Announcement

Collapse
No announcement yet.

Watter Kerk?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Watter Kerk?

    Miskien loop ek soms dinge heeltemal vooruit, maar ek probeer om al my huiswerk hier gedoen te kry voordat ek terugkeer huistoe.

    Ek het sommer 'n hele lysie gemaak van dit wat ek moet en nie moet doen nie. Nadat ek die draad gelees het met die doping van die Heilige Gees, het ek duidelik geweet, dat wat mense aan my gese het, dat ek die regte kerk moet soek, 'n baie, baie noodsaaklikheid gaan wees.

    Nou het ek hulp en raad nodig, om te weet watter kerk vir my geskik sal wees. Hoe weet ek dis die regte kerk vir my, waarvoor moet ek op die uitkyk wees? ens.

    Hoop van harte julle sal my kan raad gee.............
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    Hallo Linda,

    Dis baie belangrik om by die regte kerk uit te kom. Hier is drie skakels na besprekings oor die onderwerp waarna jy kan kyk...

    http://bibleforums.org/showthread.php?t=144547

    http://bibleforums.org/showthread.php?t=139220

    http://bibleforums.org/showthread.php?t=122331

    Hoop dit help....
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

    Comment


    • #3
      Dankie Lanie vir die "links" ek waardeer dit, en het van dit gaan oplees. Ongelukkig is ek of vreeslik stadig of vreeslik ongeletterd, maar op hierdie staduim is ek nou nog meer vervar van wat reg en verkeerd is. Ek het gedink Christene wil almal die Here se werk reg doen, maar is nou nie meer so seker nie.......................
      Saved by Grace!

      Praying for Mieke and Charles
      Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


      My testimony
      http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

      Comment


      • #4
        MercyChild,
        dis wonderlik om die paar mensies raak te loop wat nog God se werk reg wil doen.
        Ek persoonlik is juis uit die kerk uit, want daar is heeltemal te veel dogma en leringe in die kerk wat nie skriftuurlik is nie en nog afstam van die Roomse kerk.

        My raad aan jou:
        Die Bybel bestaan van Genesis tot Openbaring.
        Soek 'n gemeente wat die Jesus van die Bybel verkondig - Joh 5:39 "Julle ondersoek die Skrifte (onthou hier het die Nuwe Testament nognie bestaan nie - dit was nog in wording), omdat julle meen dat julle daarin ewige lewe het; en dit is di wat van My getuig."

        Die Ou testament en die Psalms, Profete en die wet getuig van Jesus - kyk wat staan daar geskrywe van Jesus daarin ook - Kyk of dit ooreenstem met die Jesus wat vandag in die kerke verkondig word. Baie kerke se ja die ou testament is nou klaar en verby, maar die Profete getuig nog van wat nog gaan gebeur ook. Dis juis die skrifgeleerdes wat dan die Profete doodgemaak het, net so doen vandag se kerke ook.

        Openbaring 10:7
        maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.
        Handelinge 28:23
        En hulle het vir hom n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgel; en van die mre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus.
        Lukas 24:25 - 27
        En Hy s vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgel in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
        Mattheus 5:17
        Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

        Meeste van vandag se Christene is Lou - want ons lewe in die tyd van die gemeente van Laodicense (Openbaring 3:14 - 22)
        Die ware Jesus staan buite die kerk en klop, want daar word vandag 'n ander Jesus verkondig, een wat nie die een is waarvan die Skrifte getuig nie. Ja die stuk bedoel ook dat Jesus aan die enkeling se hart klop.

        Sien die Bybel so: Die Ou Testament is die Nuwe Testament verborge, en die Nuwe Testament is die Ou Testament geopenbaar. Dink bietjie hieroor. Jy kan nie die twee van mekaar skei nie, dan gaan die Bybel nooit vir jou sinmaak nie en baie mense gaan jou mislei.

        Ek wil jou nieafraai om gladnie aan 'n gemeente te behoord nie, ek waarsku jou net om baie versigtig te wees vir ENIGE kerk, daar is 'n verskil tussen 'n gemeente en 'n kerk. Alle gemeentes wat in Gees en Waarheid aanbid, is die liggaam van Christus, so wees deel van die liggaam van Christus, en elke lid in die liggaam is deel van die liggaam en die voet kan nie vir die oog s ek het jou nie nodig nie.

        Comment


        • #5
          Dankie vir die skrifte Psalm. Miskien moet ek hierdie maar 'n gebed saak maak!
          Saved by Grace!

          Praying for Mieke and Charles
          Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


          My testimony
          http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

          Comment


          • #6
            Originally posted by MercyChild View Post
            Dankie Lanie vir die "links" ek waardeer dit, en het van dit gaan oplees. Ongelukkig is ek of vreeslik stadig of vreeslik ongeletterd, maar op hierdie staduim is ek nou nog meer vervar van wat reg en verkeerd is. Ek het gedink Christene wil almal die Here se werk reg doen, maar is nou nie meer so seker nie.......................
            Hi Linda,

            Ons leef in 'n wreld vol misleiding en daar is inderwaarheid nie 'n kerklike instelling, wat mens 100% gaan beskerm teen dwalinge nie. Die enigste onfeilbare beskerming wat ons het, is die hoop in ons (Rom 5:5; 8:24). Jesus het juis Sy koningkryk in ons harte geplaas, binne in ons (Luk 17:21), sodat Hyself kan heers. Jesus s self die volgende...

            En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
            (Joh 14:16-18 AOV)

            Heel eerste moet ons aan Hom vashou en Hy belowe, Hy sal ons nie as wese agterlaat nie. Oor hierdie rede hoef jy nie bekommerd te wees nie, want die Here sal as jy Hom eerste stel, jou lei na die regte plek toe. Jy kan dalk 'n net 'n seisoen daar wees, dan lei die Here jou weer na 'n volgende plek toe. In ons dag verval kerke egter baie gou of maklik, maar dit kan wees dat jy tot die dood daar kan wees. My eie ondervinding was dat nie een van hierdie plekke volmaak was nie, maar op die gegewe oomblik was dit net wat ek nodig gehad het om te groei in my geloof en mens kan maar net die Here alleen vertrou, oor waar Hy jou wil plaas op 'n gegewe oomblik.

            Wat mense soms doen is om elke week 'n ander Kerk te gaan besoek. Hierdie soektog werp altyd vrugte af en alhoewel jy nie 'n volmaakte Kerk gaan kry nie, sal jy verseker een kry wat die behoefte in jou sal bevredig, wat jy op daardie oomblik nodig het. Die belangrikste is egter nie altyd mens se persoonlike behoeftes nie, maar om die Here te behaag en dit is waaraan jy ook die Kerke moet meet, behaag hulle die Here? Nie een enkele mens kry sommer net opsigtelike antwoorde by die Here nie, Hy wil h ons moet soek, sodat Sy beloftes kan waar word vir ons!

            En Ek s vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
            (Luk 11:9-10 AOV)

            Jy kan 'n Kerk vind wat wonderlik is, maar dit is ongelukkig so dat dit nie altyd hou nie en dan staan mens maar net weer voor keuses, keuses wat mens heeltyd dring om of die Here eerste te stel, of die wreld.
            The Rapture

            My dearest friends, Im so sorry so sorry
            but I must confess, dont worry
            the rapture is not before the Great Tribulation
            its before Gods wrath!!!

            Because His wrath is not meant for you
            its for all the people in the zoo
            think about it and refresh
            you will see theres no way out of here, in the flesh

            If you really believe, you will see
            the rapture is for you and me
            when we decide to leave from here
            that very day, oh! God adhere


            Comment


            • #7
              Dankie Ferdi, ek gaan definitief soek.
              Ek het gedink dit sal vrugte pluk as ek 'n paar opinies het rondom kerke. Ek wil egter net die sekerheid he, dat ek nie buite God se Wil sal beweeg nie. Maar ek dink jou raad is beslis iets wat ek in ag kan neem. Ek is redelik bewus nadat ek sommige inligting gaan opsoek en oplees het, dat dit moeilik is dat mense altyd ooreen sal stem oor baie dinge.

              'n Gebedsaak sal dit verseker wees. Miskien help dit my nou nie eers om te kommer oor 'n kerk soek nie, aangesien ek nog redelik in die donker is wat die toekoms behels. Miskien moet ek my maar net berus dat God wel die beste weet, en dat Hy die beste vir my instoor het, en volkome op Hom vertrou om my na die regte plek te lei!

              Dankie Ferdi
              Saved by Grace!

              Praying for Mieke and Charles
              Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


              My testimony
              http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

              Comment


              • #8
                MercyChild,

                kyk na die Woord, (verlang na die onvervalsde melk van die Woord soos 'n pasgebore baba) lees baie noukeurig onder andere 1 Kor 12 - 14. (Jy kan eintlik die hele Korinthiers lees, Lees ook Galasiers - net om jou te versterk in die feit dat jy moet oppas vir wettisme, sommer ook Romeine en Hebreers)
                Let op:
                1 Kor 14:26
                "Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle n psalm of n lering of n taal of n openbaring of n uitlegginglaat alles tot stigting geskied." - Jesus is die hoof van die gemeente, nie 'n dominee nie, elke lid is deel van die liggaam.

                1Kor 14:40 - "Laat alles welgevoeglik en ordelik toegaan" - Oppas vir onordelike plekke.

                Nog 'n puntjie wat ek moet s is dit: Dis uiters noodsaaklik om deel te raak van 'n gemeente en versigtig te wees om nie 'n swerwer tussen gemeentes te raak nie, as iets jou pla in 'n gemeente praat met die gemeente raad van daai gemeente daaroor, meet die terugvoer van daai gemeenteraad teenoor die Woord in die hele verband/konteks van die Woord (bid dat die Heilige Gees jou sal lei) - Oppas dat iemand nie 'n skriffie uit verband/konteks ruk nie.
                Die Gemeente is ook daar om elkeen in die gemeente te vorm, en te skaaf, al daai lelike skerp kante van die klippies af te skaaf. Vermaan mekaar in Liefde en word vermaan in Liefde - As mens 'n swerwer is, dan raak mens umuun teen opregte vermaning want dan vat jy jou goedjies en waai. Die liggaam van Christus bestaan uit lede, as jy weet die Heilige Gees oortuig jou van iets, en jy maak 'n voorstel en niks kom daarvan nie (en dis nie aan jou deurgegee dat die voorstel onskriftuurlik is nie), onthou - jy is 'n lid van die liggaam, doen JY dan iets daaromtrend om die oortuiging wat die Heilige Gees jou in jou hart gegee het uit te leef. Baie mense het baie voorstelle, maar gewoonlik word dit nie uitgevoer nie, want niemand wil vrymoedigheid neem om dit te begin nie.
                Laaste dingetjie -
                Psa 146:3
                Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.

                Partykeer lyk dit asof die of daai persoon hoog heilig is en net absoluut alles weet en reg doen, moenie 'n "Prins" van die persoon maak nie (leer die goeie van mense wat goeie vrugte dra, maar moenie navolgers van mense word nie!) - Die enigste Prins is Jesus! Moenie mense op "pedestals" plaas nie - mense stel teleur, dis alleenlik Jesus se plek daai! - En moenie dat iemand jou op 'n pedestal plaas nie - Jy gaan deur Jesus afgehaal word daar!

                Spreuke (of is dit nou in psalms?) s: Ek tugtig die wie ek liefhet - sodat daai skerp hoekies kan glad word - dis nie lekker nie maar noodsaaklik. Ander dag gaan jy s, Dankie Vader vir daai vermaning en tugtiging!

                Dra goeie vrugte, anders word die boom uitgekap!

                Sterkte en mag die Heilige Gees jou lei in jou soektog om deel te raak van die liggaam van Christus sodat jy kan groei in jou bediening en vir Hom kan arbei en vrug dra, 30 of 60 of 100 voudig!

                Comment


                • #9
                  Originally posted by MercyChild View Post
                  Dankie Ferdi, ek gaan definitief soek.
                  Ek het gedink dit sal vrugte pluk as ek 'n paar opinies het rondom kerke. Ek wil egter net die sekerheid he, dat ek nie buite God se Wil sal beweeg nie. Maar ek dink jou raad is beslis iets wat ek in ag kan neem. Ek is redelik bewus nadat ek sommige inligting gaan opsoek en oplees het, dat dit moeilik is dat mense altyd ooreen sal stem oor baie dinge.

                  'n Gebedsaak sal dit verseker wees. Miskien help dit my nou nie eers om te kommer oor 'n kerk soek nie, aangesien ek nog redelik in die donker is wat die toekoms behels. Miskien moet ek my maar net berus dat God wel die beste weet, en dat Hy die beste vir my instoor het, en volkome op Hom vertrou om my na die regte plek te lei!

                  Dankie Ferdi
                  Regte besluit Linda, ek leer maar stadig om eerste na God te gaan voor ek na vrinde en familie hardloop...

                  Ons het wonderlike broers en suster op die forum,
                  maar ons almal is mense met foute en sondig van vlees , en ook opinies en voorkeure.
                  MAAR Hy weet waar Hy jou wil he
                  en waar Hy jou wil gebruik
                  en ek is sommer "jaloers en wil plekke met jou ruil" ( maar is so bly vir jou ook oor wat ek lees in jou lewe gebeur en hoe Hy werk dat ek wil cheer vir jou)
                  ek raak sommer soos my laaitie opgewonde oor die slapies voor ons plaas toe ry oor waar jy gaan opeindig en die mense wat daar gaan wees en hoe Hy jou daar gaan gebruik en/of gaan leer?
                  Vertou gerus op Hom, Hy is ons Hoop en ons Redding en Vader en Vesting
                  Dis alles net genade -Ma Grace
                  "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                  Comment

                  Working...
                  X