Announcement

Collapse
No announcement yet.

Rokers ondersteunings groep

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Help asseblief Rokers ondersteunings groep

    Hallo almal, ek is 'n roker wat al 'n paar keer probeer het om op te hou rook en julle weet, daar is geen ondersteunings groepe vir rokers wat probeer ophou rook nie. So, toe dog ek hoekom nie hier nie. Om te begin wil ek vir die van julle wat opgehou het en nog vasbyt vra om te kom vertel hoe om dit te doen. Ek is geen ekspert nie en ook nie 'n siekundige of terapeut of dier voege nie maar as enige een voel dit raak te veel kom los 'n boodskap hier en ek sal altyd probeer om dit so gou moontlik te antwoord en dalk bystaan met gebed of 'n bemoedigende woord. As daar enige van julle is wat die kennis het wil ek vra dat julle ook sal help. Kom ons ondersteun mekaar en vertel van ons ondervindinge in die gebied. Ek hoop om sommer baie poste op die draad te kry. Dankie by voorbaat!
    Manie Verster
    Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle o om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
    1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
    1Th 5:17 Bid sonder ophou.

  • #2
    Sterkte Manie,
    dink dis gesonde ding om te doen. my pa moes eers ding op sy lip kry en dink dis daai groot K woord voor hy kon ophou, maar toe was dit dit.

    Vra maar as dit sukkel, intussen dink ek sal jy baie gebede kry vir krag en genade om te kan ophou.
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

    Comment


    • #3
      Hi Manie....

      Geluk met jou besluit om op te hou rook. Ek is bevrees ek het nie veel raad om te gee oor hoe ek opgehou het nie. Ek het besluit om op te hou en het opgehou. Al meer as 4 jaar gelede... Ek glo dis net 'n geval van "mind over matter". Maar ek weet in die praktyk is dit nie altyd so maklik nie want dan sou almal so maklik kon ophou, n. Ek het vir 'n paar mense al hierdie link gegee en sal graag wil h dat jy dit sal uittoets. http://www.settingcaptivesfree.com/home/ Jy kry 'n mentor wat jou daagliks ondersteun wat dieselfde verslawing as jy oorwin het terwyl jy deur 'n bybelstudie-gebasseerde kursus werk. Dit kos 'n bietjie tyd en moeite van jou kant af maar lewer resultate wat die opoffering werd is. Laat weet my asseblief wat jy dink en hoe dit gaan. En ek plaas jou op my gebedslys.... Sterkte!!
      The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

      Comment


      • #4
        Hi Manie

        Ek wil baie graag saam met jou hier inspring........Ek is ook 'n roker vir die afgelope 20 jaar......ja ek het op 'n baie, baie vroee ouderdom begin, maar weet daar is ook 'n tyd om op te hou....Ek het nou al 'n paar dae probeer ophou, maar natuurlik ook sonder sukses. Soms is dit nogal moeilik want ek wil nie h familie lede moet sien hoe ek sukkel en elke keer maar net terug val nie.......

        Een ding wat ek wel weet, is dat ons baie maal 'n verlsawing met soetigheid wil vervang, en ek het deur rehablilitaise sentrums geleer, dat dit juis hierdie soetigheid wat ons so eet is, wat "cravings" vinniger aanbring......Ek weet nie presies hoe dit werk nie, maar het dit voorheen op die proef gestel, en wanneer ek soetigheid vermy, is die lus vir rook al hoe minder. Ek is beslis nie 'n kenner op die gebied van hoe om op te hou rook nie, anders sou ek seker lankal opgehou het.

        Ek dink die ding wat dit so moeilik maak om op te hou met rook, is omdat dit sosiaal aanvaarbaar is by ander, en dat mense nie altyd 'n probleem met 'n roker het nie. Wat my wel pla die afgelope tyd, is dat ons liggame aan Christus behoort, en dat ons wel soos ons weet hierdie tempel stelselmatig verwoes......ek weet ook dat ek God moet eer met my liggaam, en daarom is ek ook opsoek na hulp om Hom meer te eer, deur op te hou met rook.........

        Dankie vir die draad wat jy oopgemaak het. Daardie link wat Lanie gegee het, is beslis die moeite werd om te volg, ek het ook aan die program deelgeneem, en sommer baie geleer!
        Saved by Grace!

        Praying for Mieke and Charles
        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


        My testimony
        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

        Comment


        • #5
          Danki vir die positiewe terug voer almal, Lanie dankie vir die skakel, ek nou net by hulle geregistreer en my eerste les gedoen! Wat ek in die les geleer het is dat as 'n mens wil ophou rook moet jy dit tot God se herrlikheid doen!
          Manie Verster
          Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle o om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
          1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
          1Th 5:17 Bid sonder ophou.

          Comment


          • #6
            Originally posted by manieverster View Post
            Wat ek in die les geleer het is dat as 'n mens wil ophou rook moet jy dit tot God se herrlikheid doen!
            Soos alles in ons lewens, n Manie. Alles wat ons doen moet God verheerlik!

            (Ek was vandag by 'n 4x4 kompetisie en tussen al die woeste bierboep, rokende, drinkende, vloekende omies is daar twee ooms wat uitstaan. Hulle drink nie en vloek nie en rook nie.... en wat staan voor op hulle tjorrietjie - "Real men follow Jesus!" Selfs in hulle stokperdjie verheerlik hulle Sy naam! AWESOME!!!
            The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

            Comment


            • #7
              Hoe hou ek op rook?
              Hoe hou ek op drink?
              Hoe hou ek op dit?
              Hoe hou ek op dat?

              Ek self het gesit met n ding wat ek aangeleer het ongeveer 16 jaar terug, dit was nou nie rook nie, maar dit was wel iets wat nie tot eer van ons Vader in die hemele was nie.

              Ek het baie dinge probeer, uitgeredeneer, beplan en uitgevoer, maar niks het gemaak dat ek ophou nie, party idees het baie goed gewerk - vir n ruk, maar nie permanent nie.
              Ek het bitter erg baie gebid hieroor en vir Vader ges ek wil graag ophou, en wanneer ek myself kry is die versoeking daar en ek weet nou moet ek kies om dit nie te doen nie en dan doen ek dit weer, en weer en weer, en elke keer val ek op my kniee neer en bid en s vir Vader ek wil graag ophou, hoe moet ek dit doen, wat moet ek doen? Help my Vader!

              Julle dit het vir my n groot probleem geword! My gewete het my geweldig baie gepla, baie van my vrymoedigheid is geroof en ek het baie soos n hond gevoel n vuil hond, maar nogsteeds het ek aangehou met die verslawing aan die ding.

              Ek het baie kere op my kalender n sekere spesiale merkie gemaak wat net ek geweet het waarvoor die merkie is, want ek wou nou nie h almal moet wanneer hulle my kalender sien weet dit en dat is die probleem nie Nou ek het baie kere op my kalender die spesiale geheime merkie op n sekere dag gemaak en ges, die merkie staan vir dis die dag wat ek ophou met die ding. Hartseer om te s, die merkie het dae, dan weke, dan maande dan jare aangeskuif soos ek elke keer ges het, die dag is die dag wat ek gaan ophou, en dan hou ek nie daai dag op nie, die versoeking is net eenvoudig te groot!

              Ek het rerig baie hard probeer ophou op baie maniere soos ek alreeds genoem het en gebid en vir Vader gevra hoe gaan ek ophou? Ek was raadop, het baie boodkappe van mense geluister en bedink en die Woord gelees maar ek kon net eenvoudig nie oorwinning kry nie, tot eendag.


              Toe maak die Heilige Gees vir my die deel oop:
              (Baie gaan dalk nou teleurgesteld wees, want hier is nou nie n ek swaai my towerstaf en hier is die oplossing oplossing nie, en baie mense kan die stukkie lees en s, ja ja ek ken die stukkie al uit my kop uit, net soos ek self ook baie BAIE ges het, maar as die Heilige Gees dit nie vir jou oopmaak nie, en jy ag gee daarop nie, sal dit altyd net daai eenvoudige stukkie bly wat ons almal maar net ken)


              Joh 15:1-5:

              Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
              Joh 15:2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, di maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
              Joh 15:3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
              Joh 15:4Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
              Joh 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.


              Ek het baie gebid en gevra Vader hoe gaan ek ophou, wat moet ek doen Vader het vir my die stukkie oopgemaak deur sy Heilige Gees Geen oplossing gegee wat die ding verslawing probleempie aanspreek nie, maar dat ek in Jesus moet bly en Hy in my anders kan ek niks doen nie.

              My vraag was:

              Hoe hou ek op rook?
              Hoe hou ek op drink?
              Hoe hou ek op dit?
              Hoe hou ek op dat?

              Antwoord:
              Ek het die verkeerde vraag gevra, want Hoe hou ek op rook?, Hoe hou ek op drink ens ek kannie. As ek nie in die ware wynstok bly en Hy in my nie, kan ek niks doen nie!

              Weet dit net baie goed Die versoeking gaan ALTYD daar wees dit gaan nie weggaan nie, dit gaan nie minder word nie, dit gaan nie kleiner word nie, dit gaan nie weg gaan nie! Nie totdat die duiwel gebind gaan word nie!
              Wat het Jakobus geskryf in Jak 1:2-4:

              Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

              Met baie Blydskap en Dankbaarheid aan my Verlosser, die ware wynstok, die deur, ons rots, kan ek vandag getuig Nadat die Heilige Gees vir my daai 5 versies oopgemaak het, en ek ag gegee het daarop, en dien ooreenkomstig gesorg het dat ek IN HOM bly, het ek oorwinning IN HOM oor die saak gekry, die versoekinge is nogsteeds net so groot soos vroeer, maar ek het oorwinning gekry daaroor IN HOM, en ek kan die versoekinge verdra!

              Comment


              • #8
                2 weke.....

                Hallo Manie...

                op die " is rook verkeerd " draad het ek 'n paar weke gelede my eie rokery mooitjies verduidelik.... en toe sommer vertel hoe ek 2 weke gelede net opgehou het......... na kerk sondag middag die laaste doodskisspykertjie opgesteek, te lui gewees om op my bike te klim en 'n nuwe pakkie te gaan koop.... en sommer net daar nie weer nie........

                ( dat oompie Trevour M weer sondetaks van 88c per pakkie opgesit het, het dalkies iets daarmee te doen gehad........ ek is soortvan gefasineerd met syfers en hul Bybelse betekenis, en 8 staan mos mooitjies vir "new beginnings" ...... maar dis 'n ander storie ) ...

                die laaste paar weke het ek gedink daaroor om op te hou, maar nie veel motivering gehad nie........ my pa het al die jare gerook en is nog so sterk soos 'n leeu, maar my moederlief, wat nooit eers 'n trekie getrek het nie en baie gesond geleef het, het swaar aan kanker gesterf.... so waarom moes ek nou worrie.... en dit help boonop vir die sinus....... en allerande sulke verskonings......


                so 'n ruk gelede kyk manlief mos 'n sitcom - dink dit was George Lopez ( ja,ja, heel unspiritual, maar " the Lord works in mysterious ways".... dan nie ?? ... ) ... dit was 'n komedie waar 'n klomp werkers moes ophou rook om hulle mediese voordele te behou ( of so iets ) .... hulle kry toe 'n terapeut in wat verduidelik dat hulle moet soek wat die "trigger" is vir die rokery - wat maak hulle wil rook? ...... dit sit my toe aan die dink....

                .... my rokery was my wegkomkans vir al die verkeerde redes, en toe dit my tref, was dit seker maklikker......

                .... die laaste paar dae ( dis more 2 weke ) is ek erg lus vir 'n stokie wat dit gaan redelik dol...... maar met 'n bietjie dink kom ekke toe mos weer agter dit gaan nie oor die sigaret nie, maar die weghardloop ..... so ek vat dit na die Troonkamer toe, en siedaar ......

                arende brand nie exhauste nie.......

                varslug groete
                m
                Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Psalm View Post
                  Ek het rerig baie hard probeer ophou op baie maniere soos ek alreeds genoem het en gebid en vir Vader gevra hoe gaan ek ophou? Ek was raadop, het baie boodkappe van mense geluister en bedink en die Woord gelees maar ek kon net eenvoudig nie oorwinning kry nie, tot eendag.
                  Kan amper selfde storie vertel. Enigste verskil is ek het nie in Woord gaan soek nie ne ook nie gelees en stiltetyd gehou nie. Net met ete en as ek gaan slaap of in moeilike situasie is gebid..

                  So die hieronder is vir my kosbaar, het ek dit maar jare terug besef en geweet

                  Die Here was my genadig en het my lewe verander en die verlossing gegee en ek leef a.g.v Hom in oorwinning daaroor. Ek het ook gevra dat dit weggeneem sal word want ek kon dit nie oorwin nie.Miskien was die erkenning dat ek sonder Hom dit nie kon doen nie ook deel daarvan? Eendag sal ek weet, nou is ek DANKBAAR en vermy ek situasies wat my na struikeling kan lei.
                  Originally posted by Psalm View Post
                  Joh 15:1-5:

                  Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
                  Joh 15:2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, di maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
                  Joh 15:3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
                  Joh 15:4Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
                  Joh 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

                  Weet dit net baie goed Die versoeking gaan ALTYD daar wees dit gaan nie weggaan nie, dit gaan nie minder word nie, dit gaan nie kleiner word nie, dit gaan nie weg gaan nie! Nie totdat die duiwel gebind gaan word nie!
                  Die man praat uit ondervinding, en ek kan dit beaam!
                  Originally posted by Psalm View Post
                  Wat het Jakobus geskryf in Jak 1:2-4:
                  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

                  Met baie Blydskap en Dankbaarheid aan my Verlosser, die ware wynstok, die deur, ons rots, kan ek vandag getuig Nadat die Heilige Gees vir my daai 5 versies oopgemaak het, en ek ag gegee het daarop, en dien ooreenkomstig gesorg het dat ek IN HOM bly, het ek oorwinning IN HOM oor die saak gekry, die versoekinge is nogsteeds net so groot soos vroeer, maar ek het oorwinning gekry daaroor IN HOM, en ek kan die versoekinge verdra!
                  Dis alles net genade -Ma Grace
                  "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                  Comment


                  • #10
                    Manie,
                    Dit lyk asof jou idee goeie ondersteining het. Baie sterkte, en , soos meer as een keer hier genoem, gaan jy nie sonder Jesus dit regkry nie.

                    Om op te hou is een ding, maar om nooit weer te begin nie totaal iets anders. Ek is self 'n eks-roker, 40 per dag, maar het so amper 10 maande terug dit gelos. Daar was heelwat dae wat ek regtig lus was om weer te begin, maar die Here het my laat verstaan dat dit in die eerste plek Sy Wil was dat ek moes ophou, en dat Hy baie teleurgesteld in my gaan wees as ek weer begin. (Ek weet dit maak dalk teologies nie sin nie maar dit werk vir my orraait !) Ek weet een ding 100% vir seker : Sonder Jesus se hulp sou ek nooit opgehou het nie. Finish en klaar.

                    Comment


                    • #11
                      Ophou rook

                      Originally posted by Psalm View Post
                      Hoe hou ek op rook?
                      Hoe hou ek op drink?
                      Hoe hou ek op dit?
                      Hoe hou ek op dat?

                      Ek self het gesit met n ding wat ek aangeleer het ongeveer 16 jaar terug, dit was nou nie rook nie, maar dit was wel iets wat nie tot eer van ons Vader in die hemele was nie.

                      Ek het baie dinge probeer, uitgeredeneer, beplan en uitgevoer, maar niks het gemaak dat ek ophou nie, party idees het baie goed gewerk - vir n ruk, maar nie permanent nie.
                      Ek het bitter erg baie gebid hieroor en vir Vader ges ek wil graag ophou, en wanneer ek myself kry is die versoeking daar en ek weet nou moet ek kies om dit nie te doen nie en dan doen ek dit weer, en weer en weer, en elke keer val ek op my kniee neer en bid en s vir Vader ek wil graag ophou, hoe moet ek dit doen, wat moet ek doen? Help my Vader!

                      Julle dit het vir my n groot probleem geword! My gewete het my geweldig baie gepla, baie van my vrymoedigheid is geroof en ek het baie soos n hond gevoel n vuil hond, maar nogsteeds het ek aangehou met die verslawing aan die ding.

                      Ek het baie kere op my kalender n sekere spesiale merkie gemaak wat net ek geweet het waarvoor die merkie is, want ek wou nou nie h almal moet wanneer hulle my kalender sien weet dit en dat is die probleem nie Nou ek het baie kere op my kalender die spesiale geheime merkie op n sekere dag gemaak en ges, die merkie staan vir dis die dag wat ek ophou met die ding. Hartseer om te s, die merkie het dae, dan weke, dan maande dan jare aangeskuif soos ek elke keer ges het, die dag is die dag wat ek gaan ophou, en dan hou ek nie daai dag op nie, die versoeking is net eenvoudig te groot!

                      Ek het rerig baie hard probeer ophou op baie maniere soos ek alreeds genoem het en gebid en vir Vader gevra hoe gaan ek ophou? Ek was raadop, het baie boodkappe van mense geluister en bedink en die Woord gelees maar ek kon net eenvoudig nie oorwinning kry nie, tot eendag.


                      Toe maak die Heilige Gees vir my die deel oop:
                      (Baie gaan dalk nou teleurgesteld wees, want hier is nou nie n ek swaai my towerstaf en hier is die oplossing oplossing nie, en baie mense kan die stukkie lees en s, ja ja ek ken die stukkie al uit my kop uit, net soos ek self ook baie BAIE ges het, maar as die Heilige Gees dit nie vir jou oopmaak nie, en jy ag gee daarop nie, sal dit altyd net daai eenvoudige stukkie bly wat ons almal maar net ken)


                      Joh 15:1-5:

                      Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
                      Joh 15:2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, di maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
                      Joh 15:3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
                      Joh 15:4Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
                      Joh 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.


                      Ek het baie gebid en gevra Vader hoe gaan ek ophou, wat moet ek doen Vader het vir my die stukkie oopgemaak deur sy Heilige Gees Geen oplossing gegee wat die ding verslawing probleempie aanspreek nie, maar dat ek in Jesus moet bly en Hy in my anders kan ek niks doen nie.

                      My vraag was:

                      Hoe hou ek op rook?
                      Hoe hou ek op drink?
                      Hoe hou ek op dit?
                      Hoe hou ek op dat?

                      Antwoord:
                      Ek het die verkeerde vraag gevra, want Hoe hou ek op rook?, Hoe hou ek op drink ens ek kannie. As ek nie in die ware wynstok bly en Hy in my nie, kan ek niks doen nie!

                      Weet dit net baie goed Die versoeking gaan ALTYD daar wees dit gaan nie weggaan nie, dit gaan nie minder word nie, dit gaan nie kleiner word nie, dit gaan nie weg gaan nie! Nie totdat die duiwel gebind gaan word nie!
                      Wat het Jakobus geskryf in Jak 1:2-4:

                      Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

                      Met baie Blydskap en Dankbaarheid aan my Verlosser, die ware wynstok, die deur, ons rots, kan ek vandag getuig Nadat die Heilige Gees vir my daai 5 versies oopgemaak het, en ek ag gegee het daarop, en dien ooreenkomstig gesorg het dat ek IN HOM bly, het ek oorwinning IN HOM oor die saak gekry, die versoekinge is nogsteeds net so groot soos vroeer, maar ek het oorwinning gekry daaroor IN HOM, en ek kan die versoekinge verdra!
                      Ek is die ene hoendervleis soos ek hier sit. Ek het nie so 'n reaksie verwag nie. Psalm, jou woorde het my hart aangeroer en die Here het hard met my gepraat hier. Ek sukkel nou al vir meer as 3 weke met sinus en die Vrydag aand voor ek die draad begin het het ek vir die Here gevra om my te help om gesond te word want die medisyne wat die dokter vir my gegee het het net vir 'n rukkie gewerk nou drup die sinus in my keel. Ek steek toe 'n sigaret op en dis of hy vir my se: "Ek kan jou help as jy daardie gewoonte stop." Ek het behoorlik skaam geword en gese ja, ek sal ophou rook. Ek het gedink aan iemand wat gese het daar is geen "support" groepe vir rokers soos vir bv. alkoholiste nie en het die draad begin. Ek moet egter vir julle se dat ek weer gerook het en het sommer nou-nou weer 'n sigaret doodgemaak. Ek het nou niks meer sigarette nie en beplan om nie weer te koop nie. Ek is to alles in staat deur Christus wat my die krag gee en ek wil hierdie ophou rook tot eer van ons Almagtige Hemelse Verlosser doen. Ek weet daar is net een manier om op te hou rook en dit is soos die Engelse se "Cold Turkey". Los dit net en gaan aan met jou lewe en mag God ons genadig wees wat met die versoekings sukkel. Weereens Psalm, dank vir jou inspirerende woorde en aan al julle ander ook. Kom ons bid vir mekaar sonder ophou!
                      Manie Verster
                      Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle o om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
                      1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
                      1Th 5:17 Bid sonder ophou.

                      Comment


                      • #12
                        Hi Manie,

                        al wat ek kan se is dat as die Heilige Gees met jou gepraat het en jy gee ag daarop - HALLELUJAH!

                        Job 28:28 Maar aan die mens het Hy ges: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.

                        1 Kor 3:6-7
                        Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.

                        Al die Eer an Vader!

                        Comment


                        • #13
                          Nog 1 dingetjie - Daar is 'n verskil tussen om net te kwoteer en te se "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die grag gee" en om te sorg dat jy IN CHRISTUS BLY en dan in staat te wees deur Christus wat jou die krag gee.

                          Nie net lippetaal nie ...

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Psalm View Post
                            Hi Manie,

                            al wat ek kan se is dat as die Heilige Gees met jou gepraat het en jy gee ag daarop - HALLELUJAH!

                            Job 28:28 Maar aan die mens het Hy ges: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.

                            1 Kor 3:6-7
                            Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.

                            Al die Eer an Vader!
                            Jy is reg Psalm, lippetaal gaan my nerens bring nie en ek het dit uitgevind. Dis maklik om aan te haal maar om die daad by die woord te voeg. Jy het vroeer ges hoe jy altyd die merkie op die kalender aangeskuif het. Wel, ek het ook. Gisteraand het ek vir myself gese more gaan ek ophou maar heelaas, ek het weer gerook. Toe maak ek my pakkie klaar vandag en het niks meer nie en se toe wel, nou kan ek rerig ophou! Ek het gebum. Ai, ek moet myself oorgee aan die Here se genade maar die versoekings!
                            Manie Verster
                            Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle o om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: ........maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
                            1Co 16:13 Waak, staan in die geloof, wees manlik, wees sterk.
                            1Th 5:17 Bid sonder ophou.

                            Comment


                            • #15
                              Goed, dan kan sondige Phil ook seker maar deelneem

                              Ek het ook soos oom Fila die ding gelos gekry toe hy gaan staan het by 40 'n dag. Skokkend, ek is die jonkste omtrent van die lede hier en ek het 40 sigarette 'n dag gerook. Ongelooflik.

                              Maar in alle geval, ek sit 'n hele ruk terug in kerk die een aand, en daardie aand voel dit vir my asof daar netsowel geen ander persoon in die kerk kan wees nie en die dominee direk met my praat, asof God direk met my praat, wat ek vandag besef wel die geval was, God was besig daardie aand om met my te praat.

                              In alle geval, ek was al baie male in my lewe onder sterk sondebesef, maar daardie aand het ek vrot gevoel. Ek het daar uit die kerk gestap en nie weer 'n sigaret opgesteek nie. Dit was meer as 'n jaar gelede en ek sal eerlikwaar vir julle se, sonder om 'n oog te knip, ek was nie weer lus vir 'n sigaret nie. Ek prys die Here daarvoor, ek het baie male voor dit probeer opgehou en wel opgehou, dit was moeilik, maar nadat die Here 'n werk in my kom doen het, was dit baie baie baie maklik. Ek se nie dit gaan vir almal maklik wees nie, maar ek is dankbaar vir die Here dat Hy my so vinnig en so volkome van iets kon verlos het.

                              Comment

                              Working...
                              X