PDA

View Full Version : Is satan gebind?



CFJ
Aug 31st 2007, 08:12 AM
Hierdie vraag het al groot verdeeldheid onder gelowiges gebring. Met die draad oor die 1000'jarige vrederyk (Chiliasme), onstaan die vraag hoe moet mens hierna kyk? Moet mens werklik letterlik na dit kyk, want die binding van satan gaan gepaard met die 1000 jaar waar hy niemand kan teister nie.

Is hierdie 1000 jaar net 'n letterlike 1000 jaar of is daar simboliek in hierdie 1000 jaar wat 'n dieper geestelike betekenis daaraan koppel?

Gaan satan letterlik met kettings gebind wees of gaan hy net van sy toeganklike krag gestroop word?

Die belangrikste vraag by myself, is hoekom kan mens dit nie letterlik en simbolies interpreteer nie?

Bespreek dit gerus en probeer as dit moontlik is, om nie die man te speel nie, as jy wel die man speel, moet dan nie hoogvat nie asseblief maar mik vir die enkels... :D :)

Phil Fourie
Aug 31st 2007, 08:53 AM
Ek wou hierdie draad oopgemaak het, maar toe dink ek. Hokaai eers, dit kan rof raak.

Kom ons kyk na die Skrif rondom hierdie situasie:

en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseŽl, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan 'n kort tydjie ontbind word.
Op 20:3

Nou wil ek die vraag vra, veral rakende die besprekings op die okkulte draad. Beleef ons dit al dat die Satan nie meer mense kan verlei nie? My eerlike opinie? Nee.

Nou kan die anderkant ook kom en sÍ maar ons het reeds hierdie vrede in ons deur Jesus Christus en dat ons reeds mag het oor die Satan.

Ja, ek stem saam:

Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
Luk 10:19

So, ek ontken nie dat ek en jy as geredde mense die oorwinning reeds oor hom behaal het deur die bloed van die Lam nie.

En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
Op12:11

Daar kom nou net 'n probleem in wanneer jy hierdie begrip moet vergeestelik, aangesien dit beteken dat jy sekere begrippe in die Woord op sy moet stel, aangesien dit nie meer gaan impas by 'n geestelike siening daarvan dat Satan reeds gebind is vanaf Jesus se opstanding nie.

Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
Op12:12

So, ek erken dat Satan geen mag meer het oor diegene wat in Christus is nie, maar wat van die res.

Kom ons kom terug na Op 20

sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie.

Ons praat dus van 'n tydperk wat die Satan gebind moet word waar hy geen mens kan verlei nie. As ek na hierdie deel kyk, sien ek dit praat van die hele aarde, daar word nie net gepraat van die geredde mense nie, maar van die nasies.

Weer, en neem ag dat hierdie geskryf is NA Christus se opstanding, dus kon die vrederyk nie met Christus se opstanding vir AL die NASIES aangebreek het nie.

Wees nugter en waaksaam, want julle teŽstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
1 Pet 5:8

Waarsku Paulus ons nie ook hierteen nie?

Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Ef 6:11

Soos ek vroeŽr met julle my getuienis gedeel het op die okkulte draad, is die vrederyk vir die hele aarde en al die nasies nie iets wat ek nou beleef nie. Kan iemand dalk ander insigte hieromtrent bring?

Ek wil ook vra of iemand dan dink dat die slag van Armegeddon al aangebreek het?

Voorwaar, hierdie is 'n lywige bespreking, maar tog lekker om oor te praat.

Ek glo ook ons moet almal bieg:

Want nou sien ons deur 'n spieŽl in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.
1 Kor 13:12

En dan eerlik soos Paulus moet kan sÍ, maar hierdie goed is nie die belangrike van die evangelie nie.

Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.
Fil 1:21

en hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is.
1 Tim 1:4

Ek dink Paulus het ons ook al gewaarsku dat hierdie nie die wesenlike van ons geloof is nie, lekker om oor te praat, maar dit is nie waaroor die boodskap van ons Verlosser gaan nie.

Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.
Rom 12:1

Groete in Jesus
PFM:cool:

Die Filadelfieer
Aug 31st 2007, 11:49 AM
Het die disipels nie aangehou duiwels uitdryf na Christus se hemelvaart nie ?
Indien wel, is dit mynsinsiens 'n duidelike teken dat ou satan nog nie gebind is nie.

CFJ
Aug 31st 2007, 11:59 AM
Het die disipels nie aangehou duiwels uitdryf na Christus se hemelvaart nie ?
Indien wel, is dit mynsinsiens 'n duidelike teken dat ou satan nog nie gebind is nie.

Fila,

Ek wil nog graag reageer op Phil se plasing, maar mens wonder hoekom duiwel-uitdrywing gepaard gaan met die woorde, "ek bind jou in die naam van Jesus, gaan uit"...?

Phil Fourie
Aug 31st 2007, 12:02 PM
Fila,

Ek wil nog graag reageer op Phil se plasing, maar mens wonder hoekom duiwel-uitdrywing gepaard gaan met die woorde, "ek bind jou in die naam van Jesus, gaan uit"...?

Ek sÍ gewoonlik: Ek bestraf jou in die naam van Jesus Christus, gaan uit/weg:bounce:

CFJ
Aug 31st 2007, 01:01 PM
Ek sÍ gewoonlik: Ek bestraf jou in die naam van Jesus Christus, gaan uit/weg:bounce:

Phil,

Baie van die dinge wat hier staan verwys terug na jou eerste plasing. As daar iets is wat jy sien nie hier aangespreek word nie, laat weet my asseblief dan kan mens daarna kyk. :)

Dat ons nou 'n buitengewone vrede kan smaak het baie te doen met die mag wat 'n kind van die Here oor satan het (Joh 1:12; Luk 10:19; Mar 16:10; Hand 28:5; )... en ook... En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
(Rom 16:20)

Satan het geen beheer oor die koninkryk wat nou binne ons is nie (Luk 17:21). Satan se beheer is net gesetel buite Christus. Die mense wat Jesus nog nie aangeneem het nie, is blootgestel aan satan wat wel die owerste van hierdie wÍreld is, maar vir 'n kind van die Here is satan in so mate gebind, dat hy absoluut geen mag oor 'n gelowige kan hÍ nie. Daar is 'n vrederyk wat ons nou vandag deelagtig is, een waar ons meer as oorwinnaars is, omdat ons uit God gebore is...


Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wÍreld; en dit is die oorwinning wat die wÍreld oorwin het, naamlik ons geloof. Wie anders is dit wat die wÍreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid. Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een; en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.
(1Joh 5:4-8)
Dit lyk soos die kruis wat daardie oorwinning bevestig het. As mens nie die kruis as die middelpunt van vervulling kan sien nie, sal dwaling die noodwendige gevolg wees. In die ganse geskiedenis, sal die kruis uitstaan as die hoogtepunt! Jesus het 'n vrederyk gebring wat Hyself in soveel woorde ge-uiter het, die ooreenstemming is nie so toevallig nie... maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesÍ het. Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wÍreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
(Joh 14:26-27)

Enige mens wat nou in totale wanhoop en vrees leef, ken God nie en sal nooit tot God kan kom nie (Open 21:8 ). Dat Jesus se vrede bomenslik is, word op talle plekke in die geskiedenis bewys. Dit word in elke mens wat in Jesus se liggaam gedoop is bewys. Die satan kan jou nie teister, soos Job geteister was nie. Die satan het 'n mag oor Job ontvang wat hy nie oor jou lewe kan hÍ, as jy 'n kind van God is nie. God se koninkryk word werklik, die oomblik as Jesus jou koning word, as 'n mens nie vrede in so koninkryk het nie, dan bestaan Jesus nie en het Hy 'n leuen vertel. Dit is nie realisties om die onvrede van hierdie wÍreld as toonbeeld van God se koninkryk te wil uitbeeld nie. Sy koninkryk is net beskikbaar as jy dit betree. Maak die mens dit minder sal dit kleiner wees as wat God bedoel het, dit is elkeen self wat God se volheid wegstoot, sou hulle wag vir 'n koninkryk wat nog moet kom, terwyl dit reeds hier is. Nie dat ekself nie meriete daarvoor kan sien nie (die letterlike 1000 jarige vrederyk), maar die vrae wat ekself het daaroor, laat my nog in twyfel oor sekere aspekte. Tog weet ek dat baie mense wat hierin glo, die Here ken. Daaroor kan mens tog nie oneerlik wees nie. Genadiglik ken ek van hierdie mense, wat net soos ek besef daar is nie werklik saligheidswaarde in eskatologie nie. Mens behoort verskille wat sieninge oor die eindtye betref, te kan verdra, want hierdie verskille het moontlik 'n groter doel as wat mens mag besef.

Voor die uitstorting van die Heilige Gees, praat alle Skrif van die koninkryk wat moet kom... watter koninkryk? ...en gesÍ: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie. (Mar 1:15) (Sien ook Mat 3:2; 4:17; 10:7; Luk 10:9; 10:11) Mens kan dit sonder twyfel sÍ dat dit 'n koninkryk is waar Jesus die Koning is, dieselfde Koning van die vrederyk, wat vrede aan almal belowe het wat Hom aanneem.

Na die uitstorting van God se Gees wys alle Skrif op die koninkryk wat gevestig en bekragtig is op aarde.


Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,
(Kol 1:13)

Daarom, omdat ons Ďn onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.
(Heb 12:28)
Dieselfde Johannes wat van die 1000 jarige vrederyk in Openbaring 20 skryf, skryf die volgende in Openbaring 1...


en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen
(Open 1:6)

Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.
(Open 1:9)
Hy praat van ons wat nou reeds konings is... en hy praat van homself as een wat reeds in Jesus se koninkryk is. Jesus Christus heers reeds van Sy opstanding al en sal dit doen tot en met die wederkoms!


Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. Want aangesien die dood deur Ďn mens is, is die opstanding van die dode ook deur Ďn mens. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sÍ dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
(1Kor 15:20-28)
Ons heers nou saam met Hom, saam met Christus, heers alle gelowiges wat dit aanvaar!


Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christusóuit genade is julle geredó en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.
(Efe 2:4-7)

Toe sing hulle Ďn nuwe lied en sÍ: U is waardig om die boek te neem en sy seŽls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.
(Open 5:9-10)

Want as ten gevolge van die misdaad van die ťťn die dood geheers het deur die ťťn, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die …ťn, Jesus Christus.
(Rom 5:17)

Phil Fourie
Aug 31st 2007, 01:38 PM
CFJ

Dankie vir jou antwoord, hierdie kan weer terug gevat word na die chiliasme draad. Dit kom terug of jy letterlik onderskei tussen alles wat geskryf staan in die woord of jy dit ander sien.

Soos ek netnou gesÍ het, ek wil nie regtig my letterlike lees en verstaan van die Woord probeer "verdedig" nie, want daar is geen sin daarin nie. Die feit is, alles wat jy daar skryf lees ek net so weer in hoe ek met die Woord omgaan en maak dit nie 'n verskil rakende die kant waarvan ek die situasie benader nie.

Soos ek genoem het, ek bestudeer die Skrif volgens die Gramaties-Historiese Letterlike metode.

Maar ek wil terugkom soos ek al baie gesÍ het.

Vir my bly die kern en dit is ook al waarop die Apostels hulle toegespits het: Jesus is die Christus en die graf is leeg:pp

Hierdie is vir my iets wat ek en jy moeilik hier sal kan bespreek weens die beperkinge van die kommunikasie medium, dit sal baie makliker gewees het met 'n persoonlike van aangesig tot aangesig gesprek.:hug:

Ek bid jou baie seŽn toe en groet jou in die Naam bo alle ander name, die Naam van ons Verlosser Jesus Christus die Here.

Phil:cool:

CFJ
Sep 1st 2007, 07:36 AM
Phil,

Alhoewel 'n vrederyk vir myself letterlik en geestelik/simbolies is op dieselfde moment, want ek glo dat gelowiges nou, op hierdie oomblik, saam met Jesus regeer as konings en priesters, dit is vir my letterlik waar en baie resent, glo ek dat 'n letterlike 1000 jarige vrederyk in die toekoms ook waar kan wees.

Of dit waar gaan wees weet ek nie 100% nie, maar ek wil op geen manier God se Woord verarm nie en sal in soveel dimensies moontlik probeer om die Here se Woord te verstaan. Die Jode lees die Bybel in 4 dimensies, letterlik en simbolies is twee van daardie dimensies en om dit dan met mekaar te vergelyk, kry hulle multi-ledige antwoorde. Presies wat hierdie antwoorde vir myself is, weet ek nie, maar daar is voorbeelde wat ek glo en wat vir my aanneemlik is.

Die merk van die dier om te kan koop en te verkoop, sou mens dit neem of nie neem nie, is so voorbeeld. In my eie lewe het ek eerstehands ervaar, dat as mens hou by die riglyne wat God in Sy Woord gee...


Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
(2Joh 1:9-11)
... dan word daar dinge waar wat elders staan. Hierdie gedeelte in 2 Johannes is maar een riglyn wat vir myself in besigheid geld en dit is nou vandag, reeds letterlik waar vir my. Omdat ek reguit is en oneerlikheid in mense, dan nou mense met wie ek besigheid doen, nie ignoreer nie, maar dit aanspreek; - wil sulkes nie meer met my besigheid doen nie, want hulle hou nie daarvan as hul "integriteit" onder verdenking geplaas word nie. Self wil ek ook nie besigheid doen met iemand wat onwrikbaar in sy oneerlike wandel is nie. As jou dade (regterhand) en denke (voorhoof) God deurentyd verheerlik, sal jy gou agterkom dat koop en verkoop 'n baie groot faktor raak in jou lewe hier op aarde. Dit sou dieselfde wees 200 of 500 jaar gelede ook, maar my eie siening is dat God in die laaste dae, weens die buitengewone groot misleiding, profesieŽ letterlik gaan vervul en met die merk van die dier sal elkeen 'n fisiese merkteken op die regterhand en voorhoof ontvang. Dit is nie nodig dat 'n kind van die Here alles letterlik moet sien nie, want 'n Christen wandel in geloof en nie in aanskouing nie (2 Kor 5:7). Tog glo ek dat God self dinge letterlik vervul in tye waar die misleiding so groot sal wees, dat dit 'n gelowige help in sy of haar wandel met die Here en dat dit bydra om nie geloof te verloor nie. Iemand wat na aan die Here leef sal altyd deur 'n groot verdrukking gaan, maar God sal aan die einde van die dae 'n unieke verdrukking beskik.

Hierdie voorbeeld van die merk van die dier kan sekerlik op baie ander profesieŽ ook van toepassing wees, ek het hierdie net as voorbeeld gebruik omdat ek glo dit werk so in die algemeen. Ek het net nie al die antwoorde nie, maar oor hierdie rede is 'n letterlike 1000'jarige vrederyk nie uitgesluit in my geloofsbeskouing nie. Ek sukkel nog net om die interpretasies daaroor te kan inneem, miskien omdat dit te arm is, soos ek dit sien, maar dit kan ook wees dat ek net iets nie snap nie.

Ek glo dus dat as daar 'n letterlike 1000 jaar saam met Christus kan wees, dan kan daar 'n "unieke" binding van satan wees, al is satan nou reeds gebind in die ryk waar Christus Koning is. Daar is 'n twee-ledigheid wat ek in die Skrif sien, wat handel oor dit wat die mens fisies kan weet en dit wat God alleen kan openbaar. ProfesieŽ glo ek werk ook so, daarom kan mens geestelik en fisies/letterlik daarna kyk.

Daar is byvoorbeeld 2 soorte sondes, dit wat jy letterlik kan sien en dit wat geestelik aan jou openbaar kan word. Sondesmet sien jyself en erfsonde moet openbaar word. Daar is 2 soorte gawes, die van Romeine 12 en die van 1 KorinthiŽrs 12. Die gawes van Romeine 12 kan alle mense toegang verkry soos en wanneer hulle wil, maar 1 KorinthiŽrs se gawes se toeganklikheid kom net deur God se Gees en nie die mens se wil nie. Daar is twee soorte verbonde, 'n ou verbond en 'n nuwe verbond. Die een word net waar as God in jou hart leef en die wet so aan jou openbaar, die ander een moet jy die wet self onderhou. Daar is dus 2 wyses waarop die wet werk, met die Gees of sonder die Gees. Daar is 2 soorte huwelike en selfs 2 soorte verdrukkings en so kan mens aangaan...

Daar is 2 soorte interpretasies by profesieŽ, wat ek aanneem bloot omdat daar 2 soorte van alles is. Dit wat die mens outomaties het en dit wat God self gee. Hierdie is slegs iets wat vir my sin maak en ek hoop ek het dit sinvol genoeg geskryf om dit wat ek glo verstaanbaar oor te kon dra. Ek het egter nie die kennis om alles in detail te beredeneer nie, maar daar is vir my meriete daarin dat God in 'n 2-soortigheid dinge doen. Dit wat die mens self kan sien en doen en dit wat net God kan doen of net Hy kan openbaar. Jy kan byvoorbeeld self met jou eie sondesmet handel, maar God alleen handel met erfsonde. Jy kan self Romeine 12 se gawes oopsluit, maar net God sluit 1 KorinthiŽrs 12 se gawes oop.

'n Profesie kan in jou eie leeftyd waar word, maar kan eers 100 jaar later deur God self vervul word op letterlike wyse. Dit is net moontlik omdat die volmaakte offer reeds gebring is, wat in twee-ledigheid die mensdom aanspreek en dat niemand 'n verskoning kan hÍ en sÍ, "maar ek het nie geweet nie?"

CFJ
Sep 7th 2010, 02:26 PM
Een van die ou drade wat mens voel nog bespreek kan word, want baie van julle was nie hier toe ons begin het hiermee nie, laat weet hoe julle dink?

RR van Wyk
Sep 7th 2010, 03:34 PM
Is dit net satan wat gebind word, of al sy demone ook? Kan dit moontlik wees dat satan huidiglik gebind is maar al sy demone nog vrylik rondbeweeg?

Ek sien die duisend jaar vrede, simbolies of letterlik, absoluut sonder enige invloed van satan. Sy demone ingesluit. Dan is hulle ook seker gebind oor daardie tydperk?

Die wÍreld is nog vol woedde en kwaad, besmet met sonde. Is dit nog afkomstig van satan, bedoelende dat hy nog die oorsaak daarvan is, of gee ons hom teveel krediet? Is die mens nie skuldig aan sy eie sondige natuur nie? Is die invloed van satan meetbaar? waarneembaar?