Announcement

Collapse
No announcement yet.

Lagwekkend

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Lagwekkend

    Hi, ek moet hierdie srorie met julle deel!!!
    Ek kannie ophou lag nie. My Bure speel toe mos hulle weird music kliphard hier op die heilige Sondag, en dit hou net aan en aan. My seun se musiek sentrum in sy motor kos meer as die kar self, en ek sit toe DE LA Rey se cd op en draai dit op 50 decibells oop. Dit was nie 10 minute nie, toe is die lot doodstil. Wat die snaakste is, dat my ander bure nie hulle neuse by hul huise uitgesteek het nie. Man, dit was skreeu snaaks!!!!1

  • #2
    Originally posted by marline View Post
    Hi, ek moet hierdie srorie met julle deel!!!
    Ek kannie ophou lag nie. My Bure speel toe mos hulle weird music kliphard hier op die heilige Sondag, en dit hou net aan en aan. My seun se musiek sentrum in sy motor kos meer as die kar self, en ek sit toe DE LA Rey se cd op en draai dit op 50 decibells oop. Dit was nie 10 minute nie, toe is die lot doodstil. Wat die snaakste is, dat my ander bure nie hulle neuse by hul huise uitgesteek het nie. Man, dit was skreeu snaaks!!!!1
    Ja dis die vinnigste wat hulle die boodskap kry. Ek het so aantal jare gelede gehoor van iemand wat las gehad het van sy bure wat gereeld partytjies gehou het tot in die vroee oggendure, en hy nagte aaneen wakker gehou was as gevolg daarvan. Praat het nie gehelp nie.

    Toe gaan leen hy 'n paar GROOOOOT luidsprekers en 'n meneer van 'n klankstelsel. Die luidsprekers plaas hy toe teen die heining, ongeveer drie tree van sy bure se slaapkamer. En wanneer hulle slaap, dan draai hy die musiek oop.....! Nodeloos om te se, na 'n paar sulke sessies het die bure om verskoning kom vra, en hy het nooit weer na 12 in die aand probleme gehad nie.

    Comment


    • #3
      QUOTE=Gene;1945216]Ja Toe gaan leen hy 'n paar GROOOOOT luidsprekers en 'n meneer van 'n klankstelsel. Die luidsprekers plaas hy toe teen die heining, ongeveer drie tree van sy bure se slaapkamer. En wanneer hulle slaap, dan draai hy die musiek oop.....! Nodeloos om te se, na 'n paar sulke sessies het die bure om verskoning kom vra, en hy het nooit weer na 12 in die aand probleme gehad nie.[/QUOTE]
      sulke mense kan gewoonlik nie hulle eie medisyne vat nie. My vriendin speel swaar klassieke musiek vir haar bure sodra hulle te wild raak!!!!!

      Comment


      • #4
        Is dit nou 'n ander interpretasie van " die ander wang draai " - straf jouself verder met nog harder musiek ????.... ..

        of is dit 'n "oor vir 'n oor "

        m
        Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

        Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

        Comment


        • #5
          Nee wat Mari, hierdie harde musiek @ harde musiek hou gewoonlik nie lank aan nie, dan kry hulle die boodskap. Mooi praat help nie altyd nie, dan moet mens maar daadwerklik optree. Veral as dit darem nou heeldag tot laatnag aangaan sien!!!

          Comment


          • #6
            My lawaaerige bure het ook al geleer om die musiek sagter te draai.... ek het eenvoudig die polisie gebel en hulle aangegee vir rusverstoring.... 2uur in die oggend is nie meer party tyd nie ,,,, mense nogals van die musiek maak my siek fabriek
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Lastige bure

              Laat my dink aan die ou wat ook so gesukkel het met sy bure. Mooi gepraat maar dit help niks. Een nag besluit hy om wraak te neem. 10 uur die aand bel hy en vra: "Kan ek met Jannie praat asseblief?" "Nee hier is nie so 'n persoon nie." Twaalfuur bel met die selfde storie en verder die nag elke uur. Die buurman het moedeloos geword maar die oproepe stop nie. Ses uur die oggend lui sy foon weer. "Hallo." se hy baie moedeloos. "Hallo, dis Jannie hier. Is daar enige boodskappe vir my!"
              Manie Verster
              Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oŽ om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
              1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
              1Th 5:17 Bid sonder ophou.

              Comment


              • #8
                Van harde musiek na kabaret.

                Ek het hierdie week die snaaksste storie gehoor van n stoere skaapboer wat sy vrou wou bederf en het haar toe vir haar verjaardag na n kabaretvertoning toe geneem. Dis nou glad nie sy 'scene' nie, maar nietemin koop hy die kaartjies en so beland hulle in die voorste ry.
                Tussen elke sangitem het n kabaretdanseres n paar passies gemaak met so n vreemde skop-skop en dan n hop voordat sy weer begin skop. So met die 5e skop leun hy oor na sy vrou toe en fluister in haar oor: Aarde Vrou, as my skape so begin skop, WEET ek verseker hulle het neuswurm!

                Is sulke snaakse situasies ook vir julle so snaaks dat jy later wil huil van die lag?

                Comment


                • #9
                  en die buurman wie se honde heelnag deur geblaf het, einde ten raad bel hy hom mddel van die nag en se "woef woef " einde van blaf!!!!

                  Comment


                  • #10
                    ...en met die fancy telefone vandag weet hulle presies wie bel, want jou nommer wys mos....
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment

                    Working...
                    X