PDA

View Full Version : Is depressie sonde?



EngelHart
Aug 28th 2007, 09:18 AM
Is depressie 'n gebrek aan geloof in God?
Is angs wat voorspruit uit depressie van Satan?
Sondig jy as jy aan depressie of angsversteuring lei?

Phil Fourie
Aug 28th 2007, 09:24 AM
Is depressie 'n gebrek aan geloof in God?
Is angs wat voorspruit uit depressie van Satan?
Sondig jy as jy aan depressie of angsversteuring lei?


Nee, ek sal nie sÍ 'n gebrek aan geloof nie, maar eerder 'n stremming op jou geestelike groei.
Ek glo dit is van Satan want om terug te kom na punt 1, hy wil nie hÍ jy moet geestelik groei nie, die Bybel leer ons Satan is 'n mensemoordenaar.
Ek glo nie jy sondig nie, maar jy is glad nie naby aan jou volle potensiaal in Christus nie.Ek antwoord nie sommer net nie, ek was self deur hierdie aanslag van die Satan, dus weet ek presies waarvan jy praat en dat hierdie gedagtes van sonde ook by jou opkom. Ek wil jou net sÍ daar is net Een wat depressie genees, medici behandel net die simptome, maar nie die onderliggende binding nie, want dit is nie 'n vleeslike binding nie, maar 'n geestelike, die Satan en sy trawante wat jou afstrem en vir jou laat voel jou lewe is useless. God het my uit depressie gehaal soos in onmiddelik, ek moes net volkome oorgee. Maar glo my, as jy in daardie gat is, is die volkome oorgee nie so maklik nie, maar 'n groot stap.

Groete en baie seŽn
PFM

14390876
Aug 28th 2007, 10:10 AM
Ek het sielkunde op universiteit so ek kan so `n bietjie daaroor vertel. Ek stem saam met meetse van wat Phil hierbo gesÍ het.
Depressie is `n werklike sielkundige kondusie wat glad nie `n keuse is nie. Daar is weklike, fiesiese prosesse wat in die brein aangaan wat depressie veroorsaak. Daar is baie vorme daarvan en dit kan uit `n verskeidenheid redes voortspruit. Dit kan die gevolg van eet patrone wees (Sekere kos veroorsaak meer van die hormoon wat depressie veroorsaak). Dit is dus net so veel `n siekte as wat kanker `n siekte is. Dit kan genieties wees of dit kan as gevolg van traumatiese gebeure wees (Het enige iemand al gehoor van die Becks Inventory? Dit is wat sielkundiges gebruik om te bepaal of depresie in mense te diagnoseer en te bepaal hoe erenstig dit is.) Dit is net sonde wanneer dit bewys kan word dat die depressie die gevolg is van `n besluit wat `n mens gemaak het. Sekere dwelm middels kan bevoorbeeld dit veroorsaak. Selfs dan is depressie nie die sonde self nie, maar eerder die gevolg daarvan

Ek sou baie versigtig wees om vir iemand met depressie te suggereer dat hulle besig is om te sondig. Ek het al `n hele paar vriende aan depresie verloor (net die ander dag het iemand wat ek ken self moord gepleeg). Iemans wat depressie het moet `n Christlike sielkundige gaan sien, of geneesing ontvang. Dit is interesant dat mense wat in iets glo, makliker met depresie leef en dit selfs oorkom, as ateiste.

EngelHart
Aug 28th 2007, 11:25 AM
Depressie is 'n ernstige siekte wat enigeen van ons kan tref. Die eerste en grootste oorsaak van depressie is Ďn chemiese wanbalans. As ons die woord depressie gebruik, word daarmee dus Ďn mediese toestand bedoel. Dit is 'n siekte wat goed gedokumenteer is in die mediese literatuur.

Depressie word in twee kategorieŽ verdeel; eksogeen en endogeen
Eersgenoemde verwys na depressie wat ontstaan as gevolg van 'n reaksie op omgewingsinvloede en laasgenoemde is die gevolg van interne tekorte in die brein se neuro-oordragte. Geneeskundiges is deesdae van mening dat pasiŽnte nie suiwer aan die een of die ander ly nie, maar eerder komponente van albei ervaar.

Lees gerus hierdie artikel oor wat depressie is en hoe om iemand te help en te ondersteun wat aan die siektetoestand ly.



DEPRESSIE (http://www.drhansdreyer.com/ftp/depressieboek.pdf)
Hoe om depressielyers te verstaan en te ondersteun.


Onwaarhede oor depressie.

∑ Dit is onwaar dat depressie altyd die resultaat is van sonde en gebrek aan geloof in God.
∑ Dit is onwaar dat alle depressie die gevolg is van selfbejammering.
∑ Dit is onwaar dat dit verkeerd is vir Ďn Christen om depressief te word.
∑ Dit is onwaar dat depressiewe gevoellens permanent verwyder kan word deur geestelike oefeninge.
∑ Dit is onwaar om te glo dat jy vinnig uit depressie uit kan kom as jy net wil.

Kry hier hulp:
Suid-Afrikaanse Depressie en Besorgdheidsgroep: 0800 567-567 of (011) 783 1474

Tonton
Aug 28th 2007, 11:37 AM
Dit staan glo 365 keer in die Bybel dat ons nie moet vrees nie - een keer vir elke dag. Ek het self op gehou om te tel by ong. 100.

Anton

CFJ
Aug 28th 2007, 12:02 PM
Dit staan glo 365 keer in die Bybel dat ons nie moet vrees nie - een keer vir elke dag. Ek het self op gehou om te tel by ong. 100.

Anton


Dit is nou bietjie van die draad af, jammer daaroor, maar daar is glo iets soos 120 sondes gelys in die Nuwe Testament, wat net een jou die ewige verdoemenis kan laat smaak. Vreesagtigheid is ook een van hierdie sondes (Open 21:8). Dit is dus nou 12 keer moeiliker om die wet te onderhou, as Jesus jou nie persoonlik daarvan verlos nie...

Mens moet dalk so studie doen oor die 365 wat jy hierbo noem en op 'n ander draad die 120 sondes van die Nuwe Testament. :hmm:

14390876
Aug 29th 2007, 05:54 AM
∑ Dit is onwaar dat depressiewe gevoellens permanent verwyder kan word deur geestelike oefeninge.

∑ Dit is onwaar om te glo dat jy vinnig uit depressie uit kan kom as jy net wil.

Dit hang sterk af wat jy hiermee bedoel. Ek glo in geloofsgenesing. Ek het dit al meer as een keer gesien. Ek glo dus dat God depressie onmiddelik en permanent kan genees, net soos wat enige ander siekte so genees kan word. :hmm:

En wat van die volgende vers:

Filipense 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. :pp
Alles beteken letterlik alles. Dus, alhoewel ek nie deur sommer net deur my eie wilskrag uit te oefen van depressie ontslae kan raak nie, is dit heel moontlik om dit te doen as Christus my krag gee om dit te doen. NIKS is vir God onmoontilik nie.

Maar ek stem wel saam dat dit meer die uitsondering is as die reel. Meeste mense leef eerder saam met depressie as wat hulle ooit werklik ontslae daarvan raak. Dit is egter heelwat makliker as `n mens geloof het. soos ek gesÍ het.

Phil Fourie
Aug 29th 2007, 06:19 AM
Ek sal net graag wil getuig dat God my wel uit depressie gered het en dit in 5 minute. Ek glo ook in geloofsgenesing juis oordat ek dit baie al gesien het, baie daarby betrokke was al en ook self ervaar het.

Niks is vir God te groot nie, as ons net bereid is om Hom te vertrou. Ek weet depressie is 'n siekte, maar as Jesus blindes kon genees en gedooides weer lewend kon maak, dan weet ek ook Hy kan depressie genees.:pp

Dit is my getuienis.

Voorwaar, voorwaar Ek sÍ vir julle, wie in My glo -- die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
Joh 14:12 (33/53 AV)

Groete in Jesus
PFM

Tonton
Aug 30th 2007, 02:15 PM
Ek sal net graag wil getuig dat God my wel uit depressie gered het en dit in 5 minute. Ek glo ook in geloofsgenesing juis oordat ek dit baie al gesien het, baie daarby betrokke was al en ook self ervaar het.
WOW!

Miskien moet ons Írens getuienisse deel oor genesing.

Jesus genees - liggaam en gees!

(haai, dit rym!)

Anton

Phil Fourie
Aug 30th 2007, 02:20 PM
Maak jy sommer so 'n draad oor geloofsgenesing oop dan getuig ons almal daar. Ek glo daar sal baie getuienisse wees, want God maak gesond en Hy doen dit vandag nou.:pp

Prys die Here, loof Sy heilige Naam.

PFM

Ta-An
Aug 31st 2007, 08:30 PM
Depressie kan ook veroorsaak word deur 'n voedings wanbalans/vitamien tekorte.... soos bv. vir 'n vrou om drie kinders oor 'n tydperk van drie jaar te hÍ.... haar liggaam kan net eenvouding nie byhou nie.... en depressie kan dan voorkom.