Announcement

Collapse
No announcement yet.

Boer kry 'n vrou...

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #16
    Re: Boer kry 'n vrou...

    Kan ons dalk bietjie praat oor die praktiese sy van die man as hoof van die huis? Wat is die verskil tussen 'n hoof en 'n diktator?

    Comment


    • #17
      Re: Boer kry 'n vrou...

      Originally posted by Phil Fourie View Post
      . Wat is die verskil tussen 'n hoof en 'n diktator?
      Karwats vs. sambok ?

      Ek het half gehoop die ander manne werp ook 'n stuiwer hierso, want dit is nie asof ek al die antwoorde het nie, maar met hierdie onderwerp is dit, soos met eintlik alles in die lewe, belangrik om balans te hÍ. " Hoof" beteken nie om almal te hiet en gebied nie. Ek verstaan dit eerder dat 'n skip 'n kaptein moet hÍ, en dat daar wel tye kom dat iemand in die huis leiding moet neem en die "huweliksbootjie" in 'n rigting gestuur moet word.

      Natuurlik is daar mans wat nie opgewasse is hiervoor nie, maar dit is 'n ander storie daardie ...............

      Comment


      • #18
        Re: Boer kry 'n vrou...

        Fila

        Dankie vir die moeite wat jy doen met die draad, dit gaan nie vir my ongesiens verby nie, dis vir my jammer dat meer van die mans nie deelneem nie, lyk my ons wil eerder net met mekaar stry hierso en die praktiese dinge van die Christelike lewe is nie vir ons so lekker om oor te gesels nie. Maar wat, ons het seker maar almal verskillende dinge wat vir ons belangrik is, ek hoop net ek sal deur die genade van God eendag in die posisie kan wees waar ek vir iemand anders wat homself in 'n soortgelyke posisie as wat ek my nou in bevind, kan leiding gee en 'n voorbeeld wees, want ons sien dit nie meer baie onder mekaar nie.

        Ek dink baie mans en vrouens daar buite is erg verward as dit kom by die huwelik en min mense wil hulle monde oopmaak en oor die praktiese dinge daaraan verbonde gesels.

        Comment


        • #19
          Re: Boer kry 'n vrou...

          Originally posted by Phil Fourie View Post
          ...dis vir my jammer dat meer van die mans nie deelneem nie...
          Sedert ons getroud is, het ons mos nie meer 'n sÍ nie.

          Ek het ook nie al die antwoorde nie, Phil, maar ek deel graag vanuit my eie ervaring. Moenie toelaat dat jou vrou die rol van priester op haar moet neem in die huis nie. Staan jou plek vol - in ons huis behels dit onder andere dat ek die ene is wat die Bybel nadertrek na aandete en voorlees. Stap een is dalk om weer 'n gewoonte in jou huis te vestig om saam aan tafel te eet.

          Tien jaar gelede toe ons getroud is, het my vrou al wat 'n sepie is gevolg. Ons is nou TV-loos en my vrou het slegs behoefte aan daai lekker ruik tipe sepies wat Fila genoem het. Dit is iets wat ek lankal voorstaan, maar net die Here kan so 'n werk in julle lewe doen. Wat ek vir jou sÍ is dat 'n mens nooit sulke omwentelinge met die sweep sal regry nie, maar wel deur die Gees.

          Comment


          • #20
            Re: Boer kry 'n vrou...

            Originally posted by Phil Fourie View Post
            Kan ons dalk bietjie praat oor die praktiese sy van die man as hoof van die huis? Wat is die verskil tussen 'n hoof en 'n diktator?
            Phil,

            Hier is my 2 sent. 'n Hoof besef hy het 'n liggaam en koester sy liggaam, maar 'n diktator misbruik die liggaam en besef kwalik dat die liggaam daar is, behalwe vir eie gewin.
            The Rapture

            My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
            but I must confess, donít worry
            the rapture is not before the Great Tribulation
            itís before Godís wrath!!!

            Because His wrath is not meant for you
            itís for all the people in the zoo
            think about it and refreshÖ
            you will see thereís no way out of here, in the flesh

            If you really believe, you will see
            the rapture is for you and me
            when we decide to leave from here
            that very day, oh! God adhereÖ


            Comment


            • #21
              Re: Boer kry 'n vrou...

              Wie sou kon dink dat dit so 'n deurmekaar tyd in mens se lewe kan wees

              Comment


              • #22
                Re: Boer kry 'n vrou...

                Originally posted by Phil Fourie View Post
                Wie sou kon dink dat dit so 'n deurmekaar tyd in mens se lewe kan wees
                Of jy 'n hoof of diktator moet wees...?!?
                The Rapture

                My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                but I must confess, donít worry
                the rapture is not before the Great Tribulation
                itís before Godís wrath!!!

                Because His wrath is not meant for you
                itís for all the people in the zoo
                think about it and refreshÖ
                you will see thereís no way out of here, in the flesh

                If you really believe, you will see
                the rapture is for you and me
                when we decide to leave from here
                that very day, oh! God adhereÖ


                Comment


                • #23
                  Re: Boer kry 'n vrou...

                  Ja Ferdi, ek verkies mos my vrouens dat net hulle oŽ wys

                  Comment


                  • #24
                    Re: Boer kry 'n vrou...

                    Ek sou sÍ die hoofskap het meer te doen met uiteindelike verantwoordelikheid voor God, as wat dit te doen het met uitvoerende mag. Maar ek dink ook dat iemand in die huwelik die laaste sÍ moet hÍ. God het dit so bedoel. Wanneer man en vrou verskil, moet iemand uiteindelik die leiding neem. Hoofskap vir my beteken ook dat ek my gesin moet dien en liefhÍ soos wat Christus sy lewe vir die gelowiges afgelÍ het. Dikwels is die leiding wat die meeste respek afdwing leiding deur diens en voorbeeld, en nie leiding deur jou magsposisie af te forseer nie. Om te lei deur jou "servanthood" help jy ook dat almal in die gesin vrywillig jou leiding soek en nie die hoof van die huis (wat uituidelik ook onder Christus se Hoofskap staan) gehoorsaam vanuit 'n opstandige of weersinnige hart nie.
                    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                    Comment


                    • #25
                      Re: Boer kry 'n vrou...

                      Originally posted by Philip dT View Post
                      Om te lei deur jou "servanthood" help jy ook dat almal in die gesin vrywillig jou leiding soek en nie die hoof van die huis (wat uituidelik ook onder Christus se Hoofskap staan) gehoorsaam vanuit 'n opstandige of weersinnige hart nie.
                      Phillip, hierdie is werklikwaar 'n briljante plasing, wat my vir nog baie lank aan die dink gaan sit. Dankie dat jy dit met ons gedeel het !

                      Comment


                      • #26
                        Re: Boer kry 'n vrou...

                        Dankie Fila, ek dink altyd aan die voorbeeld wat ons Here aan ons gestel het:

                        Fil 2:6-8 "Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, (7) maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; (8) en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis."

                        Hierdie teks is altyd vir my 'n toets (en uitdaging) vir leierskap: vir die manier hoedat die leierskap "deurkruis" moet wees, as jy verstaan wat ek bedoel. Dis een ding om die boodskap van die kruis te verkondig, maar dis iets anders om dit te leef.
                        Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                        Comment

                        Working...
                        X