Announcement

Collapse
No announcement yet.

Seisoene

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Seisoene

    Ek hoop die volgende maak vir julle sin.

    Dit het sopas hier begin sneeu. Vandag toe ek buite rondloop, het ek die natuur bekyk en besef hoe dood alles is, die bome is kaal, swart en strak. Ek was sommer omgekrap omdat ek ons lente gemis het as die blomme begin bot.

    Toe ek by my venster uitkyk en die sneeu bekyk wat val, het ek besef hoe mooi die natuur werklik is. Die wereld om my lyk soos ‘n wolkombers met die ysige wit sneeu toegevou.

    Ek dink in ons lewens, wel in myne het ek die seisoene ervaar. Ek moes met my lewensreis die winter invaar, waar alles koud is, en dat al die blare van sonde en houvas van my boom moes afval. Ek was soos hierdie bome wat ek vandag gesien het, heeltemal kaal, en het niks oor gehad nie, en ook geen vrug gedra nie.

    Soms was die lewe tydens die periodes baie koud…….selfs toe die sneeu val. Die sneeu simboliseer vir my reinheid as gevolg van sy spierwit kleur. En dit weer op sy beurt simboliseer vir my die reinheid van Christus wat my met Sy bloed omvou het die dag toe ek my hart aan hom gegee het. Die mees wonderlikste van alles om te weet, is wanneer die sneeu begin smelt, dat die grassies weer begin groei, dat bome bot, en vrugte voort sal bring…………….Miskien is dit effens simpel, maar ek het gedink dis werklik ‘n mooi gedagte om te weet dat God ons deur seisoene in die lewe bring.
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    MercyChild,
    dit wat jy s maak 100% sin, die Heilige Gees is besig om in jou te werk - lees Psalm 51, koning Dawid het dieselfde gevoel:

    Vir die musiekleier. n Psalm van Dawid, toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Btseba ingegaan het. Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want k ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u o, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. Kyk, U het n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees assneeu. Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het. Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur n gewillige gees. Ek wil die oortreders u we leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel. Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig. Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie. Die offers van God is n gebroke gees; n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op. Dan sal U n welbehae h in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.

    Comment


    • #3
      Awesome!..........
      Saved by Grace!

      Praying for Mieke and Charles
      Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


      My testimony
      http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

      Comment


      • #4
        Hi Linda,

        Dis wanneer mens sulke diep dinge sommer hier rondom mens raaksien, wanneer die lewe begin sin maak. Dis 'n mooi manier om dit te vertel en maak soos Psalm s, 100% sin!
        The Rapture

        My dearest friends, Im so sorry so sorry
        but I must confess, dont worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        its before Gods wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        its for all the people in the zoo
        think about it and refresh
        you will see theres no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhere


        Comment


        • #5
          Jy sien dan nou beter ne!!

          Comment


          • #6
            Originally posted by Dauwq View Post
            Jy sien dan nou beter ne!!
            lol..........ek het begin om die mooi in die lewe raak te sien. Weet jy wanneer laas het ek weer die natuur raak gesien. Ek dink dit is wat dinge so amazing maak!
            Saved by Grace!

            Praying for Mieke and Charles
            Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


            My testimony
            http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

            Comment


            • #7
              MercyChild

              In teenstelling met die koue en sneeu daar by jou, het die Here vir ons hier in die Noordwes provinsie hierdie somer wonderlike ren gegee.

              Benewens die wonderlike vertroosting wat Hy daardeur vir ons gebring het na verlede jaar se droogte en erg hitte, merk mens met nuwe verskerpte perspektief die wonder van Sy skepping op in die pragtige groen wat so welig is hierdie somer, die helder kleurespel van blomme en in die "super"-groei wat die plante hierdie seisoen beleef.

              Ek het laatmiddag juis deur die veld gestap en 'n lieflike tydjie met my Heer deurgebring.

              Dank Hom ook vir die natuur!
              Last edited by Stephen_NW; Jan 14 2009, 09:31 PM. Reason: spel correction

              Comment


              • #8
                Originally posted by Stephen_NW View Post
                MercyChild

                In teenstelling met die koue en sneeu daar by jou, het die Here vir ons hier in die Noordwes provinsie hierdie somer wonderlike ren gegee.

                Benewens die wonderlike vertroosting wat Hy daardeur vir ons gebring het na verlede jaar se droogte en erg hitte, merk mens met nuwe verskerpte perspektief die wonder van Sy skepping op in die pragtige groen wat so welig is hierdie somer, die herlder kleurespel van blomme en in die "super"-groei wat die plante hierdie seisoen beleef.

                Ek het laatmiddag juis deur die veld gestap en 'n lieflike tydtjie met my Heer deurgebring.

                Dank Hom ook vir die natuur!
                Ek is bly dat ek sommer vinnig terug gaan wees om die skone natuur weer te bewonder. As 'n mens so na die natuur kyk, besef ek hoe groot ons God werklik is.............natuurlik mal oor die natuur
                Saved by Grace!

                Praying for Mieke and Charles
                Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                My testimony
                http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                Comment

                Working...
                X