Announcement

Collapse
No announcement yet.

TB Joshua..Christen of nie ?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • TB Joshua..Christen of nie ?

    Ek het al baie gewonder oor die man. Ek het van mense wat daar was verneem dat hulle 'n vervulde tyd daar gehad het, van ander het ek gehoor dat hy NIE 'n Christen is nie. Het enige iemand 'n opinie ?

  • #2
    Pierre,

    Mens moet seker maar altyd versigtig wees om iemand balatant as vals uit te kryt, maar oor T.B. Joshua is daar 'n paar dinge wat hom geweldig blootstel. Lees gerus hierdie artikel van Bill Randles, 'n artikel wat ek graag sal aanbeveel, na ek self hierdie video gesien het, wat Bill Randles bespreek en deur "the Synagogue of all Nations" van T.B. Joshua self uitgereik was.
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Ferdi

      Sjoe, dit was nogals 'n wille artikel, maar om vir jou die waarheid te sÍ, dit is nie by hierdie ou wat ek hierdie goed die eerste keer hoor nie, ek het dit vanaf baie bronne al verneem en dit is vir my ontstellend, dit is ook hoekom ek in 'n ander draad gesÍ het TB is vir my 'n duister persoon.

      Dink julle nie een van ons moet dalk die moeite doen om hierdie Bill ou te bel en met hom te gesels hieroor nie, ek sien hy gee hul kontaknommers onder aan die artikel

      Comment


      • #4
        Originally posted by Pierre van Zyl View Post
        Ek het al baie gewonder oor die man. Ek het van mense wat daar was verneem dat hulle 'n vervulde tyd daar gehad het, van ander het ek gehoor dat hy NIE 'n Christen is nie. Het enige iemand 'n opinie ?
        Ek het hom nog net op video in aksie gesien, en direkte getuienis van Christene wat Lagos besoek het aangehoor.

        Alle kritiek wat ek tot nou toe gehoor het was deur mense wat nie self daar was nie, en positiewe kritiek van mense wat wel daar was... Ek het van Joshua se lering op video gevolg, en het geen probleem daarmee nie. Ek het sy video's oor genesing gesien, en het weereens geen probleem daarmee nie. Ek het ook nie 'n probleem daarmee dat Christene (soos hy) duiwels in die Naam van Jesus uitdrywe nie. 'n Vriendin was daar, en sy het getuig dat hy beskeie is, nie self-gesentreerd, en absoluut op Jesus gerig is. Dit getuig vir my dat hy nie die tipiese kultus - profiel het nie.

        Andere, soos Johan Malan verskil egter (sien Malan se artikel: http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Joshua.htm) en hoewel ek Malan se inset oor die aanslag op die Bybel (http://www.bibleguidance.co.za/Afrar.../Bybelteks.htm) onderskryf, voel ek dat hy oor-krities is oor Joshua, en een fout laat heers oor wat moontlik andersens 'n volgeling van Jesus is. Ek glo ook dat Malan beinvloed word deur gereformeerde vooroordele en leerstellinge (daarom verskil ek ook van hom oor die doop).

        Net soos ek van mening is dat Malan wel die Here volg, glo ek Joshua doen. Hulle verteenwoordig net verskillende ledemate van dieselfde liggaam.

        Ons moet versigtig wees om nie te laster teen die Heilige Gees deur te sÍ iemand het 'n onreine Gees in hom nie. Onthou hierdie skrif:

        Markus 3:22-23 En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesÍ: Hy het BeŽlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit. En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesÍ: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?

        Markus 3:29-30 maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel-- omdat hulle gesÍ het: Hy het 'n onreine gees.


        Groete in Jesus,
        Anton.
        השייך לאלוהים דרך ישו

        Comment


        • #5
          Hi Anton

          Ek wys jou net daarop dat die artikel wel op Prof Malan se webwerf is, maar dat dit geskryf is deur die einste Bill Randles (of watookal) waarvan Ferdi melding maak in sy eerste plasing in hierdie draad.

          Ek sal seker volgende week vir Prof Malan persoonlik ontmoet, ek sien nogals uit daarna, ek het gehoor hy gaan hier by 'n gemeente praat en dan wil ek myself sommer aan hom gaan voorstel, ek het al via e-pos met hom kontak gehad.

          Groete
          Phil

          Comment


          • #6
            Originally posted by Phil Fourie View Post
            Hi Anton

            Ek wys jou net daarop dat die artikel wel op Prof Malan se webwerf is, maar dat dit geskryf is deur die einste Bill Randles (of watookal) waarvan Ferdi melding maak in sy eerste plasing in hierdie draad.

            Ek sal seker volgende week vir Prof Malan persoonlik ontmoet, ek sien nogals uit daarna, ek het gehoor hy gaan hier by 'n gemeente praat en dan wil ek myself sommer aan hom gaan voorstel, ek het al via e-pos met hom kontak gehad.

            Groete
            Phil
            Phil,

            Ek het gewonder oor die ooreenkomste (het pas na my inset op hierdie draad eers die inset van Ferdi met die Randles artikel gesien).

            Malan se werk oor die bybelvertalings is rerig waardevol. SÍ asb. vir hom die Here het hom gebruik om baie mense se oŽ oop te maak vir die aanslag op die Woord.

            Groete,
            Anton
            השייך לאלוהים דרך ישו

            Comment


            • #7
              Originally posted by Tonton View Post
              Phil,

              Ek het gewonder oor die ooreenkomste (het pas na my inset op hierdie draad eers die inset van Ferdi met die Randles artikel gesien).

              Malan se werk oor die bybelvertalings is rerig waardevol. SÍ asb. vir hom die Here het hom gebruik om baie mense se oŽ oop te maak vir die aanslag op die Woord.

              Groete,
              Anton
              Ek sal as ek hopelik met hom kan gesels.

              Groete
              Phil

              Comment


              • #8
                Ek was onlangs in 'n byeenkoms gewees waar daar 'n bloedjong evangelis van amerika besoek kom doen het. Terwyl die man bedien, toe kry hy skielik 'n profetiese woord. Hy se hy ken nie die man nie, maar hy hoor die naam TB Joshua en hy hoor God se Gees se dat hierdie kosbare kind van Hom baie aangeval word en dat ons almal moet saam bid vir hom. Hy stop toe die diens en ons almal bid toe saam vir Joshua. Hy vermaan ons toe ook sterk, gevul met die Gees om bitter versigtig te wees om iets te spreek teen hierdie gesalfde man van God. Die woord wat hy gekry het in die Gees was dat God se TB Joshua is Sy vriend. (let wel se, met 'n kappie op die e )

                Wel, ek sal nie 'n woord spreek teen so 'n vriend van God nie. En ek wil ook niks negatiefs van hom hoor nie. Hy doen wonderlike werk en ons kan baie by hom leer. Natuurlik sal hy ook foute maak en menslik wees met tye - wie is nie? Maar dat hy God se vriend is, daaroor het ek geen twyfel nie.

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Kaalvoetkind View Post
                  ...Hy vermaan ons toe ook sterk, gevul met die Gees om bitter versigtig te wees om iets te spreek teen hierdie gesalfde man van God. Die woord wat hy gekry het in die Gees was dat God sÍ TB Joshua is Sy vriend.
                  Kaalvoetkind,

                  Jou inset bevestig die Woord van Markus 3:29-30 wat ek gekry het. Dankie.

                  Originally posted by Kaalvoetkind View Post
                  ...Natuurlik sal hy ook foute maak en menslik wees met tye - wie is nie? Maar dat hy God se vriend is, daaroor het ek geen twyfel nie.

                  Amen

                  Liefde in Jesus,
                  Anton
                  השייך לאלוהים דרך ישו

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Kaalvoetkind View Post
                    Ek was onlangs in 'n byeenkoms gewees waar daar 'n bloedjong evangelis van amerika besoek kom doen het. Terwyl die man bedien, toe kry hy skielik 'n profetiese woord. Hy se hy ken nie die man nie, maar hy hoor die naam TB Joshua en hy hoor God se Gees se dat hierdie kosbare kind van Hom baie aangeval word en dat ons almal moet saam bid vir hom. Hy stop toe die diens en ons almal bid toe saam vir Joshua. Hy vermaan ons toe ook sterk, gevul met die Gees om bitter versigtig te wees om iets te spreek teen hierdie gesalfde man van God. Die woord wat hy gekry het in die Gees was dat God se TB Joshua is Sy vriend. (let wel se, met 'n kappie op die e )

                    Wel, ek sal nie 'n woord spreek teen so 'n vriend van God nie. En ek wil ook niks negatiefs van hom hoor nie. Hy doen wonderlike werk en ons kan baie by hom leer. Natuurlik sal hy ook foute maak en menslik wees met tye - wie is nie? Maar dat hy God se vriend is, daaroor het ek geen twyfel nie.
                    Met hoeveel sekerheid kan ons bevestig dat hierdie man waarvan jy praat 'n profeet van God is?

                    Comment


                    • #11
                      Vir die wat belangstel, hier is TBJ se ministry se webtuiste:

                      http://www.themaninthesynagogue.org/

                      Anton
                      השייך לאלוהים דרך ישו

                      Comment


                      • #12
                        Graag wil ek weet, indien ek 'n kledingstuk kry van 'n evangelis, soos 'n baaidjie, is dit Skriftuurlik reg dat daai baaidjie 'n invloed op my lewe sal hÍ ?
                        Met verwysing na Jesus, waar Hy deur die mense gediskrediteer is omrede Hy duiwels uitgedryf is, en daar van Hom gesÍ is, dat Hy die satan gebruik om die duiwels (demone) uit te dryf, net die volgende:
                        Die Bybel vermaan ons mbt handoplegging. Nie sonder rede nie. Ek het getuienisse in boekvorm hier by my (sorry aan die charichmatiese mense)
                        van hekse wat na charichmatiese kerke gaan, en dan "volunteer" om vir mense te bid wat aan kom ons sÍ maar 'n siekte lei. In werklikheid weet die satanis dat die persoon 'n demoon in hom/haar het, die satanis wil "beheer" hÍ oor die demoon, en dit verkry hy/sy deur in aanraking te kom met die persoon. Gewoondelik "bid" die satanis in tale, sodat die gemeente nie weet dat 'n okkultiese praktyk reg voor hulle afspeel nie.
                        Nog 'n duidelike kenmerk is, dat die persoon waarvoor gebid word agteroor val. (Hiermee sÍ ek nie dat ALLE gevalle nie van God afkom nie, ek maak doodeenvoudig 'n observasie)
                        So vÍr ek kon vasstel het almal wat voor die grootheid van God neergeval het, in 'n onnatuurlike posisie geval, naamlik vooroor, in 'n biddende posisie. Nie agteroor nie. Jesus het telkemale gewaarsku teen sogenaamde "blanking out of the mind", bly nugter ens. Waarom dan in 'n staat van bewusteloosheid val, WEEREENS ek diskrediteer nie ALLE gevalle nie ek maak 'n observasie.

                        Nog 'n observasie wat ek nou hier maak is, 'n evangelis wat waarsku moet nie teen 'n persoon praat nie. Dit laat ook vraagtekens. Uit my verwysingsraamwerk soek en ondersoek ek alle gevalle analities, sorry oud speurder . Die mens soek nog altyd na 'n manier om homself tot goddelike status te verhef. Ek meen dit is waarom Eva van die boom geŽet het.
                        Herinner hierdie stukkie nie 'n ou baie aan Johannes die Doper wat vir die mens gesÍ het, kyk daar is die Lam van God nie ?
                        Sorry ek wou nie tone trap nie, maar gee slegs my perspektief weer

                        Comment


                        • #13
                          Hier kan die doktrine van oorplasing van mag duidelik gesien word, soos ek vroeŽr genoem het rond-om die verkryging van demone
                          http://www.deceptioninthechurch.com/tbjoshua.html

                          Comment


                          • #14
                            Pierre,

                            Alhoewel die "Synagogue of all Nations" van TB Joshua nie noodwendig net een video van hulleself versprei nie... en dit kan wees dat van hierdie videos goeie stigtende inligting bevat, het die een wat ekself gesien het werklik geen stigting gelaat nie. Geslagsdele word ontbloot en verskeie baie vreemde rituele deur TB Joshua self (dinge wat mens glad nie in die Bybel lees nie), het my maar redelik skepties gelaat. Ek is werklik onseker oor hierdie man, maar sal op hierdie stadium nie te veel oor alles wil sÍ wat mens observeer nie, want daar is inligting wat Tom Gouws op die internet bied, wat ek nie nou kan vind nie. Mens kan dit ondersoek en dit meet aan God se Woord, wat tog maar ons enigste riglyn vir die waarheid is. Ek wens net mens kan hierdie video vir elkeen wat hier lees gee om te kyk, want dit sal baie dinge vir of teen TB Joshua besweer, sou iemand nie weet wat mens presies bedoel nie.
                            The Rapture

                            My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                            but I must confess, donít worry
                            the rapture is not before the Great Tribulation
                            itís before Godís wrath!!!

                            Because His wrath is not meant for you
                            itís for all the people in the zoo
                            think about it and refreshÖ
                            you will see thereís no way out of here, in the flesh

                            If you really believe, you will see
                            the rapture is for you and me
                            when we decide to leave from here
                            that very day, oh! God adhereÖ


                            Comment


                            • #15
                              CFJ
                              Op daardie link wat jy geplaas het, is 'n telefoon nommer, dit lyk soos 'n Johannesburg nommer, die ou sÍ duidelik dat jy hom kan skakel indien jy enigsins twyfel. Ek dink hy sal die video dalk beskikbaar stel. Dit was juis wat opvallend vir my was, die ou is bereid om te staaf wat hy sÍ. Nie maar net NOG inligting op die net nie. Dit tel punte

                              Comment

                              Working...
                              X