Announcement

Collapse
No announcement yet.

Begeleide Studie in Teologiese-Kwessies

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Begeleide Studie in Teologiese-Kwessies

    - Vind Uit Vir Myself -

    Om 'n onderwerp deur die begeleiding en mentorskap van 'n kenner te bestudeer maak van jou soms ook 'n kenner op 'n onderwerp. Jy sal dan vir jouself kwessies en kontroversie kan oplos en beredeneer. Jy sal dan beter 'n opinie kan vorm op 'n sekere gebied?

    Is Begeleide Studie in Teologiese-Kwessies vir My?


    Is daar terreine in die Bybel en Teologie waarin jy meer kennis verlang?

    Is daar areas in jou geloof-oortuigings wat net nie lekker klop nie?

    Is daar leringe waarvan jy graag meer in diepte studie wil doen?

    Wil jy jouself op 'n akademiese vlak skool in 'n sekere onderwerpe wat nie duidelik is in die Skrif?

    Indien Ja op Enige Vraag: Dan Is Begeleide Studie is die Antwoord vir Jou


    1. Kies 'n onderwerp of kwessie wat jy meer van wil weet

    2. Kontak die Dosent deur 'n plasing op hierdie draad te maak

    3. Bespreek hoeveel tyd per week jy het om die onderwerp te bestudeer deur die begeleiding van dosente

    4. Skrywe van jou eie "inligtings stuk/ boekie of brosjure" vir Publikasie


    Voorgestelde Onderwerpe vir Studie

    1. Die Wederkoms en die Wegraping: Feit of Fiksie

    2. Klein Doop of Groot Doop: Is daar 'n Verskil?

    3. Doping met die Heilige Gees: Is dit Sensasie of Skriftuurlik

    4. Dispensasie-Leer of die Verbond-Leer: Is daar regtig 'n Verkil?

    5. Hoe bestudeer 'n Mens die Skrif: Wat is die Waarde daarvan?

    6. Waarom kan ek die Bybel Vertrou: Is die Bybel Regtig Akkuraat?

    7. ________________________(Enige Voorstelle)


    NB: Daar is plek vir slegs 3 (drie) studente beskikbaar. Studie tydperke duur vir een kalender maand.
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  • #2
    Hi Anton,

    Klink na 'n baie goeie idee want glo my daar is sooooo baie waarvan ek wil leer nog!

    SÍ net vir my hoe julle dit wil doen en waar?

    Comment


    • #3
      Hi Anton

      Die onderstaande onderwerpe is beslis iets waaraan ek belangstel!

      5. Hoe bestudeer 'n Mens die Skrif: Wat is die Waarde daarvan?

      6. Waarom kan ek die Bybel Vertrou: Is die Bybel Regtig Akkuraat?


      Ek lees gereeld, of sal ek se wanneer ek nou tyd tot my beskiking het, wat nie juis veel is nie, drade op die Afrikaanse forum, en besef dat ek werklik 'n gebrek aan kennis het, wat die Woord betref..............Ek sukkel om op 'n onderwerp te fokus, aangesien ek probeer om so veel as moontlik wys te word, maar daar is net soooooo baie inligting, en moet erens 'n beginpunt maak.
      Saved by Grace!

      Praying for Mieke and Charles
      Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


      My testimony
      http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

      Comment

      Working...
      X