PDA

View Full Version : Hoekom verander alles?



CFJ
Aug 10th 2007, 01:16 PM
In 'n artikel (http://www.gereformeerdenafrikaans.co.za/modules/news/article.php?storyid=446) op Gereformeerd en Afrikaans wat oor die verandering van Pretoria se naam handel, word die volgende skokkende ironie uitgewys. Wanneer dit oor iets soos verandering van 'n naam van 'n stad gaan, raak mens ongelukkig daaroor en is daar groot aksies daarteen, maar as God se ordes in naam verander word, is daar maar min te sÍ daaroor. Die volgende word dan ook uitgewys...


Sodomie word gay

Pornografie word volwasse vermaak

Prostituut word sekswerker

Literatuur wat onder die belt is word hygliteratuur

Kindermoord word aborsie of terminering van swangerskap

‘n Baba uit ontug gebore word nou ‘n liefdeskind

Gevangenis of Tronk word Korrektiewe Dienste

Bandiete word kliŽnte van Korrektiewe dienste

Inherente sondigheid en selfsug word mense reg

VerloŽning van Jesus Christus se uniekheid word dialoog met ander godsdienste genoem

Toelating van leuens en sondes word verdraagsaamheid

Tugtiging word nou kindermishandeling genoem

Pro-familie word homofobie genoem

Heiliging van die dag van die Here word wettisisties genoem

Pro-christus word islamofobie genoem

Die uniekheid van Jesus Christus word onverdraagsaamheid genoem

Sendingwerk word onverdraagsaamheid genoem

Die Bybel word een van baie heilige boeke genoem

Waarheid word relatief genoem

God se Woord word bloot woorde oor God genoem

Doodstraf word barbaars genoem

Sensuur word propaganda genoem

Reinheid word preutsheid genoem

Oortuiging word fanaties genoem

Onwrikbaarheid word fundamentalisme genoem

Jesus Christus word een van baie weŽ genoem

Die drie-enige God word een van baie gode genoem