Announcement

Collapse
No announcement yet.

Mans kan ook kook!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • CFJ
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Originally posted by Louis F Brits View Post
    [ATTACH=CONFIG]13067[/ATTACH][ATTACH=CONFIG]13068[/ATTACH]

    Het hom Saterdag gebak.Hoe lyk hy vir julle?

    Groete
    Hy lyk of hy agter die oor sal eet...

    Leave a comment:


  • Louis F Brits
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Originally posted by CFJ View Post
    Ek het nou lekker gesit en lag, met die dat jy so lekker 'JAM' met BOERBROOD eet...
    ja vir ons koshuisbrakke bly dit maar jam.

    Leave a comment:


  • Louis F Brits
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    FB_IMG_1464440701060.jpgFB_IMG_1464440665079.jpg

    Het hom Saterdag gebak.Hoe lyk hy vir julle?

    Groete

    Leave a comment:


  • CFJ
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Originally posted by Louis F Brits View Post
    Lekker Boerbrood resep.

    4xKoppies koekmeel
    2xKoppies lou warm water
    1xPakkie yeast
    Knippie sout
    Botter vir hande wanneer knie.

    Gooi alles saam in n skottel.
    Smeer botter aan jou hande en knie totdat deeg nie meer aan jou hande klou nie.
    Maak warm toe en sit op n lekker warm plek om te reis.
    Knie hom nou weer af wanneer hy lekker gereis het.
    Smeer nou jou brood pan met botter,sit deeg daar in en laat weer reis.
    Bak brood nou by 180gc vir n uur of langer as jy hom lekker bruin soek.
    Haal brood uit pan, smeer hom nou met botter.Skiet sommer so met die vingers bietjie water oor.Vou hom nou mooi toe en laat afkoel.
    Of sny eers n lekker korsie af smeer lekker botter en appelkoos jam op en geniet.Jam ja,konfyt klink nie lekker nie.

    Verdubbel alles vir n groot brood pan.

    Groete

    Louis
    Ek het nou lekker gesit en lag, met die dat jy so lekker 'JAM' met BOERBROOD eet...

    Leave a comment:


  • Louis F Brits
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Lekker Boerbrood resep.

    4xKoppies koekmeel
    2xKoppies lou warm water
    1xPakkie yeast
    Knippie sout
    Botter vir hande wanneer knie.

    Gooi alles saam in n skottel.
    Smeer botter aan jou hande en knie totdat deeg nie meer aan jou hande klou nie.
    Maak warm toe en sit op n lekker warm plek om te reis.
    Knie hom nou weer af wanneer hy lekker gereis het.
    Smeer nou jou brood pan met botter,sit deeg daar in en laat weer reis.
    Bak brood nou by 180gc vir n uur of langer as jy hom lekker bruin soek.
    Haal brood uit pan, smeer hom nou met botter.Skiet sommer so met die vingers bietjie water oor.Vou hom nou mooi toe en laat afkoel.
    Of sny eers n lekker korsie af smeer lekker botter en appelkoos jam op en geniet.Jam ja,konfyt klink nie lekker nie.

    Verdubbel alles vir n groot brood pan.

    Groete

    Louis

    Leave a comment:


  • Louis F Brits
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Originally posted by Ben Cronje View Post
    Ek wens ek kon jou 'n bak van die eindresultaat oorstuur. Vinger-lek lekker.

    Nie goed op die cholesterol nie, dit was 'n lekker vet skapie...

    Jy was biedjie laat egter met die suurlemoen. Maar ek maak 'n nota.
    Nou waar is die foto's Ben?Jy weet van ons eet met die oe ook!

    Groete

    Louis

    Leave a comment:


  • CFJ
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Originally posted by Ben Cronje View Post
    Ek wens ek kon jou 'n bak van die eindresultaat oorstuur. Vinger-lek lekker.

    Nie goed op die cholesterol nie, dit was 'n lekker vet skapie...

    Jy was biedjie laat egter met die suurlemoen. Maar ek maak 'n nota.
    Ek onthou nou hoe lekker dit is soos jy hier verduidelik ja (het bietjie lanklaas dit gemaak)... en gaan vir my ook hier oor die naweek so pot aanmekaar slaan...

    Probeer bietjie dieselfde resep, dan vervang jy net die groen boontjies met kool, net so lekker!

    Leave a comment:


  • Ben Cronje
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Ek wens ek kon jou 'n bak van die eindresultaat oorstuur. Vinger-lek lekker.

    Nie goed op die cholesterol nie, dit was 'n lekker vet skapie...

    Jy was biedjie laat egter met die suurlemoen. Maar ek maak 'n nota.

    Leave a comment:


  • CFJ
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Originally posted by Ben Cronje View Post
    Dankie Ferdi. Jy is 'n yster. Ek gaan nou die res van die bestandele kry en hom toetsbestuur. Sal jou terugvoer gee.
    Ek hoop nie ek het my vir 'n chappie uitgegee om gekou te word nie...

    Jy kan as jy daarvan hou, so bietjie suurlemoen-skil in-rasper ook...

    Laat weet hoe smaak dit!

    Leave a comment:


  • Ben Cronje
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Dankie Ferdi. Jy is 'n yster. Ek gaan nou die res van die bestandele kry en hom toetsbestuur. Sal jou terugvoer gee.

    Leave a comment:


  • CFJ
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Originally posted by Ben Cronje View Post
    En wat is jou metode Ferdi?

    Jy los my redelik hier in 'n posisie waar dit baie oop is vir interpretasie...

    Ek is 'n man wat stappe nodig het! Ek is op intree vlak as dit by kosmaak kom...
    Hi Ben,

    Ek het eintlik nie dit heeltemal reg nie en het net eers weer seker gaan maak. Die resep is basies as volg,

    300 gram skaapvleis
    1 groot ui
    3 tot 4 medium aartappels
    500 gram boontjies in so 2 cm stukke gekerf
    1 groot groen tamatie (rooi sal ook werk)
    Sout en peper na smaak

    Braai eers jou vleis in olie
    Jy kan die ui braai, maar dan kook dit heeltemal weg
    Sny die ui, tamatie en aartappels en boontjies in kleiner stukke en gooi saam met vleis in pot
    Gooi water in pot, maar nie dat dit alles oordek nie, net sodat jy die water kan sien
    Sit deksel op en kook water weg en sit dan bietjie botter by as dit gaar is
    Sit sout en peper by soos nodig en as alles deurgekook is kan jy dit effe fyner maak as nodig

    Jy kan iets soos Jalepeno bysit as dit in jou smaak is...

    Leave a comment:


  • Ben Cronje
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    En wat is jou metode Ferdi?

    Jy los my redelik hier in 'n posisie waar dit baie oop is vir interpretasie...

    Ek is 'n man wat stappe nodig het! Ek is op intree vlak as dit by kosmaak kom...

    Leave a comment:


  • CFJ
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Hi Ben,

    Ek weet die outydse resepte is maar basies aartappels, boontjies, skaapvleis, sout en peper. Ek het nie 'n resep nie en sou reken so 40% aartappels en 60% boontjies en vir myself sit ek Jalapeno rissie na smaak ook in...

    Leave a comment:


  • Ben Cronje
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Vandag het ek hulp nodig. Ek wil graag 'n boontjie bredie maak more, maar is op soek na een van daai respite wat mens by mens se ouma gekry het. Lekker ou-skool traditionele boontjie bredie.

    Ek het skaapvleis en 'n Falkirk platboom pot.

    Wie kan tot my redding kom?

    Groete

    Ben

    Leave a comment:


  • Ben Cronje
    replied
    Re: Mans kan ook kook!

    Dis koud hier in die Kaap en pannekoek-weer.

    Manne, ek gaan vir julle 'n resep gee om die dames in jul lewe mee te beindruk. Het julle geweet dat mens pannekoek-deeg 'n 'n twee liter koeldrank bottel kan aanmaak? Cool, né!?

    Hier kom hy:

    Neem 'n lee 2 liter koeldrank-bottel en gooi daarin:

    1 koppie meel (self - raising)
    ½ teelepel sout
    3 eiers
    1 koppie melk
    1 eetlepel kookolie

    Belangrik:

    Gooi eers meel, melk en sout in en skud tot jou regter arm lam is. Gooi dan eiers en olie by en skud tot linker arms lam is. As regterarm herstel het, gooi in warm pan.
    Beste: Kanneel of karamel kondensmelk sal hierdie wonderwerkie mooi afrond.

    Laat weet my nadat julle hierdie model toets-bestuur het.

    Leave a comment:

Working...
X