Announcement

Collapse
No announcement yet.

Demone en Spoke

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Demone en Spoke

    Is daar 'n verskil??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    <SMILE>... die een is goed vir jou en die ander een nie. Die een is veral goed omdat dit nie bestaan nie. Demone is in alle waarskynlikheid niks anders as spoke nie, behalwe as dit sommer 'n spook-storie is.
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Originally posted by ACCM View Post
      Is daar 'n verskil??
      DagsÍ

      Ja, daar is 'n groot verskil. Demone bestaan, spoke bestaan nie.

      Daar is nie so iets dat iemand sterf en dan rusteloos hier op aarde as 'n spook rondhang totdat hy nou vrede of wat ookal gekry het nie. Ek sÍ nie party mense het nog nooit iets gesien wat vir hulle lyk soos 'n spook of dalk lyk soos iemand wat hulle ken nie, maar hierdie is bloot demone wat manefisteer as spoke.

      Enige te doen wat jy sal kry met die geestelike wÍreld is slegs demone, nie spoke nie. Hierdie mense wat blykbaar so met die afgestrowenis praat, gebruik niks anders as 'n medium (demoon) wat hulle voorsÍ nie. En ja, van hierdie inligting wat hulle deurgee is partymaal nogals waar, maar dit sal bloot wees weens kennis wat daardie medium (demoon) het rakende die persoon wat dood is se lewe en gebeure rondom hom, aangesien die geesteswÍreld 'n baie komplekse netwerk van demone het.

      Ek hoop dit maak sin

      Groete
      PFM

      Comment


      • #4

        Ek stem saam met almal wat hierbo geantwoord het. Ek dink dat sekere mense meer genieig sal wees om spoke te sien omdat hulle oop is daarvoor. Die demone gebruik bloot net die emosionele konotasie wat die persoon met die oorlede persoon het, en gebruik dit dan om so `n persoon to bedrieg.
        "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."


        in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.


        Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

        "Oh, taste and see that the Lord is good"

        Comment


        • #5
          Originally posted by 14390876 View Post

          Ek stem saam met almal wat hierbo geantwoord het. Ek dink dat sekere mense meer genieig sal wees om spoke te sien omdat hulle oop is daarvoor. Die demone gebruik bloot net die emosionele konotasie wat die persoon met die oorlede persoon het, en gebruik dit dan om so `n persoon to bedrieg.
          Ek sÍ; as jy 'n spook wil sien, sal jy hom sien Maar dit vat fynkyk om 'n demoon uit te ken

          aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale.
          1 Kor 12:10

          Comment


          • #6
            Mens wonder nogal oor die spook van Uniondale. Dit is blykbaar 'n vrou wat iewers naby Uniondale saam met mense ry en op een of ander wyse duimgooi. Hulle laai haar op en op 'n stadium is die net weg...

            Mens moet miskien die dame gaan ontmoet en hoor wat is haar storie, sy bly nie vÍr hier van my af nie.

            Wat net snaaks is, is dat mens al vir baie jare net niks van hierdie spook hoor nie. Dit lyk my of dit net 'n spesifieke generasie was wat die spook kon sien. Dalk het 'n spook haar eendag opgelaai en baie vÍr met haar gery...
            The Rapture

            My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
            but I must confess, donít worry
            the rapture is not before the Great Tribulation
            itís before Godís wrath!!!

            Because His wrath is not meant for you
            itís for all the people in the zoo
            think about it and refreshÖ
            you will see thereís no way out of here, in the flesh

            If you really believe, you will see
            the rapture is for you and me
            when we decide to leave from here
            that very day, oh! God adhereÖ


            Comment


            • #7


              Ek dink die feit dat dit so bekend was is juis wat dit laat manifesteer het.
              "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."


              in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.


              Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

              "Oh, taste and see that the Lord is good"

              Comment


              • #8
                Originally posted by Phil Fourie View Post
                ...aan 'n ander onderskeiding van die geeste, ... 1 Kor 12:10
                Ek glo hierdie het meet te doen met die onderskeiding van mense, in die sin dat hulle vanuit die Gees praat of nie. Indien iemand bv. profeteer moet sy gees getoets word.

                Peoples New Testament sÍ oor die vers: To another discerning of spirits. The power of reading hearts and determining whether men spoke by the divine spirit, or some other impulse.

                Anton
                Last edited by Tonton; Sep 4 2007, 11:56 AM.
                השייך לאלוהים דרך ישו

                Comment


                • #9
                  Originally posted by 14390876 View Post


                  Ek dink die feit dat dit so bekend was is juis wat dit laat manifesteer het.
                  Net vanoggend vertel iemand my dat hy al die spook van Uniondale gesien het. Hulle was oppad terug van Oos-London hier in 1996 rond. By die kleurlinge is die spook veral bekend en hulle sien werklik presies dieselfde spook. 'n Mooi jong vrou. Hulle het skynbaar die vrou sien duimgooi en haar nie opgelaai nie, maar net na hulle verby gery het, het sy skielik tussen hulle in die taxi gesit. Hy sÍ hy is iemand wat kort hare het en ook daai tyd gehad het, maar daai dag of aand het hy 'n volwaardige afro gehad en almal was tjoepstil in die taxi en het nie 'n dooie woord gesprak nie. Toe hulle weer sien was die vrou net weg. Dit het tussen Uniondale en Noll, net voor die Kamanassie afdraai gebeur. So die spook spook nog...
                  The Rapture

                  My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                  but I must confess, donít worry
                  the rapture is not before the Great Tribulation
                  itís before Godís wrath!!!

                  Because His wrath is not meant for you
                  itís for all the people in the zoo
                  think about it and refreshÖ
                  you will see thereís no way out of here, in the flesh

                  If you really believe, you will see
                  the rapture is for you and me
                  when we decide to leave from here
                  that very day, oh! God adhereÖ


                  Comment


                  • #10
                    Klink vir my soos 'n demoon wat niks het om te doen met sy tyd nie

                    Hier is so 'n storie hier in Pietersburg ook, ek is nie te goed bekend daarmee nie, maar dit "spook" op 'n pad hier uit die dorp uit na die Silikon Myn, daar tussen die bloekom bome woon blykbaar 'n "ietsie". Self het ek nog nie gaan kyk nie. Ek stel ook nie werklik belang nie, kanse is goed dat hy nie daar sal wees as ek kom kuier nie, die goed is net nooit daar as ek kom nie.

                    Pitty, ek sou vir hom daar uit die bluegums uitgejage het

                    Comment


                    • #11
                      My man het al 'n spook/demoon gesien. Hy was bestuurder by 'n groot begrafnisondernemer. Ons het bo in die woonstelle gebly en hy kry toe so 11hoo die aand 'n oproep dat iemand oorlede is. Hy moes toe kantoor toe gaan om die nodige reelings te tref vir die afhaal van die liggaam. By die kantoor moes hy met 'n lang gang afstap. Aan die regterkant was 5 waghokkies waar die familie van die oorledenes sit as hulle die begrafnis reelings kom tref. Daar was geen lig nie en hy het in die donker die gang afgestap. Nie 'n bang haar op sy kop nie. Toe hy verby die 2de laaste hokkie kom sit daar 'n ou tannie en glimlag vir hom. Hy groet so ewe en toe hy verby is toe besef hy dat daar is nie reg is nie. Toe hy terugdraai was sy weg. Hy sÍ dat sy helder verlig was en hy kon alles omtrent haar sien. Tot die handsak wat sy netjies op haar skoot vasgehou het. Nodeloos om te sÍ dat my man met sy rug teen die muur die nodige oproepe gemaak het en binne 3 tree die gang af is woonstel toe. Toe hy die deur oopmak was hy spierwit geskrik. Ek het die arme man baie jammer gekry!
                      http://engelhart-engelhart.blogspot.com/

                      Comment


                      • #12
                        Dit is Chinese New Year hier by my, so ek het 'n paar dae vakansie.

                        Ek lees so hier en daar op die ou drade en my oog vang toe die "spook van Uniondale" in hierdie draad.

                        Die meisie, of dan die "spook" wat gesien word is werklik. Met werklik meen
                        ek dat mense dit al werklik gesien het.

                        Sy en haar man was op pad erens heen tydens hul wittebrood.
                        Hulle was pas getroud en beide jonk. Die ongeluk was op die pad naby Uniondale.
                        Hulle is beide blykbaar op slag dood. Sy was van Riversdal waar haar pa 'n
                        onderwyser by een van die plaaslike hoerskole was.

                        Ek is bewus daarvan dat 'n groep NG predikante van die Suid-Kaap area
                        op 'n keer bymekaar gekom het en vir die meisie/spook gebid het.
                        Dit is nou seker al so 20 jaar gelede, maar soos CFj genoem het, sy word nog gesien.
                        Ek verstaan dit was in reaksie op die feit dat mense haar gesien het na haar dood.

                        Hier in Taiwan is daar baie bygelowe. Na 12 in die aand gaan jy nie
                        badkamer toe nie, want as jy dan in die spieel sou kyk, sou jy 'n spook
                        agter jou sien staan. Moet ook nie fluit nie, want dit lok die spoke.
                        Hier by Augustus rond, is dit ghost month. Dan koop min mense groot artikels en
                        min transaksies vind plaas, want hulle glo dit is dan die tydperk
                        wanneer die spoke rond loop. Mens kan nogal winskopies in hierdie tyd optel,
                        as jy nou nie te bang is vir die spokies nie.

                        Dan is daar die gebruik wat my na sewe jaar nog steeds totaal verbaas.
                        Mense koop ghost money. Hulle betaal, met regte geld, en kry dan die
                        ghost money. Dit is nes monopoly geld. Waardeloos. Net geel papier.
                        Dan maak hulle vuur in 'n staal drom, so reg voor die woning, winkel of
                        wat ookal en brand dan die ghost money op. Ongelooflik!!
                        Daai ghost money is dan vir die dooie voorvaders in die "ander wereld".
                        Jy kan al self per krediet kaart hierdie "ghost money" koop. Dan kry jy slegs
                        die kwotansie wat jy dan kan brand.

                        Dit is loshande die beste, mees winsgewendste besigheid wat ek al gesien het.

                        Comment


                        • #13
                          Originally posted by Paul Pienaar View Post
                          Dit is loshande die beste, mees winsgewendste besigheid wat ek al gesien het.
                          Hmmm, klink na 'n goeie idee om die spokerige ekonomie weer aan die gang te kry!
                          The Rapture

                          My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                          but I must confess, donít worry
                          the rapture is not before the Great Tribulation
                          itís before Godís wrath!!!

                          Because His wrath is not meant for you
                          itís for all the people in the zoo
                          think about it and refreshÖ
                          you will see thereís no way out of here, in the flesh

                          If you really believe, you will see
                          the rapture is for you and me
                          when we decide to leave from here
                          that very day, oh! God adhereÖ


                          Comment


                          • #14
                            Ek was altyd van mening dat ons in die bo-natuurlike wereld ook 'goodies' en 'baddies' kry soos op aarde. Die 'baddies' is as demone bestempel en die 'goodies' as engele. Die engele as God se werkers en boodskapdraers en die demone onder satan se heerskappy. Maar die naam 'spook' weet ek nie of dit positief of negatief geinterpreteer moet word nie. Daar is net te veel positiewe en negatiewe stories uit die verlede om beide standpunte te staaf.

                            Comment


                            • #15
                              Of hulle nou ronddwaal op die aarde omdat hulle nie rus kan vind nie, sal ek my nie oor uitlaat nie (dit klink op die oog af nie Bybels nie) maar dat spoke, oftewel geeste van afgestorwenes bestaan, is gewis. Ons lees bv in die Bybel van Saul wat na die heks van Endor gegaan het om Samuel se gees op te roep, wat sy dan ook gedoen het. Dit kan gewis gedoen word, maar die Bybel verbied ons om dooies te raadpleeg.

                              Demone is 'n ander saak. Ek het 'n interressante teorie oor demone gehoor. Of daar waarheid in steek, weet ek nie. Maar daar word beweer dat demone nie gevalle engele is soos meesal geglo word nie. Maar dat dit inderwaarheid bose geeste is van mense wat eens geleef het. As motivering word aangevoer dat demone aardsgebonde is terwyl die satan en sy engele nie so gebind is nie. Daarbenewens kan demone nie funksioneer sonder 'n liggaam nie. Toe Jesus duiwels (demone) uit 'n man gedryf het, het hulle hom gesmeek om hulle toe te laat om in 'n trop varke in te vaar, omdat hulle 'n liggaam (verkieslik menslik) nodig het om te kan funksioneer. Satan en sy gevalle engele werk anders, en het nie 'n liggaam nodig nie.....

                              Ek sal graag wil hoor wat julle menings hieroor is. Hoe dit ookal sy, daar is 'n geesteswereld waarvan ons maar min weet....

                              Comment

                              Working...
                              X