Announcement

Collapse
No announcement yet.

Ietsie vir die manne

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Ietsie vir die manne

    Net hier om die hoek is daar Esther se koffiehuis en toe ek as nuweling per ongeluk daar pos toe word daar mos vir my baie duidelik gestel dat hierdie net vir die dames (die henne) is. So, nou wil ek graag al die manne (die hane) uitnooi om hier te kom vertel wat kwel. In die lig van Angus Buchan se Mighty Men konferensie (ek was self nog nie daar nie), wil ek graag vir die hane wat wel daar was vra om te kom deel.
    Verder kan julle hier oor alles en nog wat gesels. Kom, pos laat dit bars, kom ons kyk hoe veel bladsye ons hier kan volmaak in een maand.
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oŽ om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  • #2
    Hi Manie,

    Ek wil nie graag in Lanie se slaai krap nie, dis haar forum hierdie (maar kom ons skuif die draad na die voorblad), want sy hou die hane se bewegings dop, veral daai hane wat so 2uur in die oggend al die bure wakker kraai...

    Ons maak hierdie 'n 'sticky', dan bly die draad bo en as daar genoeg belangstelling is, kan ons later 'n spesiale 'haan-forum' oorweeg, ons kan dit dalk noem...
    Forum vir die Hane
    Hier kraai mans koning!
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ

    Comment

    • #3
      Originally posted by CFJ View Post

      Ek laaik dit! Ferdie sal jy die skuif werk vir ons doen asb.
      Manie Verster
      Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oŽ om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
      1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
      1Th 5:17 Bid sonder ophou.

      Comment

      • #4
        Klink soos 'n goeie idee Ferdi, ons moet dalk nog voorstelle kry vir 'n naam vir so 'n forum ?

        Comment

        • #5
          Forum vir die Hane

          Originally posted by Die Filadelfieer View Post
          Klink soos 'n goeie idee Ferdi, ons moet dalk nog voorstelle kry vir 'n naam vir so 'n forum ?
          ek hou nogal baie van die naam maar as julle voorstelle wil kry is dit reg met my!
          Manie Verster
          Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oŽ om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
          1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
          1Th 5:17 Bid sonder ophou.

          Comment

          • #6
            Hmmm... Ek is verbaas dat jy nie aan iets met "bulle" in gedink het nie!

            Anton
            השייך לאלוהים דרך ישו

            Comment

            • #7
              Originally posted by Tonton View Post
              Hmmm... Ek is verbaas dat jy nie aan iets met "bulle" in gedink het nie!

              Anton
              Bulle? Hane? Makiesakie - solank dit net BLOU is....

              Comment

              • #8
                Originally posted by Gene View Post
                Bulle? Hane? Makiesakie - solank dit net BLOU is....
                Sal blou strepies werk?

                Anton
                השייך לאלוהים דרך ישו

                Comment

                • #9
                  Ag nee sies man!!!!

                  Comment

                  • #10
                    Originally posted by Gene View Post
                    Ag nee sies man!!!!
                    Hier kom moeilikheid! Onpartydigheid asb! Los asb. die sport hier uit en dis reeds hoekom ek dink Forum vir die Hane is net lekker. Hane is lekker want 'n haan kraai koning of hier kraai die manne koning!
                    Manie Verster
                    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oŽ om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
                    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
                    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

                    Comment

                    • #11
                      Julle kan maar met voorstelle kom Manie. Ek het net 'n grap gemaak, maar miskien was dit nie so sleg grap nie. Miskien is daar 'n beter een, maar as die harte nie uitgestort word nie, sal niemand weet wat gaan in al die klapperkoppe aan nie...
                      The Rapture

                      My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                      but I must confess, donít worry
                      the rapture is not before the Great Tribulation
                      itís before Godís wrath!!!

                      Because His wrath is not meant for you
                      itís for all the people in the zoo
                      think about it and refreshÖ
                      you will see thereís no way out of here, in the flesh

                      If you really believe, you will see
                      the rapture is for you and me
                      when we decide to leave from here
                      that very day, oh! God adhereÖ

                      Comment

                      • #12
                        Originally posted by manieverster View Post
                        Hier kom moeilikheid! Onpartydigheid asb!
                        ....... se jy met 'n avater soos joune.....!

                        Grappies op 'n stokkie, ek stem saam, ek sal heel tevrede wees met die naam. En ek moet se, die gedagte aan 'n forum vir die manne is ook nogal 'n lekker gedagte! Ek het hoeka laaankal gedink die dames word voorgetrek....

                        Comment

                        • #13
                          Nou ja, as ek terugdink aan die skepping:

                          Hoekom het God die vrou laaste gemaak.....want Hy wou nie kommentaar gehad het oor Sy handewerk of hoe Hy dit moes gedoen het nie.

                          Comment

                          • #14
                            Originally posted by CFJ View Post
                            Forum vir die Hane
                            Hier kraai mans koning!
                            Die naam sal werk. Goeie idee!

                            Anton
                            השייך לאלוהים דרך ישו

                            Comment

                            • #15
                              Kom sit op my stellasie.

                              Originally posted by Johnny View Post
                              Nou ja, as ek terugdink aan die skepping:

                              Hoekom het God die vrou laaste gemaak.....want Hy wou nie kommentaar gehad het oor Sy handewerk of hoe Hy dit moes gedoen het nie.
                              Johnny, ek hou van jou manier van dink. Ferdie, ek dink dit was 'n goeie grap daai en as ons nou konsensus bereik het oor die naam dan wil ek julle graag nooi om op my stellasie te kom sit en kuier. Kom ons raak ernstig en praat 'n bietjie oor dinge waarvoor ek die draad begin het. Hier is 'n ding wat my 'n bietjie tiekel en dit is vroue predikante. Kyk, ons kerk het nie vroue predikante nie en glo ook nie ons sal in die nabye toekoms kry nie. Wat dink julle manne wat wel vrouepredikante in julle kerke het oor die sakie. Ek meen, is dit skriftuurlik om vroue predikante te he? Is daar iewers in die Bybel iets omtrent die sakie. Ek is nie 'n geslags diskrimineerder nie maar sal net graag wil weet. Ek hoop nie ek veroorsaak nou moelikheid nie.

                              Working...
                              X