PDA

View Full Version : Teken 1 - Valse Christusse



CFJ
Aug 21st 2007, 08:50 PM
In hierdie draad word die teken van valse Christusse bespreek. Hier is 'n lys van tekens wat bespreek kan word, net om agtergrond te gee en om aan te toon wat die nommer van elke teken beteken. Dit is bloot so genommer om dit ordelik te kan bespreek en dien geen ander doel nie...


Hier volg 'n paar tekens wat oor die algemeen verbind kan word met profesieë oor die eindtye. As daar iets is wat iemand graag wil byvoeg, doen dit gerus. Die idee is om een van hierdie tekens op 'n keer te bespreek en dit te ondersoek. Vir elke teken moet dus 'n nuwe draad oopgemaak word. Hier is 13 tekens wat ek glo beloof om baie insiggewende onderwerpe te kan wees...

Miskien moet mens maar iewers begin en elke teken nommer, teenoor die onderwerp. Nie dat die nommer enigsins iets beteken nie, maar net dat mens kan volg waarmee mens besig is. Elke nuwe draad sal dan as volg geïdentifiseer kan word...


:note:Teken 1 - Valse Christusse

:note:Teken 2 - Oorloë en gerugte van oorloë

:note:Teken 3 - Hongersnode

:note:Teken 4 - Slegte weer

:note:Teken 5 - Bevolkingsontploffing

:note:Teken 6 - Pessiektes

:note:Teken 7 - Aardbewings

:note:Teken 8 - Tekens aan die son, maan en sterre

:note:Teken 9 - Geestelike en teologiese verval

:note:Teken 10 - Morele en sedelike verval

:note:Teken 11 - Wêreldevangelisasie

:note:Teken 12 - Jong en ou mense sal drome droom

:note:Teken 13 - Die Herstel van Israel

CFJ
Aug 21st 2007, 09:17 PM
As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie. Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
(Mat 24:23-27)

Daar is heelwat voorbeelde van valse Christusse, maar een wat my werklik verbaas het was Tom Cruise. Hy word deur die leiers van die "Scientology" sekte as hulle Christus voorgehou...

http://www.thesun.co.uk/article/0%2C%2C4-2007030603%2C00.html

CFJ
Aug 22nd 2007, 08:12 AM
Valse Christusse was toevallig die heel eerste teken wat Jesus aan Sy dissipels uitgewys het met dié woorde, "pasop dat niemand julle mislei nie".

Hennie Prinsloo het hierdie lys van valse Christusse in sy boek, Die Wederkoms van Christus, aangedui,


Ghoeroe Maharai Ji (http://neemkarolibaba.com/content/view/17/74/)
Hare Krishna (http://en.wikipedia.org/wiki/Hare_Krishna)
Sun Myung Moon (http://www.sourcewatch.org/index.php?title=Sun_Myung_Moon)
Lord Maitreya (http://www.geocities.com/ascendedmaster/Maitreya.html)
Dalai Lama (http://en.wikipedia.org/wiki/Dalai_Lama)
Mehmet Ali Agca (http://www.rotten.com/library/bio/crime/assassins/mehmet-ali-agca/)
David Koresh (http://en.wikipedia.org/wiki/David_Koresh)
Jim Jones (http://en.wikipedia.org/wiki/Jim_Jones)


Daar is vele ander, dit is net goed om prakties te sien dat hierdie mense bestaan en dat dit letterlik waar is. Daar is ook diegene wat hulleself as gesalfdes voorhou met voortdurende wonderwerke. "Annointed ones", is meeste van die tyd niks anders as valse Christusse nie, want dit is wat Christus beteken, "the Annointed One".


As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! —moet dit nie glo nie. Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
(Mat 24:23-24)