Announcement

Collapse
No announcement yet.

Jakobus. 5:16

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Jakobus. 5:16

    Jas 5:16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ʼn regverdige het groot krag.

    Nadat ons die konteks gelees het vind ons die opdrag van die apostel Jakobus wat die gemeente vermaan met hierdie woorde sodat ons as heiliges gesond kan word as ons gesondig het. Hier word baie vrae gelig omtrent die bedoeling en verwysing omtrent die belydenis wat gedoen moet word.

    Eerstens moet daar verstaan word dat hier nie verwys word na die goddelose wat tot redding moet kom nie, maar heiliges wat met mekaar in aanloop is oor enige ontevredenheid wat die hart verhard en plek maak vir haat. Christus verwys na hierdie optrede waar die een broeder teen die ander iets het in sy hart.

    Mat 5:23-24 As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

    Vooraf maak Jakobus melding, as iemand siek is moet hy die ouderlinge laat kom om vir die sieke te bid en hom te salf met olie. Die vereiste vir gesondmaking vir die heiliges is wedersydse belydenis wat ook gepaard kan gaan met die was van die voete.

    Hierdie gedeelte het absoluut niks te make met heiliges se sonde wat in die geheim gepleeg is nou in die openbaar voor ʼn sogenaamde getuienis uit bely moet word nie. God weet alles en daar is alreeds ʼn middelaar aan die regterhand van God wat vir ons intree.
Working...
X