Baie dankie vir die verwelkoming.
Announcement
Collapse
No announcement yet.
Nuwe lede, stel jouself voor
Collapse
This is a sticky topic.
X
X
-
Hi Cindy
Welkom hier.
El wonder - jou man is nie dalk in die IT bedryf nie? Soos programmering miskien. Dalk kan ek iemand kontak...
Originally posted by CindyB View PostHi almal,
Ek is Cindy. Ons woon in Australia, Adelaide. Het 2 pragtige kinders en 'n wonderlike man. Ek ken Jesus nog altyd en is baie lief vir Hom.
Ek sien vreeslik uit om hier lekker te kan kuier en meer te leer oor die Here. Ek wil vreeslik graag saam bid vir mekaar en het self ook gebed nodig. My man is tans werkloos (ons het nuut Australia toe gekom en is nog in die proses om werk te soek) Alle gebede hierin sal vreeslik waardeer word.
Dis so lekker om aan so forum te behoort waar ons net lekker kan gesels en kos vir die siel kan kry :-)
Kan nie wag nie.....
Comment
-
Hello Julle. My volle naam is Francois Nell en ek bly tans in Kaapstad (sedert Sept. 2000). Het in Vanderbijlpark grootgeword en na skool in Pretoria gaan woon. Is in 1994 getroud en het twee meisiekinders wat 13 en 11 word hierdie jaar.
Ek soek al lankal 'n lekker afrikaanse Christen forum. Is hierheen verwys deur ander ander lid (vanaf 'n ander forum). Ek het NG grootgeword maar het in 1994 die charismatiese rigting ingeslaan. Waar ek vandag met "denominale kerk" staan is nie meer so duidelik definieerbaar nie (Frank Viola se "organiese kerk" beskryf my posisie tans waarskynlik die beste). Al deur baie harde tye gegaan en die plek wat ek vandag staan in Christus het gekom deur baie beproewinge en wedervaringe. Ek het al baie rondgekrap in die uithoeke van my geloof en het al deur vele "issues" gewerk. Het nog "diep" vrae waaraan ek werk (sal seker 'n lewenslange taak wees). Ek lees baie en het onlangs Amazon se Kindle op my BlackBerry gelaai wat 'n hele nuwe lees-wêreld vir my oopgemaak het.
Een van my huidige "soektogte" is om Genesis 1 tot 3 te verstaan. Sal nie nou hier uitbrei nie behalwe om te sê dat ek besig is met 'n boek genaamd "The Lost World of Genesis One" deur John H Walton. Dis diep dinge hierdie en ek wil nie sommer met die intrapslag in die moeilikheid hier wees nie ...(ek word nog nie in die kontroversie kamer toegelaat nie
).
Anyway, genoeg van my vir eers ... hoop ons gaan lekker gesels.
Comment
-
Een van my huidige "soektogte" is om Genesis 1 tot 3 te verstaan. Sal nie nou hier uitbrei nie behalwe om te sê dat ek besig is met 'n boek genaamd "The Lost World of Genesis One" deur John H Walton. Dis diep dinge hierdie en ek wil nie sommer met die intrapslag in die moeilikheid hier wees nie ... (ek word nog nie in die kontroversie kamer toegelaat nie ).
Andersins is dit baie lekker om hier deel (is nou al oor 'n jaar hier) te neem en ek het al menig vriende/vriendinne gemaak......en so een of twee minder populere vriende. Dit op sig self is ook nie 'n slegte ding nie want daar moet 'n bietjie teenstand ook wees wat 'n ou weer terug neem na die Woord om dit beter te bestudeer, of jy eet alles wat hier gese word vir soetkoek op en dit kan gevaarlik wees.
Comment
-
Comment
-
Originally posted by FNell View PostHello Julle. My volle naam is Francois Nell en ek bly tans in Kaapstad (sedert Sept. 2000). Het in Vanderbijlpark grootgeword en na skool in Pretoria gaan woon. Is in 1994 getroud en het twee meisiekinders wat 13 en 11 word hierdie jaar.
Ek soek al lankal 'n lekker afrikaanse Christen forum. Is hierheen verwys deur ander ander lid (vanaf 'n ander forum). Ek het NG grootgeword maar het in 1994 die charismatiese rigting ingeslaan. Waar ek vandag met "denominale kerk" staan is nie meer so duidelik definieerbaar nie (Frank Viola se "organiese kerk" beskryf my posisie tans waarskynlik die beste). Al deur baie harde tye gegaan en die plek wat ek vandag staan in Christus het gekom deur baie beproewinge en wedervaringe. Ek het al baie rondgekrap in die uithoeke van my geloof en het al deur vele "issues" gewerk. Het nog "diep" vrae waaraan ek werk (sal seker 'n lewenslange taak wees). Ek lees baie en het onlangs Amazon se Kindle op my BlackBerry gelaai wat 'n hele nuwe lees-wêreld vir my oopgemaak het.
Een van my huidige "soektogte" is om Genesis 1 tot 3 te verstaan. Sal nie nou hier uitbrei nie behalwe om te sê dat ek besig is met 'n boek genaamd "The Lost World of Genesis One" deur John H Walton. Dis diep dinge hierdie en ek wil nie sommer met die intrapslag in die moeilikheid hier wees nie ...(ek word nog nie in die kontroversie kamer toegelaat nie
).
Anyway, genoeg van my vir eers ... hoop ons gaan lekker gesels.The Rapture
My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
but I must confess, don’t worry
the rapture is not before the Great Tribulation
it’s before God’s wrath!!!
Because His wrath is not meant for you
it’s for all the people in the zoo
think about it and refresh…
you will see there’s no way out of here, in the flesh
If you really believe, you will see
the rapture is for you and me
when we decide to leave from here
that very day, oh! God adhere…
Comment
-
Originally posted by CFJ View PostWelkom by ons Francois! Ek bevind myself in baie dieselfde bootjie as jy, want geen denominasie kan my sienwyse omvat of definieer nie. Ek glo persoonlik dat daar 'n ongeskrewe middelgrond tussen gereformeerdheid en pinkster is, sou mens die Suid-Afrikaanse konteks gebruik. Baie van ons wat hier deelneem, bevind ons in daardie middelgrond. Wat jy miskien moet doen om Lighuis se doel te verstaan, is om hierdie draad te lees, Deelname - Bibleforums en Lighuis. Dit sal baie frustrasie ook spaar, as jy besef dat dit nie 'n gespreksforum is, wat spesifiek deur 'n denominasie bedryf word nie, maar dat dit ruimte laat om 'n ondersoekingsreis in hoofstroom protestantisme te kan onderneem. Die term 'hoofstroom protestantisme' is egter relatief, maar bepaald is dit die beste definisie tot mens se beskikking op hierdie stadium, waarbinne die waarheid die naaste gedefinieer aan kan word en behoort meeste mense dit te kan verstaan.
Comment
-
Originally posted by FNell View PostHi Ta-An. Verstaan ek korrek dat jy ook in Transvalia was?The LORD is my Miracle
G_d was gracious He has shown favor
Hope is a seed
God plants in our hearts
to remind us
there are better things ahead.
-Holley Gerth
Comment
-
Comment