PDA

View Full Version : Nuwe lede, stel jouself voor

Pages : [1] 2 3

CFJ
Aug 9th 2007, 08:24 AM
Welkom aan elkeen wat nuut is. Hierdie draad is spesifiek hier dat jy jouself kan voorstel en om vir ander dit te vertel waarmee jy gemaklik voel. As jy 'n skuilnaam verkies, doen dit gerus. Vertel ook wanneer jy die Here ontmoet het. Ons kan selfs later 'n draad oopmaak spesifiek vir getuienisse, want dit is ons getuienisse wat vertel wie Jesus is.

My naam is Ferdi Alberts en ek bly hier in die volstruis-hoofstad, ook bekend as klein Jerusalem of Oudtshoorn. Ek is ongetroud en word in die begin van elke lente 'n jaar ouer. In my 23ste lente het ek Jesus ontmoet en ek nader nou so 44 lentes... :)

Ek is sedert 2002 baie aktief op internet forums, spesifiek Christelike forums en dit is iets waaraan mens maar gewoond moet raak, maar as mens dit eers gewoond is, is dit sekerlik een van die beste leerskole beskikbaar! Hier kan mens jou idees toets en sien hoe mens groei. Jy word soms kwaad, kry soms skaam vir jouself en leer om reg te maak, leer om te vergewe en leer om die waarheid met die regte gesindheid te verdedig.

Ek hoop om baie van julle ook hier te ontmoet en soos 'n hele paar wat ek reeds deur die internet ontmoet het, beter te kan leer ken en saam met julle 'n pad met die Here te stap.

Ta-An
Aug 9th 2007, 09:22 AM
Vrede!!
Ek is nie meer 'nuut' nie, :blush:, ek was eintlik al hier vandat die bord begin het :pp

Ek bly in Leon Schuster se Gangsters Paradise...
Die laaste dag van ons SA winter bring die einde van my eerste Jubilee jaar. 'n hele hand se vingers vol met een nul.

Ek het 'n passie vir Israel, haar mense en taal.
Ek is lid van 'n Lof-dans groep, en ons gebruik die lof-danse om mee uit te reik na andere.

Welkom aan julle almal hier, en laat Sy Lig deur jou skyn. :pp

CFJ
Aug 9th 2007, 09:32 AM
ACCM,

Ek sien nou net dat ek juis in die lente van 2002 hier aangesluit het, toe was julle so 2 maande aan die gang met die "nuwe" Bibledatabase. Ons begin nou hier met Afrikaans ook net so voor die lente... :spin:

Ta-An
Aug 9th 2007, 10:27 AM
. Ons begin nou hier met Afrikaans ook net so voor die lente... :spin: Mag die lente bloeisels bring wat vrug dra. :idea:

CFJ
Aug 10th 2007, 07:22 AM
Mag die lente bloeisels bring wat vrug dra. :idea:

Jy sal nie glo nie, maar ek het ook in die lente aan Lindy verloof geraak!

shalom
Aug 10th 2007, 12:47 PM
Haai My Naam Is Chris, Ek Bly In Kaapstad, Parow, Ek Is Splinter Nuut Hier En Verskriklik Lief Vir My Verlosser.

CFJ
Aug 10th 2007, 12:55 PM
Chris,

Baie welkom hier en mens is bly jy kon ons ontdek! Dankie vir jou deelname en mens hoop dat hierdie plek net so groot seŽn vir jou sal wees soos vir baie ander van ons. Op die Afrikaanse forum is nog nie so baie deelnemers nie, ons is nou maar so drie weke oud, maar die Engelse forum bestaan al 5 jaar en daar krioel dit omtrent!

Ta-An
Aug 10th 2007, 08:22 PM
Welkom Chris, hoe het jy ons ontdek? :hmm:

Tonton
Aug 20th 2007, 04:04 PM
Haai! Ek is Anton. Ek is al sedert Julie 2002 lid, maar plaas vandag vir die eerste keer op die Afrikaanse bladsy. Dankie vir ACCM wat vir my laat weet het van die blad.

Groete in Jesus!

CFJ
Aug 20th 2007, 04:55 PM
Hi Anton, ek het gewonder wat van jou geword het? Bly om jou weer te sien man! :)

Ta-An
Aug 20th 2007, 05:10 PM
'n Warm welkom aan jou Anton op die Afrikaanse sy van die forum :hug:

ChildofJesus
Aug 20th 2007, 07:13 PM
Goeie dag aan almal
Ek het gisteraand vir die eerste keer aangesluit by die forum en toe word ek 'n link gestuur na hierdie nuwe forum en dis wonderlik dat ons nou die geleentheid het om in ons eie taal oor die dinge van onse Here te kan praat.
Ek bly in Centurion (Gauteng vir die wat nie weet nie) en is getroud met drie kinders (3-amper 4, 18 maande en 5 maande).
Ek hoop regtig dat ek hier baie antwoorde op my vrae sal kry en dat ek net lekker kan gesels oor die Here.
Baie dankie vir die geleentheid om julle te kan leer ken - broers en suster in Jesus.
Ek gaan nou sommer begin deur bietjie te loer wat hier alles en dan "gesels" ons weer later.
Groete!!

CFJ
Aug 20th 2007, 07:20 PM
Baie welkom hier ChildofJesus, jy is welkom om soveel vrae te vra soos jy voel nodig is. Dit is eintlik al wanneer mens leer, deur vrae te vra. Miskien voel baie dat dit na onkunde lyk, maar mens vergeet gou dat daar nie eintlik iets soos 'n dom vraag is nie. Vrae bring antwoorde en dit maak mens "slim". :)

Mooibly en mag jy net so geseŽnd wees deur hierdie forum soos baie ander van ons al geseŽn was en is!

Phil Fourie
Aug 21st 2007, 06:08 AM
My naam is Ferdi Alberts en ek bly hier in die volstruis-hoofstad, ook bekend as klein Jerusalem of Oudtshoorn. Ek is ongetroud, verloof aan Lindy Jonck en word in die begin van elke lente 'n jaar ouer. In my 23ste lente het ek Jesus ontmoet en ek nader nou so 44 lentes... :)

Hi almal

Is jy nou dieselfde Ferdi wat my op KK genooi het? If that be the case, ek is Phil (aka Chad), maar hier mag ek blykbaar nie soos op alle ander plekke waar ek chat Chad wees nie, so nou voel ek erg ontbloot:help:

Anywho, ek wil maar net weereens sÍ ek is Phil, ek is van die bosveld (Limpopo). Ek is ongetroud, verloof aan niemand en as ek na Ferdi se ouderdom kyk, dan lyk dit my daar is ook nog hoop vir my:pp.

Ek hoop ek kan lekker saam met julle almal gesels.

Groete
PFM

CFJ
Aug 21st 2007, 07:07 AM

Baie welkom Phil en ek hoop om jou beter te leer ken hier!

Hehehe, daar is altyd hoop..., maar moenie dink dit is in 'n vroumens nie... :rolleyes:

Phil Fourie
Aug 21st 2007, 08:27 AM
Dankie, ek hoop ook so

Ta-An
Aug 21st 2007, 08:43 PM
Hi Phil, Welkom hierso by ons :hug:
Is dit al lekker warm in die Limpopo??

Phil Fourie
Aug 22nd 2007, 05:56 AM
Hi Phil, Welkom hierso by ons :hug:
Is dit al lekker warm in die Limpopo??

Dit begin nou warm word, die dag is warm, maar die aande en vroegoggende is maar nog koel.

Dankie vir die verwelkoming

Groete
PFM

Lewies
Aug 24th 2007, 09:52 AM
H'lo julle.

Ek is bly om saam met kinders van die Here te wees.

Dit is my eerste dag hier en as dit van my afhang het ek gekom om te bly.
Dankie Ferdi vir die verwysing.

Phil Fourie
Aug 24th 2007, 09:59 AM
H'lo julle.

Ek is bly om saam met kinders van die Here te wees.

Dit is my eerste dag hier en as dit van my afhang het ek gekom om te bly.
Dankie Ferdi vir die verwysing.

Dit lyk my Ferdi is 'n baie goeie verkoopsagent, hy het my ook in die strik gevang:help::lol:

Baie welkom Lewies, ek is ook maar nuut hier, maar ek is bly jy is hier en hoop om nog baie lekker met jou saam te gesels.

maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judťa en SamarŪa en tot aan die uiterste van die aarde.
Hand 1:8 (33/53 AV)

Groete en baie seŽn
Phil

Lewies
Aug 24th 2007, 12:54 PM
Dankie Phil.

Ek dink daar is heelwat om oor te gesels, ja.
Geniet jou Koedoebiltong daar in die Bosveld. Oor 'n maand gaan ek ook daar in die Baltimore omgewing 'n draai gooi. Jiep!

Phil Fourie
Aug 24th 2007, 01:36 PM
Dankie Phil.

Ek dink daar is heelwat om oor te gesels, ja.
Geniet jou Koedoebiltong daar in die Bosveld. Oor 'n maand gaan ek ook daar in die Baltimore omgewing 'n draai gooi. Jiep!

Baie nice, jy is altyd welkom om 'n draai te gooi hier by my, ek is hier in Pietersburg, nou nie naby aan Baltimore nie, maar dis ok nie so ver nie.

Anywhay, dit is vir jou 'n ope uitnodiging:cool:

Ta-An
Aug 24th 2007, 04:50 PM
Welkom Lewies :)

CFJ
Aug 25th 2007, 09:24 AM
H'lo julle.

Ek is bly om saam met kinders van die Here te wees.

Dit is my eerste dag hier en as dit van my afhang het ek gekom om te bly.
Dankie Ferdi vir die verwysing.

Baie welkom Lewies! Dankie veral vir die gedig wat jy geplaas het, ek het al begin eensaam voel daar en dit is lekker om te sien iemand skryf ook gedigte. Gewoonlik stry die mense nie so baie oor gedigte soos oor die ander onderwerpe nie :lol: :lol: :)

Ta-An
Aug 25th 2007, 05:04 PM
Goeie dag aan almal
Welkom aan jou :hug: van 'n mede Gautenger

EngelHart
Aug 27th 2007, 07:21 PM
Goeienaand almal. Dankie vir die uitnodiging Ferdi. :)
Ek is woonagtig te Pretoria, is gelukkig getroud met 2 pragtige seuns.

Ek het Jesus aangeneem as my Verlosser in 1980. Wat besonders was aan hierdie ervaring is dat Jesus met my persoonlik gepraat het in 'n droom. Dit sal my bybly tot die dag van my dood.

Ek glo ons gaan nog lekker kuier want Jesus is my passie! en ek glo vir julle ook :)

Phil Fourie
Aug 27th 2007, 07:33 PM
Ek glo ons gaan nog lekker kuier want Jesus is my passie! en ek glo vir julle ook :)

Absoluut, baie welkom:pp

CFJ
Aug 27th 2007, 07:34 PM
Dankie EngelHart, jy is meer as welkom en ek hoop dat jy net so geseŽn sal word hier, soos baie ander al geseŽn was. Sien jou op die kampus! :)

Hehehe... ek dink nou daaraan, baie van ons het seker nooit die geleentheid gehad om na skool te gaan studeer nie, hier is nou elkeen se kans, vir die wat dit weer wil doen, die wat dit nog nooit gedoen het nie en ook vir die wat die eerste keer nie so goed gevaar het nie... :idea:

oppiweb
Sep 9th 2007, 08:34 PM
Wel sedert ek by die forum angesluit het is dit seker al die vierde of vyfde keer wat ek hier kom draai maak om myself voor te stel.

Ek weet net eenvoudig nie wat om van myself te se nie...ek sou eerder soos Paulus wou kon se dat ek van dag tot dag sterwe sodat Christus in my kan lewe want eintlik is ek minder as niemand nie, maar Hy wat in my woon, Hom van Wie ek getuig, Hy wat my bekwaam gemaak het om hier te mag deelneem....mag dit so wees dat julle Hom in my sal sien. Ongelukkig sterf ek nie heeltemal soos Paulus nie en dan sal julle dalkies die onaagename ware ek ook sien.

Maar, om myself op te som, ek spel vreeslik sleg, is nie goed met tale en woorde nie, ek HAAT godsdienstigheid of godsdiens...die Here wat alles gemaak het en in stand hou deur die Woord van Sy krag het geen mens se dienste nodig nie....daarom het Hy hulle heel laaste gemaak en die vrou is selfs na die mens Adam gemaak sodat daar geen misvestand kan wees nie.

Terwyl ons nou in die Genesis omgewing van die skrif is, ons mense is ook nie beeld draers van God nie...Adam was dit op die dag toe God hom gemaak het....maar na sy wedergeboorte uit die lewe in die dood in, duidelik nie meer na die beeld van God geskape nie. ( Gen. 5:1 en 3 ) So, moet dus nie die beeld van God in my soek nie of my verwyt omdat ek nie meer soos Hy lyk nie.....Hy is sedert my wedergeboorte op 16/12/1984 besig om my te her-skep terug na Sy ewebeeld toe....en Sy tyd is Sy tyd.

Vrede vir julle almal, nie vrede soos die wereld se vrede wens ek julle toe nie, want hier sal daar nooit weer vrede wees nie, want daar was sedert Genesis 3:6 nog nooit....Sy vrede wens ek julle toe en mag Sy vrede in julle harte heers en so bewerkstellig dat julle almal binne Sy volmaakte wil sal wandel! Amen!

Gene
Sep 12th 2007, 07:21 AM
Hi almal

Ek is sedert 4 Junie 1994 'n wedergebore kind van die Here met 'n duidelike roeping en 'n passie om siele vir God se Koninkryk te wen. (Terloops, ek glo dat ELKE christen daardie roeping het en dat dit die grootste enkele rede is waarom ons op aarde leef.)

Ek woon al 27 jaar in Lichtenburg, in die ou Wes-Transvaal, gelukkig getroud met een kind. Ek glo dat kontak met boeties en sussies in die Here noodsaaklik is vir enige kind van die Here om staande te bly, en om geestelik te groei. Dis die hoofrede waarom ek by hierdie forum, waarvan ek onlangs eers gehoor het, aangesluit het.

EK het grootgeword in die era voor rekenaars, en dus is die elektroniese media vir my nog 'n redelik onbekende veld. Ek is nog lekker dom, maar ek leer elke dag, en is baie opgewonde oor die moontlikhede wat lidmaatskap aan hierdie forum inhou. Ek sien baie uit daarna om julle hier te ontmoet en saam te gesels oor dinge wat saak maak.

Groetnis!;)

CFJ
Sep 12th 2007, 07:27 AM

Welkom hier Dirk! Jammer dat ek nou eers reageer, maar as mens reeds iemand ontmoet het op 'n ander plek dan vergeet mens soms jou goeie maniere :o

Moenie bekommerd wees oor die spelling nie, dit kom later self reg, veral as jy soos ek gelukkig is om 'n gratis "spelchecker" van die internet te kan aflaai. Dit werk nogal vir my, mens hoop maar net hulle spel reg.

CFJ
Sep 12th 2007, 07:36 AM
Hi almal

Ek is sedert 4 Junie 1994 'n wedergebore kind van die Here met 'n duidelike roeping en 'n passie om siele vir God se Koninkryk te wen. (Terloops, ek glo dat ELKE christen daardie roeping het en dat dit die grootste enkele rede is waarom ons op aarde leef.)

Ek woon al 27 jaar in Lichtenburg, in die ou Wes-Transvaal, gelukkig getroud met een kind. Ek glo dat kontak met boeties en sussies in die Here noodsaaklik is vir enige kind van die Here om staande te bly, en om geestelik te groei. Dis die hoofrede waarom ek by hierdie forum, waarvan ek onlangs eers gehoor het, aangesluit het.

EK het grootgeword in die era voor rekenaars, en dus is die elektroniese media vir my nog 'n redelik onbekende veld. Ek is nog lekker dom, maar ek leer elke dag, en is baie opgewonde oor die moontlikhede wat lidmaatskap aan hierdie forum inhou. Ek sien baie uit daarna om julle hier te ontmoet en saam te gesels oor dinge wat saak maak.

Groetnis!;)

Hallo Gene! Welkom hier en vra maar as daar iets oor die sagteware is. Ek is self ook maar dom met dit, maar het maar so met die tyd 'n ding of twee geleer wat my nou so effe "slimmer" laat voel. :rolleyes: :D

Ek glo en vertrou dat ons die regte omgewing het om mekaar te kan bou in ons enigste hoop, Jesus.

Phil Fourie
Sep 12th 2007, 07:51 AM
:cool:
Hi almal

Ek is sedert 4 Junie 1994 'n wedergebore kind van die Here met 'n duidelike roeping en 'n passie om siele vir God se Koninkryk te wen. (Terloops, ek glo dat ELKE christen daardie roeping het en dat dit die grootste enkele rede is waarom ons op aarde leef.)

Ek woon al 27 jaar in Lichtenburg, in die ou Wes-Transvaal, gelukkig getroud met een kind. Ek glo dat kontak met boeties en sussies in die Here noodsaaklik is vir enige kind van die Here om staande te bly, en om geestelik te groei. Dis die hoofrede waarom ek by hierdie forum, waarvan ek onlangs eers gehoor het, aangesluit het.

EK het grootgeword in die era voor rekenaars, en dus is die elektroniese media vir my nog 'n redelik onbekende veld. Ek is nog lekker dom, maar ek leer elke dag, en is baie opgewonde oor die moontlikhede wat lidmaatskap aan hierdie forum inhou. Ek sien baie uit daarna om julle hier te ontmoet en saam te gesels oor dinge wat saak maak.

Groetnis!;)

Hi Gene

Baie welkom en ek hoop jy kry sommer baie seŽn uit hierdie forum. Ek sien uit daarna om met jou hier te gesels en saam met jou deel te hÍ aan die gemeenskap van die gelowiges.

Groete en baie seŽn
Phil:cool:

Gideon88
Sep 12th 2007, 10:14 PM
Hallo almal,

Nuut hier - ook uitgenooi deur Ferdi.
Ek is Gideon Aggenbag, gebore en getoŽ Namakwalander. Emeritus, 74, springlewendig en gesond,:pp op kontrakpos wat eindig op 30/4/08. Bedien ook die plaaslike Afrikaanse VGK.

Op 40 tot bekering gekom (alleen in my huis - wys net hoe werk God se Gees!). Op 42 Matie geword, en op 49 predikant.
Goue bruilof gehad in Mei 2007, :kiss:maar nie een van ons wil bles raak nie!

Woon nou op Pearston, Oos-Kaap. Klein dorpie - naaste bank, apteek, dokter & hospitaal is 50 km. vÍr. Hoofsaaklik boeregemeenskap.

My passie vir die Evangelie nog steeds soos altyd.:bounce:Probleme is daar wel, maar God besluit mos wanneer Hy die saad wat gesaai word, gaan laat groei.

Baie lief vir sang en musiek, humor en vernuwing maar ai, die tradisionele groewe is maar moeilik om te oorwin. Maar nouja, hulle sÍ mos aanhouer wen. :B My gunsteling instrumente is kitaar, klavier, orrel, klarinet, HawaÔese kitaar en saksofoon. Ek besit nie 'n klavier nie (daarvoor gaan ek meer as net Sondae kerk-toe!) en kan geen noot lees nie.

Ek het ook 'n passie vir bejaardesorg, en bedien 'n buurgemeente se huis vir bejaardes, ook trauma en verjaarsdae van lidmate oor 70. Ek probeer Jesus teenwoordig maak in my omgang met almal.

Baie dankie, Ferdi, vir die bekendstelling. Dit is nogal 'n sprong vanaf KK. Ek kan sien dis goeie, opbouende geselskap, en baie om te leer. Ek sal baie aande nie hier kan kom kuier nie, maar dit sal wees so dikwels as wat ek kan. Daar is nogal heelwat verpligtings.

Hoop ek was nie tť lang-asem nie!

Groetnis.

Phil Fourie
Sep 13th 2007, 05:54 AM
Mag ek sÍ hallo oom Gideon, want daar is so 50 jaar verskil tussen ons:blush:.

Baie welkom en ek hoop ons kan mekaar hier ook versterk in die geloof en getuig van hoe groot God is en oor hoe goed Hy vir ons is.

Weereens baie welkom en ek sien uit na lekker gesprek met "oom". Jammer, dit is maar 'n respek ding:blush:.

Groete
Phil

CFJ
Sep 13th 2007, 06:28 AM
MŰre Gideon! Ek is bly jy het ons gekry, na jy eers 'n draai daar op die Engelse forum moes maak.

Iets wat net interessant is, is hoe jy tot bekering gekom het en dat my eie bekering ook alleen in my kamer was.

oppiweb
Sep 13th 2007, 07:01 PM
Hi almal

Ek is sedert 4 Junie 1994 'n wedergebore kind van die Here met 'n duidelike roeping en 'n passie om siele vir God se Koninkryk te wen. (Terloops, ek glo dat ELKE christen daardie roeping het en dat dit die grootste enkele rede is waarom ons op aarde leef.)

Ek woon al 27 jaar in Lichtenburg, in die ou Wes-Transvaal, gelukkig getroud met een kind. Ek glo dat kontak met boeties en sussies in die Here noodsaaklik is vir enige kind van die Here om staande te bly, en om geestelik te groei. Dis die hoofrede waarom ek by hierdie forum, waarvan ek onlangs eers gehoor het, aangesluit het.

EK het grootgeword in die era voor rekenaars, en dus is die elektroniese media vir my nog 'n redelik onbekende veld. Ek is nog lekker dom, maar ek leer elke dag, en is baie opgewonde oor die moontlikhede wat lidmaatskap aan hierdie forum inhou. Ek sien baie uit daarna om julle hier te ontmoet en saam te gesels oor dinge wat saak maak.

Groetnis!;)

Baie welkom....ek kan hoor jy is 'n kind van die Here want ek hoor die nuwe lied! :)

Gideon88
Sep 13th 2007, 10:21 PM
Dankie vir die warm ontvangs, ouens. Waardeer dit. En Phil, ek verstaan die "oom", Het nie eintlik daarmee fout nie, al voel ek nognie so nie!

Ferdi, ek het 'n gediggie (my eie), maar ek kan nie die draad kry wat jy oopgemaak en ek gelees het toe ek die eerste maal hier kom rondkyk het nie. Kan jy my reghelp, asseblief?

Sal later begin deelneem aan die gesprekke - bly vir eers toegegooi - moet nou gaan slaap. Lyk na baie interessante drade. Het self ook 'n vraag of twee.

Groetnis en seŽn.

Gideon.

CFJ
Sep 14th 2007, 06:37 AM
Gideon,

Hier is die draad waarvan jy praat (http://bibleforums.org/showthread.php?t=96281). Ek hoop dit is die regte draad, dit handel oor 'n getuienis met jou eie gedigte.

Fanie van Emmenes
Nov 5th 2007, 10:51 AM
Ek is so bly dat daar ander van my ouderdom is soos Gideon. Ek het uit die aard van my gebrek aan kennis van die nuwe tegnologie effens gesukkel om hier uit te kom. Ek is 67jaar oud, afgetree en woon op Stellenbosch. Ek het die Here Jesus in 1972 ontmoet as my Saligmaker en is nou nog so vurig vir die Evangelie boodskap van God se reddende ganade in Christus Jesus soos 35jaar gelede. Ek het so effens in die teologie "geswot" en is nou steeds besig met 'n studie vir 'n M-graad oor God en lyding. Ek sie baie daarna uit om van julle almal te leer en saam te groei tot die volle gestalte van Christus.

Fanie

Phil Fourie
Nov 5th 2007, 11:09 AM
Aggenee, nog iemand vir wie ek moet oom sÍ:saint:

Baie welkom (oom) Fanie, baie bly om jou hier te hÍ en ek hoop en glo ons sal lekker saam in die dieptes van God se Woord kan delf.

Sien uit daarna om te gesels op die forums.

Groete en baie seŽn
Phil

CFJ
Nov 5th 2007, 11:19 AM
Baie welkom hier by ons Fanie. Ons beoog 'n hele paar dinge om in die veld vir die Here te werk en sal nog later die dinge deel met almal wat sou belangstel. Mens hoop en vertrou dat ons mekaar kan bemoedig en mekaar kan bou in ons enigste hoeksteen, Jesus Christus.

MrT
Nov 5th 2007, 07:13 PM
Hallo

Ek is Nardus Tredoux en het hierdie hele ding verkeerd om gedoen aangesien ek my voorstelling op die hoof bord gedoen het, nogal in Afrikaans!

Wel ek word die 22ste van die maand 45. Ek is geskei van my eerste vrou en het 'n sestienjarige seun (Jacques) wat ons bly. Ek is in April van die jaar weer getroud met n pragtige vroutjie (Doris) wat twaalf jaar jonger as ek is.

Ek het op 22 Januarie 2002 opnuut die Here gevind nadat ek vir 'n lang ruk afwesig was. Sedertdien was ek maar een van daai lou warm Christene maar in 2007 het ek rerig baie geestelik gegroei en uiteindelik die juk van konserwatisme afgeskud! Prys die Here!

Ek is n rekenmeester en praktiseer in Randburg. Natuurlik die oorsprong van konserwatief wees.

My belangstellings is die internet, sport, motorfietse en fotografie. Gelukkig deel ek en Doris al die belangstellinge behalwe die internet wat sy vervelig vind. Sy verkies om 'n Saterdag die rugby te kyk as om saam met haar vriendinne te shop! What a bargain!

Ons deel ook ons passie vir die Here en snaaks genoeg ons is op dieselfde dag gebore, ek in 1962 en sy in 1974. Ons aanbid tans by die NG Gemeente Wilgespruit wat rerig 'n great gemeente is. Glad nie 'n tradisionele NG gemeente nie. Ons voel tuis daar. Ons behoort ook aan 'n "home cell" wat 11 lede het en een maal 'n week byeen kom.

My persoonlike passie is die sendelinge en is deel van twee ondersteun spanne, een ondersteun 'n vrou in Afghanistan en die ander n gesin in Kenya. Hierdie mense se geloof is vir my absoluut 'n aansporing.

Nou is my vraag, hoe verander ek my usernaam nadat ek oorhaastig was tydens registrasie?

Phil Fourie
Nov 6th 2007, 06:43 AM
Hi Nardus

Baie bly jy is hier, ek het jou ook op jou boo-boo op die Ingelse forum gegroet:saint:.

Wat wil jy hÍ moet jou username wees, dan kyk ek of ek gou vir jou hom kan verander of laat verander. Ek is seker dit behoort geen probleem te wees nie.

Groetnis
Phil

Tonton
Nov 6th 2007, 06:52 AM
Dis lekker om ook ouens wat al lank 'n pad loop met Jesus op onse forum te hÍ.

SeŽn vir jou.
Anton

MrT
Nov 6th 2007, 07:25 AM
Hi Nardus

Baie bly jy is hier, ek het jou ook op jou boo-boo op die Ingelse forum gegroet:saint:.

Wat wil jy hÍ moet jou username wees, dan kyk ek of ek gou vir jou hom kan verander of laat verander. Ek is seker dit behoort geen probleem te wees nie.

Groetnis
Phil

Haai

Ek sou graag dit wou verander na MrT toe.

Dankie en groete

Phil Fourie
Nov 6th 2007, 08:13 AM
Ek sal vir jou kyk of ons dit kan verander

protea
Nov 18th 2007, 06:12 PM
Hallo daar ! Dis nou my 4e probeerslag om hallo te se! Die vorige probeerslae het erens in die 'niet' verdwyn deur skoolkinnertjies wat gou iets op die internet wil kyk... en moeder is te onkundig om dit weer 'daar te gaan haal'! Praat van tegnologies gestrem...

Ek is n Suid Kaapse boervrou en my man en ek boer met beeste , skape , fynbos en heuningbostee. (Hier kook die teewater ALTYD!) Ek het as st 8 kind my hart vir die Here gegee om ook n 'datum 'te he want al my maats het dan gehad. Soos iemand opgemerk het: Ek kom eerder met 10 datums by die hemelpoorte as met geen!

Ek is deur n ander forum na julle verwys toe hulle godsdiens en geloofsdraad gesluit het a.g.v. n woordelike 'free-for-all' en toe het ek maar besluit om by n 'kalm' plek te gaan kuier waar mens nie gedurig die 'pilare' van die Evangelie moet verdedig nie. Ek wil saam met ander gelowiges groei en saam met hulle verryk word deur in God se Woord te delf en dit te oordink.

Dankie ook vir die Afrikaanse forum. Ai , jou moertaal bly maar jou moedertaal!

Groete in Jesus

Protea

CFJ
Nov 18th 2007, 06:42 PM
Hallo protea en baie welkom hier by ons! Ons darem 2 wat hier van die Suid-Kaap is... ek is net so bietjie meer oos, daar waar hulle met volstruise boer.

Hier is 'n hele paar mense wat ook maar soos jy die kalmte en opbouende karakter van dit wat mens sou verwag, van 'n Jesus-forum najaag. Ek hoop jy geniet dit hier en dat jy ook geseŽn sal word om hier deel te neem, soos baie al getuig het!

Mooibly!

Phil Fourie
Nov 19th 2007, 09:07 AM
Hallo Protea, baie welkom hier.

Ek is bly jy het ons forumpie gekry en ek hoop dit gaan vir jou werklik baie handig inkom vir jou geestelike groei.

Ek hoor graag van jou en sien uit na jou plasings.

Groete
Phil

ldp
Nov 22nd 2007, 06:25 PM
:pp
Haai almal ek hoop ek is nou by die afrikaansa kant want ek was eers by die engelse kant en te laat besef dat ek Ů foutjie gemaak het en ek toe op verkeerde taal kant geland het so as ek weer verkeerd is jammer.
My naam is Louis ek en my vrou woon in Hermanus ,Werk by Overstrand Munisipaliteit en kap nou aan vir 50 kom internet agter kan ook al praat van broadband en lyk dan soos daai ou in die vodacom advertensie.Ons is betrokke by baie lewendige gemeente in Onrusrivier en is werklik geseen om deel te wees daarvan.Het die Here vir lank ontwyk in my jong jare kon egter later nie meer nie en moes keuse maak en begin toe pad met Jesus stap so gedurende my army jare en was verstom hoe my lewe verander het.Het nog steeds up en downs maar het Jesus se liefde altyd by my en het ook al geleer om net gehoorsaam te wees en na Sy stem te luister en seker te maak ju is altyd bewus van die werking van die Heilige Gees in jou.Noe ja wou my net bekend stel en kyk nou.Gaan eers baai se en geniet net SY teenwoordigheid.
Groete in Christus.

Phil Fourie
Nov 22nd 2007, 07:20 PM
Hi Louis

Ek is baie bly jy is nou hier by ons in Afrikaans. Baie welkom hier en ek hoop hierdie forum sal vir jou tot groot seŽn wees.

Ai, dit is darm maar net baie lekkerder om iemand hallo te sÍ in Afrikaans;)

Groetnis
Phil

JMN
Dec 5th 2007, 12:48 PM
Wel waar begin ek, my naam is Jean-marie dis ook my heel eerste keer en ek bly ook in limpopo, ek is ook ongetroud en het n pragtige 5jarige dogtertjie.
Ek het n passie vir my Skepper en hoop ook so om elke dag Meer van hom te kry en minder van my. Ek voel so bietjie verdwaald maar ek dink ek sal regkom.
:pp:help:

Phil Fourie
Dec 5th 2007, 01:00 PM
Ek is seker jy sal regkom;)

JMN
Dec 5th 2007, 02:47 PM
Ag dankie Phil ek waardeer dit.:hug:

CFJ
Dec 5th 2007, 05:23 PM
Wel waar begin ek, my naam is Jean-marie dis ook my heel eerste keer en ek bly ook in limpopo, ek is ook ongetroud en het n pragtige 5jarige dogtertjie.
Ek het n passie vir my Skepper en hoop ook so om elke dag Meer van hom te kry en minder van my. Ek voel so bietjie verdwaald maar ek dink ek sal regkom.
:pp:help:

Welkom hier by ons Jean-Marie! Julle LimpopoŽrs raak nou baie... as mens so 5 stuks al baie kan noem... :) :lol:

Mag jy ons Vader se seŽn hier ervaar :pray:

Phil Fourie
Dec 5th 2007, 06:31 PM
Welkom hier by ons Jean-Marie! Julle LimpopoŽrs raak nou baie... as mens so 5 stuks al baie kan noem... :) :lol:

Mag jy ons Vader se seŽn hier ervaar :pray:

Waar kom jy aan 5, ek weet dan nou net van 3?:hmm:

CFJ
Dec 5th 2007, 08:03 PM
Waar kom jy aan 5, ek weet dan nou net van 3?:hmm:

Miskien tel ek nou die Provinsies ook bymekaar. Is Gene en Fila nie ook Limpopo se kant nie? :cool:

JMN
Dec 6th 2007, 05:42 AM
Welkom hier by ons Jean-Marie! Julle LimpopoŽrs raak nou baie... as mens so 5 stuks al baie kan noem... :) :lol:

Mag jy ons Vader se seŽn hier ervaar :pray:

Dankie CFJ ek glo ek sal. :saint:

Phil Fourie
Dec 6th 2007, 06:19 AM
Miskien tel ek nou die Provinsies ook bymekaar. Is Gene en Fila nie ook Limpopo se kant nie? :cool:

Ek weet nie van Eugene nie, maar Fila is beslis nie in Limpopo nie, ek weet, ek het sy huis gesien:P

CFJ
Dec 6th 2007, 08:21 AM
Ek weet nie van Eugene nie, maar Fila is beslis nie in Limpopo nie, ek weet, ek het sy huis gesien:P

Hmmmm... hoe vÍr is hy van Limpopo af, as hy by sy huis is... :hmm: :)

Phil Fourie
Dec 6th 2007, 08:46 AM
Hmmmm... hoe vÍr is hy van Limpopo af, as hy by sy huis is... :hmm: :)

As hy by sy huis is en ek is by my huis:hmm:, 450km om presies te wees:idea:. Ek weet daardie afstand presies want ek het hom al twee keer langsaam afgetel op 'n Sondagmiddag as ek van hom af terug ry huistoe as hy my besig gehou het tot 3 uur daai oggend:rolleyes:

CFJ
Dec 6th 2007, 08:54 AM

Hy bly seker nie 450km van Limpopo se grens af nie. Bly jy nie dalk 450 in Limpopo in nie? :spin:

Phil Fourie
Dec 6th 2007, 09:00 AM
Hy bly seker nie 450km van Limpopo se grens af nie. Bly jy nie dalk 450 in Limpopo in nie? :spin:

Luister hier, jou tegniese ontleding van hierdie onderwerp staan my nie aan nie hoor:P:lol:

Goed dan. Die grens van Limpopo is so 150 km van my af. Ek sit smack bang in die middel van Limpopo (Pietersburg). So, as my wiskunde nie te vrotterig is nie, dan is hy 300 km van die grens van Limpopo af.

TEVREDE:giveup::P

Phil Fourie
Dec 6th 2007, 09:03 AM
O, en net sodat jy die regte algemene rigting kry, hy bly nie in Nelspruit, Mosambiek, Zimbabwe of Botswana nie:rofl:

CFJ
Dec 6th 2007, 09:51 AM
Hmmm, sien, nou is ons al 150km nader. Mens kan nou die kraai ook raadpleeg en hoor hoeveel nader maak 'n reguit lyn dinge. Jy sal dalk verbaas wees hoe vÍr hy van jou voorstoep af bly... :rolleyes: :lol:

Hy's amper in Limpopo sÍ ek jou...

Phil Fourie
Dec 6th 2007, 09:56 AM
Dis reg Ferdi, ek gaan sommer vanaand 'n bietjie melk en suiker by hom leen.

En dan Sondagmiddag, maak ek sommer gou daar by jou 'n draai vir tee en koek

:rofl::rofl::rofl:

JMN
Dec 6th 2007, 11:28 AM
Wel goeie middag aan almal.Bly om te sien limpopo hou julle op julle tone.:P:lol:

CFJ
Dec 6th 2007, 02:46 PM
Wel goeie middag aan almal.Bly om te sien limpopo hou julle op julle tone.:P:lol:

Ek sal graag wil weet waarvoor staan Lim-popo. Popo weet ek, maar wat is die lim, is dit die fan se lim? Julle moet bietjie uitvind watse tipe popo 'n limpopo is?

Phil Fourie
Dec 6th 2007, 02:52 PM
Ek sal graag wil weet waarvoor staan Lim-popo. Popo weet ek, maar wat is die lim, is dit die fan se lim? Julle moet bietjie uitvind watse tipe popo 'n limpopo is?

Moet ek vir jou 'n kaart stuur. Het jy al gehoor van die Limpopo rivier, soos die een op ons Noodelike Grens:P

CFJ
Dec 6th 2007, 03:22 PM
Moet ek vir jou 'n kaart stuur. Het jy al gehoor van die Limpopo rivier, soos die een op ons Noodelike Grens:P

Maar ek weet nog steeds nie wat is 'n limpopo nie? Natal is die piesang provinsie en Wes-Kaap die suur-druiwe provinsie en die ou Suidwes is biltongland, is Limpopo, popoland?

Phil Fourie
Dec 7th 2007, 06:57 AM
Maar ek weet nog steeds nie wat is 'n limpopo nie? Natal is die piesang provinsie en Wes-Kaap die suur-druiwe provinsie en die ou Suidwes is biltongland, is Limpopo, popoland?

Ferdi

Limpopo is die steak en boerewors provinsie;)

JMN
Dec 7th 2007, 07:38 AM
Ferdi

Limpopo is die steak en boerewors provinsie;)
Dit mag die steak en boerewors provinsie wees maar jy vergeet die biltong.:D

Ta-An
Dec 7th 2007, 07:41 AM
Ek sal graag wil weet waarvoor staan Lim-popo. Popo weet ek, maar wat is die lim, is dit die fan se lim? Julle moet bietjie uitvind watse tipe popo 'n limpopo is?:lol: Ja, Ferdi, ons weet wat "Zimpopo" is, maar nie Limpopo nie :lol:

CFJ
Dec 7th 2007, 08:01 AM
:lol: Ja, Ferdi, ons weet wat "Zimpopo" is, maar nie Limpopo nie :lol:

Ek sou reken met 'n Zimpopo, het die fan se lim klaar die popo getref, maar met 'n Limpopo is dit 'n popo wat wag dat die fan se lim... se lim ja!

Jong... ons praat nou baie nonsens... ek moet gaan werk! :lol:

JMN
Dec 13th 2007, 02:15 PM
Limpopo
Waar die water loop.(betekenis);):pp

MeloneyvdM
Dec 15th 2007, 06:57 AM
Goeie more almal.

Ek het so 'n paar dae gelede op die webtuiste aangesluit en reeds vele van jul 'gesprekke' gelees.

Ek is 36 jaar oud, ma van 'n amper 14 jarige seun en dogter van 9. Getroud.

Ek het 'n relatiewe rowwe lewe gelei tot ongeveer 9 jaar gelede toe ek saamgenooi is na 'n Doxa Deo Brooklyn (Pretoria) ere-diens. Past. Alan Platt het daardie oggend die diens gelei en ek kan nie vir jul sÍ waaroor die diens gegaan het nie, maar wat wel gebeur het is dat die Here Jesus self die lig vir my laat skyn het tydens Past. se gebed. Dit was asof die skille afgeval het en oombliklik besef het, met my hele wese, dat die Here Jesus vir my lief is en 'n welbehae in MY as individu het. Dit was die begin van my pad. Ek was vuur en vlam vir die Here, het Sy Woord verslind en openbaring op openbaring ontvang ... uit die Woord. Daar was soveel tye wat ek die Bybel gelees het dat ek gedink het "WOW" ... julle ken die gevoel. Seisoene het gekom en gegaan, groei het plaasgevind in myself en waar ek vandag hier sit is daar geen twyfel aan Sy soewereiniteit nie.

Ek het stelselmatig verander ... die persoon wie ek was en wat ek geword het was werelde verwyder.

Ek het gedurende 2006 by ons kerk se Bybelskool ingeskryf, elke Dinsdag aand klas geloop en toetse geskryf. Ek het gesneuwel met die take! Die lewe het in die pad gekom en ek het opgeskop. Hoe kan dit wees? Ek het begin met soveel passie, ek was oortuig dat my roeping gevind sal word en dat ek diensbaar kan wees in ons gemeente, 'n huis wat ek gevind het. Waar ek tuis gevoel het.

2007 was tot dusver vir my 'n baie emosionele jaar. Daar het veranderinge tussen my en my man ingetree, iets waarmee ek waar ek hier sit 'n groot issue mee het. Ek is nie seker of dit berading is wat ek nodig het nie, maar my REAKSIE op my man se DOEN en LATE het reeds 'n invloed om my geestelike lewe - en ek weet dis seker my keuse - maar ek was die afgelope jaar glad nie in die kerk nie, lees nie meer my Bybel nie ... is geestelik afgemat. Sonder krag. Sommige dae voel ek sterk ander dae nie - een ding wat ek wel weet is dat Jesus se bloed my vrygekoop het en dat God my Vader is wat 'n welbehae in my doen en late het. Ek voel ek stel Hom so teleur wanneer ek so heftig reageer oor my huwelik se stand van sake tans. Ek voel so gefrustreerd, ek is vieslik met my mond en vloek verskriklik en see seermaak dinge vir my man, vir wie ek lief is.

Ek hoop dat ek hier bemoediging sal kry.

CFJ
Dec 15th 2007, 10:09 AM
Goeie mŰre Meloney!

Mens weet nie altyd wat om te sÍ as mens sien iemand val terug nie. Ekself gaan op die oomblik ook deur 'n dooie tydperk in my geestelike pad met die Here en miskien sal ek nie 'n inspirasie vir jou wees nie. Tog het hierdie tendens van vÍr van die Here af voel en min Bybel lees, al telkemale my pad gekruis en het die Here elke keer 'n ander mens my pad laat kruis, om met nuwe ywer en groter inspirasie my verhouding met Jesus aan te wakker.

Ons het mekaar verseker nodig en ek hoop die bietjie wat ek nou kon deel, sal jou meer inspirasie gee, om te verdiep in jou wandel met die Here. Een ding weet ek, min bid en min Bybel lees, is fataal vir mens se verhouding met God, want dit breek die kommunikasie wat 'n verhouding vereis om te kan werk.

Jy moet mooibly en dankie dat jy gedeel het! :hug:

Phil Fourie
Dec 18th 2007, 06:27 AM
Hi Meloney, welkom by Afrikaans Lighuis.

Ons is baie bly om jou hier te hÍ

Groete
Phil

JMN
Dec 18th 2007, 12:50 PM
Welkom Meloney

Hoop om nog baie van jou te hoor;).

Tonton
Dec 18th 2007, 03:50 PM
Hello Meloney,

Welkom op die Afrikaanse forum.

Anton

Ta-An
Dec 19th 2007, 06:26 AM
Hello Melony :hug:

Welkom !

Ek voel net om vir jou te sÍ: Begin om die Here te prys ten spyte van alles wat jou vreugde steel, gaan voluit vir Hom, speel geestelike lofmusiek, en fokus daarop om Hom te prys..... loof Hom net, al voel jy nie om dit te doen nie..... Just do it ;) En Hy sal jou oplig :)

Frikkie
Jan 7th 2008, 11:19 AM
Hi Julle almal. Ek is nuut tussen julle. Ek wil my nie onnodig ontbloot nie, maar wil net se ek is 'n wees kind van die wereld en 'n ware kind van God. Mens kan ook nie baie lank hier sluip lees sonder om lus te kry om saam te praat nie.
Groete aan julle almal

CFJ
Jan 7th 2008, 11:38 AM
Hallo Frikkie, welkom hier by ons! Ek hoop jy geniet dit hier en dat jy tuis sal voel! SeŽn vir jou... :)

Phil Fourie
Jan 7th 2008, 11:48 AM
Hi Frikkie

Baie bly om jou hier by ons te hÍ, ek hoop jy vind baie seŽn uit hierdie forum en dat ons nog baie lekker saam kan gesels

Groete
Phil

Die Filadelfieer
Jan 10th 2008, 02:17 PM
Hi Meloney
Welkom hier by ons !

Toffie
Jan 17th 2008, 07:40 AM
Hallo Vriende,

Ek woon hier in die volstruis hoofstad, Oudtshoorn. Nie hier gebore nie, maar woon vir die beste jare van my lewe al hier. Ek is verseker 'n Christen en glo maar so op my eie eenvoudige manier. Ek sal maar min aan ernstige Godsdiens gesprekke deelneem, want die kennis daartoe, het ek nie. Dus, op daardie vlak sal ek maar verkieslik 'n "roofkyker" bly.

Ek vertrou ek sal dit hier geniet en ek weet dat ek myself nou in goeie geselskap bevind!

Phil Fourie
Jan 17th 2008, 07:46 AM
Hi Toffie, ek het reeds vir jou hallo gesÍ, maar ek doen dit sommer weer hier op die amptelike draad;)

Ons is baie bly om jou hier by ons te hÍ en ek hoop ons kan nog baie lekker saam gesels. Alles is darm nie so erg teologies hier nie, ek maak darm baie dom drade oop, want ek is maar nie baie teologies nie:saint:

Groete en weereens welkom
Phil

CFJ
Jan 17th 2008, 08:00 AM
Hallo Vriende,

Ek woon hier in die volstruis hoofstad, Oudtshoorn. Nie hier gebore nie, maar woon vir die beste jare van my lewe al hier. Ek is verseker 'n Christen en glo maar so op my eie eenvoudige manier. Ek sal maar min aan ernstige Godsdiens gesprekke deelneem, want die kennis daartoe, het ek nie. Dus, op daardie vlak sal ek maar verkieslik 'n "roofkyker" bly.

Ek vertrou ek sal dit hier geniet en ek weet dat ek myself nou in goeie geselskap bevind!

Hallo Toffie en welkom by ons!

Ek is oortuig dat meeste van ons wat hier deelneem, ook soos jy voel. Nie een van ons het werklik die kennis nie. Na my beskeie mening is dit net wanneer God se Gees in die mens werk, wanneer wysheid na en deur die mens kom. Ons is almal ewe nietig, al sou mens ook teologie studeer het, bly ons maar stoffies voor die aangesig van die Here.

Sien eers!

Die Filadelfieer
Jan 18th 2008, 09:09 AM
Hallo Vriende,

Ek woon hier in die volstruis hoofstad, Oudtshoorn. Nie hier gebore nie, maar woon vir die beste jare van my lewe al hier. Ek is verseker 'n Christen en glo maar so op my eie eenvoudige manier. Ek sal maar min aan ernstige Godsdiens gesprekke deelneem, want die kennis daartoe, het ek nie. Dus, op daardie vlak sal ek maar verkieslik 'n "roofkyker" bly.

Ek vertrou ek sal dit hier geniet en ek weet dat ek myself nou in goeie geselskap bevind!

Hallooo Toffie,
Baie welkom op Lighuis. Moenie te veel bekommer oor "ingewikkelde" geloofsake nie, hier kuier en gesels on meestal net lekker saam terwyl ons geloofsaspekte vanuit verskillende hoeke beloer.

DanielF
Feb 13th 2008, 12:56 AM
hello mense :pp

Ek het nou al vir 'n paar dae (letterlik 2) hierdie forum ding uitgekyk. Dit is darem lekker om so met almal dinge van ons God te kan deel!

Net gedink ek wil myself hier voorstel, ek is Daniel.

ps, my afrikaans is nie baie goed nie al is ek afrikaans :blush:

Phil Fourie
Feb 13th 2008, 06:22 AM
Hi Daniel

Ons is baie bly om jou hier by ons te hÍ en moenie kommer nie, my Afrikaans, Engels en Sotho is nie baie goed nie:saint:

Ek hoor graag meer van jou

Groete
Phil

CFJ
Feb 13th 2008, 08:01 AM
hello mense :pp

Ek het nou al vir 'n paar dae (letterlik 2) hierdie forum ding uitgekyk. Dit is darem lekker om so met almal dinge van ons God te kan deel!

Net gedink ek wil myself hier voorstel, ek is Daniel.

ps, my afrikaans is nie baie goed nie al is ek afrikaans :blush:

Welkom Daniel... gelukkig het ons baie tyd om Afrikaans te leer, want in die hemel gaan almal Afrikaans praat... :lol:

Phil Fourie
Feb 13th 2008, 08:06 AM
Ferdi

Wil jy dan vir my sÍ ek het verniet 'n King James Bybel gekoop?:o

Laat my dink aan die ou tannie wat so geprotesteer het teen die nuwer vertalings, sy sÍ: "If the King James Version was good enough for Paul, it is good enough for me":saint:

CFJ
Feb 13th 2008, 08:20 AM
Hie hie hie... hoe lag ek nou vir daai ou tannie, want die King James Version kom al van Moses af..., sy het seker nie geweet nie... :o :rofl:

Phil Fourie
Feb 13th 2008, 08:35 AM
Wel, daar is 'n paar mense wat jy sal dink, hulle dink, Genesis is in Afrikaans geskryf :hmm:

Gideon JK
Feb 18th 2008, 11:58 AM
Hallo daar. 26-jarige laaitie van PE, werk van die huis af. Het nog nie eintlik so baie gelees wat julle skryf nie, maar stel baie belang. Is hiernatoe gelink van 'n ander forum af. (Sal later bietjie werk maak van die avatar en goed :P )

G

JMN
Feb 18th 2008, 12:05 PM
Welkom Gideon hoop jy gesels nog lekker saam ons.

Gideon JK
Feb 18th 2008, 12:08 PM
Welkom Gideon hoop jy gesels nog lekker saam ons.

JMN

Dankie! (Dis eintlik al wat ek wou gesÍ het maar toe pop daar 'n boodskappie op wat sÍ my boodskap is te kort! lol)

Phil Fourie
Feb 18th 2008, 12:43 PM
Hallo daar Gideon, ek is 'n 25 jarige laaitie van Pietersburg. Welkom, ons is baie bly om jou hier met ons te hÍ en ek hoop ons gaan nog lekker saam gesels.

Groete
Phil

CFJ
Feb 18th 2008, 03:14 PM
Hallo daar. 26-jarige laaitie van PE, werk van die huis af. Het nog nie eintlik so baie gelees wat julle skryf nie, maar stel baie belang. Is hiernatoe gelink van 'n ander forum af. (Sal later bietjie werk maak van die avatar en goed :P )

G

Welkom hier by ons Gideon! Hier is nou 3 Gideon's op die forum... jyself, oom Gideon (ook daar van die Oos-Kaap) en Gideon van jare terug reg Noord van julle, heelwat Noord (die een in dieselfde boek van die een wat die jakkalse se sterte so vasgeknoop het) :)

Gideon JK
Feb 18th 2008, 09:13 PM
Hallo CFJ, dankie. Hoop nie ek maak julle deurmekaar nie...noem my sommer GJ of Gideon J as julle wil.

Ek weet nie of dit die regte draad is daarvoor nie, maar ek wil graag weet hoe ek die forum korrek op Firefox kan oopmaak? Op die oomblik word die reels nie geĒwrapĒ in Firefox (ek het die nuutste weergawe) nie, net in IE. As iemand my Ďn pointer kan gee sal ek bly wees.

Klippies
Feb 22nd 2008, 01:24 PM
Sorry oukes, ek het op die verkere plek gepost. Anyways, ek is 'n Christian huidiglik in die Evangelical Presbyterian Church :saint: Dit is regtag 'n cool plek. Ons het 'n Men's Guild en 'n Women's Guild wat baie active is. Sorry vir die ander posting, ek het nie lekker na die forum gekyk nie.

Phil Fourie
Feb 22nd 2008, 01:44 PM
Hi Klippies, is jy tans woonagtig in Suid-Afrika?

Ta-An
Feb 22nd 2008, 09:46 PM
Welkom Klippies :) .

Rosi
Mar 21st 2008, 07:21 PM
DagsÍ almal. :-)

Ek het ook eers op die hoofbord my bekendstelling gaan doen. Gelukkig kan ek darem hier in my eie taal verder gesels!

My naam is Rosi, ek is 59 (en bewaar die een wat dit waag om vir my tannie te sÍ! ;)), is getroud en woon op Stellenbosch.

Ek is gek oor die internet en voer e-poskorrespondensie met mense regoor die wÍreld. Ek weet deur persoonlike ondervinding verseker dat God ook die internet gebruik om met Sy kinders te werk. Fotografie is my groot belangstelling, maar ek stap en lees ook graag, geniet my kinders, kleinkinders en vriende, en verf so nou en dan prentjies vir die lekkerte.
Vandat ek kan onthou is ek 'n Christen en ek kan nie dink dat ek ooit 'n dag kan begin sonder om die Here te loof vir sy wonderlike genade nie.
Ek is dankbaar dat ek hierdie Forum ontdek het en ek glo dat dit net kan bydra tot my spirituele groei.
SeŽnwense vir almal.
Rosi

Die Filadelfieer
Mar 21st 2008, 07:34 PM
Welkom Rosi ! Hoop jy geniet dit hier op Lighuis.

Yolande~
Mar 22nd 2008, 06:36 AM
Ja Welkom Rosi, ek hoop jy geniet dit sommer baie.

Ta-An
Mar 23rd 2008, 07:31 PM
Welkom Rosi.... Well, die lewe begin op eers op 40 so 59 maak jou nog nie mondig nie ;)

Phil Fourie
Mar 24th 2008, 11:36 AM
Dan is ek nog nie eers gebore nie, nog nie eers 'n gedagte nie :lol:

14390876
Mar 24th 2008, 12:22 PM
DagsÍ almal. :-)

Ek het ook eers op die hoofbord my bekendstelling gaan doen. Gelukkig kan ek darem hier in my eie taal verder gesels!

My naam is Rosi, ek is 59 (en bewaar die een wat dit waag om vir my tannie te sÍ! ;)), is getroud en woon op Stellenbosch.

Rosi

Wow. nog `n Stellenbosser. Welkom hier. Ek bly nou al 17 jaar lank op Stellenbosch

Ta-An
Mar 24th 2008, 03:04 PM
Dan is ek nog nie eers gebore nie, nog nie eers 'n gedagte nie :lol:So sien ek mag jou maar aan-neem :pp

Phil Fourie
Mar 24th 2008, 06:10 PM
So sien ek mag jou maar aan-neem :pp

:rofl:

Is dit 'n goeie of slegte ding?:hmm:

Wie sal in elk geval nou hierdie stoute seuntjie wil aanneem?:saint::lol:

CFJ
Mar 25th 2008, 06:06 PM
DagsÍ almal. :-)

Ek het ook eers op die hoofbord my bekendstelling gaan doen. Gelukkig kan ek darem hier in my eie taal verder gesels!

My naam is Rosi, ek is 59 (en bewaar die een wat dit waag om vir my tannie te sÍ! ;)), is getroud en woon op Stellenbosch.

Ek is gek oor die internet en voer e-poskorrespondensie met mense regoor die wÍreld. Ek weet deur persoonlike ondervinding verseker dat God ook die internet gebruik om met Sy kinders te werk. Fotografie is my groot belangstelling, maar ek stap en lees ook graag, geniet my kinders, kleinkinders en vriende, en verf so nou en dan prentjies vir die lekkerte.
Vandat ek kan onthou is ek 'n Christen en ek kan nie dink dat ek ooit 'n dag kan begin sonder om die Here te loof vir sy wonderlike genade nie.
Ek is dankbaar dat ek hierdie Forum ontdek het en ek glo dat dit net kan bydra tot my spirituele groei.
SeŽnwense vir almal.
Rosi

Baie welkom by ons Rosi!

EngelHart
Mar 28th 2008, 01:10 PM
DagsÍ almal. :-)

Hallo Rosi en baie welkom!

CDJ
Mar 29th 2008, 05:43 PM
Hi julle,

Ek probeer graag poste plaas, maar kannie - ek's geregistreer maar dit laat my nie toe om poste te plaas nie - net hier. Kan julle help? Ferdi? Chad? Fila? Het ek n reŽl gebreek?

Groete
CDJ

CFJ
Mar 29th 2008, 05:53 PM
Hallo CDJ en welkom hier! As jy byvoorbeeld in Bible Chat poste wil plaas behoort jy dit te kan doen. Daar is forums waar jy eers 40 of meer plasings moet hÍ, voor jy daar kan pos. Dan is daar ook forums waar jy aansoek moet doen, voor jy daar plasings sal kan maak. Daar is vÍrder forums net vir jong mense, net vir vroumense en net vir oumense (spot net) en laaste maar nie die minste, ook vir mansmense. Al hierdie forums dui egter duidelik aan dat dit wel so is, maar laat weet as jy in 'n oop forum probeer het en nie plasings kan maak nie, dan neem mens dit van daar af... :)

Hehehe, jy hoef nie bekommerd te wees of jy iets gedoen het nie, want dit is jou eerste plasing en soos die Ingelse sÍ, "it is above board!"

CFJ
Mar 29th 2008, 06:17 PM
CDJ,

Jy kan plasings maak in die Afrikaanse forums, maar op die Engelse forum sal jy basies net in die "Christians Answer" (http://bibleforums.org/forumdisplay.php?f=39) forum, plasings kan maak. In daardie forum kan almal wat nie glo nie en wat werklik vrae het en ernstig soek na antwoorde, dit na hartelus doen. As jy Jesus ontmoet het, sal jy in alle oop forums kan plaas van jou eerste plasing af, maar diegene wat nog nie 'n ontmoeting met Jesus gehad het nie, moet eers wys dat hul soeke ernstig is, voor hulle in ander forums kan plaas. Ek hoop dat jy dit so in orde sal vind, want hierdie reŽlings is bloot om orde te handhaaf in die omgewing waar God ons eer waardig is.

In die nabye toekoms kan daar ook so soortgelyke forum soos "Christians Answer" geskep word hier in Lighuis, sou daar so behoefte bestaan. Dit sal dan basies daarop neerkom dat alle nuwe lede wat nie in Jesus glo nie, eers 'n proeftydperk moet deurgaan, voor deelname in ons oop forums toegelaat word. Neem dus deel hier by ons, maar hou net by ons reŽls, soos in hierdie skakel aangedui word. (http://bibleforums.org/showthread.php?t=94373)

Hoop om van jou te hoor...

CFJ
Mar 29th 2008, 06:43 PM
Beste CDJ,

Ons het 'n tydelike draad geskep (http://bibleforums.org/showthread.php?t=90835), waar almal wat nie-Christene is, welkom is om hul vrae te vra. Laat weet gerus van jou en sien jou daar! :)

koekoes
Apr 10th 2008, 08:42 PM
Hallo ek is Koekoes en het baie ure lank gesoek na n blad waar ek tuis kan voel.Ek geniet elke oomblik hier.
Dankie.

CFJ
Apr 10th 2008, 09:16 PM
Baie welkom koekoes! :)

MrT
Apr 11th 2008, 07:17 AM
Hallo ek is Koekoes en het baie ure lank gesoek na n blad waar ek tuis kan voel.Ek geniet elke oomblik hier.
Dankie.

Baie Welkom hier, jy sal dit geniet!

protea
Apr 11th 2008, 07:32 AM
:rofl:

Is dit 'n goeie of slegte ding?:hmm:

Wie sal in elk geval nou hierdie stoute seuntjie wil aanneem?:saint::lol:

EN so n ';)cheecky' een op die koop toe...

Phil Fourie
Apr 11th 2008, 12:28 PM
Hi Koekoes, welkom, ons is werklik baie bly om jou hier by ons te verwerlkom.

Ek hoop jy geniet dit hier rond en vra enigiets wat jy wil, ons help graag ;)

Groete
Phil

leroybotha
Apr 23rd 2008, 05:32 PM
'n Hartelike goeienaand uit die Land van Olie en Sand

My naam is Leroy Botha en ek sluit vandag aan vanuit 'n warm en besige Abu Dhabi (150km vanaf Dubai, in die Verenigde Arabiese Emirate).

Ek was op die internet opsoek na raad, toe ek op 'n "thread" afgekom het (tussen Phil Fourie, Gene, ACCM, Antonvs, HJZ en Pierre van Zyl), wat my op hierdie wonderlike Christen-Tuiste laat afkom het.

Ek het vriende in Christus gevind ... ek weet ek gaan binnekort my raad ook by hierdie vriende vind.

Ek en my ex-vroutjie het mekaar weer gevind en het besluit om weer te probeer, maar ons wil meer uitvind rondom die hereniging-sonder-die-opskop ... ons het mos al die onthaal gehad.

My aanvanklike idee was om deur die magistraat in die huwelik bevestig te word, maar ek wil seker wees dat dit reg is in God se oŽ.

Ek is ook nie heeltemal seker van die wetlike aspekte nie ... hoeveel getuies moet daar wees endiesmeer. Enige advies?

Ta-An
Apr 23rd 2008, 05:59 PM
Welkom Leroy!! :hug:

Herbevestiging van die huwelik.... seker maar net die wettelike aspek.... :hmm:

Phil Fourie
Apr 24th 2008, 06:02 AM
Hi Leroy, wonderlik om jou hier te he, baie welkom.

Wetlik dink ek die magistraat is fine, maar onthou, in die oe van God is jy en jou ex-vrou steeds getroud, want wat Hy bymekaar gesit het, kan niemand skei nie ;)

Groete en weereens baie welkom
Phil

Die Filadelfieer
Apr 24th 2008, 06:04 AM
Baie welkom Leroy !

Jy skryf die volgende :

My aanvanklike idee was om deur die magistraat in die huwelik bevestig te word, maar ek wil seker wees dat dit reg is in God se oŽ.

Ek weet natuurlik nie wat jou en vroutjie se spesifieke omstandighede is en was nie, maar die kanse is baie goed dat julle in die oŽ van die Here nooit geskei is nie. My raad sal dus wees om net die wetlike aspekte agter die rug te kry, en dan is 'n papiertjie van die magistraat 100% reg.

Sterkte daar in die woestyn !

CFJ
Apr 24th 2008, 06:58 AM
Welkom by ons Leroy! Hoop jou antwoorde bring vrede, want dit lyk darem of die raad wat jy gekry het jou verseker nie van die wal in die sloot sal laat beland nie...

leroybotha
Apr 25th 2008, 01:15 PM
Dankie vir die onmiddelike terugvoer van julle kant af ... ek is verseker meer gerus hieroor - moet sÍ: ek glo dat ons (ek en my vroutjie) nou nog NADER aan mekaar is, al moes ons eers uit mekaar se ruimte beweeg het, om te sien hoeveel ons mekaar regtig nodig het en aanvul.

God is baie goed vir ons (en was nog altyd gewees), maar dis een van daardie situasies waar JY NIE WEET WAT JY HET, TOT JY DIT NIE MEER HET NIE.

Vrede vir julle!!!

LienQ
Apr 26th 2008, 01:18 PM
Ek is ook nuut hier, was op soek na 'n forum om te gesels met ander kinders van die Here. Ander se sieninge te hoor en opinies te vra. Ek is dankbaar en glo dis nie toevallig dat ek hier beland het nie.

Ek is getroud, met 'n baie wonderlike man en het drie pragtige (maar baie woelige) kinders. Die Here het my op baie paaie gelei, en baie keer het ek afgedwaal en Hy't my terug gebring tot waar ek nou as kind van Hom staan. Ek leer elke dag nog, en as sondaar staan ek beskaamd voor God. Maar met die wete wat jubel in my, dat ek reeds losgekoop is!

Ek is die afgelope 3 jaar besig met verskeie kursusse in berading. En is tans besig met 'n b-graad. Ek sal later meer uitbrei oor myself.

CFJ
Apr 26th 2008, 01:22 PM
Hallo LienQ,

Jy is baie welkom hier en ek vertrou dat die Here jou net so sal seŽn om hier te wees, soos dit met baie van ons die geval is. Sien jou op die kampus! :)

Ta-An
Apr 27th 2008, 07:55 PM
Welkom LienQ :hug:
Mag jou tydjie hier by ons geseŽd wees :pp

Phil Fourie
Apr 29th 2008, 06:01 AM
Hi LienQ

Baie welkom hier by ons, maak jouself gerus tuis

Likkedilla
Apr 30th 2008, 12:12 PM
"Third time lucky" Ek gaan nou die derde keer probeer om myself bekend te stel.

Hi, ek en my sussie het op 'n ander meer alledaagse forum gesels. Een van die gesprekke het gegaan oor geloof en een van die lede het erken dat sy 'n moderne satanis is. My sussie is sterker as ek en het so gou as moontlik daar weggekom en my natuurlik gewillig saamgesleep. Dis hoe ek hier beland het. Ek sal met 'n volgende geleentheid vertel hoekom ek so bang is vir sataniste. Ek het netnou maar dan gaan my reply nie deur nie.

CFJ
Apr 30th 2008, 12:17 PM
Hallo Likkedilla,

Baie welkom hier en deel gerus wat op jou hart is. Ek hou van jou naam, dit lees lekkeman... :)

Likkedilla
Apr 30th 2008, 12:47 PM
Baie dankie, my naam bring vir my baie heimwee. My bynaam by die familie is Lilla en ek was maar altyd rond. My Boetie is onlangs oorlede en op skool het hy altyd vir my gesÍ Likkedilla komende van Dikkelilla

Phil Fourie
Apr 30th 2008, 02:00 PM
Baie welkom hier by ons, ek dink ek kan met eerlikheid se jy is nou op 'n goeie plek

LienQ
May 1st 2008, 05:12 PM
Welkom Likkedilla! :hug:

MrT
May 1st 2008, 05:37 PM
"Third time lucky" Ek gaan nou die derde keer probeer om myself bekend te stel.

Hi, ek en my sussie het op 'n ander meer alledaagse forum gesels. Een van die gesprekke het gegaan oor geloof en een van die lede het erken dat sy 'n moderne satanis is. My sussie is sterker as ek en het so gou as moontlik daar weggekom en my natuurlik gewillig saamgesleep. Dis hoe ek hier beland het. Ek sal met 'n volgende geleentheid vertel hoekom ek so bang is vir sataniste. Ek het netnou maar dan gaan my reply nie deur nie.

Welkom Hier, jy sal dit geniet

Likkedilla
May 5th 2008, 08:21 AM
:hug: Ek moet darem uitblaker dat LienQ my sussie is.

MrT
May 5th 2008, 09:07 AM
Eintlik myne ook!

Phil Fourie
May 5th 2008, 09:19 AM
Dit lyk my dit gaat lekker hier :P

Likkedilla
May 5th 2008, 12:30 PM
Eintlik myne ook!

Ek is nou gladnie by nie. Sy is my regte egte sussie en ek het net een ander sussie en sy sal nie op 'n forum gesels nie. :idea:

Die Filadelfieer
May 5th 2008, 12:48 PM
Nee jitte ! Is almal nou skielik familie hier rond ? :lol:

Welkom al die nuwe mense ! Hoop julle kuier lekker hier by ons.

Thomas Marx
May 21st 2008, 09:04 AM
DagsÍ,

Eintlik voel ek reeds welkom, want ek het dinge so effens vooruitgeloop met die kommentaar op ander se plasings.:spin:

Tydens die Mighty Men konferensie so 'n paar weke terug het ek die belofte gemaak om elke dag tyd in gesprek met die Here deur te bring en in 'n soeke na wat die regte ding is om te doen, was hierdie een van die antwoorde. Ek sal maar net moet probeer om seker te maak dat ek nie, soos Louis Malherbe altyd gesÍ het, tť besig te wees met die dinge van die Here dat jy nie by die Here van die dinge uitkom nie.

Dankie Here vir 'n inisiatief soos hierdie webblad, want nou kan ek die internet op 'n positiewe manier aanwend of hoe? Ek sal maar net met MTN moet gesels oor my datapakket - hy raak te klein.

CFJ
May 21st 2008, 10:29 AM
Baie welkom by ons Thomas, ek weet dis nou die 2de keer, maar dis lekker om sommer weer welkom te sÍ! Miskien het ek jou nog daar gesien ook, ons het in C-kamp gebly, C 4.4.

Ons het die afgelope Sondag-middag so 4 uur, al die manne wat by die MMC was, geleentheid gegee om te kom getuig oor hulle wedervaringe. Dit is ongelooflik hoeveel mans tot bekering gekom het, net oor dit wat die MMC kon help in hul eie oorwinning. Elkeen wat getuig het, kon 'n verhaal vertel wat opgeloop het tot waar God hulle kon verander. Daar was ander getuienisse ook waar gelowiges net weer versterk was, maar meeste wat spontaan getuig het, was diegene wat net wou vertel wat Jesus vir hulle gedoen het!

Hulle het 'n uitnodiging ontvang om hul storie hier te kom vertel en mens hoop dat God 'n plek sal verseker, waar hierdie getuienisse die wÍreld ingestuur kan word, want mens wil dit nooit vergeet nie en ander moet dit ook hoor.

Phil Fourie
May 21st 2008, 11:15 AM
Thomas, ons het al ook so bietjie hier saam gesels. Weereens baie welkom hier by ons en ek hoop ons kan nog vele lekker gesprekke saam he.

Groete
Phil

NS! Ek moes al lankal daaraan begin dink het om my Vodacom pakket groter te maak, dit is die 21 ste en ek het klaar my Cap bereik, en ek het so hard probeer om dit nie te doen nie :cry: :lol:

MrT
May 22nd 2008, 07:32 PM
Thomas baie welkom hier. Ek weet jy gaan dit geniet.

Wat betref julle data pakkette, ek gebruik n Telkom R384 per maand Adsl pakket en het nog nooit die cap van 3GB bereik nie, en ek is heeldag op die net. Ek het ook n Vcom konneksie vir as Telkom af is, maar vind dit vreeslik duur en gebruik dit absoluut net in noodgevalle.

Wat MMC betref, ons het ook Sondag aand tydens ons aanddiens geleentheid gehad vir getuienisse. Dit was wonderlik om te hoor hoe die manne een na die ander getuig oor die impak op hulle geloofslewe. Ons hou op die 07 Junie 'n MMC manneonbyt wat spontaan na laasjaar se MMC onstaan het. Die keer kom Balie Swart, ek wonder nog steeds hoekom sy van nie Rooi is na die Andre Watson debakel nie, getuig oor sy ervaring by MMC 2008.

Son of the South
Jun 6th 2008, 12:52 PM
Ek het vir lank gereeld gekuier op die WEG forum (onder 'n ander skuilnaam) en geniet dit om so bietjie in my eie taal te kan gesels. Ek is Brits heeltemal magtig, maar as mens Afrikaans praat, dan voel dit asof jou kake sommer ontspan. Ek kyk nog so af en toe na die WEG forum, maar ek voel dit sal verkeerd van my wees om my werklike belangstelling, JESUS CHRISTUS, aanhoudend daar te bespreek. Ek het so vlugtig na die reels van hierdie forum gekyk en dit lyk my ek sal nie te veel verkwalik word as ek dit eerder hier doen nie. Synde ek nou van die WEG forum af hiernatoe verhuis het is ek nog so bietjie stilgeskrik deur al die tegnologie (ek dink daar is 'n woord daarvoor). Hierdie forum is darem baie luuks in vergelyking.

Terloops, my login naam Son of the South is maar net vertaal na Brits sodat julle kan sien ek is darem tweetalig. Spreek my gerus aan as Seun van die Suide.

sweetmusicman
Jun 6th 2008, 01:53 PM
Hallo almal

My naam is Christy en is woonagtig Windhoek(wow,Afrikaans lyk en klink vreemd op die internet) Ek is 'n 33 jarige enkel lopende man. Dit is my eerste keer op hierdie webtuiste. Ek hoop om nuwe christen vriende hier te ontmoet. Ek was onlangs by die Angus Buchun saamtrek en was dit nou vir jou 'n geseŽnde affÍre.... Jy sien net altyd baie mense by sokker en rugby geleenthede maar hiedrdie keer het almal,bruin,swart,wit en moontlik Chinese vir dieselfde SPAN(Christus en sy Koninkryk) geskreeu....

Dit is verbasend hoe 'n taal 'n mens tuis kan laat voel op 'n totale vreemde terrein.

Christy

Die Filadelfieer
Jun 6th 2008, 02:11 PM
Welkom aan die nuwelinge met die Ingelse name ! Ons sal dit nie te veel teen julle hou nie. Net 'n bietjie. :D

CFJ
Jun 6th 2008, 02:12 PM

Welkom by ons Christy. Ek is self 'n oud Suidwester of NamibiŽr..., het daar groot geword. Jy moet ons bietjie meer vertel van die byeenkoms in Windhoek. As jy so deur ons drade lees, sal jy sien daar is al 'n hele paar drade wat oor Angus Buchan en sy bediening handel. Kyk veral in die getuienis-forum. 'n Paar van ons was ook so 5 weke gelede op Greytown en as jy in Windhoek was, sal jy verseker weet hoe Greytown se ervaring was.

MrT
Jun 6th 2008, 02:26 PM
Ek het vir lank gereeld gekuier op die WEG forum (onder 'n ander skuilnaam) en geniet dit om so bietjie in my eie taal te kan gesels. Ek is Brits heeltemal magtig, maar as mens Afrikaans praat, dan voel dit asof jou kake sommer ontspan. Ek kyk nog so af en toe na die WEG forum, maar ek voel dit sal verkeerd van my wees om my werklike belangstelling, JESUS CHRISTUS, aanhoudend daar te bespreek. Ek het so vlugtig na die reels van hierdie forum gekyk en dit lyk my ek sal nie te veel verkwalik word as ek dit eerder hier doen nie. Synde ek nou van die WEG forum af hiernatoe verhuis het is ek nog so bietjie stilgeskrik deur al die tegnologie (ek dink daar is 'n woord daarvoor). Hierdie forum is darem baie luuks in vergelyking.

Terloops, my login naam Son of the South is maar net vertaal na Brits sodat julle kan sien ek is darem tweetalig. Spreek my gerus aan as Seun van die Suide.

Welkom hier, ons sal jou sommer SVS vir short aanspreek:lol:

MrT
Jun 6th 2008, 02:27 PM
Hallo almal

My naam is Christy en is woonagtig Windhoek(wow,Afrikaans lyk en klink vreemd op die internet) Ek is 'n 33 jarige enkel lopende man. Dit is my eerste keer op hierdie webtuiste. Ek hoop om nuwe christen vriende hier te ontmoet. Ek was onlangs by die Angus Buchun saamtrek en was dit nou vir jou 'n geseŽnde affÍre.... Jy sien net altyd baie mense by sokker en rugby geleenthede maar hiedrdie keer het almal,bruin,swart,wit en moontlik Chinese vir dieselfde SPAN(Christus en sy Koninkryk) geskreeu....

Dit is verbasend hoe 'n taal 'n mens tuis kan laat voel op 'n totale vreemde terrein.

Christy

Welkom Christy, dis goed om van ons bure hier te he, ons is nie xenofobies op die forum nie!:D

Lanie
Jun 6th 2008, 02:37 PM
HALLO!!! Ek is Yolanť, dogter van die Allerhoogste, vrou van Marius en mamma van Carli (7) en Esthie (5). Ek het die forum ontdek nadat ek "christen forums" "ge-google" het. Ek het soos baie grootgeword met die storie van Jesus wat aan my vertel is en ouers wat kerk toe gegaan het, maar nie in 'n ware verhouding met Here was nie, Sondagchristene kan jy seker maar sÍ. Ek het af en toe bybel gelees, gebedjie gesÍ voor ek gaan slaap het maar ek het nie geweet wat dit is om die Here Jesus waarlik te ken en lief te hÍ nie. - Maar die Here het 'n afspraak met my gehad. 3 jaar terug is my man verplaas na 'n dorp waar ons NIEMAND ken nie, en toe stuur God vir my 'n engel met die naam Lizle. Hulle was ook splinternuut in die dorp en ons het mekaar in 'n dokter se spreekkamer ontmoet. Aan die begin wou ek weghardloop, so ongemaklik het sy my laat voel. Sy het oorgeborrel van liefde vir Jesus. Gelukkig het sy soos 'n pitbull vasgegryp, en stadig maar seker het sy my geleer en gewys hoe "awesome" Jesus is en hoe lekker dit is om sy kind te wees. Dis nou 3 jaar later en dinge lyk radikaal anders. Ons kry finansieel nou swaarder as ooit, maar ons is gelukkiger as wat ons nog ooit was. My man was hierdie jaar ook na die MMC toe. Anyway, die rede hoekom ek die forum opgesoek het, is omdat die Here besluit het om Lizle en haar gesin terug te stuur Kaap toe. Ons kan weens finansiŽle redes mekaar nie eintlik bel nie en sy kan nie e-pos ontvang nie. Nou soek ek iemand om mee te gesels oor al die dinge waaroor ek en sy gesels het. Ons kon so lekker oor die Here gesels en ek kon nog niemand weer kry wat daardie gaatjie vul nie. Hoop om dit hier te kry.

CFJ
Jun 6th 2008, 02:48 PM
Welkom by ons Lanie. Ek is oortuig dat jy dit baie gaan geniet by ons en dat hierdie plek net so groot seŽn vir jou sal wees, soos van ons ander dit ook ervaar.

sweetmusicman
Jun 6th 2008, 02:50 PM
Welkom aan die nuwelinge met die Ingelse name ! Ons sal dit nie te veel teen julle hou nie. Net 'n bietjie. :D

Lag uitbundig......

Oor die Angus Buchan byeenkoms- Ek was een van die geel t-hemp werkers wat nuwe bekeerlinge of mense wat hulle self teenoor Chrustus re-commit te begely deur gebed,bearbei en hul besonderhede neem vir opvolg werk. Mense het 'n groter opkoms verwag wat toe nie die geval was nie...

Wat ek wel kan sÍ is dat 'n mens sal nooit met die blote oog kan sÍ watter impak Angus gemaak het met sy uitreiking(getuienis) nie en ek dink ook nie dit is reg dat 'n mens dit moet probeer meet nie. God sal wel die vrugte seŽn sou mense hulle tot Hom bekeer.

By sulke byeenkomste kry ek die indruk dat mense meet sukses op die hoeveelheid mense wat opdaag m.a.w kwantiteit oor kwaliteit terwyl God ons leer dat daar blydskap in die hemel is oor een sondaar wat hom/haar bekeer.

Christy

Die Filadelfieer
Jun 6th 2008, 02:51 PM
Welkom Lanie !
Hoop al die nuwelinge kuier lekker hier by ons hoekie van die interweb.

sweetmusicman
Jun 6th 2008, 03:08 PM
Welkom Christy, dis goed om van ons bure hier te he, ons is nie xenofobies op die forum nie!:D

Baie dankie,en ek weet presies die rede hoekom julle nie xenofobies is nie--'As kinders van die hemelse Vader weet julle daar is genoeg brood vir almal en slefs meer as wat ons as God's kinders ooit kan droom van. Baie dankie vir die verwelkoming, Ek voel tuis.

Ek behoort aan 'n groep(Sosiaal Diakonie en HIV en Vigs) in ons gemeente. Ons het 'n uitreiking mŰre na 'n naby geleŽ dorpie met die naam Witvlei; Ons gaan kos paakkies,klere en lekker goed vir die kinders uitdeel.

Bid dat God die uitreiking sal seŽn en ons veilig terug bring. Ek beplan ook om mŰre 'n rugby wedstryd tussen NamibiŽ en WP(Stomers) te gaan kyk.

MrT
Jun 6th 2008, 07:07 PM
Baie dankie,en ek weet presies die rede hoekom julle nie xenofobies is nie--'As kinders van die hemelse Vader weet julle daar is genoeg brood vir almal en slefs meer as wat ons as God's kinders ooit kan droom van. Baie dankie vir die verwelkoming, Ek voel tuis..

Ons is nie xenofobies nie want ons is FILAfobies en PHILofobies veral as twee sekere moddermakers FILAsofies en PHILosofies raak!:lol:

Ek behoort aan 'n groep(Sosiaal Diakonie en HIV en Vigs) in ons gemeente. Ons het 'n uitreiking mŰre na 'n naby geleŽ dorpie met die naam Witvlei; Ons gaan kos paakkies,klere en lekker goed vir die kinders uitdeel...

Baie sterkte hiermee, ons selgroep het n soortgelyke bediening en het juis gisteraand kos en klere daar gaan uitdeel. Nabyglee in Namibia = 150kms!:D

Bid dat God die uitreiking sal seŽn en ons veilig terug bring. Ek beplan ook om mŰre 'n rugby wedstryd tussen NamibiŽ en WP(Stomers) te gaan kyk...

Ek dink die Namibiese rugbyspan het baie gebed nodig!!!

Groete vir Andre Huysamen!

MrT
Jun 6th 2008, 07:14 PM
Nou soek ek iemand om mee te gesels oor al die dinge waaroor ek en sy gesels het. Ons kon so lekker oor die Here gesels en ek kon nog niemand weer kry wat daardie gaatjie vul nie. Hoop om dit hier te kry.

Welkom hier Lanie. Ek is seker jy gaan kry wat jy soek. Maak ook gerus 'n draai daar by Esther se Koffiekroeg. Ons mans is uitgeskop daar maar die dames doen daar wat julle die beste doen!:lol:

Ta-An
Jun 6th 2008, 07:31 PM
HALLO!!! Ek is Yolanť, dogter van die Allerhoogste, Hallo YolanŤ... oops my strepie lÍ verkeerde kant toe, welkom hier by ons, en as jy vroe sake wil gesels, kom klop aan by Ester se Koffiehuis ;)

CFJ
Jun 7th 2008, 08:47 AM
... Esther se Koffiekroeg. Ons mans is uitgeskop daar maar die dames doen daar wat julle die beste doen!:lol:

Hmmm, dit is nou al sommer 'n koffiekroeg..., ons sal maar moet keer vir die wynhuis wat oppad is... :lol:

Tinkie
Jun 9th 2008, 07:49 AM
Hallo almal ek is Tinkie(skuilnaam),
Ek is nuut hierso maar nie vir lank nie :saint: Ons as gesin is almal wedergebore Ghristene,wat die heilige gees ontvang het die 25ste Augustus 2007 en as gesin gedoop is die 28ste September.Ek kan die Here nie genoeg dankie se en prys nie:pp
Ek sal later ons getuienisse afle as ek meer met julle te doen kry.
Met liefde in Jesus Christus Inkie.:kiss:

MrT
Jun 9th 2008, 07:57 AM
Hallo almal ek is Tinkie(skuilnaam),
Ek is nuut hierso maar nie vir lank nie :saint:

Hallo Tinkie

Welkom Hierso.

Phil Fourie
Jun 9th 2008, 08:02 AM
Hallo Tinkie, baie welkom hier, dit is vir ons werklik wonderlik om jou hier by ons te kan he.

Ek hoop jy kry baie uit hierdie forum en mag die Here jou en jou gesin werklik baie seŽn

Groete
Phil

CFJ
Jun 9th 2008, 09:10 AM
Hallo almal ek is Tinkie(skuilnaam),
Ek is nuut hierso maar nie vir lank nie :saint: Ons as gesin is almal wedergebore Ghristene,wat die heilige gees ontvang het die 25ste Augustus 2007 en as gesin gedoop is die 28ste September.Ek kan die Here nie genoeg dankie se en prys nie:pp
Ek sal later ons getuienisse afle as ek meer met julle te doen kry.
Met liefde in Jesus Christus Inkie.:kiss:

Welkom by ons Tinkie en dankie vir jou getuienis. Dit is altyd goed om te weet iemand het Jesus persoonlik ontmoet, want hierdie ontmoeting kan net diegene sien wie se oŽ geopen is met hierdie ontmoeting. Mens wens hierdie ontmoeting vir almal...

Ta-An
Jun 11th 2008, 09:16 AM
Welkom Tinkie :hug:
Dit is koud in Gauteng!!!

Willem
Jul 25th 2008, 10:58 PM
Hallo,

Dankie vir die forum, hopelik sal ek nog meer hierso kan groei.

Ek is net oor 2 jaar oud, aangesien ek by die MMC2007 werklik God "ontmoet" het ( ek het iets beleef wat my so drasties verander het dat ek nog steeds soek en daagliks anders dink oor alles )

Ek glo ek was spesifiek soontoe gebring om daar te wees en 'n keuse te maak. Dieselfde het met my swaer(ander twee intussen ook) wat my soontoe genooi het en pa en broer gebeur.

Ek geniet dit om na Angus te luister omdat hy nie doekies omdraai nie. Hy het my byvoorbeeld geleer dat jy met jou hart glo en met jou mond getuig en gered sal word, as een van die goed wat ek nog nie in die kerk gehoor het nie. OOK om na die woord te gaan "go to the source, don't listen to me or my opinion, listen to God" en hy challenge my direk," hoe kan ek se dat ek Jesus ken as ek nie tyd met Hom spandeer nie?" Ook praktiese getuines gegee oor hoe om stil met God tyd te spandeer.

Ek was 30jaar in die NG kerk en is as tiener deur groot wroeging oor my geloof, maar ek moes die boodskap by 'n Engelse ou "ballie" hoor om regtig my sonde te besef met meer as 'n geredeneerde aanvaarding daarvan.

Ek weet nou God is werklik; en sal doodgaan met die wete(dis soos swaartekrag) ek lees die Bybel met nuwe oe, ek hoop nou ten volle op Jesus as my verlosser want sonder Hom is ek verlore...

Miskien wat ek probeer se is dat ek te min reguit eerlike omgee praat (soos Jesus my liefhet en nie wil he ek moet hel toe gaan nie) gehoor het en te veel teologie en gemeenskap issues en op die einde van die dag is daar net een keuse " Lewe of Dood " en jy moet die waarheid hoor sonder dat dit maklik gemaak word. " Geen leuenaar of dief of owerspelige ens . sal deel he of ingaan in koningkryk nie?" kan nie vers onthou nie maar dit het my geskok!

God maak mense dood "nuwe testament Man en vrou wat grond verkoop en vir dissipels oor geld gejok het en dood neergeval het" Ek bedoel HUHH!! En tog is die vraag nie hoekom nie, maar hoekom het ek soveel genade ontvang dat ek nog nie dood neergeslaan het nie? Miskien is dit middeweg tussen "charismaties" en "konserwatief" en dat die aardse "labels" juis die probleem is en dat ek nie 'n Christen (mense se idees) is nie , maar eerder 'n kind van God (sy idee) en as ek "mekaar liefhet" mense my ook sal ken as 'n dissipel van Christus?

Ek weet God gebruik Angus om Sy woord te verkondig, maar ek weet ook dat dit elkeen se vrye keuse is oor wat hy / sy daarna daaroor doen en ek dink wat ons kort is gebed en dankie se vir God vir die mense wat Hy deur Angus bereik en dat die grond goed voorberei sal wees vir die saad. Ons kan nie in harte werk nie , net God kan. Het vandag weer gehoor van iemand wat gegaan het om Juanita te hoor sing en " magic" beleef het en ander mens is en ek moet haar aan God opdra om die werk wat Hy begin het klaar te maak.

Dan moet ons inspring en mekaar dra in gebed en in aksie , want "like it or not! Ons is nou bloedfamilie en ons moet mekaar liefhe!"
Dit geld ook vir bid vir Angus dat hy nie die pad byster raak nie, vir my dominees by my kerk om ons te laat groei en herders te wees, vir die regering om die land te regeer of ek van hulle hou of nie. ens. ens. ens.

Bid asb vir my dat ek Sy wil sal vind en Sy stem sal kan hoor en gehoorsaam ( sonder ophou soos Hy se )

CFJ
Jul 26th 2008, 07:51 AM
Welkom by ons Willem! Dankie vir jou getuienis! Hierdie forum skep juis ruimte vir die gereformeerde en die charismatiese sienswyses en in hierdie sfeer, ondersoek ons nog heeltyd die waarheid en ek sal graag later 'n getuienis-draad wil oopmaak, om te getuig hoe hierdie forum spesifiek, my voorberei het om sendingwerk vir die Here te doen.

Sterkte vir jou en mens hoop Lighuis is 'n seŽn vir jou ook!

Lanie
Jul 26th 2008, 08:00 AM
Hi Willem!! Baie, baie welkom by die Lighuis familie!:D:hug:

Die Filadelfieer
Jul 28th 2008, 07:08 AM
Baie welkom hier op Lighuis Willem, en baie dankie vir jou getuienis rondom MMC.

LienQ
Aug 3rd 2008, 06:55 PM
Welkom vir almal vir wie ek nog nie gesÍ het 'WELKOM' nie! :pp Ek raak opgewonde dat ons so mooi groei.

Optimis
Aug 8th 2008, 07:23 AM
Hallo, ek is ook nou nuut by die afrikaanse forum van julle, heel opgewonde hier uit Vereeniging om sommer baie vra te vra (want so leer ons ook) en so meer!!!
My liewe vrou het 4 jaar vir my gebid om by te kom en PRYS GOD! toe gebeur dit.
Ek was bevoreg (baie genade) om eers van drank en 'n paar weke later sommer van al die ander goed (soos rook, vloek en sommer alles wat mans hulle self mee besig in die wÍrel) verlos te word op 'n Alpha kursus (waarheen ek nie wou gaan nie) Prys die Here!!!

Nou is ek 'n ongeneesbare optimis in Christus.

SO JULLE VROUENS AS JOU MAN NOG NIE DAAR IS NIE BLY MAAR BID (HY SAL DAAR UITKOM) ONTHOU 1 PET 3 V 1-6 ... later kan julle vers 7 vir julle mans wys!

Wees gegroet
Gert Coetzee

CFJ
Aug 8th 2008, 07:38 AM
Welkom by Lighuis Gert! Dankie vir jou getuienis en mag jou verhouding met Jesus net meer en meer groei en hopenlik kan jou deelname op Lighuis en Bibleforums help daarmee, soos baie ander al gehelp was! :)

Phil Fourie
Aug 8th 2008, 07:55 AM
Hi Gert

Welkom hier by Lighuis, dit is vir ons 'n voorreg om jou hier by ons te kan verwelkom, vra gerus jou vrae en gesels saam.

Groete
Phil

Optimis
Aug 8th 2008, 02:35 PM
Dankie Phill en CFJ, hulp is welkom en om te help 'n vooreg!

Ta-An
Aug 8th 2008, 03:10 PM
Hallo Gert, ek is 'n oud-Vanderbijlparker :) ek is bly jou vrou het net 4 jaar hoef te gebid het.... ;) 20 jaar is 'n laaaaang tyd, maar G_d is in beheer, en HY is GROOT< Prys Sy Naam!!:pp

Optimis
Aug 9th 2008, 03:41 PM
Dankie ACCM ek sal jou 20 jaar vir haar laat lees

BHG
Aug 13th 2008, 11:13 AM
Hallo almal,

Ek is Tessa Lombaard, vier in die lente my 40ste jaar, is verloof aan 'n man wat God vir my uitgekies het, meer as waarvoor ek gevra het, hy's :hug: ongelooflik en is innig dankbaar teenoor my skepper vir 'n maat wat my perfek pas.

Is ongelukkig deur 'n moeilike egskeiding so 7.5 jaar gelede en het twee pragtige meisiekinders 11 en 16 wat absoluut kinders van die Here is!:pp

Het in Warmbad en Nylstroom groot geword en is al 21 jaar in Pretoria, woonagtig in Centurion. As my en AndrŤ se droom bewaardheid word en dit binne die wil van ons Pappa val, trek ons oor twee jaar wanneer my oudste matriek geskryf het, terug Nylstroom toe om op my erfplaas te gaan bly.

Ek het al gesels met van julle en dit was baie insiggewend en reeds baie van julle geleer deur net julle kommentaar te lees en natuurlik die veel besproke dvd te kyk. :o :confused

Dis al 'n geruime tyd dat ek begin navors het oor vals profete en dwaalleringe en dit hou nooit op om my te verstom nie. Wat my meer verstom is mense se goedgelowigheid en blindheid om net te aanvaar wat ander mense/kerke/boeke ens sÍ.

Dis seker nie die plek hierdie nie maar ek is dringend opsoek na inligting oor die NG Kerk in Moreletapark - Dirkie van der Spuy en Adrio Keunig (weet nie of die spelling korrek is nie) en dan ook oor die nuwe 3de dag kerk, Soteria in Centurion - Stephen Smith.

Ons gesels weer (die vergaderings roep ...)
Groete
T

Phil Fourie
Aug 13th 2008, 12:25 PM
Hi Tessa

Baie welkom hier in ons kleine hoekie van die kuberruim, ek hoop hierdie kan vir jou ook 'n geestelike tuiste op die internet word soos dit vir baie van ons geword het.

Onthou net dat ons nie persone hier op Lighuis bespreek as hulle nie self hul standpunt kan verdedig nie, maar as dit kom by leerstellings, dan sal ons altyd dit opweeg teen die Woord, maar met die balans dat ons nie die persoon sal aanval nie. Ek is seker ons sal jou kan help binne hierdie grense, ek sal my ore oophou oor die kerke waarvan jy praat en hulle leer ondersoek as ek daarby kan uitkom, ek is seker hier is ook van die ander lede wat dit vir jou sal kan doen.

Groete en baie seen vir julle
Phil

Gene
Aug 13th 2008, 01:57 PM
Dis seker nie die plek hierdie nie maar ek is dringend opsoek na inligting oor die NG Kerk in Moreletapark - Dirkie van der Spuy en Adrio Keunig (weet nie of die spelling korrek is nie) en dan ook oor die nuwe 3de dag kerk, Soteria in Centurion - Stephen Smith.

Ons gesels weer (die vergaderings roep ...)
Groete
T

Hallo Tessa

van my kant af ook baie welkom by Lighuis. Weet jy, ek het vriende in Moreletapark, onder andere ook een van hulle leraars. Ek beskik nie oor veel inligting nie, maar is nogal opgewonde oor die gemeente. Jy kan gerus op hul webblad gaan rondkyk - jy behoort daar baie inligting te kry : www.moreleta.org (http://www.moreleta.org)

Hoop dit help

Eugene

Friends-in-Jesus
Aug 27th 2008, 06:31 PM
Ek is James of te wel Friends-in-Jesus. Ek is vandag die eerste keer hierop. Dit verheug my dat ons Christene nog plekke het waar ons so openlik bymekaar kan kom. God seen julle almal ryklik.

Ek weet nie of ek mag nie, maar wil graag ook my website aan julle bekend stel wat ek opgedra het aan God met die doel om sielle te win en my deel by te dra. Ek nooi julle almal dus friendelik uit om te kom kyk

Julle insette, voorstelle en konstruktiewe kritiek sal hoog op prys gestel word.

Wel, tot later dan.....

Jesus groete van 'n mede Vriend-in-Jesus

EDIT: Plaas asseblief jou website se link in jou profile :)
Dankie ACCM

Ta-An
Aug 27th 2008, 06:55 PM
Welkom hier by ons James.....

Ek het jou link verwyder.... volgens die reels wat jy gelees het toe jy aangesluit het vra dat jy nie persoonlike websites sal adverteer op die oop bord nie,,, so Plaas asseblief jou webblad se link in jou profile ... sodat ons vandaar jou kan gaan besoek..
Dankie ACCM

CFJ
Aug 27th 2008, 07:42 PM
Welkom by Lighuis James en hoop jy geniet dit hier!

Phil Fourie
Aug 28th 2008, 06:11 AM
Hi James en baie welkom hier by ons

C*2
Aug 29th 2008, 06:06 AM
HI ek is Cornelius van Pretoria (so 25 km Noord uit die stad uit op die platteland ) Ek is n lid by a profetiese forum ook, waar ek al vanaf 2005 betrokke by is.
Ha, ek is glad nie gewoond om in Afrikaans te tik nie, na al die jare se Engels op die forum. Ek werk vir myself, so daar is nie n baas wat oor my skouer loer nie en ek post nogal gereeld, waneer ek betrokke raak.

Ek is 52 . Ek ken die Here al sowat 30 jaar . Ek is nie betrokke by enige "kerk" nie , ons kom in huise bymekaar. Ons groep druk boeke wat ons gratis uitdeel (met toestemming van die skrywer) en ons bedien Afrika.Ons verhouding is met n wereldwye groep gelowiges en ons gesels met mekaar via die Internet, waar ons mekaar bedien.

Nice om julle te ontmoed
Cornelius

CFJ
Aug 29th 2008, 07:02 AM
Welkom by ons Cornelius! Jou omstandighede en verhaal klink baie soos my eie en ek dink ons gaan nog lekker kuier! Hoop jy geniet dit hier...

marline
Aug 30th 2008, 07:56 PM
Goeie Saterdag aand almal, ek is spik splinternuut op die forum, Eng en Afr. Ek is een van die vrouens wat getroud is sonder 'n man, (werk mos oor die groot waters) en kinders loop ook al mooi sterk. Ek is amper klaar met die eerste module van ons studies in "Hebraic roots" en dit is ontsettend interresant. Ek weet nie of almal weet waaroor dit gaan nie, kortliks is dit meer 'n navorsing in die Joodse gebruike, ons as gelowiges se wortels in 'Judaism' en ook navorsing in die geskrifte van die Bybel. Dit is so opwindend en maak weer ander deure oop. Soos onse professor anderdag se, almal kyk na dieselfde berg, die een kyk van die ooste, die ander van die weste, ens. Daarom sien elkeen 'n ander kant van die berg, maar dit bly dieselfde berg.
Geseende naweek,
Marline:pray:

Ta-An
Aug 30th 2008, 08:55 PM
Welkom weer Marline.... :hug:

Saam met wie doen jy Hebraic Roots studies?? Ek self doen ook Hebraic Roots studies,so op my selwers, bietjie van oa Brad Scott en Monte Judah.... en ook is ek besig met Hebreeus en Pictograph language

marline
Aug 31st 2008, 05:26 PM
Hi Accm, Op die studie cd staan as volg "The Hebraic Roots Teaching Institute and the Eschatology Institute was established by Prof WA Liebenberg" Prof gee natuurlik nie self vir ons klas nie, maar ons skool in Witbank is 'Yeshiva B'rit Hadassah' Ons het in Julie begin en het al meer as 30 studente, Dr. E Greyling bied die klasse hier aan, Prof Liebenberg is in Pta, ek kan vir jou uitvind wie en waar die skool daar is. Dit gaan ook nie oor 'n spesifieke kerk nie, ons het studente van die AGS, NG, ens ens.

Phil Fourie
Sep 1st 2008, 06:33 AM
Hi Cornelius en Marline, baie welkom hier op die forum, hoop om nog baie van julle te hoor.

Ja, Prof Wimpie Liebenberg is 'n baie goeie keuse vir hierdie studies, baie interresant, ek het hom gisteraand ontmoet, hy het hier by ons EG Kerk in Pietersburg gepreek Sondagoggend en Sondagaand.

Dan bied ons gemeente hier in Pietersburg ook hierdie studies aan in ons Bybelskool. Daar is werklik baie inligting beskikbaar en goeie kundiges daarbuite wat jou baie hieraangaande kan leer.

Groete
Phil

simonpetra
Sep 2nd 2008, 08:25 PM
hierdie is 'n bietjie laat maar ek het vanaand eers my pad na die Afrikaanse groeteblad verdwaal. Ek is verlig om te sien dat ek nie aleen is in die stryd om die forum en sy dinge gewoont te raak nie.

My naam is Petra. Ek het groot geword in 'n wonderlike Gereformeerde huis is die Vaal Driehoek wat my 'n goeie basis gegee het. Na skool het ek verhuis na Pretoria waar my ware verhouding met Jesus Christus begin het onder die vleuel van Hatfield Christian Church. Ek is nou 5 jaar gered, 3 jaar getroud en 12weke mamma:blushhap:.

Ek voel my roeping vir nou is om Waarheid te bele in die lewens van mense. Die wat kom vir berading en ook die wat Die Here uit ander rigtings in my lewe stuur. En ek is op die forum om seker te maak dat ek soveel waarheid moontelik inneem en op die nou pad bly.

Phil Fourie
Sep 3rd 2008, 06:11 AM
Petra

Baie welkom hier by ons, skop jou skoene uit en maak jouself gerus tuis ;)

Groete
Phil

CFJ
Sep 3rd 2008, 09:52 AM
Welkom by ons Petra!

Ta-An
Sep 3rd 2008, 12:21 PM
Welkom!!

Petra.,Cornelius., Tessa

Daar kom baie goed uit die Vaaldriehoek ;)

Rut
Sep 10th 2008, 09:08 PM
Naand,

Ek is Rut, :crazy: , ek weet, om 'n skuilnaam te gebruik op hierdie forum. Huidiglik verkies ek dit so.

Dankie vir die geleentheid waar dit blyk mens nog met respek met mekaar kan verskil, of 'n mening mag hÍ sonder om te voel soos die village idiot.

Sommige forums daarbuite het in 'n ewigdurige "battle of the (t)wits" ontaard. Vryheid van spraak, gewis 'n gegewe, maar die hemele weet, lyk vir my saam met hierdie vryheid het common sense en goeie maniere sommer heeltemal die bus uitgeval.

Nogmaals dankie, en voel sommer klaar tuis.

Groete

CFJ
Sep 11th 2008, 06:23 AM
Welkom by ons Rut, hoop jy geniet dit hier! :)

Phil Fourie
Sep 11th 2008, 06:35 AM
Rut

Ek word so opgewonde elke keer as ek sien hier is 'n nuwe lid.

Baie welkom hier by ons en ek hoop hierdie forum kan vir jou net so 'n groot seen wees as wat dit vir my is.

Groete
Phil

Lanie
Sep 11th 2008, 10:12 AM
Hi Rut,

Baie welkom. :hug: Rut van die Bybel is vir my 'n merkwaardige vrou....Ek wonder baie keer oor ander mense hier se interessante skuilname en die storie of motivering daaragter. :hmm: Is daar 'n spesifieke rede hoekom jy hierdie skuilnaam gekies het?

Rut
Sep 11th 2008, 09:34 PM
Dankie CFJ , Phil en Lanie,

Lanie, ja, mens kan seker so sÍ. Ek het verlede week afgekom op Ďn studie van die geslagsregisters in Matteus in vergelyking met Lukas en Ou Testament registers. Wat vir my interresant was is bloot die feit dat die ander registers prominente name van die manne en hul familie in hou, maar Matteus pen die name van hierdie vier ( Tamar, Ragab, Rut, Batseba) vroue en die met redelike ruskante agtergronde.

Ek kan seker met haar identifiseer oor sy so goed was vir haar skoonma :saint:, maar vir my gaan dit egter oor haar wegbreek uit paganisme, en ten spyte van haar agtergrond, God haar so Ďn wonderlike lewe gegun het. (seker ook lekker koning David se wange geknyp soos dit Ďn ouma grootjie mag betaam.) :)

Ek gaan so bietjie oplees oor almal se menings en dinge, en hoop ons praat mekaar gou weer hier raak.

Blessings

Phil Fourie
Sep 12th 2008, 06:47 AM
Hi Rut,

Baie welkom. :hug: Rut van die Bybel is vir my 'n merkwaardige vrou....Ek wonder baie keer oor ander mense hier se interessante skuilname en die storie of motivering daaragter. :hmm: Is daar 'n spesifieke rede hoekom jy hierdie skuilnaam gekies het?
Lanie

Ek is te onoorspronklik, my naam is my regte name :blush:

Tanya13
Sep 23rd 2008, 08:40 AM
Hallo Almal.:D

Skuus om so ongeskik te wees. Ek is hier al van die 17de September maar stel myself nou eers voor.:blush:

Ek bly in 'n rustige plot area naby vereeniging en is 20.

Hierdie is die beste site wat al my vrae eerlik beantwoord en my nader aan Jesus Christus bring.

Ek is amper verloof (soooo excited :pp) aan die liefde van my lewe ERIC!!!!!:kiss:

Groete
Tanya
:saint:

Ta-An
Sep 23rd 2008, 08:45 AM
Welkom Tanya.... en byvoorbaat: Baie Geluk, mag due Here se seŽn op julle verhouding rus :pray:

Lanie
Sep 23rd 2008, 08:58 AM
Hi Tanya....

Baie welkom! Hoop jy kuier lekker saam met ons! Ek raak spesiaal opgewonde as ek sien dat jongmense aansluit. Ag nee, Phil....nou's jy nie meer die "baby" nie.:lol: :lol: :lol:

Die Filadelfieer
Sep 23rd 2008, 09:13 AM
Welkom !! Ons hou dit nie gewoonlik teen mense dat hulle uit die Vaaldriehoek kom nie, en nooi hulle na bymekaarkomste in die platteland om bietjie vars lug te skep. ;):D

Phil Fourie
Sep 23rd 2008, 02:14 PM
Kan julle glo, ek is nie meer die jongste tussen die omies en tannies nie :lol:

Hallo Tanya, baie welkom hier by ons, ek weet sommer jy gaan lekker hier saam ons kuiers ;)

Groete
Phil

Lanie
Sep 23rd 2008, 02:57 PM
Kan julle glo, ek is nie meer die jongste tussen die omies en tannies nie :lol:

Hallo Tanya, baie welkom hier by ons, ek weet sommer jy gaan lekker hier saam ons kuiers ;)

Groete
Phil

Wie's jou tannie, boetie? :P

paidforinfull
Sep 27th 2008, 10:35 AM
Hallo aan almal - wow, dis nou 'n wonderlike verrassing om 'n Suid-Afrikaanse groep hier te vind. Ek het myself alreeds in Engels voorgestel, en het nou nie van die Suid-Afrikaners geweet nie.

Ek en my man is Suid-Afrikaanse sendeling-pastore in Paraguay. Ek skryf Christelike gedigte (in Engels), en 'n mede-digter het hierdie site aanbeveel.

God bless!

MrT
Sep 27th 2008, 10:46 AM

Welkom hier, julle sal dit baie geniet hier!

Ta-An
Sep 27th 2008, 10:57 AM
paidforinfull, Welkom!! :hug:
Die Here se genade is BAIE groot!!!

Baie dankie vir julle sendeling visie.... om die Here se Naam te verkondig is 'n voorreg!!

protea
Sep 27th 2008, 11:07 AM
BAIE welkom Paidforinfull! Ons weet julle sal n heerlik kuierplek, ondersteuningsplek,inligtingsforum ens in die Lighuis vind . Ons is so ge-interesseerd in julle doen en late in Suid Amerika. Laat weet asb hoe die Here julle geroep het vir so n wonderlike roeping en ook hoe julle dit doen . Ons glo julle sal sommer dadelik tuis voel tussen die 'ooms en tannies' en die 'jongklomp'.....:hug:

CFJ
Sep 28th 2008, 08:11 AM
Hallo aan almal - wow, dis nou 'n wonderlike verrassing om 'n Suid-Afrikaanse groep hier te vind. Ek het myself alreeds in Engels voorgestel, en het nou nie van die Suid-Afrikaners geweet nie.

Ek en my man is Suid-Afrikaanse sendeling-pastore in Paraguay. Ek skryf Christelike gedigte (in Engels), en 'n mede-digter het hierdie site aanbeveel.

God bless!

Baie welkom by ons! :)

paidforinfull
Sep 28th 2008, 03:28 PM
Baie dankie dat julle my so welkom hier laat voel. Ek waardeer dit baie.

As julle dalk van gedigte hou - ek het 'n paar onder 'poems' gepos. Hulle is ongelukkig almal in Engels. Ek het laas een in Afrikaans geskryf toe ek in Std. 1 was, maar kan altyd weer probeer :eek: - weet nie of ek dit sal kan doen nie.

Blessings.

Ta-An
Sep 28th 2008, 03:56 PM
Ek het laas een in Afrikaans geskryf toe ek in Std. 1 was, maar kan altyd weer probeer :eek: - weet nie of ek dit sal kan doen nie.

Blessings.Pribeer 'n bietjie ;)

Phil Fourie
Sep 29th 2008, 09:39 AM
Hallo aan almal - wow, dis nou 'n wonderlike verrassing om 'n Suid-Afrikaanse groep hier te vind. Ek het myself alreeds in Engels voorgestel, en het nou nie van die Suid-Afrikaners geweet nie.

Ek en my man is Suid-Afrikaanse sendeling-pastore in Paraguay. Ek skryf Christelike gedigte (in Engels), en 'n mede-digter het hierdie site aanbeveel.

God bless!

Hallo daar paidforinfull, dit is vir ons regtig baie lekker om jou hier by ons te kan verwelkom, ek hoop ons sien sommer nog baie van jou hier in ons hoekie van die kuberruim ;)

Groete
Phil

Tanya13
Sep 29th 2008, 09:49 AM
Dankie dat julle almal my met sulke groot arems ontvang!!!! :pp
Ek voel nou so special.:blush:

As ek mag vra hoe oud is phil omdat ek nou die "baby" is ??:confused
Dis nogal lekker om 20 te wees en nog die baby van iets te wees. He he he :lol:

En baie dankie ACCM vir jou blessing op my verhouding, word inniglik waardeur!!!!:spin:

Ek was gister in die kerk toe kry ek n uitnodiging om voor gebid te word. Hulle het vir my klaar gebid en nou kan ek in talle praat. Hoe exciting!!

My verloofde het gister ook sy hele hart vir die Here gegee.:hug:!!
Prys Hom!!!!:pray:

Lekker dag vir julle almal verder.

Lanie
Sep 29th 2008, 06:41 PM
As ek mag vra hoe oud is phil omdat ek nou die "baby" is ??:confused
Dis nogal lekker om 20 te wees en nog die baby van iets te wees. He he he :lol:

Ek's bly jy voel so welkom. Onse Phil is 5 jaar ouer as jy......dus 'n halwe "oom" vir jou.:D

Phil Fourie
Sep 30th 2008, 07:06 AM
Oor 16 dae is dit 6 jaar ;)

Ek is gin niemand se oom nie :lol: Mind you, ek is al die regte oom van 3 (amper 4) laaities :lol:

Smuggler
Oct 6th 2008, 02:20 PM
Ek het julle so paar dae terug "ontdek" en het eers lekker rond gesnuffel tussen al die gesprekke en info wat hier beskikbaar is voordat ek besluit het om aan te sluit. Ek is maar skrikkerig met wie ek meng, maar julle forum lyk regtig goed. :agree: Ek het al 'n paar bloutjies geloop met sogenaamde "oop kop" mense om dan maar net weer uit te vind dat hulle is nie regtig oop nie, maar het hul eie agenda nl. mense/ondersteuners te wen vir hulle "saak" of denkrigting. :crazy: Ek is maar net iemand wat alles toets en dan die waarheid omhels. Ek glo ons is baie na aan die einde avn tyd en ons moet regtig "wakker" loop want die "engel van die Lig" speel vuil.:yes: Ek het geen teologiese opleiding nie en tog sit ek tans met 'n klompie eks-NGkerk skapies wat na my kyk vir leiding. Ons het 'n huis kerkie en loop voetjie-vir-voetjie 'n nou paaitjie deur die mynfeld van leringe daar buite. Alhoewel ek miskien nie altyd gaan saamstem met julle sienings nie ervaar ek tog dat julle harte klop warm vir die waarheid en 'n mens kan hier idees toets en deurtrap opsoek na waarheid.:hmm: DANKIE by voorbaat !:kiss:

Die Filadelfieer
Oct 6th 2008, 02:27 PM
Welkom Smuggler !!

CFJ
Oct 6th 2008, 02:31 PM
Hallo Smuggler en welkom by ons. Ek is self in 'n huiskerk en hier is nog 'n 2 of 3 ander ook, maar ons is al 'n lekker groepie hier en sekeres van ons ken mekaar al 'n geruime tyd. Geniet dit!

Phil Fourie
Oct 6th 2008, 02:44 PM
Hallo daar smokkelaar :)

Baie welkom hier by ons groepie en ek hoop hierdie forum sal vir jou nog tot baie seen wees.

Groete
Phil

Smuggler
Oct 6th 2008, 02:47 PM
Dankie vir die verwelkoming CFJ en OOM LEEU! :rofl:
Ek het dalk iets om met julle te deel rondom false profete en meer spesifiek die metodes wat hulle gebruik. Sal kyk of ek dit mŰre kan "post".

Vrede-groete !
:wave:

Lanie
Oct 6th 2008, 02:55 PM
Hello Smuggler...

Baie baie welkom...Ek's vreeslik nuuskiering - waarmee smokkel jy? :lol:

Smuggler
Oct 6th 2008, 02:55 PM
Jip, jy's reg, ek smokkel met die waarheid en doen die Geestelikke oorlogvoering (2Kor 10:3-5) teen die vestings in die koppe van mense.:B

Vrede-groete
:wave:

simonpetra
Oct 6th 2008, 02:59 PM
Welkom Smuggler..

Smokkel jy dus met mense se koppe?:saint:

Smuggler
Oct 6th 2008, 03:00 PM
Bly om te ontmoet !:hug:

Ek smokkel enigiets . . . net wat jou nuskierigheid prikkel !:monkeyd:

Vergewe tog maar . . ek het 'n "stoute" streek in my . . .:blushhap:

Vrede-groete
:wave:

Smuggler
Oct 6th 2008, 03:17 PM
Yip ! ek laat die mense se koppe draai :crazy: . . . en as hulle weer sien dan is hulle koppe geswaai . . .:bounce:

:amen:

Vrede-groete
:wave:

Smuggler
Oct 6th 2008, 03:39 PM
Ek voel regtig welkom by julle . . .:pp

My "skuil naam" kom van die boek "Broer Andrew - God se smokkelaar"
en ek hou toe baie van die idee.:idea:

Die res is geskiedenis . . .

Nou probeer ek mense uit "smokkel" vanuit die koninkryk van die duister na die Koninkryk van die Lig. :D

En dis my storie . . .

Vrede-groete
:wave:

Lanie
Oct 6th 2008, 03:44 PM
Ek's dankbaar dat jy so welkom voel. As jy lus is kan jy vir ons meer van jouself vertel in die Kenmekaar draad. Ons lag daar lekker vir mekaar....;)

Ta-An
Oct 6th 2008, 03:52 PM
Dankie vir die verwelkoming CFJ en OOM LEEU! :wave:
Fila, hy sÍ vir jou Oom!!! :rofl: :rofl: :rofl:

Welkom Smokkelaar :hug:

Moenie worry nie, ons is nie almal Gaaitjie-ponners nie..... uhmmm dis nou 'Sparkplugs' as jy nie oud genoeg is om te weet van Gaaitjie-ponners nie :D

Lanie
Oct 6th 2008, 03:58 PM
Moenie worry nie, ons is nie almal Gaaitjie-ponners nie..... uhmmm dis nou 'Sparkplugs' as jy nie oud genoeg is om te weet van Gaaitjie-ponners nie :D

Nou laat jy my vreeslik oud voel :lol:. Wat vir 'n ding is 'n "sparkplug"?

Ta-An
Oct 6th 2008, 06:16 PM
Nou laat jy my vreeslik oud voel :lol:. Wat vir 'n ding is 'n "sparkplug"?Mari sal weet van NGK :D

Phil Fourie
Oct 7th 2008, 06:06 AM
Ek wonder hoeveel van ons hier is nog in die NGK :hmm:

Gene
Oct 7th 2008, 06:51 AM
Hi Smuggler

Baie welkom hier ook van my kant af! Ek is oortuig dat jy dit gaan geniet op hierdie forum. Ons is almal boeties en sussies, maar moenie 'n fout maak nie - ons kan ook lekker van mekaar verskil! Maar ons doen dit in die regte gees, en so tussen die "stryery" deur leer ons geweldig.

Ek kan goed met jou identifiseer, ek is tans ook in die proses om die NGK te verlaat, en ek het 'n ding oor dwaalleer! My passie en roeping is "kerkmense" wat houtgerus sit en slaap terwyl die satan hard aan die werk is (ook binne die kerk) en dwaalleringe aan die orde van die dag is.....

Mag jy net soveel seen uit hierdie forum ervaar as wat ek ervaar het in die tyd wat ek hier betrokke is.

Sonia Smit
Oct 7th 2008, 07:43 AM
Ek weet ek is nou al 'n rukkie hier besig, maar ek het myself nog nie aan julle voorgestel nie.

My naam is Sonia Smit (soos jul kan sien;)) en ek is 28 jaar oud. Ek is in Augustus 7 jaar getroud met Christiaan Smit (ook 28) en ons is geseŽn met 2 kindertjies, Tiaan (3.7) en Sharonize (11 maande - amper 1 jaar), (dit sou 3 gewees het, maar ons het my eerste seuntjie, Janco (sou nou 6 gewees het), aan die dood afgestaan).

Christiaan is die oudste en enigste, en ek is die oudste van 4 kinders - my boetie het nou 21 geword (hy is die jongste). Ek is nog bevooreg om albei my ouers te hÍ, Christiaan het sy ma (sy pa is oorlede toe hy 5 jaar oud was).

Nou ja, nou weet julle bietjie meer van my :D

As julle nog meer wil weet, voel vry om my enigiets te vra :cool:

Groete! :hug:

Phil Fourie
Oct 7th 2008, 10:37 AM
Sonia

Dankie dat jy ons bietjie meer van jouself vertel het en weereens baie welkom hier by ons

Ta-An
Oct 7th 2008, 08:15 PM
Nou laat jy my vreeslik oud voel :lol:. Wat vir 'n ding is 'n "sparkplug"?
'n Sparkplug, is 'n vonkverdeler :idea:
en dit se naam is NGK :D

Willem
Oct 9th 2008, 09:46 PM
Ek het die draad verloor na ek gejoin het en kry dit nou onderaan die bladsy :B:blush::eek::rofl:

Kom van laataand :rofl:

Aaan almal wat ek nog nie welkom gese het nie: "HALLO! en moenie te veel lag nie..."

Lekker om so van julle te lees en ook 'n voorreg om sommige goed wat julle deel te mag weet. Familie in Jesus ne'

ACCM ek is ok 'n spark plug, maar het nog nooit van daai gatjieponner ding gehoor nie :confused, maar die' NGK wil nie enjin gestart kry! :yes: Dis mos al hoe mens die tjor se lig helder laat brand en die ou skedonk het nog kort entjie om te gaan voor ons tuis is:pp

MercyChild
Oct 29th 2008, 09:02 PM
Ek het Maandag hierdie web ontdek terwyl ek op google na iets gesoek het.

Ek is 'n dwelm verslaafde wat poog om op te skop. Op my eie krag het ek gevind dat dit moeilik is. Ek het my lewe op hierdie webwerf aan Jesus gegee op 27 Oktober 2008.

Ek het Johannes begin lees en redelik geleer, maar verstaan nie altyd al die inligting nie.

EK is van SA en het in hongarye kom kuier of eintlik gevlug omdat ek vele probleme opgetel het met "dealers" in SA.

Ek het vir die SAPD gewerk en moes soort van bedank. Ek het ook baie vriende daar verloor die afgelope twee jaar.

Als het vir my op 'n kol net te veel geword, en ek het so te se alles wat ek in die lewe gehad het verloor. Dus toe ek nie meer kon voortgaan nie, het ek besluit dit het tyd geword om God werklik 'n kans in my lewe te gee! Ek is glad nie spyt daaroor nie.

Dit is lekker om vir 'n verandering met Afrikaanse mense in kontak te wees. Dit is frustrerend hier in hongarye, want hulle verstaan nie eens Engels nie, maar miskien was dit dalk God se manier om my te kry om eerder vir 'n tyd lank met Hom te begin kommunikeer.

Nuut gered!
Groete
:giveup:

Ta-An
Oct 29th 2008, 09:16 PM
Ek het my lewe op hierdie webwerf aan Jesus gegee op 27 Oktober 2008.

:pp :pp :pp :pp Prys die Here want HY is groot!!! :pp :pp :pp :pp

paidforinfull
Oct 29th 2008, 09:53 PM
Lekker om hier ook the 'ontmoet', Linda. Ag, die Here is wonderlik! Nou ja, moenie skaam wees om te vra vir gebed of vir antwoorde op vrae nie, ok?
Blessings.

Lanie
Oct 30th 2008, 04:01 AM
Hi Linda,

Baie welkom by ons. Dis vir my pragtig hoe oop en eerlik jy oor dit wat verkeerd was in jou lewe is. Dit wys vir my dat jy werklik jou lewe wil omdraai. Ek wens ek kan so eerlik wees oor die sonde in my lewe... Baie sterkte. Ons is hier vir jou! As jy wil kan jy gaan loer by http://www.settingcaptivesfree.com. Dis 'n baie oulike website waar jy deur 'n program kan werk om jou verslawing te oorwin. Dit word gedoen met behulp van bybelstudie en jy kry 'n mentor om jou stap vir stap te ondersteun.

Phil Fourie
Oct 30th 2008, 07:23 AM
Hi Linda

Ons is werklik baie bly om jou saam met ons hier te he en jou te verwelkom in die familie ;)

Groete
Phil

CFJ
Oct 30th 2008, 07:28 AM
Baie welkom by ons Linda! Jou eerlikheid is ongelooflik en ek glo net eerlike mense kry antwoorde en net eerlike mense word gered. Toe ekself Jesus ontmoet het, was dieselfde gemak in my, om net te erken wie ek is en dat daar niks is wat mens kan wegsteek nie. Daar is niks soos die eerste keer wat mens vry en verlos voel, van al die dinge wat mens heeltyd verdruk en neerslagtig maak nie! Mens leef egter nie voortdurend so nie en dit is lekker as iemand soos jy mens weer bietjie kan konfronteer, om maar net dood gewoon eerlik te wees.

CFJ
Oct 30th 2008, 07:37 AM
Ek het die draad verloor na ek gejoin het en kry dit nou onderaan die bladsy :B:blush::eek::rofl:

Kom van laataand :rofl:

Aaan almal wat ek nog nie welkom gese het nie: "HALLO! en moenie te veel lag nie..."

Lekker om so van julle te lees en ook 'n voorreg om sommige goed wat julle deel te mag weet. Familie in Jesus ne'

ACCM ek is ok 'n spark plug, maar het nog nooit van daai gatjieponner ding gehoor nie :confused, maar die' NGK wil nie enjin gestart kry! :yes: Dis mos al hoe mens die tjor se lig helder laat brand en die ou skedonk het nog kort entjie om te gaan voor ons tuis is:pp

Wees gegroet vriend in Jesus en welkom by ons Willem!

MercyChild
Oct 31st 2008, 06:58 AM
[quote=CFJ;1846333]ou eerlikheid is ongelooflik en ek glo net eerlike mense kry antwoorde en net eerlike mense word gered.

Ja, eerlikheid is al wat ek oor het, en ek vind dat dit net eerlikheid is op hierdie staduim wat my kan vry maak van alles. God het eerlikheid ook aan my geskenk en ek is van plan om dit ten volle te benut!

Dankie vir al die verwelkomings. Dit voel regtig baie tuis op die webwerf!

Geseende naweek vir een en elk!:lol:

simonpetra
Oct 31st 2008, 01:28 PM
Welkom Linda!

Ons vier fees met elke nuwe lid wat tot ons familie gevoeg word. Ons hoop om vir jou 'n oor te wees om te luister en 'n skouer om op te huil en iets om vas te byt in swaar tye.

Ek haal my hoed af vir die pad wat jy nou gekeis het om te stap. Ek besef dit is nie die maklike keuse nie maar ek weet hoe getrou Ons Here is en dat Hy nou al die pad reg langs jou loop. Maak gerus gebruik van die ondersteuning van hierdie moderators en ook die link wat Lanie vir jou gestuur het. Dis vir ons almal dat hulle hier is.