Announcement

Collapse
No announcement yet.

Nuwe lede, stel jouself voor

Collapse
This is a sticky topic.
X
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

    Welkom Marius! Klink vir my ek en jy is in dieselfde bootjie.

    Comment


    • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

      Baie welkom by ons Marius. Om dit vir jouself makliker te maak, is daar 'n paar drade op ons voorblad, wat jy gerus kan lees om agter die kap van die byl te kom, wat Afrikaanse Lighuis betref. Ons is 'n unieke plek en verteenwoordig nie 'n spesifieke denominasie nie, maar laat ruimte vir verskille, maar net in hoofstroom protestantisme. Hoop jy geniet dit hier!
      The Rapture

      My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
      but I must confess, don’t worry
      the rapture is not before the Great Tribulation
      it’s before God’s wrath!!!

      Because His wrath is not meant for you
      it’s for all the people in the zoo
      think about it and refresh…
      you will see there’s no way out of here, in the flesh

      If you really believe, you will see
      the rapture is for you and me
      when we decide to leave from here
      that very day, oh! God adhere…


      Comment


      • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

        Welkom Maruis !

        Comment


        • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

          Dankie vir die warm welkom. Iets het vir my gese ek moet so n bietjie agtergrond hier skets so kom ons kyk of ek so n bietjie kan oopmaak :p want ek weet nie waar ek huidiglik staan nie. Ek vra sommer nou verskoning as dit in verkeerde draad is. Ek is gevorseer om kerk toe te gaan tot ek my skool loopbaan voltooi het, maar het nooit tuis gevoel nie. Dit het vir my gevoel asof die predikante hulle siening oor alles op ons afdwing en dat die kerke bietjie afvallig geraak het met hulle boek en cd verkope uit die kerk uit. Wat my na die webtuiste gebring het was een van die drade wat gese het gratis bybel vir almal. Dit is iets wat ons nie sommer in vandag se tyd kry nie. My oomblikie van waansin is nou verby en skuus as ek op enige tone getrap het.

          Comment


          • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

            Hallo en welkom "Maruis"! Jy is nie dalk "Marius" nie?
            Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

            Comment


            • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

              Dit hang af of daar na my id of geboorte sertifikaat kyk :p

              Comment


              • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

                Welkom Maruis.....

                Comment


                • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

                  Hallo Maruis, van my kant ook, baie welkom hier. Ja, weet jy, dis so jammer dat soveel kerke vandag meer begaan is oor geld, as oor verlore siele. Die Kerk wat Jesus in gedagte gehad het toe Hy die aarde verlaat het, is baie ver verwyderd van dit wat ons meesal vandag sien.... Mense word dikwels deur die "kerk" weggestoot, in plaas om nader getrek te word deur die liefde van Christus. Maar dank God! Daar is vandag nog "kerke" / gemeentes waar die Here Koning is - mens moet maar net aanhou soek, en bid, totdat jy jou geestelike tuiste gevind het. Want een ding is seker, ons het mekaar nodig op hierdie aarde....

                  Nietemin, ek hoop jy voel gou tuis hier, en dat die forum sal bydra tot jou geestelike groei. (en nee, jy het nie op tone getrap nie...)

                  Comment


                  • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

                    Welkom ook van my kant af.

                    gratis bybel vir almal.
                    Daar is ook gratis DVD's beskikbaar......as jy sou belangstel. Geen pressure nie. Volg net die skakel.

                    http://bibleforums.org/showthread.ph...uwe-DVD-Gratis

                    Comment


                    • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

                      Hallo Maruis. Almal stem egter nie saam met Johnny se skakels en lerings nie.
                      Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                      Comment


                      • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

                        Originally posted by Philip dT View Post
                        Hallo Maruis. Almal stem egter nie saam met Johnny se skakels en lerings nie.
                        Ja Marius. Ek stem saam met Phillip. My (ons) lering is nie baie gewild op die forum nie omdat dit die bul by die horings pak. Goeie ou Woordgebaseerde lering. Niks meer en niks minder nie. Ek dink jy het alreeds op die forum agtergekom dat niemand eintlik hier met MEKAAR saamstem nie. Die DVD is gratis en jy is onder GEEN verpligting nie. Dit en die Bybel grootliks die enigste 2 dinge op die forum wat gratis is. Stuur my gerus jou posadres per e-pos en ek pos vir jou een gratis. As jy nie daarvan hou nie sal ek selfs die posgeld vir jou saamstuur sodat jy dit kan terugstuur.Op my webblad is ook 'n bietjie meer oor die dvd.

                        Comment


                        • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

                          Originally posted by Maruis View Post
                          Dit hang af of daar na my id of geboorte sertifikaat kyk :p
                          Ja..... ons woon in Afrika

                          Welkom
                          The LORD is my Miracle

                          G_d was gracious He has shown favor


                          Hope is a seed
                          God plants in our hearts
                          to remind us
                          there are better things ahead.
                          -Holley Gerth

                          Comment


                          • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

                            Nee wat Johnny Ek het my skrif waar ek vanaf lees. Jou ander draad het my net by die regte forum gebring oplaas. Vir die wat nog nie verstaan nie my naam is Maruis. So gebore en sal so sterf Dankie vir die welkom hier. Dit is 'n goeie groepie wat reeds hier is en ek is seker ons sal nog mekaar goed leer ken.

                            Comment


                            • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

                              Originally posted by Maruis View Post
                              Nee wat Johnny Ek het my skrif waar ek vanaf lees. Jou ander draad het my net by die regte forum gebring oplaas. Vir die wat nog nie verstaan nie my naam is Maruis. So gebore en sal so sterf Dankie vir die welkom hier. Dit is 'n goeie groepie wat reeds hier is en ek is seker ons sal nog mekaar goed leer ken.
                              Geen probleem Maruis. Hou maar by die 1953 AOV. Soos jy tereg se word elke nuwer vertaling al hoe meer verdraai. Sien uit na jou insette.

                              Comment


                              • Re: Nuwe lede, stel jouself voor

                                Haai Julle,
                                Ek is JP van der Merwe van Oudtshoorn, is baie lief vir Jesus, het in 1989 my hart ten volle vir Jesus gegee en is sedert 1999 voltyds `n sendeling. Ek, my vrou Rosa en dogter, El-mari het ons eerste drie jaar van ons bediening, in `n plakkerskamp sendingwerk gedoen, waar die Here ons deur `n leerskool geneem het. Dit was baie harde werk en ons moes vinnig leer om die verskillende kulture baas te raak, maar Jesus het ons wonderlik bygestaan en kon ons die groei saam met die mense beleef. Eers na agt jaar in sendingwerk, het die Here ons na naburige lande gestuur om Sy werk daar voort te sit. My vrou is `n verpleegkundige en behartig sy altyd die klinieke wat ons daar aanbied. El-mari gaan volgende jaar graad 10 toe, en ja ons beleef elke dag GOD se goedheid. Eintlik is ek en Ferdi Alberts ou vriende en het hy my baie van die Lighuis vertel. Dankie dat ek kan deel wees van GOD se familie. Groete in Jesus

                                Comment

                                Working...
                                X