PDA

View Full Version : Bediening en Sending op die Net



CFJ
Sep 2nd 2007, 06:06 PM
Die internet bied 'n ongelooflike geleentheid aan 'n gelowige om mense te bereik. Om God se koninkryk uit te bou, moet mens iewers opgebou word. Mens kan net radio-seine uitstuur as daar 'n toring is.

Hierdie draad het ten doel om diegene wat daarin belangstel om vir die Here te werk, van raad te bedien, te bemoedig en om idees uit te ruil. Iewers het mens 'n veilige hawe nodig waar mens geestelik versterk moet word, waar gebedsaksies geloods kan word en waar gelowiges mekaar moet opbou in Christus.

Ondervinding leer maar dat mens nie net op een plek kan bedien nie, maar dat mens moet uitreik na elke moontlike plek denkbaar. As 'n aksie geloods word om uit te reik na ander, kan mens dan gesamentlik dit beplan en mens moet moontlik soos die dissipels wat Jesus uitgestuur het, dit in groepies van minstens 2 probeer behartig. Dit sal baie help in plekke waar gebed vir mekaar voorspraak kan maak om nie te struikel nie. Tog sal mens vir die huidige miskien nie te gewaagd moet wees nie.

Elkeen wat belangstel kan insette lewer en ek hoor graag van julle. :)

CFJ
Sep 2nd 2007, 06:16 PM
As enige iemand DVD's het wat gekopieŽr mag word, laat weet gerus, want ek is gelukkig om iemand te ken wat spesialiseer in kopiŽring van groot hoeveelhede. Selfs videos wat gekopieŽr mag word sal net so welkom wees.

Daar is byvoorbeeld 'n volledige stel van 9 DVD's beskikbaar oor kreasionisme versus evolusie. Plaas gerus bestellings hier, want dit is gratis en al wat nodig is, is 'n adres. Jy hoef nie jou adres hier te plaas nie, dit kan in 'n privaat boodskap of e-pos ook verskaf word.

Philip dT
Sep 5th 2007, 09:49 AM
Hi Ferdi, is dit Kent Hovind s'n?

CFJ
Sep 8th 2007, 05:16 PM
Hallo Philip... dit is Kent Hovind se reeks ja...

Die Filadelfieer
Sep 11th 2007, 09:31 AM
Vir aflaaibare preke is Sermonaudio.com baie goed. Daar is leterlik duisende preke om van te kies. ( http://www.sermonaudio.com/main.asp )

wasgouws
Jul 23rd 2008, 09:08 AM
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Jude'a en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.

Een van my Christen vriende wat saam met my werk het my vertel van God Channel wat gratis op DSTV uitgesaai word. Hulle het al 437 miljoen mense bereik in 200 lande en beplan om 1 Biljoen te bereik.

Al die Lof en Glorie aan die Here

Willie

Phil Fourie
Jul 23rd 2008, 09:10 AM
Hi Willie

Baie welkom hier by Lighuis, ek hoop om jou nog baie hier te sien en beter te leer ken.

Groete
Phil

CFJ
Jul 23rd 2008, 11:34 AM
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Jude'a en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde.

Een van my Christen vriende wat saam met my werk het my vertel van God Channel wat gratis op DSTV uitgesaai word. Hulle het al 437 miljoen mense bereik in 200 lande en beplan om 1 Biljoen te bereik.

Al die Lof en Glorie aan die Here

Willie

Baie welkom by ons Willie! :)

Etienne Marais
Jun 12th 2009, 01:30 PM
Iemand het 'n ruk gelede aan TV Plus 'n brief geskryf om te se hoe gekant hy teen Harry Potter is. As 'n Christen wil ek net se dat ek saam stem met dit wat hy gese het oor hoe duidelik die Bybel se moet niks met towenaar goed te doen he nie.
Toe ek 14 jaar oud was het ek stemme gehoor wat oor en oor in my kop 'Harry moet weg' gese het. As 'n Christen wil ek baie graag vir almal wat mal is oor Harry Potter vertel dat hulle nie die selfde stemme wat 'Harry moet weg' se wil hoor as wat ek gehoor het nie.
Ek het al baie gebid vir die bekerings van almal wat met Harry Potter te doen het en e-posse gestuur om hulle van God se liefde te vertel en ek sal aanhou om vir hulle bekerings te bid.

protea
Jun 12th 2009, 04:24 PM
Ettienne, baie welkom hier!
Wat maak jy as die mense vir wie jy waarsku nie wil hoor nie , want Harry is dan so n oulike, 'cute' ou seuntjie en daar KAN mos nou nie iets boos in sy onskuld skuil nie..... (alias n onderwyseres in die gr 8 tot 10 seksies) En so subtiel word miljoene mense om die bos gelei deur satan.:cry: Die skrywer van die Harry Potter reeks is n selfverklaarde heks. Maar die mensdom wil hoor wat hy wil hoor.....

David2
Dec 6th 2012, 05:14 PM
In verband met bediening en sending op die net. 'n Groepie van ons het in Januarie 2011 met 'n Afrikaanse blad op facebook begin, Die volle Wapenrusting (http://www.facebook.com/wapenrusting). Nou na amper twee jaar het ons 28 000 facebook likes op die blad en daar gaan nog steeds elke dag 'n oordenking uit en meestal ander kort stukkies lering en getuienis ook. Die blad het ook elke Sondagaand 'n "facebook biduur" waaraan mense kan deelneem. Maar dit is nie al nie. In September 2011 het ons toe ook met 'n Engelse blad op facebook begin, God's full armour (http://www.facebook.com/bereangrace). Min of meer dieselfde word op hierdie blad gedoen, met die verskil dat hy aggressief in 40+ lande waar daar Engels gepraat word, bekendgestel word. Gevolglik het ons Engelse blad nou alreeds 122 000 facebook likes. Vandag het daar weer meer as 1000 bygekom. Die meeste is in die Filippyne (30 000) en dan in lande soos IndiŽ, Pakistan, Irak, Egipte, IndonesiŽ, VSA, Kenia ens. Ons is ongelooflik opgewonde oor die geleentheid en kry geweldig baie positiewe terugvoer uit baie lande. Ek het bv. nou 'n uitnodiging gekry om groepe in Pakistan te gaan toespreek. Of daar iets van sal kom weet ek nie. Die Here moet maar besluit. Pakistan, veral hulle Christene, is arm en ek dink nie hulle beplan om 'n vliegtuigkaartjie te betaal nie! Dankie vir die leerskool wat ek en Eben hier op Lighuis gehad het van 2007 af. Dit het waarskynlik die deurslag gegee om ons verder te laat gaan met facebook.

CFJ
Dec 7th 2012, 07:21 AM
Dankie vir die terugvoer David, dis verstommend wat julle doen en kom deel gerus wat alles daar op FB gebeur.