Announcement

Collapse
No announcement yet.

Boer kry 'n vrou...

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Boer kry 'n vrou...

    ...wat nou?

    Kom, ek bied die getroude mans 'n gulde geleentheid om vir my te preek

  • #2
    Re: Boer kry 'n vrou...

    'n Paar vrae :

    a punt een : Malva poeding : Sondag bederfie of stapel voedsel ?
    b punt twee : Kaalvoet en swanger voor die stoof : Seksisties of die normale gang van die lewe ?
    c punt drie : Weet sy hou om die turbo-olie te ruil op 'n Izuzu 2.8 diesel ?
    d punt vier : Is jy geklap tydens die vra van bogenoemde ?



    NS : Gebruik hierdie vrae slegs as riglyne, pas dit aan rondom jou eie omstandighede. As voorbeeld kan c punt drie vervang word met : Weet sy wat om te doen wanneer die Cherokee se dif die dag op pak ?

    Comment


    • #3
      Re: Boer kry 'n vrou...

      En heg 'n foto van die Isuzu aan?

      Comment


      • #4
        Re: Boer kry 'n vrou...

        Originally posted by Die Filadelfieer View Post
        'n Paar vrae :

        a punt een : Malva poeding : Sondag bederfie of stapel voedsel ?
        Poeding op versoek, res van die kos maak nie saak nie, ek ken redelik my stappies in die kombuis en hou van die kos maak, maar koeke bak en poedings maak, die doen ek nie, maar ek soek dit gereeld

        Originally posted by Die Filadelfieer View Post
        b punt twee : Kaalvoet en swanger voor die stoof : Seksisties of die normale gang van die lewe ?
        Hier kom pakslae, maar durf ek s normaal.......koes......koes

        Originally posted by Die Filadelfieer View Post
        punt drie : Weet sy hou om die turbo-olie te ruil op 'n Izuzu 2.8 diesel ?
        Soos reeds deur jou reggestel is die Isuzu nie meer met ons nie, die Cherokee se diffs loop mooi, daar is ander grooter probleme wat pappa nie eers meer weet wat om mee te maak nie, so ek sal maar verskoon as mamma ook nie kan help nie

        Originally posted by Die Filadelfieer View Post
        d punt vier : Is jy geklap tydens die vra van bogenoemde ?
        Dat ek julle versoek om vir my te preek of dit wat die vraag voorafgaan?

        Maar nou op 'n ernstige noot, dit is nogals 'n ernstige en opregte vraag en sal graag bietjie met die getroude mans hier wil gesels oor daardie tyd in 'n man se lewe waar hy totaal die klits kwyt raak en besef, dit is heeltemal die regte ding om te doen en sien skrikkerig uit ook daarna.

        Enige insette?

        Comment


        • #5
          Re: Boer kry 'n vrou...

          Originally posted by Phil Fourie View Post
          sal graag bietjie met die getroude mans hier wil gesels oor daardie tyd in 'n man se lewe waar hy totaal die klits kwyt raak en besef, dit is heeltemal die regte ding om te doen en sien skrikkerig uit ook daarna.

          Enige insette?
          Nee wag, jy sal meer spesifiek moet wees. Wil jy weet hoe om haar "die groot vraag" te vra, of verstaan ek nou glad nie reg nie ?

          Comment


          • #6
            Re: Boer kry 'n vrou...

            Originally posted by Die Filadelfieer View Post
            Nee wag, jy sal meer spesifiek moet wees. Wil jy weet hoe om haar "die groot vraag" te vra, of verstaan ek nou glad nie reg nie ?
            Nee, daai is een van die dinge wat mens maar self moet uitwerk met vrees en bewing

            Wat ek bedoel, is hier is nou die gulde geleentheid vir die veterane om hulle wysheid te deel rakende die getroude lewe met 'n broeder wat werklik op die punt staan om self daardie pad te begin stap. Wat sou julle s was die sleutels (want daar is mos maar baie kamers) tot sukses in julle huwelike tot nou toe, in ag geneme die eerste belangrikste, die fondasie is 'n wedersydse geloof en vertroue op onse Here Jesus Christus.

            Kom preek, ek luister

            Comment


            • #7
              Re: Boer kry 'n vrou...

              1. 'n Mens het een mond en twee ore.
              2. Gee krediet waar dit toekom.
              3. Wees vinnig om te vergewe en stadig om toornig te word.
              4. Moenie leierskap en gesag afdwing nie (ook nie verwaarloos nie), maar verdien dit.
              5. Hieraan sal die wreld weet dat julle Christene is, as daar liefde onder julle is.
              6. Die wet dwing van buite maar genade en liefde dring van binne.
              7. Soek nie sy eie belang nie, maar die belang van 'n ander.

              En pasop vir die tandepasta. Party wil hom van agter af druk en party van die middel af.

              Comment


              • #8
                Re: Boer kry 'n vrou...

                Dankie David

                Dis die tipe raad waarvan ek praat, waardeer dit opreg

                Comment


                • #9
                  Re: Boer kry 'n vrou...

                  As julle dit nie alreeds gedoen het nie, kan julle gerus 'n persoonlikheids analise doen. Daar is selfs van hulle gratis aanlyn. Dit sal sommer vanuit die staanspoor 'n paar misverstande uit die weg ruim. My persoonlikheid en die van my vrou verskil 180 - eers toe ons 'n DISC profiel doen kon ons mekaar beter verstaan. Voor dit het ek gedink sy is 'n pyn in die nek en sy het gedink ek is moeilik.

                  Comment


                  • #10
                    Re: Boer kry 'n vrou...

                    Hi Phil,

                    my ouers het ons as trou geskenk 'n reeks sessies met 'n pastorale sielkundige gegee.. was regtig dink ek baie groot help om oor die praktiese goed te praat wat jy nie oor praat as jy die wereld as verliefde sien nie... self goed oor gedink wat ek al gedink het ek weet mos wat ek daaroor dink en besef, maar nog nie "mind" opgemaak nie... soos SOS gese het dit het baie gehelp.

                    Vroulief lag as sy benoud raak ....
                    picture the scene... ons sit vas oor iets, sy raak gestres en begin lag ek weet nie dis hogere stresvlak van liefie nie en raak ( tipies ons klomp mans ne? ) vandaar een pad ondertoe ....

                    Verder , 1ste God, 2de vroulief ( nie kinders as hulle later kom nie! ), dan kids, dan kerk en wereld... vir die res dink ek jy sal fine wees, jy weet waar om antwoorde te gaan soek en solank jy kan praat en luister soos Dawid se 2 ore een mond ( en jy hoef nie alles te fix nie partykeer moet jy net luister ) en gaan lees gerus die stukkie oor man wat hoof is en vrou wat onderdanig is weer... as jy probeer om soos Jesus hoof te wees, voete was, dien , leer , versorg , jouself opoffer dan volg jy die regte voorbeeld om hoof van huis te wees.... iemand wat sy kan respekteer ...iemand soos Jesus...

                    dis die teorie... praktyk.... sonder Sy genade met Hom as die 3de deel van julle huwelik ,sal julle deur alles kom.

                    En laastens ... hulle is veel meer werd as robyne.. BAIE MEER..
                    Dis alles net genade -Ma Grace
                    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                    Comment


                    • #11
                      Re: Boer kry 'n vrou...

                      Dankie Willem, ek waardeer jou tyd en moeite om hier te skryf oor jou ondervinding

                      Comment


                      • #12
                        Re: Boer kry 'n vrou...

                        Hier is baie goeie raad hierso, nie seker of ek iets sinvol kan byvoeg nie, sal probeer :

                        - Weet maar dat daar aan die begin bietjie aan mekaar geskaaf word tot alles mooi pas. As jy dit verstaan moet jy ook weet dat mens nie onnodig kwaad moet raak vir mekaar tydens die proses nie.
                        - Daar is nie plek vir oordrewe egos in 'n huwelik nie. Julle is nou een mens, en die een hoef nie beter as die ander te wees nie.
                        - Leer mekaar se sterk en swak punte en gebruik dit om as 'n span saam te werk. Daar gaan natuurlik dinge wees waarmee die een beter gaan wees as die ander : gebruik dit !
                        - Koester die tye wat julle alleen saam kan wees, want later as die pienkvoetjies en ander verpligtinge bykom raak die alleen-tye so skaars soos hoendertanne.
                        - Moenie skaam wees om jou liefde vir haar in die openbaar te wys nie : jy mag maar haar hand vashou en so nou en dan 'n drukkie uitdeel " waar almal jou kan sien" sonder dat dit jou manlikheid gaan aantas ..... inteendeel wys dit eerder op 'n man met selvertroue wat gemaklik met homself en sy vrou is wat sulke dingetjies doen. Daar is eerder iets fout met die macho prre wat dink hulle is hopeloos te manlik om vir ander te wys hulle is lief vir hulle vrou.
                        - Jy mag haar maar soos 'n prinses behandel : Maak vir haar die kardeur oop , skuif haar stoel in en uit by 'n restaurant, daai tipe van dinge. Die vroutjies wys dit nie altyd nie, maar hulle waardeer tog maar die klein gebaartjies, al is dit die jaar 2010.
                        - Badseep. Hoor wat ek vir jou vandag s , Badseep. Soos in koop die maar duurste badseep wat jy kan bekostig, verras haar daarmee, en laat haar toe om al die water in die geyser op te gebruik , sonder om haar te pla. Jou vroutjie het so nou en dan 'n tydjie nodig net vir haarself : gun dit vir haar.




                        As ek aan nog iets dink sal ek byvoeg.

                        Comment


                        • #13
                          Re: Boer kry 'n vrou...

                          Dankie Fila

                          Goeie raad, baie goeie raad, ek waardeer, die badseep is nuut vir my

                          Op daai punt, is dit nie dalk sinlik dat ons in sekere opsigtes van ons lewens bietjie weer gaan leer by die jare toet nie, goed soos etiket, hoe om 'n vrou belangrik te laat voel, soos die deur oopmaak en die stoel uittrek en daai tipe goed, ek probeer dit sover ek kan onthou doen, maar sien dat mense dink dit is goed wat in 'n verbygaande era hoort. Is dit ouderwets of kan ons nog daaruit leer?

                          Comment


                          • #14
                            Re: Boer kry 'n vrou...

                            Tante

                            Miskien op 'n latere stadium, ek wil a.s.b. net eers met my broeders gesels hieroor as dit nie 'n probleem is nie

                            Comment


                            • #15
                              Re: Boer kry 'n vrou...

                              Originally posted by Phil Fourie View Post
                              Op daai punt, is dit nie dalk sinlik dat ons in sekere opsigtes van ons lewens bietjie weer gaan leer by die jare toet nie, goed soos etiket, hoe om 'n vrou belangrik te laat voel, soos die deur oopmaak en die stoel uittrek en daai tipe goed, ek probeer dit sover ek kan onthou doen, maar sien dat mense dink dit is goed wat in 'n verbygaande era hoort. Is dit ouderwets of kan ons nog daaruit leer?
                              Ek het al gedink dat as sommige mans hulle vroue net halfpad so mooi oppas soos wat hulle hulle voertuie doen, was dit al klaar 'n beter landjie hierdie gewees.
                              Mens kry natuurlik die feministiese tipe vrou wat dink dat 'n man wat hoflikheid betoon (soos ons dit verstaan ) eerder neerhalende gebare is, maar ek self loop maar wye draaie om sulke dames : hulle kom gewoonlik vanself reg of gaan eendag alleen dood met 'n 100 katte as geselskap en word deur die staat begrawe.

                              Comment

                              Working...
                              X