Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Bruidegom, Bruid en Bruilofsgaste.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die Bruidegom, Bruid en Bruilofsgaste.

    Soos die tyd nader van die apokaliptiese eindtyd gebeure word die wegraping meer en meer verhef deur leraars wat boeke skryf en selfs rolprente, wat hierdie gebeurtenis ophef. Maar wat sÍ die Bybel in verband met hierdie uitleg i.v.m. die verduideliking aangaande die eskatologie. Moet ons die uitleg van mense volg of sal ons die woord as kanoniek aanvaar as die laaste uitweg, om ons twyfel en aardse wysheid te verloŽn.

    Die Bruidegom:
    Matt. 9:15 En Jesus sÍ vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom (Jesus) by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom (Jesus) van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.
    Matt. 25:1 Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom (Jesus) te ontmoet.
    Matt. 25:5 En terwyl die bruidegom (Jesus) talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.
    Matt. 25:6 En middernag was daar ʼn geroep: Daar kom die bruidegom; (Jesus) gaan uit hom tegemoet!
    Matt. 25:10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom (Jesus) gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
    Mark. 2:19 En Jesus sÍ vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom (Jesus) by hulle is? So lank as hulle die bruidegom (Jesus) by hulle het, kan hulle nie vas nie.
    Mark. 2:20 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom (Jesus) van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.
    Luk. 5:34 En Hy sÍ vir hulle: Kan julle die bruilofsgaste dan laat vas solank as die bruidegom (Jesus) by hulle is?
    Luk. 5:35 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom (Jesus) van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae.
    Joh. 3:29 Hy wat die bruid het, is die bruidegom; (Jesus) maar die vriend van die bruidegom (Jesus) wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. (Jesus) So is dan hierdie blydskap van my volkome.

    Die Bruid:
    Joh. 3:29 Hy wat die bruid (Nuwe Jerusalem) het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom (Jesus) wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. (Jesus) So is dan hierdie blydskap van my volkome.
    Openb. 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ʼn bruid wat vir haar man versier is.
    Openb. 21:9 En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesÍ: Kom hierheen, ek sal jou die bruid (Nuwe Jerusalem) toon, die vrou van die Lam.
    Openb. 22:17 En die Gees en die bruid (Nuwe Jerusalem) sÍ: Kom! En laat hom wat hoor, sÍ: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.

    Die Bruilofsgaste:
    Mat. 9:15 En Jesus sÍ vir hulle: Kan die bruilofsgaste (dissipels) dan treur so lank as die bruidegom (Jesus) by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom (Jesus) van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.
    Mark. 2:19 En Jesus sÍ vir hulle: Kan die bruilofsgaste (dissipels) dan vas terwyl die bruidegom (Jesus) by hulle is? So lank as hulle die bruidegom (Jesus) by hulle het, kan hulle nie vas nie.
    Luk. 5:34 En Hy sÍ vir hulle: Kan julle die bruilofsgaste (dissipels) dan laat vas solank as die bruidegom (Jesus) by hulle is?
    To God be the Glory
Working...
X