PDA

View Full Version : Teken 12 - Jong en ou mense sal drome droom



CFJ
Aug 22nd 2007, 11:35 AM
Maar dit is wat deur die profeet JoŽl gespreek is: En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
(Hand 2:16-17)

...en

Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. In die droom, in Ďn naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seŽl op die waarskuwing aan hulle;
(Job 33:14-16)



In die Moslem-wÍreld gebeur daar huidiglik iets wat almal wat daarvan bewus is verstom. Van hierdie mense droom in buitengewone getalle van Jesus en kom dan tot bekering! Lees hier meer daaroor, as 'n teken van die laaste dae! (http://www.jesusvisions.org/)

CFJ
Aug 25th 2007, 11:04 AM
In my eie lewe kan ek byvoorbeeld die volgende getuig oor drome in hierdie verband. In 1996 het ek in 'n droom die gesig van die anti-chris gesien. Die man wat ek gesien het was soos dit vir my gelyk het, semities van afkoms en tussen 35 en 45 jaar oud. Dit het feitlik 100% ooreengekom met iemand anders se droom wat ek hier op Bibledatabase ontmoet het en laat my aan hierdie gedeelte dink...


Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.
(2Kor 13:1)

David2
Oct 29th 2007, 06:02 PM
Ferdi
Die vers wat jy uit Hand. 2 aangehaal het, moet baie versigtig beoordeel word.

Petrus staan en praat op Pinksterdag. Mense rondom hom het op daardie dag bie buitengewone dinge ervaar, gesien en gehoor. Dan verduidelik Petrus vir hulle wat aan die gang is: JoŽl het daardie dag (Pinkster) voorspel. "Dit is wat die profeet JoŽl gespreek het ..."

Met ander woorde, Petrus verduidelik vir die mense wat daar aan die gang is deur te verwys na wat JoŽl gesÍ het. Ek meen dus nie dat Hand. 2:16-17 'n voorspelling inhou van wat aan die einde von ons bedeling gaan gebeur nie. Dit is eerder die afsluiting van die profesie wat deur JoŽl uitgespreek is. Petrus sÍ vir die mense dat dit wat hulle daar sien gebeur, presies dit is wat JoŽl voorspel het.

Groete
David

CFJ
Oct 29th 2007, 07:49 PM
David,

Om eerlik te wees... ek het bloot die artikel in die skakel aangehaal in Afrikaans. Die artikel begin met dieselfde teks-verwysings..., maar dankie vir die inligting, ek sal dit graag wil nagaan.