Announcement

Collapse
No announcement yet.

Stokperdjies

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • 14390876
    replied
    Ek hou baie van lees. Veral hou ek daarvan om navorsing te doen oor interessante onderwerpe, veral geskiedenis. Ek skryf ook graag gedigte
    Ek is baie lief vir enige bordspeletjie. Skaak, 30 Seconds, Go, Checkers, Monopoly, etc
    Ek hou van sport, veral tennis
    Ek hou van stap, veral in die berge
    Internet
    Ek hou daarvan om kuns te ervaar in enige vorm
    Ek hou daarvan om met vriende te kuier en dit is iets waarmee ek myself baie besig hou.
    Ek hou daarvan om kos te maak (en te eet )

    Leave a comment:


  • manieverster
    replied
    Originally posted by Willem View Post
    dat ek verkies om melk eerder as bier te drink
    Sjoe, eina! Ja, een goeie man is daarmee heen! Grappieeeeee! Ek verkies ook deesdae melk bo bier.

    Leave a comment:


  • Willem
    replied
    Aai maak julle my so bewoeeee nou....


    voor ek kinners en vrou gehad het en in God's Province kombly het het ek op my pens gele en branders ry , toe kom ek hierheen en trou en daar gaan die waves

    Ek en vroulief kyk toe maar movies en gaan eet soms uit en kuier by vriende en TOE toe kom die kinners en nou kyk ek tekenprente saam met hulle en het ek nog nie een van hulle enduit gekyk nie .... en dis seker 20 ddvieds wat ek nie weet hoe die stories gaa nie...help:

    seker die dat ek nou bles ok raak oor al die stres

    Het darem die kitaar gekry en so paar keer al probeer leer om c d e te druk, maar dis staal en 12 snare en die nekenaar vinger is SAWWE handjies , so dit gaan stadig...

    dan is daar vriende met kinners wat verstaan oor die ddvieds en dat ek verkies om melk eerder as bier te drink

    Leave a comment:


  • manieverster
    replied
    Fotografie

    Julle het nou 'n snaakse beentjie gekielie by my wat nou al jare lank sluimer. Ek wou van kleins af fotograaf wees maar my ouers kon my nooit vir klasse stuur of die toerusting koop nie en dit het soort van in die agtergrond verdwyn. Franscois ek het daai outdoorphoto.co.za webwerf gaan opsoek wat jy van gepraat het en bietjie rondgeblaai.Ek het toe aan Sarel 'n e-pos gestuur om 'n beginner klas by te woon. As julle ouens wat goed is 'n paar "pointers" wil gee sal ons dit waardeer.

    Leave a comment:


  • lukeskywalker
    replied
    Ek self speel ook golf maar is nie verskriklik goed daarmee nie, en dan onderhou ek 'n ondersteuners webwerf vir die Leeus (sedert 1996), en ek probeer gereeld gimasium toe gaan (elke oggend 5 uur)

    Leave a comment:


  • Phil Fourie
    replied
    Ja, ek is maar skrikkerig vir goed soos troues, dis iemand se spesiale dag en as jy 'n gemors daarvan moet maak. Ek los dit eerder in die bekwame hande van mense soos Lanie wat weet van.

    Leave a comment:


  • Francois Marais
    replied
    Ek het ook gevind mens moet nie 'n troue se foto's neem as mens siek is nie. Ek kon nie met die mense praat nie, en die foto's het nie so lekker uitgekom nie. En dalk die idee dat die bruid die foto's 2 dae na die troue al wou gehad het...
    Wel sy het dit gekry, maar nou praat die mense nie meer met my nie

    Leave a comment:


  • Phil Fourie
    replied
    Francois ja, alles in die komposisie oog en jou bui het ook 'n groot invloed op jou foto's as jy in 'n swak geirriteerde bui is, dan gaan jy swak fotos neem, as jy in 'n kreatiewe bui is, dan sien jy dinge met 'n ander perspektief en is jou fotos ook sommer beter

    Dis nou natuurlik as jy enigsins iets meer as happy snappy kiekies wil neem, anders maak dit nie saak nie

    Leave a comment:


  • Phil Fourie
    replied
    David

    Anders kan jy altyd kyk na die Sigma 50-500, nie so duur nie, lekker goeie "reach", maar hy is nie so vinnig soos die 120-300 nie, hy is 'n 4-6.3 dink ek, die 120-300 is dwarsdeur sy zoom 'n 2.8.

    Skies vir die swak foto, maar hier is die 50-500 op my D80, ek geniet hom baie
    Attached Files

    Leave a comment:


  • Francois Marais
    replied
    LOL Phil, ook waar. My hart trek steeds sterk na Nikon toe.

    iemand het my al gese dat mens se oog moet reg wees vir foto's neem. Stem nogal saam met die stelling.

    Leave a comment:


  • Phil Fourie
    replied
    Nee man, mens kry die ding 2de hands vir 'n 1/4 van die prys Ek sal nie sommer sulke lense nuut koop as daar nie drasties 'n verandering in my finansiŽle situasie gebeur nie

    Leave a comment:


  • David2
    replied
    Sigma 120-300/2.8 EX IF HSM R34,499.00

    Phil
    Jy is seker nie ernstig nie. 'n Gewone mens kan dit mos nie koop nie!

    Leave a comment:


  • Phil Fourie
    replied
    Originally posted by Francois Marais View Post
    Ek kan nou nog my stert skop om te dink ek het Canon 350D gegaan. Ek moes die Nikon d80 gekoop het toe ek gekoop het. Nikon is net sofeel beter as Canon
    Hi Francois

    Man, nie noodwendig nie, Canon en Nikon hardloop hand aan hand, daar is in van die modelle bitter min onderskeiding en daar behoort bitter min te wees wat ek met my D80 kan doen wat jy nie met jou 350D kan doen nie, die 350D is 'n goeie kamera.

    Maar as dit oor persoonlike smaak gaan, dan gaan jy my met 'n trekker en 'n ketting van Nikon af moet wegtrek

    So dis maar weer die klassieke BMW vs Mercedes, personlike smaak. Hoekom hou ek van die Nikon? Want hy voel reg in my hand, hy is gemaak vir my, ek het groot hande en die Nikon is gemaak vir groot hande , meeste vrouens sal byvoorbeeld gemakliker met die Canon wees, vir my voel hy weer bietjie kleiner, maar hulle Pro Bodies is weer groot. Jy gaan ver soek om tans 'n beter kamera as die Canon 1D MK IV en die Nikon D3X te kry

    Groete
    Phil

    Ns! Dit gaan nie soseer oor die kamera maar oor die lense, so die belegging by DSLR moet altyd eerder die lense wees as die kamera, kameras verloor waarde vinnig, lense verloor nie sommer so kwaai waarde nie

    Leave a comment:


  • David2
    replied
    Philip
    Jy het verkeerd gelees. Ek het gesÍ ek het 'n Rebel. Dit is juis omdat ek nie een is nie dat ek een moet.

    Leave a comment:


  • Francois Marais
    replied
    Ek kan nou nog my stert skop om te dink ek het Canon 350D gegaan. Ek moes die Nikon d80 gekoop het toe ek gekoop het. Nikon is net sofeel beter as Canon

    Leave a comment:

Working...
X