Met die vergunning van die mods wil ek raag die teologiese kursus waarby ek betrokke is hiermee bekendstel.
1. Lighuis is 'n forum vir Christene van verskillende agtergronde en denominasies en daarom dra hierdie kursus nie die amptelike goedkeuring van Lighuis nie en word ook nie deur Lighuis aangebied nie.
2. Die Kursus is basies dispensasioneel en daar sal van verskeie dispensasionele teologiese boeke gebruik gemaak word, veral in die vak "Sistematiese teologie", maar is nie eksklusief daartoe beperk nie. Daarom sal die algemene "logos" pakket ("Scholars library") wat Gereformeerde, Dispensasionele en Wesliaanse boeke insluit, ook aan studente voorgeskryf word. Studente word dus aan verskillende teologiese denksisteme bekendgestel. As jy jou teologiese boeke op "Logos" koop, betaal jy so min as 5% van die totale prys wat die boeke in gedrukte vorm sou kos en jy kry die bykomende voordeel om in 'n japtrap deur al die boeke te "search" vir enige inligting wat jy benodig. Jy word natuurlik in die kursus ook volledig wys gemaak hoe om "Logos" optimaal te benut.
3. Die kursus bestaan uit 24 modules en 'n basiese berdag kursusgelde sal per module gehef word, maar weereens is Lighuis nie hierby betrokke nie en ontvang geen inkomste uit die kursus nie.
4. 'n Module loop oor net 13 weke en nie 'n halfjaar of 'n jaar soos in ander kursusse nie. Jy bly dus week na week aktief berdywig en handig elke week vir 13 weke 'n werkstuk in, dan is die module afgehandel en daar is geen eksamen nie. Een werkstuk neem tot ses uur werk per week. 'n student besluit self of hy 1, of 2 of 3 modules gelyktydig wil doen (3 is net vir mense wat voltyds is of halfdag werk). As jy 2 modules op 'n slag neem, doen jy dus 6 modules per jaar en handel die kursus in vier jaar af.
5. Hierdie kursus werk op die model van die onafhanklike kerke. Jy word dus nie 'n predikant van 'n sekere denominasie as jy die kursus afgehandel het nie en ons sal ook nie vir jou 'n werk kan aanbied nie. Mense studeer dus net vir hulle eie private groei in die kennis van die Woord en om 'n onafhanklike gemeente te kan bedien.
6. Omdat die kursus basies dispensasioneel is, is dit natuurlik ook fundamenteel. Dit beteken dat die volle gesag en goddelike inspirasie van die Bybel bely word, dat Jesus Christus as God erken en aanbid word en dat Christus se verdienste aan die kruis as die enigste weg tot versoening met God geleer word. Wat die interpretasie van die Bybel aangaan, maak ons ook gebruik van die fundamentele reel: "If the plain sense of the word makes common sense, then seek no other sense". (Daar is natuurlik ook ander teologiese sisteme behalwe dispensasionalisme wat die volle gesag van Christus en die Bybel erken, maar tog was dit van die begin af en vandag nog steeds 'n wesenskemmerk van dispensasionalisme om fundamenteel te wees.)
7. Hierdie is 'n diploma in teologie en sluit ook drie modules studie in die Bybeltale in, maar ons beweer nie dat die kursus gelykstaande aan 'n B-graad in teologie is nie. Ons is egter nog besig met ontwikkeling en sal poog om 'n vorm van akkreditasie te bekom, al is dit net dat mens erkenning en krediet vir die studie sal kan kry as jy later met 'n graad in teologie sou wou aangaan.
Vir volledige inligting kliek net op hierdie skakel. Die webblad waarheen die skakel jou lei, sal in die toekoms ook opgedateer word om die jongste info oor die kursus weer te gee.
Ek kan ook enige vrae verder op hierdie draad beantwoord.
Groete
David

Comment