesels.

(PS - 'n jong pensionaris is iemand wat boer; 'n ou pensionaris is iemand wat afgetree het :).)

Blessings.

Ta-An
Jan 27th 2009, 05:30 PM
(PS - 'n jong pensionaris is iemand wat boer; 'n ou pensionaris is iemand wat afgetree het :).)

.Ag maar jy is oulik ;)

Wessie
Feb 1st 2009, 06:57 PM
Baie dankie Paidforinfulle , maar ongelukkig is ek nie 'n boer nie , sal baie graag wil boer , maar omstandighede maak dit nie op hierdie stadium moontlik nie. Ek is wel besig om uit te kyk vir 'n stukkie grond.

Dauwq
Feb 6th 2009, 09:22 PM
Goeie naand . Ja ek is 'n nuwe lid by die forum. Ja , en ek is 'n Christen en beslis nie skaam om dit te se nie. Ek is getroud en ook 'n jong pensionaris.
Ek wil graag met ander Christene kommunikeer asook my geestelike lwe uitbrei.

Welkom Wessie. Mag jy dit enjoy!:D

MG Van Wyk
Feb 19th 2009, 07:16 AM
Haai Almal :)

My naam is Mari en ek is nuut by hierdie forum. My man het my aan die forum bekend gestel en ek het besluit om 'n bietjie te kom inloer en meer te leer van Jesus en sy volgelinge.

Groete Mari

Lanie
Feb 19th 2009, 07:22 AM
Goeiedag Mari! Baie welkom hier by ons. (Ons het nog 'n Mari hier. :D) Ek hoop jy kuier lekker saam met ons en dat Lighuis vir jou ook,soos vir my, 'n gemeenskap sal wees waar jy baie geestelike groei sal ervaar. (Wie is jou man? - Askies jy sal nog agterkom ek is die nuuskierigste Lighuisagie :D)

MG Van Wyk
Feb 19th 2009, 07:31 AM
Baie dankie, ek hoop ook om baie vriende hier te maak.

My man is RR van Wyk :)

Phil Fourie
Feb 19th 2009, 09:11 AM
Mari

Baie welkom hier by ons, dit is vir ons 'n groot voorreg om jou hier by ons te he.

Groete
Phil

Phil Fourie
Feb 19th 2009, 09:11 AM
Mari

Baie welkom hier by ons, dit is vir ons 'n groot voorreg om jou hier by ons te he.

Groete
Phil

CFJ
Feb 19th 2009, 11:25 AM
Haai Almal :)

My naam is Mari en ek is nuut by hierdie forum. My man het my aan die forum bekend gestel en ek het besluit om 'n bietjie te kom inloer en meer te leer van Jesus en sy volgelinge.

Groete Mari

Welkom by ons Mari. Hier is nou twee Mari's en twee Van Wyk's... :)

MG Van Wyk
Feb 19th 2009, 11:40 AM
Haai CFJ,

Die ander van Wyk (RR) is my man. :)

Ta-An
Feb 19th 2009, 12:21 PM
Welkom hier by ons Mari :hug:

CFJ
Feb 19th 2009, 12:48 PM
Haai CFJ,

Die ander van Wyk (RR) is my man. :)

Hi Mari,

Dit maak dit nog interessanter, want ons het nou 4 getroude paartjies wat saam hier skryf. Julle 8 kan dalk 'n opskop saam rel... :lol:

marline
Feb 19th 2009, 12:56 PM
Welkom Mari, Ek hoop jy leer net so baie hier soos ek. Ons is almal vriende op die forum, en deel mekaar se lief en leed.

Ta-An
Feb 19th 2009, 03:03 PM
Hi Mari,

Dit maak dit nog interessanter, want ons het nou 4 getroude paartjies wat saam hier skryf. Julle 8 kan dalk 'n opskop saam rel... :lol:En wanneer is dit 5??

mari
Feb 19th 2009, 06:30 PM
Haai Almal :)

My naam is Mari en ek is nuut by hierdie forum. My man het my aan die forum bekend gestel en ek het besluit om 'n bietjie te kom inloer en meer te leer van Jesus en sy volgelinge.

Groete Mari


Welkom Mari !!!

groete
mari..... :bounce:

Willem
Feb 21st 2009, 01:01 PM
Welkom Mari,

dis regtig lekker hierso en al is daar talle "flavours"in terme van gemeentes ne kerke hier is daar een heerlike geur.. kinders van God .

..Lanie ek werk daaraan, maar tyd is rof met kinners en sussa het eergister begin voetjies stamp en huil :help: :eek: maar die hoop beskaam nie...

Lanie
Feb 21st 2009, 07:01 PM
..Lanie ek werk daaraan, maar tyd is rof met kinners en sussa het eergister begin voetjies stamp en huil :help: :eek: maar die hoop beskaam nie...

Jy't my verloor...:confused

Ta-An
Feb 21st 2009, 08:02 PM
Jy't my verloor...:confusedJy sal maar self moet kant toe swem :lol: of jy sal moet water trap sussie :rofl:

paidforinfull
Feb 21st 2009, 11:09 PM
Haai Almal :)

My naam is Mari en ek is nuut by hierdie forum. My man het my aan die forum bekend gestel en ek het besluit om 'n bietjie te kom inloer en meer te leer van Jesus en sy volgelinge.

Groete Mari

Welkom by BF, Mari.

Franciscus
Feb 25th 2009, 12:11 PM
Hallo

My naam is net plein franciscus en nee ek is nie verwant aan St Franciscus nie.

Ek lees graag, en derhalwe lewer ek nie baie insette nie. Ek is 'n Christen onder die konsep wat ek glo julle bedoel met die woord Christen. Ek verkies egter om in die algemeen nie na myself as 'n christen te verwys nie. Ek glo in die gebruik van die oorspronklike name nl. Yahweh en Yashua, dus sou ek veel eerder as 'n Messianer wil bekendstaan. Aldus Yahshua Messiah. Ek is inter - kerklik maar in bre is my verstaan van die Bybel Protestants, maar ek ondersoek graag en sal dalk op sekere punt verskil van die kerkvaders. Ek is nie hier om net Amen te s nie, en sal geen mens se alies vir hom/haar poleer nie. Alle eer aan ons Verlosser.

Hoop om lekker te debatteer, en terloops ek sien baie keer humor al was die inset nie so bedoel nie, en ek mag dalk daarop laggend reageer.

Groete

Lanie
Feb 25th 2009, 12:17 PM
Baie welkom Franciscus. Jy het 'n pragtige naam. :)

Ta-An
Feb 25th 2009, 12:29 PM
My naam is net plein franciscus en nee ek is nie verwant aan St Franciscus nie.

Welkom!!
Van-waar Gehasie??

CFJ
Feb 25th 2009, 12:37 PM
Baie welkom by ons Franciscus en terwyl jy een is wat van humor hou, wonder ek sommer hoe jy en Augustinus teen mekaar oor die 100meter sou vaar... :) :lol:

Phil Fourie
Feb 25th 2009, 01:19 PM
Baie welkom hier by ons

Lanie
Feb 28th 2009, 04:58 AM
En wanneer is dit 5??

:(:(Ja, ongelukkig wil my liefie nie aansluit by 'n plek waar sy vroutjie hom 'n time-out kan gee nie..... :rofl::P

Psalm
Feb 28th 2009, 05:46 PM
Welkom Franciscus,

ja Yahshua het ges, oppas dat niemand julle mislei nie, en is die misleiding veral vandag nie groot nie!
Hoop jy sal kos vir jou siel ontvang en die Heilige Gees jou lei in alle waarheid.

Groete

Cornelia Russell
Mar 24th 2009, 08:18 PM
Hello my naam is Cornelia en ek is heeltemal verlore...ek probeer maar kom net nie reg nie, ek kan nie eers by my profile in gaan nie, weet nie hou nie, mind you...ek dink nie eers ek het 'n profile nie. wat moet ek doen om rigting te kry hier? help my asseblief.

Cornelia Russell
Mar 24th 2009, 08:25 PM
wat ek bedoel is...ek gaan na al die vekeerde plekke toe en ek weet nie waar om te gaan as ek na die regte plekke toe moet gaan nie...en ek wil ook graag posts maak maar weet nie eers hoe nie....booooo hoooooo hooooo...snuif snuif. en ek wil ook saam gesels maar het nie die vaagste benul hoe nie, voel al lus en gee op, maar wil nie regtig nie!!!! want almal hier lyk so awesome en lief vir Jesus.

Willem
Mar 24th 2009, 08:39 PM
wat ek bedoel is...ek gaan na al die vekeerde plekke toe en ek weet nie waar om te gaan as ek na die regte plekke toe moet gaan nie...en ek wil ook graag posts maak maar weet nie eers hoe nie....booooo hoooooo hooooo...snuif snuif. en ek wil ook saam gesels maar het nie die vaagste benul hoe nie, voel al lus en gee op, maar wil nie regtig nie!!!! want almal hier lyk so awesome en lief vir Jesus.
Hello Cornelia,

Welkom hierso, net om te probeer help. Jy moet in- gelog wees om te kan pos. Op meeste posts sal jy regs onder op die persoon se pos 'n blokkie sien wat se quote, dan kan jy spesifiek die persoon aanhaal. Anders bo links soek vir die een wat se ? "post reply?"dan sal dit nuwe venster oopmaak met so wit blok waar jy kan tik en onner dit een wat se preview, sodat jy kan sien hoe dit sal lyk en dan "submit reply" vir as jy wil pos.

Ek kan nie onthou of jy eers ge-"clear" moet word om te kan pos of dit oombliklik is nie? :hmm: dink dis dadelik sodra jy geregistreer het..

Jou profile sal jy kry as jy regs bo langs op die skerm soek vir jou naam met streep onner dit. Die link sal jou dan vat na jou inligting toe en dan kan jy daar goed verander ens.

Wat ek nuttig vind is die display tools op die regs bo-erige deel van die vensters... verkies linear sodat dit in lyn kom , maar daar is ander maniere van vertoon ook...

Hoop die help darem?

Groete en welkom hierso :pp

Johnny
Mar 26th 2009, 10:25 AM
Het gister aangesluit en is reeds hartlik ontvang. Ek glo ek kan ook 'n bydrae lewer deur die lering wat ek in my gemeente ontvang deur my eie persoonlike webblad,

Die genade van die Here is groot! Ons is BIAE lief vir Israel. Gaan as die Here wil weer 3 September vir 14 dae. Toerbesonderhede ook op my webblad.

Wat 'n voorreg om nog die Here te dien in 'n BAIE onstuimige wreld.

EDIT
Johnny, ek het die link na jou webblad uitgevee, plaas asseblief jou webblad adres in jou profile Dankie
ACCM _______

Phil Fourie
Mar 27th 2009, 05:17 AM
Johnny, baie welkom hier by Lighuis

Gogga
Apr 5th 2009, 08:39 PM
:confusedHI aan al lighuis lede. Ek is gogga en ek het weggedwaal van God af en het darem my pad weer terug gevind. Ek hoop dat ek eendag Hemel toe sal gaan en saam met Jesus Jubel omdat ek dit gemaak het. Ek is 10 jr. getroud met 2 kids. Ek amper my man gelos omdat ons lewens so deurmekaar begin voel het. Dank die Here Hy het begin help toe dit op breekpunt gekom het. Lank pad om te stap wil nie terug stap nie, maar vorentoe en dit in Jesus se arms in. Ek het JESUS lief en ek dank Hom vir alles wat Hy gedoen het vir almal.

Willem
Apr 5th 2009, 11:15 PM
Hi Gogga,

Welkom hier ! Bly jy is terug by jou familie (ons almal ) en dat julle gesin nog bymekaar is. Ook nou 10 jaar en 2 kids en ok maar genade dat ons bymekaar is en veral dat ek nie in die hel gaan braai vir altyd nie :pp

Wil een ding vir jou se! Jy SAL eendag hemel toe gaan , want as Hy eers begin werk in jou SAL Hy dit voltooi , jy kan op Hom vertrou. Al drop die hele spul van ons hier op aarde jou... Hy sal nie :pp

Groetenis en dankie aan God dat Hy in ons almal se lewens ook werk

Cornelia Russell
Apr 9th 2009, 11:29 AM
Welkom hier Johnny!! dis 'n hulpvolle klom mense hierdie hoor!!!!

Cornelia Russell
Apr 9th 2009, 11:32 AM
Hello Tanya...ek bly ook in die vaal driehoek!!!!!! in meyerton! ons moet eendag by mekaar uit kom!

Louis F Brits
Apr 22nd 2009, 03:51 PM
Goeie dag,ek is nuut hier.Ek glo in God maar is ongelukkig die vye boom wat geen vrugte dra nie.Help my asb!!

God seen julle almal.

Louis Brits:pray:

CFJ
Apr 22nd 2009, 04:11 PM
Baie welkom by ons Louis en dankie dat jy so eerlik is! Alles begin by eerlikheid, jy kan op verskillende wyses gehelp word. Dit kan of privaat gedoen word, dan maak jy net in Chat to the Moderators (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=84) in draad oop of in die forum vir Gebed, Getuienis en Bediening of op enige ander Lighuis forum, net soos jy sou verkies.

God help jou vriend en Hy kan net help as ons dit waarmee ons sukkel, na Hom toe bring. Almal wat suksesvol in hulle verhouding met Jesus wil wees, moet hulle swakhede aan Hom bekend maak. :):pray:

Lanie
Apr 22nd 2009, 04:36 PM
Baie welkom Louis! :hug:

Phil Fourie
Apr 23rd 2009, 05:21 AM
Louis

Baie welkom hier by Lighuis, ons is hier om jou te dien ;)

Groete
Phil

Willem
Apr 28th 2009, 08:19 PM
Welkom hier Louis!

Bly dat jy hier is, maar ongelukkig kan ek nie help met die vrug dra nie :(

Gelukkig ken ons iemand wat kan ! :pp Gaan op jou kniee en vra die Here .. die Woord se :
Mat 7:7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Mat 7:8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

Jy kan Hom glo, ekself is nie te reliable nie :o

Spandeer tyd elke dag met Hom in die Woord en gebed en voor jy sien gaan dinge gebeur... nie alles lekker nie......lees bietjie eendag Fox's Book of Martyrs as jy voel dinge raak rof, maar sit asb en nie in donker nie :bounce:

Welkom hierso en in Sy genade sien ons miskien almal mekaar eendag in hemel :pray:

Mia Ashton
May 2nd 2009, 03:43 PM
Dagse almal,
Ek is nog baie nuut, het gisteraand aangesluit, maar die blaps gemaak en Afrikaans op die Engelse forum gebruik. :blush: Ek is vreeslik opgewonde oor hierdie forum. Dit is so wonderlik dat die Internet so tot eer en verheerliking van ons Vader gebruik kan word. Ek is nie meer so vreeslik jonk nie, ietsie in die 60, bietjie bang en dom met my PC maar ek glo ek sal regkom.
Ek was 7 jaar oud toe ek Jesus as my Persoonlike Verlosser aanvaar het. Min het ek toe geweet hoe intens die pad gaan wees wat Hy vir my beplan het. Maar dit is 'n storie vir 'n ander dag. Sterkte vir die beplanners en organiseerders van hierdie forum.

Ta-An
May 2nd 2009, 04:24 PM
Mia , welkom hier by ons mag jy gesed wees :hug:

paidforinfull
May 2nd 2009, 05:42 PM
Baie welkom by BF, Mia. Ek is bly jy het ons 'ge-ontdek'.

Blessings
:hug:

paidforinfull
May 2nd 2009, 05:44 PM
Welkom ook aan Gogga, Louis en Johnny. Mag julle tyd hier geseend wees.

:)

CFJ
May 2nd 2009, 07:33 PM
Welkom by ons Mia en hoop om jou beter te leer ken!

Lanie
May 3rd 2009, 04:42 AM
Baie welkom by Lighuis, Mia! Ek hoop ons gaan nog lekker kuier... :hug:

protea
May 3rd 2009, 09:39 AM
Goeie dag,ek is nuut hier.Ek glo in God maar is ongelukkig die vye boom wat geen vrugte dra nie.Help my asb!!

God seen julle almal.

Louis Brits:pray:

Welkom aan Mia ,Gogga , Johnny, BF en Louis! Louis , is jy DIE Louis Brits met die fluweelstem?

lukeskywalker
May 3rd 2009, 03:26 PM
Haai daar, ek's bly om uiteindelik ook hier te wees, sien daarna uit om saam te gesels!

CFJ
May 3rd 2009, 03:43 PM
Welkom by ons lukeskywalker?

lukeskywalker
May 3rd 2009, 03:52 PM
Welkom by ons lukeskywalker?

Dankie CFJ, ek het jou al so baie raakgelees op BV, en het nou eers die skakel onderaan jou poste gesien en dis hoe ek hier uitgekom het...ek ken jou natuurlik as Ferdi van daardie forum.

Dankie vir jou lig wat altyd so helder skyn!

Phil Fourie
May 4th 2009, 05:48 AM
Luke

Baie welkom hier by ons ;)

Louis F Brits
May 9th 2009, 11:03 AM
Welkom aan Mia ,Gogga , Johnny, BF en Louis! Louis , is jy DIE Louis Brits met die fluweelstem?

Nee, ongelukkig nie maar hy kan dalk my tweeling broer wees,as my ma net wil praat:lol:

Groetnis.

Willem
May 10th 2009, 08:37 PM
Welkom tannie Mia,

welkom hier en onthou maar ons moet nog leer wat tannie vergeet het en 'n nekenaar ( soos die laaitie se :rofl: ) is maar net 'n complicated tikmasjien en liasseer stelsel. Dis lekker dat ons gemeenskaplike wysheid nou ook toegeneem het met die grysheid wat bykom. Welkom :hug:

Lukas Ligloper!

welkom hierso , ongelukkig net een "force" wat hier met jou sal wees ( sorry jong ek was / is ook 'n fen ) en dis die Heilige Gees wat en ons Here Jesus Christus. Lekker om te weet want "dark fader" het reeds verloor en ons glo hy is nie jou pa soos in movies nie... :rofl: Jy moet maar verskoon, dis die merrisyne en die laat nag en die lekker kos lat ek so twak praat ... welkom hier en weet maar , dis 'n lekker familie die'

Groete

lukeskywalker
May 12th 2009, 04:08 PM
Lukas Ligloper!

welkom hierso , ongelukkig net een "force" wat hier met jou sal wees ( sorry jong ek was / is ook 'n fen ) en dis die Heilige Gees wat en ons Here Jesus Christus. Lekker om te weet want "dark fader" het reeds verloor en ons glo hy is nie jou pa soos in movies nie... :rofl: Jy moet maar verskoon, dis die merrisyne en die laat nag en die lekker kos lat ek so twak praat ... welkom hier en weet maar , dis 'n lekker familie die'

Groete

Dankie vir die verwelkoming, en moenie bekommerd wees nie, al was ek in my jong dae mal oor Star Wars, is ek absoluut gelukkig met die Heilige Gees in my hart, en het niks anders in my lewe nodig nie.

Psalm
May 12th 2009, 08:16 PM
Baie Welkom Cornelia, Johnny, Gogga, Waarheid, Mia en Lukeskywalker

Jammer vir die laat verwelkoming, ek is deesdae baie skaars en is vinnig op en vinnig af en kyk nie so gereeld na die draad nie.

Mag julle Geestelike lewens verryk word deur die gesprekke en besprekings, en die Liefde in julle harte vir Vader en SY Woord meer en meer groei!

Welkom!

Acropoli
May 20th 2009, 10:11 AM
beter te kan leer ken en saam met julle 'n pad met die Here te stap.





Is hierdie plek net vir Christene?
Wel ek is nie n Christen nie en het op die forum afgekom na aanleiding van n berig in die Rapport wat oor Angus gegaan het.

CFJ
May 20th 2009, 10:32 AM
Is hierdie plek net vir Christene?
Wel ek is nie ‘n Christen nie en het op die forum afgekom na aanleiding van ‘n berig in die Rapport wat oor Angus gegaan het.

Baie welkom hier by ons Acropoli! Hierdie gespreksforum (Afrikaanse Lighuis en ook Bibleforums in geheel) is oop vir enige iemand om deel te neem. Daar is egter spesiale forums geskep waar nie-Christene mag deelneem en hul vrae na hartelus kan vra. Aan die Afrikaanse kant is daar Christene antwoord nie-Christene (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=147) en aan die Engelse kant is daar 'n soortgelyke forum (Christians Answer (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=39)). Al jou plasings moet jy asseblief in daardie forums doen, let wel, al jou plasings en dit is bloot om alles ordelik te doen in die wreld van Jesus en Sy volgelinge. Die oop-forums is net vir Christene of gelowiges en daar mag jy nie deelneem nie, behalwe as jy intussen Jesus persoonlik kon ontmoet en jy dan aan al die forums kan deelneem.

makliker7c
May 21st 2009, 05:41 AM
Hi

Ek wil graag weet hoe weet jy waneer God met jou praat ?
n vrou het vir my gese sy weet nie waarom profeteer sy vir my nie want God praat dan met my ,

Carel

Lanie
May 21st 2009, 05:56 AM
Hi Carel.....:wave:

Vreeslik baie welkom by Bible Forums! Ek hoop jy gaan lekker saam met ons kuier en dat jy die regte antwoorde op jou vrae sal vind.

Hierdie is ongelukkig net 'n verwelkomingsdraad maar ek sal graag jou vrae beantwoord, so as jy nie omgee nie gaan ek vra dat jy 'n draad begin in Alles en nog wat en jou vragies daar vra. Kry ek jou nou daar, want ek brand om jou te antwoord....:)

CFJ
May 21st 2009, 06:36 AM
Hi

Ek wil graag weet hoe weet jy waneer God met jou praat ?
n vrou het vir my gese sy weet nie waarom profeteer sy vir my nie want God praat dan met my ,

Carel

Welkom by ons Carel! Jy is meer as welkom om jou vrae te vra, kyk net die forum mooi deur, dan sal jy gou agterkom wat die doel van elke sub-forum in Lighuis is en hopenlik kan ons al jou vrae antwoord. :)

thinusbrummer
May 25th 2009, 11:25 AM
Vir die tannie wat bang en skaam is om regte name te gebruik. Jesus vertel ons daar sal sulke mense wees. Ek glo niks sal gebeur as dit nie God se wil is nie. Dit waaroor ek nie beheer het nie vertrou ek aan Hom toe en aanvaar dit.. Dit waaroor ek beheer het, dit hanteer ek met die innerlike hulp van die Geilige Gees.

Ek is Thinus Brmmer van Vanderbijlpark gebore Pretoria. (Bloubul) 53 jaar oud, Getroud met Hankie en ons het 3 groot seuns. Ek is n ambagsman sonder groot geleertheid in die Bybel . Slegs n groot belangstelling.

Ek verskil gewoonlik met ander mense en wardeer dit as mense van my verskil en my reghelp. Ek sien almal hier is Christene. Hier is my weergawe. Vul dit aan of moet ons skuif na n ander gesels plek?

Thinus
Wat moet ek doen om gered te word?

Hy wat My liefhet bewaar My gebooie. Verkeert en onmoontlik..

Die wet van God. Die reels in die Bybel. Alles oor sonde. Dit is so oorweldigend. Dit is onmoontlik om te onderhou. (Maak lys van "sonde" begin by 10 gebooie) Dit is als net daar om vir die mens te bewys dat hy deur sy eie krag geen kans het om in die Hemel te kom nie. Hy kan God nie behaag nie. Die ewige lewe kan nie verdien word. Selfs in die ou testament is lammers geoffer as soenoffer. Twee goeie dade kanseleer nie een slegte uit. (Die Moslems glo dit) Hoekom preek predikers dan oor sonde? Hoekom hammer almal daarop "Jy mag nie sondig" Jy mag nie dit doen. Dit is verkeert. Hoekom preek predikers so dat jy dit deur jou eie kragte moet regkry? Liefde teenoor God. Hoekom preek hul oor wat God vir die mens kan doen en nie wat God deur die mens kan doen. Is die "krag" van die Heilige Gees dan so onverstaanbaar. God sal jou nooit bo jou kragte versoeking toelaat. Hyself versoek niemand.

Die Heilige Gees maak jou bewus van sonde. (Nie almal op een slag nie) Hy sal niks van jou verwag as Hy weet jy kan nie oorwinning behaal deur Sy krag. Dan is daar nog n geskenk by as jy dit behaal. Jy kry van die vrug en die gawes van die Heilige Gees by. Dit word n leefwyse. Breek met bewuste sondes. Nie die sondes deur mense aangewys maar deur die Heilige Gees. Jy sal skuldig voel as jy sondig. Dit sal jou pla. Jy sal weet dit is nie reg.
Kom ons begin by die begin.

1. Daar is lewe na die dood. (Oorwinningslewe op aarde is goed maar nie so belangrik)
2. Daar gaan eendag n Hemel en n hel wees.
3. Die Hemel is die ewige lewe en die hel n ewige verderf.
4. Deur die lys van sonde en dit wat verkeert is besef jy jy is verlore. En kan jouself nie red nie.
5. Om n gebetjie agter iemand aan te s en om vergifnis van sonde te vra is dalk die begin maar is nie genoeg om jou te red nie.
6. Jy moet gedoop word met Water en die Gees. (Water is Jesus bloed en Gees is die toelating van die Heilige gees in jou lewe.) Jy moet wedergebore word. (Die doop met water het geen krag. Dit is n teken. n Sakrament en opdrag. Bekeer jou en laat jou doop.)

Die meeste mense bly die res van hul lewe by stap 5. Hul vra nog elke dag vir vergifnis van sonde en gaan nooit oor na die volgende stap. Hul word dalk gedoop met water maar dit vanself het geen krag. Hul sal verlore gaan en Jesus gaan s gaan weg Ek het jou nooit geken

Spreuke 14:12 Daar is n weg wat vir n mens reg lyk, maar die einde daarvan is we van die dood.

Om met jou eie krag probeer omn goeie lewe te lei tel nie. Hoe goed ook al. Wat jy nodig het is die Heilige Gees. Sonder Hom is jy verlore. Hoekom preek die predikers nie oor die Heilige Gees? Hul het self by stap 5 vasgehak. n Ware prediker sal s, Die Gees het gekom om Jesus te verheerlik en nie himself. Doodreg maar om onkundig te wees oor die Gees is nie goed nie. Mense gaan verlore omdat hul onkundig is en predikers blindelings glo.

Daar is ander stappe in die Heilsleer maar hoe gaan jy weet of jy geroep is of uitverkies is as jy nie oorgaan tot wedergeboorte.


Stap 6 moet breedvoerig verduidelik word. (Wedergeboorte)

Ese 36:25 Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van al julle afgodery. 26Ek sal julle n nuwe hart en n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle n hart van vleis gee. 27Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.
Johannes 3 : 3 Jesus antwoord en s vir hom : Voorwaar, voorwaar Ek s vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

1. Dit is n geskenk van God. Jy kan niks doen om dit te kry/verdien. God doen alles.
2. Dit is n eenmalige gebeurtenis.
3. Dit gaan nie gepaard met wonders en tekens. (Die valse profete doen wonders en tekens)
4. Jy moet Jesus ken. Hy is die Seun van God. Daar is nog baie ander dinge.
5. Jy moet gedoop word met Water en Gees. (Vind uit wat dit beteken Ese 36:25)
6. Water, rein gewas deur Jesus bloed. Aanvaar dit. Glo dit. Sien dit. As God na jou kyk dan sien hy nie jou raak maar vir Jesus. Vir God is jy nou sonder sonde vir altyd. Jy lewe nie meer onder die wet en moets en moetnies tel nie meer.
7. Gees, Dit is iets wat gebeur waaroor jy geen beheer het. Wanneer en hoe dit gebeur is n wonder vanself. Dit kom van God. Dit gebeur in jou hart. Hoewel ons nie weet hoe, ervaar ons krag. Die wil in ons om die ou af te l en die nuwe lewe te begin.
Die will in ons om Jesus te verheerlik en om sy naam te verkondig. Kyk die ou mens het gesterwe en die nuwe opgestaan. Dit is natuurlik en met menslike pogings is dit tervergeefs.
8. Die Heilige gees het nou net die sitkamer van jou lewe betree. Hy gaan jou bewus maak van sondes. Skuldgevoel. Jy weet jy doen nou iets teen God se wil. Die res van jou lewe is n proses van heiligmaking. Die toelating van die Heilige Gees in jou lewe. Die breek van bewuste sonde. Dit kan 1 munuut vat om oor n bewuste sonde oorwinning te kry. Dit kan maade en selfs jare vat om oor n ander sonde oorwinning te behaal. Hoe langer jy wag hoe meer stel jy die Heilige Gees teleur en hy trek himself terug. Hoe meer jy aan Hom gehoorsaam is hoe meer sal die vrugte en Gawes in jou lewe tevoorskyn kom. Soek eers die koningkryk van God en al die dinge sal vir jou bygevoeg word.
9. God sal jou nooit verlaat. Jy kan God verlaat, maar Hy sal aanhou om jou terug te roep. Jy kan jou hart verhart en Sy stem binne jou probeer dood maak. Hy sal aanhou om jou te roep. Hy wag vir jou. Daar is 2 maniere van hoe om gered te word.
Jy sal krone ontvang vir jou goeie werke.
Jy sal gered word soos deur die vuur heen.
10. Daar is baie Christene maar min wat die krag van die Heilige Gees in hul lewe
ervaar. Hul is ongehoorsaam. Hul mis n wonderlike, salige, vrede gevoel in hul binneste. Gevoel is nie betroubaar en moet eerder met wete vervang word.

Jesus het jou lief
Thinus

CFJ
May 25th 2009, 11:45 AM
Dankie Thinus en welkom hier by Lighuis. Ek hou van wat jy skryf en deel gerus nog dinge met ons!

Die Filadelfieer
May 25th 2009, 01:54 PM
Welkom Thinus ! Mag jy 'n tuiste hier by ons op Lighuis vind.

Ta-An
May 25th 2009, 04:17 PM
Vir die tannie wat bang en skaam is om regte name te gebruik. Jesus vertel ons daar sal sulke mense wees. Ek glo niks sal gebeur as dit nie God se wil is nie. Dit waaroor ek nie beheer het nie vertrou ek aan Hom toe en aanvaar dit.. Dit waaroor ek beheer het, dit hanteer ek met die innerlike hulp van die Geilige Gees. Thinus.... ek is onderdaning aan opdrag van my man, verder s ek niks :)


Ek is Thinus Brmmer van Vanderbijlpark gebore Pretoria. (Bloubul) 53 jaar oud, Getroud met Hankie en ons het 3 groot seuns. En as Hankie op Horskool Transvalia was weet ek presies wie jy is ;)

Welkom

Ta-An
May 25th 2009, 04:33 PM
6. Jy moet gedoop word met Water en die Gees. (Water is Jesus bloed en Gees is die toelating van die Heilige gees in jou lewe.) Jy moet wedergebore word. (Die doop met water het geen krag. Dit is n teken. n Sakrament en opdrag. Bekeer jou en laat jou doop.)

Thinus, 1 Joh 5:6 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=62&CHAP=5&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=6) Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en Dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.

Thinus,as dit die versie is waarna jy verwys..... maar ek ontspoor nou die draad, miskien wil jy 'n nuwe onderwerps draad begin , dan gesels ons daar verder ;)

thinusbrummer
May 26th 2009, 11:38 AM
Nee Vanderbjil h

Karen1
Jun 8th 2009, 05:33 PM
:D Halo almal ek is Karen (Ferdi se suster) hoop nie hy slag my nou af dat ek dit se nie...maar toemaar sal hom uitsorteer as hy probeer:lol:

Ek het met die intrapslag reeds tuis gevoel...baie dankie daarvoor.

Ek glo ek gaan elke dag, tussen julle, meer en meer verryk word met God se seen en genade.

Niks gebeur mos sonder 'n doel nie...

Lanie
Jun 8th 2009, 05:40 PM
Hi Karen! Welkom by ons. Maar was jy nie al voorheen hier 'n lid nie?

Ta-An
Jun 8th 2009, 08:09 PM
:D Halo almal ek is Karen (Ferdi se suster) hoop nie hy slag my nou af dat ek dit se nie...maar toemaar sal hom uitsorteer as hy probeer:lol:

.
Oe la la...... nou gaan ons alles hoor :pp :lol:

Welkom!!!

Willem
Jun 10th 2009, 08:43 PM
Welkom Karen,

die familie groei ne'? nuwe sussie bygekry.

Al voel dit seker nie so vir Ferdi nie, maar sussies bly ma spesiaal , ne Ferdi ?

CFJ
Jun 11th 2009, 08:33 AM
Ek s vir haar Krensk! Ons het saam die Damaras in Suidwes groot geword en hulle 'sk alles so... :spin:

Die Filadelfieer
Jun 11th 2009, 11:06 AM
Ek s vir haar Krensk! Ons het saam die Damaras in Suidwes groot geword en hulle 'sk alles so... :spin:


H ? Sk ? >>>>>>>>>>>>>>>

CFJ
Jun 11th 2009, 11:41 AM
H ? Sk ? >>>>>>>>>>>>>>>

Hoe meen jy nou, Filask...?

Marinda
Jun 15th 2009, 04:07 PM
Oe dit voel so lekker om in jou eie taal te skryf, die afgelope paar dae het die rook uit my ore getrek soos ek my brein moes inspan om nie my naam met 'n plank te slaan nie.

Sef.3:17
Die Here is by jou
'n Held wat verlossing skenk
Hy verheug Hom oor jou met blydskap
Hy swyg in Sy liefde
Hy juig oor jou met 'n gejubel

As jy vir iemand lief is, het jy partykeer nie woorde nie, God spog oor ons, Hy is opgewonde oor ons, God omring ons met lofsange van bevryding. God van die universe is mal oor ons.

Ta-An
Jun 15th 2009, 04:11 PM
Amen en Amen!! :pp

CFJ
Jun 15th 2009, 06:02 PM
Welkom hier in Lighuis Marinda.

Lanie
Jun 15th 2009, 06:07 PM
Baie welkom, Marinda.... Hoop jy kuier sommer lekker saam met ons. :hug:

Landra
Jun 17th 2009, 02:52 PM
hi julle

My naam is Leandra, oftewel "Landra"....ek is 26 jaar oud, getroud met n wonderlike man, 2 kindertjies en woon in Sasolburg. Ek het al my Meester op n baie jong ouderdom ontmoet en baie lief vir Hom!

Lanie
Jun 17th 2009, 02:55 PM
Baie welkom by ons Landra! Ek hoop jy geniet die forum. :hug:

Tonton
Jun 17th 2009, 03:06 PM
Hi Landra,

Hoop jy kuier lekker hier, en raak 'n gereelde deelnemer by Lighuis!

Anton

Ta-An
Jun 17th 2009, 03:54 PM
Welkom Landra :pp Hoop jy kuier sommer lekker hier by ons :pp

Marinda
Jun 17th 2009, 04:10 PM
Welkom Landra, ek hoop jy kuier lekker hier net soos ek, mense jul moet maar geduld he met my, hoop my reply is nou op die regte plek, ek's maar stadig. My man se hoeka altyd ek verstaan net as daar prentjies geteken word, so jul sal maar moet begin teken.
Jes. 43:2
As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
en deur die riviere hul sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.

Ek glo jy sal nie eers na rook ruik nie.

Marinda
Jun 17th 2009, 05:48 PM
Hallo's jammer om te pla, ek sien met die 1ste keer wat ek by die lighuis geskryf het, het ek 'n waarskuwing ontvang, hoekom en waarom?

Ta-An
Jun 17th 2009, 06:08 PM
Marinda, Lanie het jou net verduidelik hoekom sy jy jou pos geskuif het..... sy s wel so in haar pos aan jou :hug:
Hallo's jammer om te pla, ek sien met die 1ste keer wat ek by die lighuis geskryf het, het ek 'n waarskuwing ontvang, hoekom en waarom?

Hi Marinda...

Baie welkom hier by Lighuis.

Hierdie is nie 'n waarskuwing nie, slegs 'n kennisgewing om jou in te lig dat ek hierdie plasing van jou sommer na die draad "Nuwe lede stel jouself voor" geskuif het. Die plekkie waar jy geplaas het is eintlik die kennisgewingbord waar ons kennisgewings en so aan vasplak sodat ons lede dit maklik kan sien. Moenie komkommer nie, jy sal sommer vinnig leer hoe werk die verskillende forums.

Ek glo jy gaan dit sommer baie geniet hier by ons...

Groete
Lanie

Marinda
Jun 17th 2009, 06:52 PM
O! okay, dankie, sal probeer om nie dieselfde fout te maak nie.

Willem
Jun 17th 2009, 09:34 PM
Welkom Landra en Marinda,

Glo julle sal lekker inpas hierso en soos ons almal baie leer en kuier met al die familie.

Hannelie Pretorius
Jun 19th 2009, 09:51 AM
Hallo julle almal. Ek is nuut hier en hoop dat ek op die regte plek myself bekend stel. Indien nie help my asb reg.

Ek is getroud met 'n baie wonderlike man en 2 seuns (14,11). Ek is baie bly dat ek hier met julle in Afrikaans kan praat. Ons is in 'n 2talige kerk, maar dis meestal engels en ons woon ook 'n engelse selgroep by. (albei uit eie keuse. Maar dis nogtans lekker om te weet dat ek ook 'n Afrikaanse Christelike vriendekring kan opbou. Soms gaan dit maar moeilik om my gevoelens in engels uit te druk.

ek sien baie uit daarna om op 'n daaglikse basis met julle te kommunikeer en myself so op te bou met my Saligmaker se Woord. :pp

Ek het nou al na 'n klompie besprekings gekyk en ek is beindruk. Wat my wel opval is dat die meeste die selfde doel voor o het - om al die bose en slegte dinge teen te staan. Alle eer aan ons Hemelse Vader daarvoor.

Liefde in Jesus

Lanie
Jun 19th 2009, 09:55 AM
Hi Hannelie... Ek het op die Engelse kant ook, maar ek wil darem in Afrikaans ook vir jou s, baie welkom! Hoop jy geniet die geselsery....

Die Filadelfieer
Jun 19th 2009, 10:57 AM
Welkom al die nuwelinge !

protea
Jun 19th 2009, 11:06 AM
Hoe meen jy nou, Filask...?

Dit klink baie soos die middel Karoo se taal van 'ma-goed, pa-goed en ousussiekie-goed' . Dis vir my so n pragtige streektaal en ek meen dat hierdie Damara 'dialek' in die dieselfde klas val. Afrikaans is darem plooibaar , ne?

protea
Jun 19th 2009, 11:20 AM
...wat ek EINTLIK wou se : Baie welkom aan die nuwelinge! Julle sal nog sien hoe lekker ons 'gesjels met die enjinkies sam' ..... Ai hoe verlang ek nou na my geboorteland , die Karoo.....

Marinda
Jun 21st 2009, 11:00 AM
Hi Hannelie, welkom, weet jy gaan lekker saam kuier. Ek kon my oe nie glo toe ek toevallig op bibleforum afgekom het nie, lekker om saam met mede Christene oor die Woord te kuier, en boonop in Afrikaans, groot bonuspunt. Ons is ook in 'n gemengde kerk, baie sondae is dit 4 verskillende tale, gelukkig kan ons predikant baie tale praat. Ons is 'n klein gemeente maar ek weet ons gaan nog baie groei, by ons is almal welkom maak nie saak watse kleur jy is nie, baie Sondae is daar blankes, Zim, boesmans en tswanas teenwoordig, en dan word daar in daardie tale gepreek. Ja nee so word die Woord uitgedra, en ek is baie bly om deel daarvan te wees.

Francois Marais
Jun 23rd 2009, 05:58 PM
Hi daar
Ek is soos my handler s Francois Marais
Ek is afkomstig van Bronkhorstspruit, maar woon in Pretoria. Ek is n lidmaat van Lewende Woord Brumeria. Ek woon n Selgroep in Cullinan by.
Ek voel geroep om as jeug sel leier te werk vir ons Vader. Ek werk tans in IT en kom elke dag in aanraking met nuwe mense (ons het n Universiteit as klint). Ek vind dit nie maklik by die werk nie, want ek weet nie altyd wie klagtes gaan h as ek oor geloof praat nie, maar tans het ek nog nie probleme gehad nie. Ek het probeer om n sel by die werk te begin om elke oggend te open met gebed, maar ek werk saam met nie gelowige mense. So ek doen tans voorbidding by myself elke oggend as ek op kantoor is. Ek mag gelukkig Gospel luister so as ek op kantoor is luister ek my Gospel. God het my nog nie gesen met n huwelik maat nie.
Hoop om baie antwoorde op my vra te kry, en dalk ook om mense te kan antwoord waar ek kan.
Wees gesend vanaand in als wat julle doen.

Etienne Marais
Jun 23rd 2009, 06:29 PM
Hallo my naam is Etienne Marais en ek is 18 jaar oud.

Ta-An
Jun 23rd 2009, 06:36 PM
Welkom aan beide van julle, mag julle gesend wees hier by die forum

Ta-An

Willem
Jun 24th 2009, 07:44 PM
Hi Francois en Etienne,

Welkom hierso.

Ek ken daai IT wie het vandag watter probleme, maar onthou jy kom in waar min ander mense inkom op gereelde grondslag en as hulle nie nou wil luister nie, dan leef jy Sy liefde vir hulle uit in hoe jy hulle behandel en mettertyd begin hulle oopmaak en vra en dan sal jy jou kans kry dat die Here jou gebruik om te praat.

Sterkte daar.

Marinda
Jun 24th 2009, 07:52 PM
Goeie dag Francois en Ettiene, baie welkom, glo ons gaan almal saam lekker kuier.

Johnny
Jun 25th 2009, 12:15 PM
Hallo julle almal. Ek is nuut hier en hoop dat ek op die regte plek myself bekend stel. Indien nie help my asb reg.

Ek is getroud met 'n baie wonderlike man en 2 seuns (14,11). Ek is baie bly dat ek hier met julle in Afrikaans kan praat. Ons is in 'n 2talige kerk, maar dis meestal engels en ons woon ook 'n engelse selgroep by. (albei uit eie keuse. Maar dis nogtans lekker om te weet dat ek ook 'n Afrikaanse Christelike vriendekring kan opbou. Soms gaan dit maar moeilik om my gevoelens in engels uit te druk.

ek sien baie uit daarna om op 'n daaglikse basis met julle te kommunikeer en myself so op te bou met my Saligmaker se Woord. :pp

Ek het nou al na 'n klompie besprekings gekyk en ek is beindruk. Wat my wel opval is dat die meeste die selfde doel voor o het - om al die bose en slegte dinge teen te staan. Alle eer aan ons Hemelse Vader daarvoor.

Liefde in Jesus

Hanlie, ek sien jy is ook nie lus vir bose en slegte lering nie. Wat was jou gunsteling christelike film?

Francois Marais
Jun 29th 2009, 05:16 PM
Hi Francois en Etienne,

Welkom hierso.

Ek ken daai IT wie het vandag watter probleme, maar onthou jy kom in waar min ander mense inkom op gereelde grondslag en as hulle nie nou wil luister nie, dan leef jy Sy liefde vir hulle uit in hoe jy hulle behandel en mettertyd begin hulle oopmaak en vra en dan sal jy jou kans kry dat die Here jou gebruik om te praat.

Sterkte daar.

Thanks vir almal vir die welkom seggens. Ek het al God sien beweeg net deur mense se gedrag, en ons as gelowige mense dink nie altyd dat ons 'n baie groot verskil in iemand se lewe kan maak net deur ons gedra.
Dink net, as jy altyd nors is en knorrig, sal geen persoon wil h wat jy het nie, maar as jy vrolik, vriendelik, vergewend, verdraagsaam, vol liefde, nederig, goedhartig, getrou (stiptelik), geduldig en als met selfbeheersing doen, dink net watse impak kan jy h?

Christus liefde.

ldp
Aug 14th 2009, 10:51 PM
Haai almal was laas Desember 2007 hier.Lekker om weer hier te wees.Sal nie weer so lank wegbly,het intussen awesome dinge gebeur wat my so naby aan die Here gebring het dat ek wonder hoekom ek nie lankal tot finale oorgawe gekom het nie.:pp

CFJ
Aug 16th 2009, 02:23 PM
Haai almal was laas Desember 2007 hier.Lekker om weer hier te wees.Sal nie weer so lank wegbly,het intussen awesome dinge gebeur wat my so naby aan die Here gebring het dat ek wonder hoekom ek nie lankal tot finale oorgawe gekom het nie.:pp

Welkom terug by ons ldp en jy moet gerus vir ons meer vertel in die 'Gebeds, Getuienis en Bedienings' forum...

VeronicaS
Aug 19th 2009, 08:29 AM
Goeiedag

Ek is nuut by die forum, woon in Bellville, Kaapstad en sien uit daarna om te gesels oor al die wonderlike dinge van ons geloof in Christus Jesus. My broer, Lukeskywalker, het my genooi om te kom deelneem.

Groete aan almal in Christus,
Veronica

CFJ
Aug 19th 2009, 09:06 AM
Baie welkom by ons Veronica!

lukeskywalker
Aug 19th 2009, 09:30 AM
Goeiedag

Ek is nuut by die forum, woon in Bellville, Kaapstad en sien uit daarna om te gesels oor al die wonderlike dinge van ons geloof in Christus Jesus. My broer, Lukeskywalker, het my genooi om te kom deelneem.

Groete aan almal in Christus,
Veronica

Welkom by ons! Dis regtig lekker om met mede-gelowiges te kuier, dankie dat jy die uitnodiging om te registreer aanvaar het!

Ta-An
Aug 19th 2009, 11:04 AM
Welkom VeronicaS ... hoop jy geniet dit hier by ons :pp

Willem
Aug 19th 2009, 07:12 PM
Welkom VeronicaS,

dit raak net beter met al die familie wat so groei!

Tonton
Aug 20th 2009, 03:39 PM
Welkom, Veronica,

Hoop jy kuier lekker hier, en kom gereeld terug.

Groete (ook uit Bellville)
Anton

Sussandre
Oct 1st 2009, 04:37 PM
Hi my vriende in Christus,
Ek is nuut hier, het so pas aangesluit(Sept 2009)
My naam is Andre, is getroud en bly op n klein dorpie in die Vrystaat naamlik Ventersburg, is oorspronklik van die Baai.
Ek is n wedergebore Christen en sien uit daarna om hier saam met julle ouens oor dinge van die Here te gesels, ek is nog nuut met die tipe van ding, maar ek glo en vertrou op Jesus dat ek gou sal reg kom.
Ek en my vrou het die voorreg gehad om in Israel te gaan toer en sommer ook van die geleentheid gebruik gemaak om ons te laat doop in die Jordaan Rivier -Prys die Here!!
Ek groet julle almal in die wonderlike naam van onse Here Jesus Christus, ek glo ons gaan n wonderlike tyd saam he.
Jesus Groete,
Andre

marline
Oct 1st 2009, 04:59 PM
Welkom, welkom, Ek pos nie meer so gereeld nie, maar kyk gereeld wat hier aan die gang is.

CFJ
Oct 2nd 2009, 10:01 AM
Welkom by ons Andr!

Lanie
Oct 2nd 2009, 03:39 PM
Ons is bly om jou hier te h, Andr! Hoop jy kuier lekker saam met ons.

Ta-An
Oct 5th 2009, 08:31 AM
Welkom Andre.....

Mag jy geseend wees hier by ons :pp

JPR
Oct 15th 2009, 09:25 PM
Ek is nuut, geestelik en op die blad. My naam is Jacobus (wat iemand reeds geneem het en daarom stel ek myself as JPR aan julle voor) Ek bly in Ierland, was protestants gebore, charismaties wedergebore, en nou is ek net 'n dissipel van Yeshuah, alias Jesus van Nasaret. Ek het aangesluit omdat ek graag met julle brood wil breek. Ek hoop ook om julle aan my getuienis bloot te stel.

Maranata

Gene
Oct 16th 2009, 08:08 AM
Hi Jacobus

Baie welkom hier by ons - as jy die Here liefhet, is dit die plek om te wees. Ek hoop om nog lekker saam te gesels oor dinge wat saak maak. (Jy is welkom om jou getuienis met ons te deel in die subforum Gebed, Getuienisse en Bediening.)

Groetnis!

CFJ
Oct 16th 2009, 08:14 AM
Welkom by ons Jacobus!

CDJ
Oct 17th 2009, 06:09 PM
Welkom by ons Jacobus!Sjoe. Ek hoop ons maak eerlike Bybel-GETROUE mense van mekaar, Ferdi. Ek wil Bybel-GETROU wees so ek voel almal moet Bybel-GETROUE antwoorde hoor. Nie die antwoorde wat ons (en jy) wegsteek van mense nie.

Ek lees baie politiek en soms wens ek net ons kan almal dieselfde taal praat, en hier is n goeie geleentheid. Gaan ons begin of gaan ons eers die onerwerp ontken soos gewoonlik? ..soos gewoonlik? ....soos gewoonlik? ......soos gewoonlik?

Groete

CFJ
Oct 18th 2009, 12:04 PM
Sjoe. Ek hoop ons maak eerlike Bybel-GETROUE mense van mekaar, Ferdi. Ek wil Bybel-GETROU wees so ek voel almal moet Bybel-GETROUE antwoorde hoor. Nie die antwoorde wat ons (en jy) wegsteek van mense nie.

Ek lees baie politiek en soms wens ek net ons kan almal dieselfde taal praat, en hier is n goeie geleentheid. Gaan ons begin of gaan ons eers die onerwerp ontken soos gewoonlik? ..soos gewoonlik? ....soos gewoonlik? ......soos gewoonlik?

Groete

Hallo CDJ,

Alle Bybel-getroue mense begin by een enkele plek en dit is 'n ontmoeting moet die Outeur van die Bybel. Ek hoop dit is waar ons kan begin en dit lyk of jy my ken van iewers. Vanwaar Gehasi? :)

Willem
Oct 18th 2009, 06:50 PM
Welkom CDJ en Andre,

Seker julle sal ook vir ons kan leer en die Here al die eer kan gee.

Vrede.:hug:


Ferdi, vandag eerste keer Gehasi gesien, toe gewonner of die seding ook van daar af kom... ou testament en brood vermeerder...

CFJ
Oct 18th 2009, 07:27 PM
Ferdi, vandag eerste keer Gehasi gesien, toe gewonner of die seding ook van daar af kom... ou testament en brood vermeerder...

Hi Willem,

Dit kom uit die Bybel en het 'n spreekwoord geword onder Afrikaners. My oupa het dit baie gebruik en ek het dit lank terug gelees en nou weer gaan soek. Eers kon ek dit nie kry nie, want ek het vanwaar (dis nie 'van waar' nie) verkeerd gespel, maar hier is dit.


Toe hy dan inkom en by sy heer staan, s Elsa vir hom: Vanwaar, Gehsi? En hy antwoord: U dienaar het nrens heengegaan nie.
(2Ki 5:25 AOV)

Linda Hartzenberg
Oct 22nd 2009, 01:17 PM
My naam is Linda ek is 30 en van Limpopo.

Ek is gelukkig getroud met vier kabouters drie seuns en een dogtertjie, my outdste 7 'n seun, 5 'n seun en dan ons wonderwerkies 'n 2ling van amper 3 'n seun en 'n dogter. Ons het gebid vir 'n dogtertjie maar die Here het vir ons nog 'n seuntjie geskenk gegee. In die begin van my derde swangerskap het ons uitgevind dit is 'n 2ling en ek het my o uit my kop uitgehuil en nie geweet hoe ons vir vier kindertjies gaan sorg nie maar die Here voorsien.

Ek kan nie vandag my lewe indink sonder hierdie 4 kabouters nie.

Ek het gister hierdie wonderlike webtuiste ontdek!!

Groete, Linda

Die Filadelfieer
Oct 22nd 2009, 01:27 PM
Welkom Linda ! Hoop die kabouters gee jou darem bietjie tyd om hier by ons te kuier. :spin:

Francois Marais
Oct 22nd 2009, 02:10 PM
Welkom Linda. Hoop jy gaan dit hier geniet. Te lekker om in Afrikaans te kan gesels met mense.... :lol:

cc0984
Nov 17th 2009, 11:16 AM
Goeie dag!
Ek is Charlene (cc0984) en woon in Johannesburg, Edenvale. Ek het in April 2009 my laat groot doop omdat ek Jesus as my Verlosser en Saligmaker aanvaar het! Ek is amper 3 jaar getroud met Gideon. Ek het heel toevallig op hierdie forum afgekom en toe besluit om aan te sluit omdat ek glo ek nog baie het om te leer en dat ons nooit volleerd kan wees nie. Ek groei nog elke dag. Jesus groete

Ta-An
Nov 17th 2009, 11:18 AM
Charlene!! :pp
Baie welkom hier by ons!! Mag jy gesend wees !! :hug: