Announcement

Collapse
No announcement yet.

Voorstelle, Klagtes en Nuwe Idees

Collapse
This is a sticky topic.
X
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Ta-An
    replied
    Originally posted by Johnny View Post
    Ek kon iets uitfigure oor die drade wat ek nie kan access nie. Dit is alles nuwe drade deur moderators. Een van Fila, een van Ta-An en een van CFJ. Interresant.
    Ok Johnny...ek het 'n nuwe draad hier begin...kan jy daar pos??

    Leave a comment:


  • Johnny
    replied
    Ek kon iets uitfigure oor die drade wat ek nie kan access nie. Dit is alles nuwe drade deur moderators. Een van Fila, een van Ta-An en een van CFJ. Interresant.

    Leave a comment:


  • Johnny
    replied
    Originally posted by Ta-An View Post
    Johnny.... ons word nie betaal om hier te werk nie... kan ek vra vir 'n bietjie geduld asseblief??

    Hier is geen probleem aan ons kant nie....??? Weet nie of dit dalk jou browser is nie??
    Jy kan op party drade inkom maar nie op ander nie??

    Is dit alle nuwe drade??
    het jy enige van jou settings verander??
    .....ek word ook nie betaal om deel te neem nie. Ek was nou net op Franscoius se nuwe draad "Nog vrae oor die doop" en ek kon ingaan, maar kan nogsteeds nie op die ander nie. Dus lyk dit nie vir my of dit iets met nuwe drade te doen het nie.

    Leave a comment:


  • Ta-An
    replied
    Originally posted by Johnny View Post
    Ek kan nogsteeds nie toegang kry nie.....en nou ook nie op Ta-An se nuwe draad "Is Nikodemus gered" nie. Ek raak agterdogtig dat daar heel moontlik 'n manier is om my te blok om deel te neem aan die nuwe drade.

    As dit die geval is vra my maar eerder reguit om die forum te verlaat. As ek verkeerd is, hoekom word die probleem nie uitgesorteer nie?
    Johnny.... ons word nie betaal om hier te werk nie... kan ek vra vir 'n bietjie geduld asseblief??

    Hier is geen probleem aan ons kant nie....??? Weet nie of dit dalk jou browser is nie??
    Jy kan op party drade inkom maar nie op ander nie??

    Is dit alle nuwe drade??
    het jy enige van jou settings verander??

    Leave a comment:


  • Johnny
    replied
    Originally posted by CFJ View Post
    Kan jy al toegang kry Johnny?
    Ek kan nogsteeds nie toegang kry nie.....en nou ook nie op Ta-An se nuwe draad "Is Nikodemus gered" nie. Ek raak agterdogtig dat daar heel moontlik 'n manier is om my te blok om deel te neem aan die nuwe drade.

    As dit die geval is vra my maar eerder reguit om die forum te verlaat. As ek verkeerd is, hoekom word die probleem nie uitgesorteer nie?

    Leave a comment:


  • Johnny
    replied
    Originally posted by Ta-An View Post
    Weet jy wat.... Agteros kom ook in die kraal Hallelujah!! Ons Koning kom!!
    Ek glo met die wegraping behoort ons saam by die Oospoort aan te kom. Geen agterosse daar nie, behalwe vir die wat agter bly.

    Leave a comment:


  • Ta-An
    replied
    Originally posted by Johnny View Post
    ......en ek doen, maar ons leef in die 21ste eeu. OK......ek het vergeet Suid Afrika is nie meer 'n 1ste wereld klas land nie maar 'n 3de.
    Weet jy wat.... Agteros kom ook in die kraal Hallelujah!! Ons Koning kom!!

    Leave a comment:


  • Johnny
    replied
    Originally posted by Ta-An View Post
    Jy moet maar elke subforum apart oopmaak
    ......en ek doen, maar ons leef in die 21ste eeu. OK......ek het vergeet Suid Afrika is nie meer 'n 1ste wereld klas land nie maar 'n 3de.

    Leave a comment:


  • Ta-An
    replied
    Jy moet maar elke subforum apart oopmaak

    Leave a comment:


  • CFJ
    replied
    Johnny,

    Dit is iets wat ekself ook graag sal wil sien, om nuutste plasings op Lighuis te kan sien, maar mens moet maar hoor by die ander Admins of dit moontlik sal wees...

    Leave a comment:


  • Johnny
    replied
    Originally posted by CFJ View Post
    Kan jy al toegang kry Johnny?
    Nee.....dit willie werk nie. Moet seker maar nie daaraan deelneem nie. 'n Ander ding terwyl ons nou besig is. Is daar nie 'n ander manier om op die afrikaanse kant te kyk vir nuwe drade sonder om die "What's new" skakel te druk nie? Daar is so baie nuwe poste op die engelse forum dat dit die "What's new" skakel heeltemal oorheers en partykeer mis 'n ou nuwe drade aan die afrikaanse kant.

    Leave a comment:


  • CFJ
    replied
    Kan jy al toegang kry Johnny?

    Leave a comment:


  • Johnny
    replied
    Daar is 2 drade waaraan ek nognie deelgeneem het nie en ek kry geen toegang tot dit nie. Weet julle dalk wat fout kan wees?

    1. WÍreldbeker 2010 : In wie se naam ?
    Ek lees vanoggend dat daar 'n bees " ter ere van die voorvaders " by Soccer City ge-offer is, waarna 300 toodokters ( sangomas) met die bloed en allerande kruie en watookal hulle nog gebruik ( eintlik te bang om te vra ) die stadion en die wedstryde...
    Started by Die Filadelfieer, May 26th 2010 10:04 AM
    1. FinansiŽle ineenstorting
    Eers het die Dollar begin val, nou is dit die Euro, met Griekeland wat bankrot is en Frankryk sterk op hulle hakke. Toe hoor ons ook dat China, wat 'n klopmpie jaar gelede met 'n groot bang weggespring het toe hulle "kapitalisties" geword het, nou...
    Started by David2, May 22nd 2010 04:01 PM

    Leave a comment:


  • CFJ
    replied
    Hi Marinda,

    Hier is 'n draad waar ons dit al bespreek het, vra gerus in daardie draad, soos hieronder vir jou gegee, klik net op die skakel...

    http://bibleforums.org/showthread.ph...=uitverkiesing

    As jy die boodskap gekry het, gaan ek eers hierdie plasings uitvee, want hierdie draad is slegs vir klagtes en nuwe idees. Jy het niks verkeerd gedoen nie, nie wat jou in die moeilikheid sal laat beland nie, maar ons sal jou gou wys hoe werk ons forum... en vra gerus

    Leave a comment:


  • Marinda
    replied
    Die Uitverkiesing

    Ons het vanmiddag Bybelstudie gehad, en een van die onderwerpe was Uitverkiesing, party was daarvoor en ander nie. Wat dink julle, dis nogal 'n tameletjie.

    Leave a comment:

Working...
X