Ek hoop die volgende maak vir julle sin.
Dit het sopas hier begin sneeu. Vandag toe ek buite rondloop, het ek die natuur bekyk en besef hoe dood alles is, die bome is kaal, swart en strak. Ek was sommer omgekrap omdat ek ons lente gemis het as die blomme begin bot.
Toe ek by my venster uitkyk en die sneeu bekyk wat val, het ek besef hoe mooi die natuur werklik is. Die wereld om my lyk soos ‘n wolkombers met die ysige wit sneeu toegevou.
Ek dink in ons lewens, wel in myne het ek die seisoene ervaar. Ek moes met my lewensreis die winter invaar, waar alles koud is, en dat al die blare van sonde en houvas van my boom moes afval. Ek was soos hierdie bome wat ek vandag gesien het, heeltemal kaal, en het niks oor gehad nie, en ook geen vrug gedra nie.
Soms was die lewe tydens die periodes baie koud…….selfs toe die sneeu val. Die sneeu simboliseer vir my reinheid as gevolg van sy spierwit kleur. En dit weer op sy beurt simboliseer vir my die reinheid van Christus wat my met Sy bloed omvou het die dag toe ek my hart aan hom gegee het. Die mees wonderlikste van alles om te weet, is wanneer die sneeu begin smelt, dat die grassies weer begin groei, dat bome bot, en vrugte voort sal bring…………….Miskien is dit effens simpel, maar ek het gedink dis werklik ‘n mooi gedagte om te weet dat God ons deur seisoene in die lewe bring.

Comment