Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die leer my beter ken draad

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die leer my beter ken draad

    Vir almal wat meer gemaklik raak op hierdie forum, wil ek vra as jy oop is daarvoor om ons bietjie meer van jou te vertel. Wat is dit wat jou laat tick, jou stokperdjies en sommer net al daardie "hoe lyk die weer" dingetjies. As jy wil kan jy vir ons 'n foto van jouself ook plaas.

    Kom ek vertel bietjie meer van myself. Ek bly in Pietersburg, dit is al wat ek regtig ken, want ek bly al vir 23 jaar hier, ek is nou 25 jaar oud. Gebore in Johannesburg, of so sÍ hulle, ek lyk veels te veel na my ma, so moenie worry nie, ek is nie aangeneem nie.

    Ek het grootgeword oppie plaas. Dit was so 30km uit die dorp uit, so dit was maar elke dag inry en aand weer uitry, maar dit was lekker, dit was 'n rustige lewe, ene waarna ek vandag vreelik verlang. As gevol hiervan is ek kwaai lief vir enige buitelewe dinge, jag, bikes, fotografie, kamp (ek kan nie visvang nie) en what have you.

    In 1995 is my pa oorlede, ek was toe 12 jaar oud. My ma het nie kans gesien vir al die ryery alleen nie, die laat aande alleen op die plaas aankom en sommer net die hele pakket nie, toe verkoop sy plaas en ons trek dorp toe. Ek was in drie skole in my lewe. 1 Kleuterskool, 1 laerskool en 1 hoŽrskool, ek weet lekker boring

    Na skool het ek sommer dadelik begin werk en deur UNISA my "Bachelor of Accounting Science" oftewel BCom Rek gedoen en terselfdetyd my oudit klerkskap by KPMG hier in Pietersburg gedoen. Vandaar na 'n ander ouditfirma en laas jaar my klerkskap klaargemaak asook my graad verwerf. Ek werk nou in die privaatsektor as finansiŽle bestuurder vir 'n groep maatskappye. (Ook in Pietersburg natuurlik).

    Verder het ek al vir 15 jaar 'n groot passie vir die bestudering van die Bybel. Ek het die EEIII kursus (Vlak 1) gedoen vir evangelisasie en toe op 'n latere stadium het ek ook akreditasie verkry as EEII dosent, m.a.w. ek kan nou enige plek in die wÍreld iemand oplei in die EEIII program. Vir diegene wat nie weet nie, dit is 'n evangelisasie program wat gemeentelede mobiliseer om evangelisasie te doen in hulle omgewing op 'n doeltreffende manier. O en soos Fila sal sÍ, ek noem 'n graaf 'n graaf, ek dink dit is hoekom hulle my by my vorige gemeente weggejaag het.

    Ja wel, ek weet nie wat om meer van myself te sÍ nie.

    Hier is my gevreet


  • #2
    Maar jy is dan blond op daai foto !!!!!!!!!!

    Comment


    • #3
      Originally posted by Pierre van Zyl View Post
      Maar jy is dan blond op daai foto !!!!!!!!!!
      En jou probleem daarmee is?

      Comment


      • #4
        Phil........

        Comment


        • #5
          Originally posted by Pierre van Zyl View Post
          Phil........
          Wat van hou op lag en vertel ons bietjie meer van jouself. Jy weet mense darm

          Comment


          • #6
            Hi Phil

            Laat ek dan maar die tweede een wees wat op hierdie draad reageer. Wie weet, miskien spoor dit ander aan om ook deel te neem.

            Terloops, jy kan gerus vir my sÍ "Oom" Jy is dan nog 'n snuiter! (Waag dit as jy moeilikheid wil hÍ!) Ek is al aan die verkeerde kant van 50, het in Pretoria grootgeword (saam met Naas Botha skoolgegaan) en is as jong man in 1980 na Lichtenburg verplaas. Hier het ek my vrou ontmoet, is ek getroud, is my enigste kind (meisiekind) gebore, en is ek weergebore.

            Ek het ook my lewe lank in die finansiŽle sektor gewerk, eers by die Landbank, maar in 1990 wou die bank my na Upington verplaas. Daarvoor was ek nie te vinde nie en toe bedank ek en begin by die plaaslike kooperasie (NWK) as asst kredietbestuurder werk. Toe ek al byna 40 was, het die kooperasie my op 'n ses maande kursus na die Universiteit van Pta gestuur, waar ek die kursus met lof geslaag het. Ek het agtergekom dat ek hou van swot, en toe skryf ek in vir 'n sertifikaat in sakebestuur. Toe ek daarmee klaar was, het ek besluit om iets te swot waarvan ek regtig hou, en toe ingeskryf vir 'n driejaar kursus in Pastorale Teologie - net om myself te verryk en my eie kennis te verbreed. Maar die een ding het op die ander gevolg en uiteindelik het ek sewe jaar lank aan studies spandeer, wat vir my deure oopgemaak het, onder andere om te preek.


            In 2003 het my pos by NWK oorbodig geraak en moes ek die pad vat. Ek het al die pensioengeld wat aan my uitbetaal is, gebruik om my huisverband af te los, wat my sonder 'n sent gelos het. In hierdie dae is daar nie werk vir iemand van my ouderdom en velkleur nie en sedertdien val ek maar rond en doen wat my hand vind om te doen. Die afgelope jaar werk ek as bestuurder by 'n mikrofinansierings instansie, waar ek amper twee maal minder verdien as my 20 jarige dogter. Dit gaan dus maar broekskeur om kop bo water te hou en ek wil dikwels myself jammer kry en vra, wat het ek verkeerd gedoen om op my "oudag" so swaar te kry. Maar dan herrinner die Here my daaraan dat Hy die Een is vir my sorg en dan besef ek telkens, ek het baie om voor dankbaar te wees. Ek het 'n dak oor my kop en ek het nog nooit honger gely nie - meer as wat baie ander mense kan sÍ. Een ding het ek geleer in hierdie afgelope jare, en dit is vertroue. Ek weet dikwels nie vooraf waar die geld om te oorleef, vandaan gaan kom nie en ek het geen ander keuse nie, as om op die Here te vertrou. En Hy is getrou....

            Ewenwel, dis wie en wat ek is. Ek is al 25 jaar lank baie gelukkig getroud met my "beste maat" in die lewe, en ek het 'n pragtige kind (wou graag meer gehad het, maar die Here het anders besluit)

            Ek is wedergebore in 1994 en vandaar het my lewe radikaal verander! Van 'n totale introvert (in die oortreffende trap) wat nie eers voor my eie vrou hardop kon bid nie, tot iemand wat vandag op kansels staan en die Woord verkondig. Daarvoor prys ek die Here, en sal graag my getuienis, oor hoe die groei plaasgevind het, en die pad wat die Here met my gestap het, eendag met julle wil deel, maar hierdie draad is nie die plek daarvoor nie.

            Terloops, ek is ook 'n geakrediteerde EEIII dosent. Die EEIII kursus was 'n baie waardevolle kursus en ek is nie een dag spyt dat ek dit gedoen het nie, maar ek het 'n rpobleem met die EEIII se metodes van evangelisasie. Maar ook dit is 'n onderwerp vir 'n ander draad.

            Dis dit! Foto's van myself is baie skaars, ek verskyn nie gewillig voor 'n kamera nie. Maar ek sal krap, miskien is daar een wat ek op 'n later stadium hier kan plaas.

            Comment


            • #7
              Oom Eugene (ek gaan binnekort vir almal op hierdie site moet oom sÍ)

              Baie dankie vir die deel en vir ons vertel wie jy nou eintlik is, ek waardeer dit en geniet dit baie.

              Groete
              Phil

              Comment


              • #8
                Originally posted by Phil Fourie View Post
                Oom Eugene (ek gaan binnekort vir almal op hierdie site moet oom sÍ)
                Ek het vir jou gesÍ, waag dit net as jy moeilikheid wil hÍ - ek is niemand se oom nie (ten minste niemand op hierdie forum nie...)

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Gene View Post
                  Ek het vir jou gesÍ, waag dit net as jy moeilikheid wil hÍ - ek is niemand se oom nie (ten minste niemand op hierdie forum nie...)
                  O, dankie tog, ek dog jy bedoel ek moet jou nou oom noem

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Phil Fourie View Post
                    O, dankie tog, ek dog jy bedoel ek moet jou nou oom noem
                    Nee ek grap maar net. Ek is nie regtig gepla deur sulke goed nie. Ek is maar net Eugene.

                    Comment


                    • #11
                      Liewe oom Eugene, Pierre, en Phil
                      Ek wou regtig iets van myself vertel, maar toe sien ek daai gedaaide hare, en nou is ek heeltemal van stryk af. Vergun my om te herstel van die skok, dan probeer ek weer.

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                        Liewe oom Eugene, Pierre, en Phil
                        Ek wou regtig iets van myself vertel, maar toe sien ek daai gedaaide hare, en nou is ek heeltemal van stryk af. Vergun my om te herstel van die skok, dan probeer ek weer.
                        Liewe broer Fila

                        Ons het mos nou al hierdie storie uitgepraat het ons nie?

                        Ek kan 'n ander foto plaas, maar dan gaan dit met die bok moet wees wat dood is en ek dink party mense gaan nie baie daarvan hou nie.

                        Liefde groete
                        Phil

                        Comment


                        • #13
                          Hi Phil,

                          Watse boog is daardie, 'n Q2?
                          Ek self het 'n Darton Maverick besit. Maar nooit gaan jag nie. En de pyle het my te duur gekos op die 3d ranges...

                          Groete

                          Vim.

                          Comment


                          • #14
                            Ek en my stokperdjie. Of is dit 'n seeperdjie?

                            Dis geneem by Sterkfontein Dam in die Vrystaat. Pragtige plek.
                            Attached Files

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by Phil Fourie View Post
                              Wat van hou op lag en vertel ons bietjie meer van jouself. Jy weet mense darm
                              Okay Phil,
                              Ek is dik, onfiks en gelukkig

                              Comment

                              Working...
                              X