Announcement

Collapse
No announcement yet.

Vrymesselary...?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Vrymesselary...?

    Die doel van hierdie draad, is om te bepaal of die Woord van die Here ons sou waarsku, oor 'n geweldige sameswering om die waarheid te verdoesel? Mens hoor so baie dat mense sameswerings-teorieŽ as bog en naÔwiteit afmaak.

    Ek is vÍrder oortuig dat die Bybel hieroor duidelik is en dat sou die Bybel hieroor duidelik wees, ons die organisasies en instellings wat satan gaan gebruik, wat mens tog nie kan betwyfel nie, maklik sal kan identifiseer. Is Vrymesselary een van hierdie arms van satan, is die vraag wat mens graag hier wil ondersoek?

    Daar staan byvoorbeeld dat ons stryd juis teen instellings sal wees, wat in die geeste's wÍreld funksioneer...
    Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wÍreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
    (Efe 6:12)
    Dat dit juis vanuit 'n godsdienstige oord, op ons sal inwerk...
    Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf die teŽstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
    (2Thes 2:3-4)
    Dat satan medewerkers het wat hom hierin sal help en dat dit hulle is wat juis so maklik sal mislei...
    Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in Ďn engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.
    (2Kor 11:13-15)
    VÍrder kan mens volgens God se Woord verwag, dat hierdie mense veral vanuit die juridiese, organisatoriese en owerheids wÍreld, waar met wetgewing en beheer oor mense 'n impak gemaak kan word, hul inslag sal deurvoer...
    Maar pas op vir die mense; want hulle sal jul oorlewer aan regbanke, en in hulle sinagoges sal hulle julle gťsel. En ook voor goewerneurs en konings sal julle gebring word om My ontwil tot Ďn getuienis vir hulle en vir die heidene. Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;
    (Mat 10:17-19)
    Die vraag is nou, as God se Woord duidelik aandui dat daar sulke instansies en magte sal wees, wie is hierdie magte en as ons kan erken dat sulke magte bestaan, sal mens kan wťťt wie dit is?
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  • #2
    Is jy seker jy wil met die draad aangaan .....?

    Comment


    • #3
      Hier is my rede waarom ek die vraag vra, indien ons in diepte op die onderwerp ingaan, gaan ons gewis 'n paar tone trap, en teoriŽ moet ondersoek:
      "A theory that a conspiracy has been working consciously for many centuries is not very plausible unless one attributes to them a religious unity. That is tantamount to regarding them as Satanists engaged in the worship and service of supernatural evil.
      The directors of the conspiracy must see or otherwise directly perceive manifestations which convince them of the existence and power of Lucifer. And since subtle conspirators must be very shrewd men, not likely to be deceived by auto-suggestion, hypnosis, or drugs, we should have to conclude that they probably are in contact with a force of pure evil."(Prof. Revilo P. Oliver, Conspiracy or Degeneracy?, USA)
      Hierdie Proffie was 'n atiŽs.......................

      Comment


      • #4
        Pierre,

        Interessante mening wat hierdie prof. huldig, maar word die mens nie maar onder wanindrukke en wanpersepsies gehou, om juis in die hande van satan te speel nie... om juis sameswering van die bose aan die hand te werk nie? NaÔwiteit by die mens is werklik aan die orde van die dag, wanneer dit by die waarheid kom en dit is binne hierdie sfeer van naÔwe, salige onbewustheid, waar 'n sameswering so maklik deurgevoer kan word. Die kanale en paaie waar mense op loop, word vol distels en dorings gesaai en daai saadjies kleef aan hul voete... en word aan die deurmatjies afgevryf en in huise ingedra waar hulle op jou voordeur staan en floreer en later jou voordeur toegroei en jou hele huis vÍrder van binne beset. Die mens self, werk sameswering aan die hand, deur nie op sy wandel te let nie. Ons is nie versigtig soos slange en opreg soos die duiwe, soos die Here in Sy Woord wys ons moet wees nie. Vrymesselary beteken nie veel as entiteit nie, maar kry betekenis in mense se passiewe en naÔwe lewensbeskouing. Tog moet daar een of ander netwerk wees, wat prakties en fisies die satan bevoordeel en Vrymesselary is in wese een komponent daarvan, is my eie gevoel.

        Hoe gaan satan sy plan deurvoer, sonder 'n netwerk om dit te doen?
        The Rapture

        My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
        but I must confess, donít worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        itís before Godís wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        itís for all the people in the zoo
        think about it and refreshÖ
        you will see thereís no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhereÖ


        Comment


        • #5
          Ferdi
          Dit hang seker af van jou verwysingsraamwerk, ek persoonlik voel egter hoe meer die planne van satan en sy trawante in die oopte kom, hoe meer bevestig dit my Bybel. SamesweringsteoriŽ is daar hordes van, 'n mens moet egter deur 'n siftings proses gaan om te bepaal wat is betroubaar en wat nie. Dus moet jy jou bron in die weegskaal plaas om te bepaal of hy/sy waarlik 'n betroubare bron is. Vandaar moet jy die inligting ook opweeg.
          Die een negatiewe punt is natuurlik dat die bron en die inligting gediskrediteer kan word, of reeds gediskrediteer is. Dit kan vir jou die presepsie skep dat jou bron of inligting nie betroubaar is nie.
          Dit mag dalk klinies en deurmekaar klink, maar dit is oor die breŽ spektrum die verwysingsraamwerk wat ek gebruik om inligting te verwerk. Dit is maar die basiese beginsels wat in die intelligensie gemeenskap gebruik word. Indien jou inligting egter uit verskeie oorde bevestig word deur onafhanklike bronne, kan ons soort van die inligting bevestig.

          'n Mens staar jou vas teen 'n organisasie soos die Vrymesselaars, en dink wel dit is nou die toppunt want die teoriŽ. Dit kan egter nie verder van die waarheid wees nie. In enige organisasie wat in die geheim opereer, hetsy dit organisasies is soos die Vrymesselaars of die intel afdeling van 'n land kry jy twee komponente, naamlik jou overte been, dit wat bekend is, en wat jy nie omgee bekend word nie, en jou koverte been, dit wat in die sluiers van geheimhouding gehou word. Binne hierdie "bene" sal jy kry wat 'n ou noem: Kompartimentering van inligting. Dit beteken doodeenvoudig dat dit wat ek weet, ek nie met jou gaan deel nie, al is ons deel van dieselfde organisasie, en al is ons doelwitte dieselfde. Op hierdie wyse behou ek my geheimhoudingskomponent.

          Ek persoonlik sal organisasies soos die Vrymesselaars en die Illuminati in die overte komponent plaas, alhoewel baie van hul bedrywighede duister is vir ons.

          Ek hoop ek maak sin

          Comment


          • #6
            Hierdie uittreksel mag dalk soort van verduidelik wat ek sÍ :
            ".... (the) great strength of our Order lies in its concealment; let it never appear in any place in its own name, but always concealed by another name, and another occupation. None is fitter than the lower degrees of Freemasonry; the public is accustomed to it, expects little from it, and therefore takes little notice of it. Next to this, the form of a learned or literary society is best suited to our purpose, and had Freemasonry not existed, this cover would have been employed; and it may be much more than a cover, it may be a powerful engine in our hands... A Literary Society is the most proper form for the introduction of our Order into any state where we are yet strangers." (as quoted in John Robinson's "Proofs of a Conspiracy" 1798, re- printed by Western Islands, Boston, 1967, p. 112)

            Comment


            • #7
              Originally posted by Pierre van Zyl View Post
              Ferdi
              Dit hang seker af van jou verwysingsraamwerk, ek persoonlik voel egter hoe meer die planne van satan en sy trawante in die oopte kom, hoe meer bevestig dit my Bybel. SamesweringsteoriŽ is daar hordes van, 'n mens moet egter deur 'n siftings proses gaan om te bepaal wat is betroubaar en wat nie. Dus moet jy jou bron in die weegskaal plaas om te bepaal of hy/sy waarlik 'n betroubare bron is. Vandaar moet jy die inligting ook opweeg.
              Die een negatiewe punt is natuurlik dat die bron en die inligting gediskrediteer kan word, of reeds gediskrediteer is. Dit kan vir jou die presepsie skep dat jou bron of inligting nie betroubaar is nie.
              Dit mag dalk klinies en deurmekaar klink, maar dit is oor die breŽ spektrum die verwysingsraamwerk wat ek gebruik om inligting te verwerk. Dit is maar die basiese beginsels wat in die intelligensie gemeenskap gebruik word. Indien jou inligting egter uit verskeie oorde bevestig word deur onafhanklike bronne, kan ons soort van die inligting bevestig.

              'n Mens staar jou vas teen 'n organisasie soos die Vrymesselaars, en dink wel dit is nou die toppunt want die teoriŽ. Dit kan egter nie verder van die waarheid wees nie. In enige organisasie wat in die geheim opereer, hetsy dit organisasies is soos die Vrymesselaars of die intel afdeling van 'n land kry jy twee komponente, naamlik jou overte been, dit wat bekend is, en wat jy nie omgee bekend word nie, en jou koverte been, dit wat in die sluiers van geheimhouding gehou word. Binne hierdie "bene" sal jy kry wat 'n ou noem: Kompartimentering van inligting. Dit beteken doodeenvoudig dat dit wat ek weet, ek nie met jou gaan deel nie, al is ons deel van dieselfde organisasie, en al is ons doelwitte dieselfde. Op hierdie wyse behou ek my geheimhoudingskomponent.

              Ek persoonlik sal organisasies soos die Vrymesselaars en die Illuminati in die overte komponent plaas, alhoewel baie van hul bedrywighede duister is vir ons.

              Ek hoop ek maak sin
              Dankie vir hierdie inligting Pierre. Dit is nie iets wat ek mee bekend is nie, die overte en koverte beginsel.

              Ek glo egter dat die Bybel duidelik aandui, dat daar instellings sal wees, wat op subtiele wyse satan se netwerk op aarde sal bervorder en dit juis sal doen vanuit godsdienstige oortuigings, waar hulle ingeburger sal wees in plekke om hul slaankrag te optimaliseer (die owerhede, die magte, die wÍreldheersers). Vrymesselaars as voorbeeld, gebruik godsdienstige oortuigings as hul vetrekpunt en juis hieroor maak hulle soveel sin vir baie wat daaraan behoort. VÍrder is dit bekend dat hulle veral fokus op juridiese oorde en ook opvoedings-instellings, waar hul deur wetgewing aan die eenkant en deur opvoeding aan die anderkant, hul mag kan laat geld. Daar staan egter nie in die Bybel wie dit pertinent sal wees nie, maar dit is vir my genoeg bevestiging, dat hulle wel bestaan en dat Vrymesselaars (wanneer mens hulle ondersoek op grond van die vrug wat hulle dra) in wese een van hierdie instellings is. Almal wat aan die Vrymesselary behoort, sal nie noodwendig bose motiewe hÍ nie... en juis hieroor, het hulle soveel slaankrag, want op onbewustelike en meesterlike manier, manifesteer satan se plan in as voorbeeld, 'n instelling soos Vrymesselary.

              Dit is net insiggewend om te besef dat geheime organisasies a.g.v. hulle "geheime" aard, al reeds agterdog moet wek, want Christus se verlossende boodskap en om in Sy diens te staan, vereis dat ons ligdraers moet wees!

              1Joh 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.
              The Rapture

              My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
              but I must confess, donít worry
              the rapture is not before the Great Tribulation
              itís before Godís wrath!!!

              Because His wrath is not meant for you
              itís for all the people in the zoo
              think about it and refreshÖ
              you will see thereís no way out of here, in the flesh

              If you really believe, you will see
              the rapture is for you and me
              when we decide to leave from here
              that very day, oh! God adhereÖ


              Comment


              • #8
                Eintlik wil ek nie by die draad betrokke raak nie...... maar ek sal die sÍ: Satan self sit in die beheer stoel van die organisasie.

                Die mense hier in die onder range het geen benul van wat in die hierargie van die Vrymesselaars aangaan nie... hulle loop met klappe oor hulle oŽ rond ,,, werk wat hulle doen is dan so 'goed'.....

                Jammer as ek op iemand se tone trap, maar ek ken die vrees in die oŽ van diegene wat bang is hulle tonge sal uitgesny word...
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  Dit is feite wat jy daar sÍ. Op die laer "range" word dit gepromafeer dat Vrymesselaars, 'n Christelike, helpmekaar welsynsorganisasie is. Indien jy met 'n ou by jou kerk praat wat verbonde is daaraan sal hy vir ju sÍ dat Vrymesselary in sy losie het 'n Bybel, en hulle open daarmee ! Gaan jy egter na kom ons sÍ ArabiŽ word geopen met die Koran. Op die laer range is dit waar die eerste leuen gesetel lÍ. Op die draad "Okkulte in ons Kultuur" het ek die eed van die vrymesselaars uiteengesit. SovÍr ek kon vas stel was nog net 3 van ons Staatspresidente/Eerste ministers in Suid Afrika NIE vrymesselaars nie. Ek kan twee opnoem en julle kan maar self gaan kyk hoe hul loopbane geŽndig het in Suid Afrikaanse politiek. HF Verwoerd e PW Botha.

                  Let ook op na my vorige skrywe, waar die Orde hulself moet inwurm, vergelyk dit met hedendaagse godsdiens debatte, en van waar die debatte kom, wat die kern van die debatte is, en jy het 'n duidelike bewys dat die samesweringsteoriŽ nie alles 'n klomp nonsens is nie.

                  Comment


                  • #10
                    ...en nie eers te praat van die "Broederbond" nie
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment


                    • #11
                      Yip, dit hele storie ontstig my, dit is amper soos krieketknoeiery, iemand anders weet wat gaan gebeur

                      Comment


                      • #12
                        Die vrymesselaars wat sÍ dat hulle die Bybel gebruik, besef dit nie, maar hulle is reeds vasgevang in die web van die vyand. Vrymesselary onderskryf die konsep van 'n universele god - die sg. "great architect". Universalisme onderskryf 'n algemene godheid, en erken alle "gode" as verwysend hierna. Eindelik MOET hulle Jesus verloŽn, want Hy is die ENIGSTE deur, en hulle sien elke god as 'n deur (na die hiernamaals - wat okal dit vir hulle mag beteken).

                        Vrymesselary is van Satan. Hulle werk met vloeke, en hulle is anti-Christus - al dink hul lede hulle "gebruik die Bybel" - probleem is - dit is 'n dooie werk, hierdie gebruik van die Bybel. Hulle het ook satanistiese simbole en rituele wat al hoe meer prominent raak namate hulle deur die range vorder.

                        Ons moet bid vir hierdie mense.
                        Anton
                        השייך לאלוהים דרך ישו

                        Comment


                        • #13
                          Die god wat hulle aanbid is 'n tipe van 'n kombinasie god.

                          As ek reg onthou was dit iets soos Jabilon of Yabilon of Javilon of iets soos dit.

                          Dit bestaan uit

                          Yahweh - God almagtig, die enigste ware God, ons Vader
                          Baal - Need I say more?
                          On - As ek reg onthou, die songod van Egipte

                          So, wat probeer hulle nou eintlik hierdeur sÍ? Dat hulle oop is vir enige godsdiens (behalwe ware Christenskap) en jou sal transformeer dat jy Lucifer aanbid soos hy homself openbaar as Jabilon

                          Scary scary stuff man

                          Groete
                          Phil

                          Comment


                          • #14
                            Skies dat ek nou hierdie hier gaan plaas, Ferdi as dit 'n probleem is, sÍ maar net, dan verwyder ek dit.

                            Kyk 'n bietjie na hierdie diagram, let veral op na van die tekens



                            So?

                            Comment


                            • #15
                              Die simboliek van die vrymesselaars is skrikwekkend. Dit gaan ook gepaard met fyn misleiding. Die onderste vlakke dink hulle is OK met God, en bv. dat die G simbool wat so algemeen verskyn staan vir "God", die hoŽr vlakke dink dis vir 'n godheid, en die top vlakke weet dit is vir fertiliteit - net soos hul talle phalliese simbole. Daar is ook talle hexagramme (waar die woord "heks" vandaan kom), pentagramme (vyfpunt sterre, gewoonlik met twee punte na bo) wat soms die bok se kop omsluit, en die oorsigtelike oog, die son (afgod "RA"), die vrymesselaarsimbool (passer en winkelhaak) op die Bybel, met die hoek van die winkelhaak in die bybel ingeslaan, ensovoorts.



                              Dan die verwysing na tempels, altaars, Jerusalem... En om alles te kroon, die rituele. Onder andere doen hulle sekere inswerings geblindoek (voorspreek die duisternis wat hulle betree); drink hulle wyn (wat bloed simboliseer) uit 'n glas wat in 'n skedel gemonteer is... Soort van die teenoorgestelde van die nagmaal, sou ek sÍ.

                              The letter "G" figures prominently in Freemasonry. In the lower degrees, the initiate is told that this letter stands for "God" and for "Geometry", which the Supreme Architect of the Universe used to design this wonderful Cosmos. However, occultist, and 33rd Degree Mason, Arthur Waite, quotes Eliphas Levi [also 33rd Degree], telling us that the letter "G" stands for Venus, and that Venus' symbol is a lingam, a stylized phallis. [Masonic author, Arthur Edward Waite, The Mysteries of Magic: A Digest of the Writings of Eliphas Levi, Chicago, DeLaurence, Scott, and Company, 1909, p. 217]

                              The greatest Masonic author of all time, Albert Pike, agrees. He states [page 631-32 in Morals and Dogma ] that the Monad [#1] is male, and the Duad [#2] is female. Their sexual union produces the Triad [#3], which is "represented by the letter 'G', the generative principle". This term, "generative principle", is code for the sex act.
                              http://cuttingedge.org/free16.htm
                              Hierdie mense is so erg gebind, en doen allerhande ede waar hulle hulself en hul families (veral oudste seuns) bind.

                              Ons moet hulle blootstel aan die waarheid en die Waarheid.

                              En ons moet vir hulle bid - dat hulle uit hierdie duisternis kan tree, en al hul bindinge vir Jesus kan aangee.

                              Groete in Jesus,
                              Anton
                              השייך לאלוהים דרך ישו

                              Comment

                              Working...
                              X