PDA

View Full Version : Teologiese Skole se doel in ons dag?

CFJ
Aug 17th 2007, 03:36 PM
Mens wonder of teologiese skole werklik nog die doel dien om God se koninkryk uit te bou, veral as mens die nuutste DVD (Nuwe Strominge in die Teologie - Word die Hart van die Evangelie uitgeruk?) in oŽnskou neem, soos ook in hierdie (http://bibleforums.org/showthread.php?t=94616) draad bespreek is? Hoeveel praktiserende predikante is werklik wedergebore Christene? Self wou ek ook teologie gaan studeer, maar getuienisse soos in die uittreksel hieronder (http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?p=35281&highlight=&sid=61e29c87ea274aaf6fe51eab55ee15e3), het my 2 keer laat dink...

"Maar ek het by die NG Kerk se teologie fakulteit geswot. Van die 6 mense met wie ek nog gereeld kontak het, is net twee nog christene (en net een in die bediening). Natuurlik kan mens nie veralgemeen nie (ek het seker maar net met die vriende geword wat geneig was tot heidensgeite ). Die feit bly egter dat studente hulle geloof verloor en dat dit nie so ongewoon is nie."
Dit is nie so ongewoon dat teologiese studente hul geloof verloor nie, sÍ hy...

CFJ
Aug 17th 2007, 04:21 PM
Mens kan nooit veralgemeen nie, maar EsťgiŽl moes profeteer teen die herders in Israel... is dit wat hieronder staan in ons dag dieselfde of is dit bietjie vergesog?

En die woord van die HERE het tot my gekom en gesÍ: Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sÍ vir hulle, die herders: So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie? Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid. So het hulle dan verstrooid geraak, omdat daar geen herder was nie; en hulle het die voedsel geword vir al die wilde diere van die veld en het verstrooid geraak. My skape dwaal rond op al die berge en op al die hoŽ heuwels; ja, oor die hele oppervlakte van die aarde is my skape verstrooi, sonder dat iemand na hulle vra of hulle soek. Daarom, o herders, hoor die woord van die HERE: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat my skapeín prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nieó daarom, o herders, hoor die woord van die HERE! So sÍ die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie.
(Eseg 34:1-10)

CFJ
Aug 17th 2007, 07:43 PM
uittreksel (http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?p=35281&highlight=&sid=61e29c87ea274aaf6fe51eab55ee15e3)

Uit die dieselfde bron as bogenoemde uittreksel, die volgende vanaf bladsy 1, waar hierdie apologeet beweer dat die meeste dosente aan Teologiese Skole nie meer 'n tydlose Evangelie verkondig nie...

Maar vandag is die hoofstroom van dosente diegene wat tuis voel in n meer kritiese geloofsverantwoording. Meeste eerstejaar studente, pas uit die Sondagskool is egter nog, verstaanbaar, fundamentalisties - en vandaar die probleme met wat sekere dosente kwansuis sou leer.
Hierdie selfde skrywer skryf vÍrder...

Daar moet onthou word dat feitlik alle teologie studente is, as hulle die eerste keer die kampus betree, Sondagskool-en-populere-literatuur- geindoktrineeerde (semi-)fundamentaliste wat geroepe voel en hulleself as wedergebore Christene sien. Dan, as deel van die swottings maak hulle kennis met meer kritiese beskouings - wat nie noodwendig as waar voorgehou word nie, maar bloot vir agtergrond geleer word - en een van 3 dinge gebeur:

1) Hulle bly konserwatief (of raak meer so)
2) Hulle word mainstream en val in by die modes van die dag
3) Hulle word self meer en meer krities en beweeg dan na meer liberale, radikale, agnostiese, ateistiese beskouings.

Ek reken die verspreiding onder studente en predikante is dalk 30% 50% 20% verteenwoordigend van die drie groepe onderskeidelik. Ek kan verkeerd wees. Elkeen van hierdie drie groepe (veral die 1ste en 3de is ook potensiele kanidate vir diegene wat hulle studies staak/werk bedank en iets anders gaan doen).
Dit is iemand wat self geloof in God verloor het en vanuit die "binnekringe" hierdie gewaarwordinge maak.

Die afleiding is dat slegs 'n waarskynlike 30% van alle studente op die regte spoor bly van 'n tydlose Evangelie. Die ander 70% val of heeltemal weg of verkondig 'n tydgebonde Evangelie wat maar gewoonlik die gehoor van mense streel in wat hulle wil hoor. 'n Halwe waarheid is dieselfde as 'n leuen en dit maak dat mens eintlik net 2 groepe kan voorhou. Dit is nie noodwendig akkurate syfers nie, want dit is heel moontlik erger as wat hier, "as waarskynlik" voorgehou word. Dit is amper ondenkbaar dat dit beter persentasies sal wees, mens kan maar net op eie gevolgtrekkings van die verval rondom mens getuig. Elkeen moet hier maar onderskei soos God jou lei.

oppiweb
Aug 24th 2007, 09:29 PM
Daar was nog nooit plek in die huishouding van God vir sulke inrigtings nie! Daarom het Jesus nie eers een goeie woord vir die skrifgeleerdes gehad nie. Dis die anti-Chris wat ewe op die troon van God ( die harte van Sy Bruid ) gaan sit en voorgee dat hy God is!

Ergste van alles is dat hierdie bose diennaars van die satan 'n hele reeks beloftes/geloftes ( ek dink sowat 8 ) soos vervat in die legitimasie veklaring gaan onderteken om beroep te kan word! As iemand dan nog 'n wedergeborene was, het hy Jesus weer gekruisig t.o.v. homself met die woorde van die verklaring! Hoe gebeur dit dat iemand wat die waarheid liefhet en sowat 7 jaar se geswot dan Mat 5:33 -37 en Jak 5:12 geheel ignoreer?

Erger nog, hoe gaan hulle voort om elke lidmaat met die selfde strik te vang wanneer hulle kinders doop, katkiseer, diakens en ouderlinge word, in die huwelik bevestig word? Elkeen wat enige van hierdie voorgeskrewe beloftes/ondernemings/geloftes/ede gemaak het, het die hande van Christus t.o.v. sy eie lewe weer gebind/gekruisig....anti-Chris! Daar is die anti-Chris nou openbaar gemaak vir die wat wil/kan sien! God het hom al in 1999 aan my getoon maar niemand het die insig om hom te sien nie! Reg om die aarde hoereer hierdie dier/anti-Chris/hoer met die regeering van die dag!

CFJ
Aug 25th 2007, 08:20 AM

Ek het self al gewonder oor die meriete van sulke instellings, sou mens vra, hoe word die Skrif werklik oopgesluit? Dit lyk so of teologie vir sekeres die enigste wyse geraak het, waarop die Skrifte verstaan kan word.

Net vir interessantheid, in 1996 het ek 'n droom gehad waar ek die gesig van die anti-chris gesien het. Mens kan miskien eerder 'n unieke draad oopmaak, want dit sal nogal insiggewend wees om wat aan mens gewys is, te vergelyk.

oppiweb
Aug 25th 2007, 01:24 PM
Die feit dat daar ouens is wat glo dat die teologie die manier is om die skrifte te verstaan, reeds bewys dat die anti-Chris daar aan die werk is! Open 5:5 en Lukas 24:45 en Joh. 6:45 maak dit duidelik dat slegs Jesus waardig is om die seels van die Skrifte te breek...nie die teologie nie!

Dan.8:23 Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal ’n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.
24 En sy krag sal sterk word, maar nie deur sy krag nie(sien Op.17:13); en hy sal buitengewoon baie kwaad aanrig en dit voorspoedig uitvoer; en hy sal magtiges vernietig en ook die volk van die heiliges.
25 En op grond van sy slimheid sal hy met geluk bedrog pleeg, en hy sal groot dinge onderneem in sy hart en baie mense onverwags vernietig, ja, optree teen die Vors van die vorste, maar hy sal sonder toedoen van hand verbreek word.

Die werking van die anti-Chris en sy sukses wat hy behaal is juis die feit dat hy die onbuigsame geregtigheid van God gebruik om sy verwoesting mee te saai. Gretige jong studente onderneem groot dinge in hul harte omdat hulle graag groot dinge vir God wil gaan doen...maar sny onwetend die krag van God af deur die woorde van hulle mond nog voor hulle begin het met die werk! So vreeslik tragies! Intussen kom die satan met allerhande leerstellings wat die anti-Chris versteek deur mense te laat glo dat die anti-Chris die een of ander super evil ou gaan wees wat sy verskyning gaan maak en dan iewers in Jerusalem vir homself 'n troon gaan kry om op te sit....wat 'n grap!....mense hou nou eenmaal van commic's en allerhande sprokies verhale.

Die enigste raad wat ek vir sulke ouens het wat hul geloof verloor het is, gaan terug op jou pad met die Here en kyk of jy nie iewers "edele" beloftes gemaak het waardeur jy God se krag afgesny het nie! Van almal op die aarde is die gereformeerdes seker die lekkerste vir suckers gevang.

'n Draad oor die werking van die anti-Chris en sy sg. "voorkoms" mag nogal 'n vuurwarm een word.

CFJ
Jan 5th 2010, 09:53 AM
Dien Teologiese Skole werklik nog die verhewe doel in ons dag, gemeet aan die liberale gees in hierdie instellings oor die algemeen?

David2
Jan 5th 2010, 09:08 PM
Ferdi
Een van die groot probleme is die kerke (denominasies) se oppergesag in die kweekskole. Die kerk beskerm sy kweekskool en beskerm ook die liberale gees (gees van ongeloof) in hulle kweekskool. In Amerika is meeste van die kweekskole "gedereguleer" of sal ons maar sÍ, "geprivatiseer". Hulle staan dus nie onder die direkte gesag van 'n denominasie of 'n sinode nie, en word ook nie deur hulle beskerm nie. 'n Outjie wat uit die skool uitkom en vir predikant wil gaan leer, is nie gebind om na 'n sekere "kerklike" kweekskool te gaan nie. Kerke het verskillende interkerklike kweekskole wat hulle goedkeur en die student kan self besluit waar hy wil gaan studeer. Daar is ook baie meer "onafhanklike" of nie denominasionele kerke in Amerika wat meestal evangelies is.

Dit het die gevolg gehad dat baie liberale kweekskole in Amerika al moes toemaak. Die jong studente wat vir predikant wil gaan leer is op daardie stadium as hulle uit die skool uit kom nog baie sterk bewus van hulle roeping en dat hulle die verlossingsboodskap van Jesus Christus aan 'n verloregaande wÍreld wil gaan verkondig. Dus kies die outjie om te gaan na 'n sterk evangeliese en Skrifgebonde teologiese skool en daarom het die soort kweekskole werklik geblom terwyl die liberale inrigtings agteruit gegaan het. Ek het twee sulke kweekskole waar studente van versklillende kerke opgelei word, besoek en 'n paar dae daar deurgebring (Ashland en Grace Bible College in Grand Rapids). Wat 'n ervaring was dit nie! Ek het self my 7 jaar op 'n kweekskool hier te lande deurgegaan (toe was dit nog beter as vandag), maar dit wat ek as student ervaar het, was totaal wÍrelds en sekulÍr as dit met daardie twee skole in Amerika vergelyk word. Waar Stellenbosch se kweekskool 'n rookkamer gehad het om pouses en tussen klasse te gaan rook, het Ashland en GBC gebedskamers, gebedstuin, kamers vir geestelike berading en nog baie ander.

By daardie skole word ook nie net predikante opgelei nie, maar verskeie ander beroepe waar mens 'n bediening vir die Here kan hÍ. By GBC het hulle bv. ook begin om in samewerking met 'n verpleegsters opleidingskool daar naby, die verpleegsters wat so wil, by GBC op te lei vir hulle Christelike bediening in die hospitaal, terwyl hulle ter selfder tyd die klasse in hospitaalwerk by die ander college draf. (Lekker vir die voornemende predikantjies om meisies op dieselfde kampus te kan ontmoet wat ook besig is om hulle vir 'n bediening voor te berei!). Elke Woensdag en Vrydagoggend is daar vir een periode 'n "chappel service". Die Woensdag se een word gewoonlik deur 'n besoekende predikant/sendeling/geestelike werker van waar ookal in die wÍreld gelei, en die Vrydag word deur die studente self waargeneem. Dit was my groot voorreg om ook die Woensdag by GBC op te tree en die Vrydag te sien hoe die studente self preek en sing.

CFJ
Jan 6th 2010, 06:46 AM
Dankie vir hierdie positiewe inligting David, ek was glad nie bewus hiervan nie en wat ek hieruit leer, is dat die Here altyd 'n manier het om die waarheid te beskerm. Mens wonder net wat ons hier op Lighuis kan doen, met dit wat tot ons beskikking is, om op een of ander manier ook 'n bydrae te kan maak?

David2
Jan 6th 2010, 07:53 PM
Behalwe die genoemde twee kweekskole het ek ook twee ander instellings besoek wat werkende mense met korrespondensie, e-mail, internet en DVD oplei vir die bediening. Ek het kennis geneem van hulle metodes, leerplanne en teksboeke. Ek is nou vas van plan om self, met die inligting wat ek bekom het, en met verdere kontak en ondersteuning van daardie ouens, 'n kursus in Afrikaans te begin aanbied. Probleem is net dat ek nie 'n "werk" vir so 'n afgestudeerde predikant sal kan aanbied nie. Dit werk maar op die beginsel van die onafhanklike kerke. 'n Predikant moet dus maar vir homself 'n gemeente begin versamel.

Lanie
Jan 6th 2010, 08:26 PM
Ferdi
Een van die groot probleme is die kerke (denominasies) se oppergesag in die kweekskole. Die kerk beskerm sy kweekskool en beskerm ook die liberale gees (gees van ongeloof) in hulle kweekskool. In Amerika is meeste van die kweekskole "gedereguleer" of sal ons maar sÍ, "geprivatiseer". Hulle staan dus nie onder die direkte gesag van 'n denominasie of 'n sinode nie, en word ook nie deur hulle beskerm nie. 'n Outjie wat uit die skool uitkom en vir predikant wil gaan leer, is nie gebind om na 'n sekere "kerklike" kweekskool te gaan nie. Kerke het verskillende interkerklike kweekskole wat hulle goedkeur en die student kan self besluit waar hy wil gaan studeer. Daar is ook baie meer "onafhanklike" of nie denominasionele kerke in Amerika wat meestal evangelies is.

Dit het die gevolg gehad dat baie liberale kweekskole in Amerika al moes toemaak. Die jong studente wat vir predikant wil gaan leer is op daardie stadium as hulle uit die skool uit kom nog baie sterk bewus van hulle roeping en dat hulle die verlossingsboodskap van Jesus Christus aan 'n verloregaande wÍreld wil gaan verkondig. Dus kies die outjie om te gaan na 'n sterk evangeliese en Skrifgebonde teologiese skool en daarom het die soort kweekskole werklik geblom terwyl die liberale inrigtings agteruit gegaan het. Ek het twee sulke kweekskole waar studente van versklillende kerke opgelei word, besoek en 'n paar dae daar deurgebring (Ashland en Grace Bible College in Grand Rapids). Wat 'n ervaring was dit nie! Ek het self my 7 jaar op 'n kweekskool hier te lande deurgegaan (toe was dit nog beter as vandag), maar dit wat ek as student ervaar het, was totaal wÍrelds en sekulÍr as dit met daardie twee skole in Amerika vergelyk word. Waar Stellenbosch se kweekskool 'n rookkamer gehad het om pouses en en tussen klasse te gaan rook, het Ashland en GBC gebedskamers, gebedstuin, kamers vir geestelike berading en nog baie ander.

By daardie skole word ook nie net predikante opgelei nie, maar verskeie ander beroepe waar mens 'n bediening vir die Here kan hÍ. By GBC het hulle bv. ook begin om in samewerking met 'n verpleegsters opleidingskool daar naby, die verpleegsters wat so wil, by GBC op te lei vir hulle Christelike bediening in die hospitaal, terwyl hulle ter selfder tyd die klasse in hospitaalwerk by die ander college draf. (Lekker vir die voornemende predikantjies om meisies op dieselfde kampus te kan ontmoet wat ook besig is om hulle vir 'n bediening voor te berei!). Elke Woensdag en Vrydagoggend is daar vir een periode 'n "chappel service". Die Woensdag se een word gewoonlik deur 'n besoekende predikant/sendeling/geestelike werker van waar ookal in die wÍreld gelei, en die Vrydag word deur die studente self waargeneem. Dit was my groot voorreg om ook die Woensdag by GBC op te tree en die Vrydag te sien hoe die studente self preek en sing.

Ek voel sommer groen toe ek hierdie lees David. Ek het geweldig baie respek vir GBC en vir die meeste leraars wat daar hulle opleiding ontvang het en sal my oogtande gee om hierdie ervaring te kan hÍ. (Ek bedoel nou om daar te kon kuier, nie om 'n diens te lei nie... ;))

protea
Jan 7th 2010, 11:44 AM
David, dit lyk vir my asof die bediening van God se Woord wereldwyd weer terugkom na die Tentmakersberoep waar jy n sekulere werk het om n broodjie in jou mond te hou en dan die Woord aan n groep mense bring oor naweke. Daarvoor sal jou beoogde kursus ideaal wees! Want jy het nie nodig om n graad in Teologie te he om Jesus se Verlossingsboodskap uit te dra nie. Dit is egter wat baie mense nie besef nie. Ek het vroeer die jaar van iemand daar in KZN gehoor wat n sekulere werk het en naweke vir n 25 tal Zoeloes in n garage kerk hou . En dit is maar net een van BAIE sulke informele bedieninge van mense wat gehoorsaam is aan die roepstem van Jesus om Sy Woord te verkondig. Hou ons op hoogte van die vordering van die kursus asb.

Johnny
Jan 7th 2010, 12:08 PM
As ek mag iets noem. Dit is juis vir die ouens met grade in teologie vir wie ons moet OPPAS en VERSIGTIG wees.

David2
Jan 7th 2010, 12:53 PM
David, dit lyk vir my asof die bediening van God se Woord wereldwyd weer terugkom na die Tentmakersberoep waar jy n sekulere werk het om n broodjie in jou mond te hou en dan die Woord aan n groep mense bring oor naweke. Daarvoor sal jou beoogde kursus ideaal wees! Want jy het nie nodig om n graad in Teologie te he om Jesus se Verlossingsboodskap uit te dra nie. Dit is egter wat baie mense nie besef nie. Ek het vroeer die jaar van iemand daar in KZN gehoor wat n sekulere werk het en naweke vir n 25 tal Zoeloes in n garage kerk hou . En dit is maar net een van BAIE sulke informele bedieninge van mense wat gehoorsaam is aan die roepstem van Jesus om Sy Woord te verkondig. Hou ons op hoogte van die vordering van die kursus asb.

Dankie vir jou reaksie Protea. Dit is maklik om te sÍ mens gaan 'n ding doen, maar gans 'n ander storie om daaraan uitvoering te gee. Hierdie is 'n groot storie en ek kan my voorstel dat dit baie toewyding, selfdissipline en ondersteuning van ander mense sal verg.