Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die tuin van my hart

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die tuin van my hart

    Soos die son inglip en in die gang gaan le, as ek my voordeur oopmaak, net so het die dag gister in my lewe aangebreek toe ek my eie hart gaan ondersoek.
    In my eensaamheid het ek in die werf gedwaal en ek kon sien hoe die onkruid die agterplaas ingeneem het. Soos n leer wat n verlate stad insypel.

    Soos ek met my hand oor die grashalms en sydistels steel, het ek tot my verbasing gesien dat daar nog perskebome voor die agterdeur leef. Hulle takke groei en getier in alle rigtings, maar dra geen vrug. Tussen die klitsgras staan daar nog n paar riete waarteen die boontjies nog moes rank, maar tervergeefs was die boontjies nog nooit geplant nie.

    In benoudheid neem die ure toe, en dit het voel asof iemand n fyndraad om my keel al stywer trek. Ek is geforseer om terug te gaan en eerder in die donker te gaan sit, want die tuin van my hart het net te veel werk geverg om dit weer mooi te kry.

    My hart is aan skerwe, die stukkies le oral op die grond. Dis verby, n Hoofstuk van my lewe is afgesluit. My trane sny soos lemmetjies oor my wange.ek wil net terug kruip in my bed, maar ek vertrou dat my God wat ek leer ken het my weer uit hierdie donkerte sal kom haal.
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    Psalm 121:5 zegt, "De Here is mijn bewaarder". Hij is ook jouw beschermer en bewaarder, Linda.
    Who have I in heaven but You oh God? Besides You, I desire nothing here on earth. My heart and my flesh may fail me, but God will be the strength of my heart and my portion forever...as for me, the nearness of God is my good - Psalm 73:25-26, 28a

    Check out my new blog at pilgrimtozion.blogspot.com

    Comment


    • #3
      Originally posted by Pilgrimtozion View Post
      Psalm 121:5 zegt, "De Here is mijn bewaarder". Hij is ook jouw beschermer en bewaarder, Linda.

      Ek weet, ek weetnet baie seer op die oomblik, en miskien te lank gewag om my lewe reg te maak
      Saved by Grace!

      Praying for Mieke and Charles
      Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


      My testimony
      http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

      Comment


      • #4
        Ik bid voor je, zus. Ik weet dat het voor God nooit te laat is...Hij is genadig en goed!! Ik wilde dat ik meer voor je kon doen!
        Who have I in heaven but You oh God? Besides You, I desire nothing here on earth. My heart and my flesh may fail me, but God will be the strength of my heart and my portion forever...as for me, the nearness of God is my good - Psalm 73:25-26, 28a

        Check out my new blog at pilgrimtozion.blogspot.com

        Comment


        • #5
          Dankie Ben, will hold on for as long as possible, just lost some things in life, I never thought I would loose.............a bit sad, and lonesome.......perhaps the sun will shine again tomorrow. Thanking you for the prayers
          Saved by Grace!

          Praying for Mieke and Charles
          Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


          My testimony
          http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

          Comment


          • #6
            Afrikaans Psalms 23

            1 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.

            2 Hy laat my neerl in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

            3 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

            4 Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf di vertroos my.

            5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my testanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

            6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.


            Somtyds is dit nodig om rock-bottom te slaan
            Want dan ken ons die slymerige put van waaruit die Here ons kom red
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Iewers het ek gelees:

              "Those who have been forgiven most, love most."

              Linda, die Here is met jou - Hy wil en Hy kan jou help. Hy sal jou NOOIT in die steek laat nie. Laat Hom net toe om oor te neem. Gee Hom ALLES - jou verlede, jou toekoms, jou gedagtes, jou liggaam, jou hart. Alles wat dierbaar en kosbaar is vir jou - gee dit nou aan Hom oor, sodat Hy Sy werk in jou kan doen. Ons, as mens, maak maar 'n groot gemors van dinge, en dit is eers as ons besef ons is en het niks dat Hy ons werklik kan help.

              Ek bid vir jou, Linda. Jy is kosbaar.
              Jeremiah 29:11
              "For I know the plans that I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

              Comment


              • #8
                Lindatjie , as alle mense volmaak was, sou dit nie nodig gewees het vir Jesus om vir ons sondes aan die kruis van Golgota te hang en te ly om hulle te betaal nie. Daarom is geen put te diep en geen pad te swaar vir die gelowige nie. WANT Jesus haal ons uit die put en vat ons laste op Hom . Hoe gebeur dit? Jesus begin werk DIE OOMBLIK as ek al my laste en probleme op Hom laai. Hy is SO n gentleman en sal nooit sonder jou toestemming jou probleme kom gryp en dit wegneem nie. Hy wag vir jou keuse en jou hulpgeroep tot ons Ewige Vader om jou in Sy arms toe te vou, te help , te vertroos , te lei en te leer wat Sy weg en volmaakte wil vir jou is. Ons hier by Lighuis bid vir jou en ons WEET dat die Here jou liggie weer sal laat skyn.

                Comment


                • #9
                  Linda, dis dalk bietjie lank maar ek wil graag dit aan jou oordra:

                  Wanneer n baba gebore is, is die klein sagte nuwe mensie baie blootgestel en baie vatbaar vir siektes, kwale en gevare.
                  Die melkbottels waaruit die babatjie drink word gekook in water net om seker te maak daar is nie enige moontlike virusse en kieme of bakteriee wat in of aan daai bottel sit wat moontlik die babatjie se onervare liggaampie kan aanval of skade aanrig of selfs laat sterf nie.
                  Die babatjie se imuunstelsel wat nou nog nie n groot databasis opgegebou het van watter organismes is goed en watter organismes is kwaadaardig, om sodoende die liggaampie te beskerm en te beveg teen die kwaadaardige organismes is baie onvoldoende nog op die stadium en moet nou begin leer en opgebou word om sodoende met die leeftyd die liggaam te beskerm teen kwaadaardige organismes, sodat die mensie kan opgroei meer en meer.
                  Pasgebore babas word weekliks gemeet en geweeg om te sien of daar groei is, indien daar een week gemerk word dar daat nie groei is nie, ward die dr dadelik geraadpleeg want dan is daar mos fout!

                  Nou net so is elkeen van ons wat pas wedergebore is: babatjies - klein, fyn, sag en baie vatbaar vir siektes. Sommiges van ons het al gegroei, party vinniger as andere en sommiges weer stadig. Maak nie saak nie, solank daar groei is, is daar vordering. Party het gaan tent opslaan langs die pad en bly kinderjies en andere probeer kortpad vat die vinnige maklike weg.
                  Daar is net een Weg en dis deur Jesus, die Enigste Weg, Waarheid en Lewe. Niemand gaan na die Vader behalwe deur die Seun. Jesus is die deur en wie nie deur die deur gaan nie en by die ander kant inklim is n dief en n rower. (Joh 10)

                  Nou wanneer ons ons bekeer tot God (lw. Tot GOD) en wegdraai van die oue sondige mens, is ons pasgebore babatjies met n pasgebore Gees, nie liggaam nie.
                  Die ou mens is begrawe en die nuwe mens is gebore in Christus waarvan die doop n openbare belydenis is van die bekering, die afsterwe van die oue mens en die opwekking van die nuwe mens in Christus (afsak in water afsterwe van die oue sondig mens en die oplig uit die water opwekking van die nuwe mens IN Christus) Dis hoekom Jesus vir Nikodemus ges het in Joh 3 as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
                  Interessant let op die SIEN.
                  Dan se Jesus:
                  as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Nou s Jesus INGAAN.

                  Lyk my daar is die wat wedergebore is wat net gaan SIEN, en dan die wat wedergebore is en dan gedoop word volgens die doop (Baptizo onderdompeling) waarvan die SKRIF PRAAT en waarvan Jesus vir ons n voorbeeld gegee het HOMSELF en dis nie besprenkeing nie, nou hulle gaan wel INGAAN.

                  (Ek doop my beskuit in my koffie deur hom in die koffie te druk en dan weer uit te haal, nie deur my beskuit met koffie te besprenkel nie!)
                  Die wat eendag geoordeel gaan word, word volgens die WOORD geoordeel, nie volgens die kerk geskrifte en lering nie!

                  Joh 12:48 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.

                  Op 1:16 - En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.

                  Heb 4:12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

                  Eph 6:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Geesdit is die woord van God

                  Nou is die pasgebore nuwe mens IN Christus n klein pasgebore babatjie.
                  n Pasgebore babatjie moet beskerm word teen siektes en kieme ens (wat kan doodmaak) nou net so is m pasgebore nuwe mens n pasgebore babatjie die Woord se - (2 Kor 5:17) Daarom, as iemand in Christus is, is hy n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
                  Daai die ou dinge het verby gegaan is die oue sondige mens, die eie ek, die ou natuur, begeertes, eie wil, gewoontes, gedagtes, sieninge ens
                  Die dit het alles nuut geword is die nuwe mens in Christus, nie God se Woord en God se wil wat nuut word nie daar is mense wat leer dat dit beteken dat God het nou sy wil verander, dan gebruik hulle nou die vers om dit te staaf dis n leun! Hier word gepraat van die nuwe MENS IN CHRISTUS!
                  Die Woord leer ons dat God vandag, more en tot in alle ewigheid dieselfde bly en dat daar GEEN skadu eers van verandering by God is nie Jesus het ges, Hyt nie gekom om te ontbind nie maar om te vervul, en geen jota of titteltjie sal verby gaan nie!
                  Nou met die nuwe mens IN Christus, moet die nuwe pasgebore mensie nou opgroei in God se Woord van elke Woord wat uit God uitgaan.
                  Onderwerp jou aan GOD!

                  Nou wil die nuwe mensie die pad saam met God wandel, en God se wil doen, want die nuwe mensie se Gees moet nou groei, jys mos nou gebore uit water en Gees.
                  Nie meer wandel op sy eie paadjie nie maar die pad wat lei na God toe, die nou paadjie.
                  Soos ek genoem het, die pasgebore babatjie, wanneer hy nie meer groei en gewig optel nie dadelik dr toe met hom!
                  Net so ook met die nuwe pasgebore mensie se Gees in Christus, nou moet hy opgroei in die melk van die Woord skoon suiwer (bottel wat gekook word sodat kieme en virusse moet doodgaan) melkkossies van die Woord en hy moet daardeur opgroei.

                  Om nou vir n pas wedergebore baba te s laat die Gees jou lei is om soos vir n persoon wat nou vir iemand wat niks weet van karre nie wat nou gaan leer vir machanic te s: die thrust bearing van die clutch moet vervang word die arme persoon gaan nie n idee h waarvan jy praat nie en heeltemal deurmakaar wees en bekommerd en gestres! Die pasgebore baba IN Christus moet ook nou nog leer verstaan hoe die Gees hom lei.

                  Daarom net so wat gaan gebeur as jy vir n pasgebore baba vaste kos gee vaste spyse die arme babatjie gaan verstik! Nou net so met die nuwe mens in Christus hy moet gevoed word met die melkkossies in die begin onvervalsd en suiwer en skoon!

                  Waar kry mens onvervalsde suiwer skoon melkkossies? Uit die Woord Bybel, dis die onvervalsde skoon suiwer leer van God - die kos waardeur mens moet opgroei.

                  Anders gaan die nuwe mensie verstik en begin en skade ly want dan begin mens wonder oor die stuk vleis en daar stuk steak en die fondemente van die geloof is nognie eers behoorlik gel nie. Dan begin mens ook kommer en twyfel en stres en depresief raak want jy verstaan dit nie en dat nie en dit lyk so ingewikkeld die vaste spyse. Groei eers op die die melkkossies, slukkie vir slukkie, en moenie bekommerd wees nie, Vader sal sien wanneer jy reg is om oor te gaan na vaster spyse, wanneer jy tande begin ontwikkel dat jy kan begin kou en nie verstik nie, maar net dan sagte vaste spyse want dan is daar is nog nie melktandjies!

                  Moenie bekommerd wees dat jy agterraak in kennis van die vaste spyse van die Woord nie, bou eers jou fondament sterk en stewig voordat jy oorbeweeg wanneer jy in jou hart weet en deur die Gees gewys begin voed word deur die Woord na die vaster spyse. Jy sal weet wanneer dit is, moenie kommer nie.

                  God is getrou en weet beter as enige iemand wanneer jy reg is om aan te beweeg, maar moenie tent opslaan langs die pas nie, groei, tel gewig op, raak sterk deur die Woord van God! Groei.

                  Daar is ongelukkig baie vaste spys golwe van leringe, en as jy nie goed opgegroeid is in die eerste beginsels van die geloof nie gaan die golwe van lering jou net rondslinger, en jy gaan nie kan onderskei tussen waar en valse leringe nie. Onthou die roofsugtege wolwe kom nie met n rooi pakkie en n vurk in die hand horings op die kop en n pylstert nie, hulle vermom hulself in skaapsklere!

                  Dis jou taak en verantwoordelikheid om te groei in die onvervalsde melk van die Woord. Vader sal sorg dat die Heilige Gees jou leer en lei na die vaste spyse Jy sal dan weet, maar wanneer jy reg is daarvoor, en Hy weet wanneer jy klaar is met die vaste spyse, moenie dat iemand jou druk nie.

                  Daar is wel n vyhand die brullende leeu, wat rondloop en kyk wie hy kan verskeur, maar hoe s die Woord moet ons hom teestaan? Standvastig in die geloof nie net teestaan in die geloof nie maar STANDVASTIG in die geloof. Standvastig beteken nie wankelrig nie maar standvastig. Wankelrig is n baie gevaarlike plek om te wees. Standvastig dis wanneer die vyhand of iemand jou n hou toedien, en jy staan nogsteeds vas stewig vas, jy wankel nie en struikel en val nie, maar jy bly staande Standvastig. (1 Pet 8-9)

                  Daarom die groei in die melkossies eers, sodat jou fondamente in Christus en in die geloof stewig gebou word, sodat jy stewig en standvastig kan staan in die geloof en die vyhand jou dan n hou kan toedien maar jy bly vasstaan standvastig in die geloof sonder om te twyfel en te wonder en dan hoef terug te hoef gaan na die eerste beginsels, want dan is jy stewig en standvastig gebou alreeds deur die eerste beginsels en versekerd in wat jy glo en wat die Suiwer Woord van God leer en s! Dan het jy alreeds heelwat opgegroei deur elke Woord wat uit God uitgaan! Maar dit eindig nie net daar nie, dis aanhoudend! Groei meer en meer beweeg oor van heerlikheid tot heerlikheid.

                  Hoe bou jy dan die standvastige geloof? Deur die Woord van God (Die Bybel). Deur die Woord (Bybel) te lees, te bedink, te bepeins, te doen! Die Woord van God moet in jou hart wees, Dag en nag, oggend en aand, wanneer jy in jou huis sit, as jy op die pad is, as jy gaan l, wanneer jy opstaan Skryf die Woord op die deurposte van jou hart! Sien dit, hoor dit in jou gedagtes, bedink dit, spreek dit, leef dit uit, vul dit aan waar dit ontbreek, en kry dit Lief!

                  Leef van elke Woord wat uit God uitgaan!

                  Die Woord is ook n spieel wat jy jouself in kan raaksien soos jy dit lees, en jou lewe diensooreenkomstig te verander om in die Wil van God te beweeg.

                  Jy hoef solank as wat jy nognie sterk is in die geloof nou jou te bekommer oor dat die duiwel jou gaan laat struikel nie, maar waak, en bid en versterk jou in die allerheiligste geloof, BLY altyd in Jesus en groei op in HOM, en in Sy onvervalsde Woord, dan kan jy onmoontlik nie verkeerd gaan nie, want in die proses van groei deur de onvervalse melk van die Woord is jy besig om die nuwe mensie in Christus te voed en op te groei, gewig op te tel en sterk te raak, vaster en vaster in die geloof. Die vyhand gooi wel dinge voor jou voete sodat jy moet sukkel en twyfel in die proses maar hou net jou o gerig op ons voleinder van ons geloof naamlik Jesus en HY sal jou die krag gee om eers dalk om die struikelblok te kruip, en partykeer gaan die strukelblok jou dalk n skafie of twee op jou been gee soos jy om hom kruip, maar daai skafie, gaan jou nie doodmaak nie (solank jy IN Jesus bly en SY Woorde in jou), dit gaan jou imuunstelsel net sterker en sterker maak en jou databasis vir jou imuunstelsel vul en jou meer imuun maak vir die volgende struikelblok.

                  Waneer jy begin loop, nie meer kruip nie maar n kind begin word in die geloof gaan die struikelblok dalk groter begin voel want dan is die stryd feller maar ons dank God dat Hy ons altyd laat TRIOMFEER (in onsself) Nee, IN Christus! (2 Kor 2:14) Dan kruip jy ook nie meer om die struikelblok nie maar jy klim oor hom, sukkelrig, maar jy klim hom uit. Later wanneer jy volwasse is in die Gees (na baie groei), dan kruip jy nie meer om die struikelblok nie, jy klim hom nie meer uit nie, jy wandel sommer oor hom! Soos Jesus gewandel het op die see wat woes was, en die dissipels in die skuitjie geskrik het te hulle Jesus sien wandel het op die see.

                  Onthou Heb 5:14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermons besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

                  Deur die gewoonte geoefen MAW dan het jy al baie beprowinge nie net gehad nie, maar geoefen, uitgekim en oorwin geoefen en kan jy onderskei die goed van die kwaad deur die geestesvermoens wat jy dan alreeds in besit het deur die gewoonte geoefend!

                  Daai woord onderskei is afgelei van n woord wat beteken to withdraw from maw om nie net te onderskei nie, maar ook te onttrek van die kwaad/beproewinge/begeertes nie deur ons eie slimmigheid nie, maar deur die geestesvermoens wat in ons besit genadiglig geskenk is deur die Heilige Gees in die gewoonte geoefend!

                  2 Kor 2:14 - Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.

                  Triomfeer, besef ons wat triomfeer beteken? Ek dink as ons die volle betekenis hiervan sal besef, sal ons vir 2 weke lank net Vader prys met Lofliedere en uitbreek in gejuig en koordanse en Vader verheerlik dat HY ons laat Triomfeer in Christus!

                  Laat die wereld hulle verjeug in wereldse dinge, ons sal in dank aan God - ALTYD TRIOMFEER IN CHRISTUS!

                  Nou is dit die hand aan die ploeg slaan en vorentoe kyk, en nie terug kyk nie en begin groei in Christus, moenie omdraai nie, onthou - die ou dinge het verby gegaan. Moenie dat die vyhand jou terug wys na die verlede toe nie, dit gaan jou depressief maak en dan gaan hy jou probeer verskeur kyk nou vorentoe, met jou o stiptelik gerig op Jesus, moenie jou o ooit afhaal van Hom nie! Jy is nou n nuwe mens IN Christus, die ou mens is dood, onthou, daai ou mens het afgesterf, sy is daar nie meer nie.

                  Kyk nou vorentoe met jou hande styf aan die ploeg, moenie omdraai nie, nou is jy oppad na die nuwe Jerusalem, die trane sal afgevee word, die koninkryk van God behoort aan die wat arm is van gees, die wat treur sal vertroos word, die sagmoediges sal die aarde beerwe, die wat honger is na die geregtigheid sal versadig word, aan die barmhartiges sal barmhartigheid bewys word, die wat rein is van hart sal God sien ens ens.

                  Kyk nou vorentoe, jy is nou n kind van God, n kind van die Lewende God, by wie niks onmoontlik is nie, jys nou n kind van die Allerhoogste, jys n kind van die Almagtige, jy is nie net n oorwinnaar deur Hom wat jou die krag gee nie maar MEER as n OORWINNAAR, en NIKS kan jou skei van die Liefde van GOD nie! Nie verdrukking nie, nie vervolging nie, nie die swaard nie, nie die verlede nie, nie die toekoms nie!
                  Jy het nou deur Jesus ons ho priester n oop kanaal na die Skepper van die heelal, ek meen wat meer wil ons h, ons het die Grootste Wonderlikste Ewige Onverganklike vir Altyd en altyd en altyd en nog langer die Ewige Lewe ontvang wat ons nie eers verdien het nie. Gryp dit aan, hardloop daarna, vergeet wat verby is, kyk nie terug nie, hou vas aan jou redding, versterk jou geloof en twyfel glad nie meer nie want daar is geen maar geen rede om te twyfel nie, die vyhand is eintlik alteeds verslaan, alhoewel die stryd nog aangaan, maar ons weet wat sy einde gaan wees.

                  Wat verby is is verby, of dit nou 10 of 20 of 50 of 80 jaar is, die Ewigheid is nou op hande, Bewaak jou hart bo alles en BLY IN HOM en SY Woorde IN jou!!!








                  Comment


                  • #10
                    Hallo Linda, hoe lyk jou tuin vandag?
                    The Rapture

                    My dearest friends, Im so sorry so sorry
                    but I must confess, dont worry
                    the rapture is not before the Great Tribulation
                    its before Gods wrath!!!

                    Because His wrath is not meant for you
                    its for all the people in the zoo
                    think about it and refresh
                    you will see theres no way out of here, in the flesh

                    If you really believe, you will see
                    the rapture is for you and me
                    when we decide to leave from here
                    that very day, oh! God adhere


                    Comment


                    • #11
                      Hi Linda, my hart pyn vir jou. Ek hoop jy voel al beter.
                      Ek kan nie veel s om jou te laat beter voel nie, want die pyn is oorweldigend. Die stukkende glas skerwe van verpletterde drome sny jou siel bloeiend en elke greintjie vesel in jou skreeu oorverdowend van die pyn. Ek kan net vir jou s, dat al is dit so seer en al is dinge so onmoontlik en onverwerklik nou - moet jy asseblief onthou dat God omgee. Hy staan by jou en Hy hou jou styf teen Sy bors vas , soos 'n Vader met 'n kosbare baba doen. Hy sien elke traan wat jy huil en Hy vang elke traan op in 'n goue beker met jou naam op en eendag, wanneer dit reg is, gaan hy jou trane in absolute vreugde verander. Vreugde wat alle verstand te bowe gaan en Hy gaan jou heel maak. Ons Vader moet ongelukkig soms hard met ons wees en ons plat op die aarde kry sodat Hy al die onnodige dinge van ons kan afsny en wegsny. Al die geestelike kankers wat onbewustelik op verskillende maniere in ons menswees vasgegroei het, kan uitroei, sodat Hy weer opnuut kan blomme plant in die plek van die vreeslike seer dorings en lelike bossies. Wees geduldig Linda. Jou blomtyd is nader as wat jy dink. Ons moet kan voel voordat ons kan help. Ek weet en die Here wil h jy moet weet - Hy het jou ontsettend lief. Nie net omdat Sy woord dit vertel nie, maar omdat ek , wat jou van geen kant ken nie, dit vandag soos ek hier tik in 'n kantoor vol mense, kan voel. Ag , as jy maar net kan weet. Linda, hou net jou hande uit. Jesus staan by jou. Hy sal jou deur help. Hy sal jou dra. Sy genade is vir jou genoeg. Sy liefde vir jou is baie groot.
                      Hiermee, gee ek vandag vir jou 'n ruiker van die mooiste blomme denkbaar. Hou moed.
                      Maria

                      Comment


                      • #12
                        Hemelse 'Pleisters'.

                        Linda , wat jy nodig het , is Hemelse Pleisters! Hier kom hulle. Vang!

                        Jer. 29 vs 11 : Ek weet wat ek vir julle beplan, se die Here : Voorspoed en nie teespoed nie!
                        Miga 7 vs 7 : Maar ek sal vertrou op die Here,ek sal wag vir die God wat my red.My God sal my gebed verhoor!
                        Jer 17 vs 7 : Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here n veilige vesting is!
                        Ps 23 vs 4 : (Ou vertaling) : Al gaan ek ook in n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: U stok en U staf die vertroos my.
                        Matt 10 vs 30 : Van julle is selfs die hare op julle hoof almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.
                        Matt 19 vs 26 : Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.
                        2 Kor 1 vs 3 : Aan God ,die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in ELKE omstandigheid uitkoms gee!

                        Comment


                        • #13
                          Goeiemiddag almal,

                          ek wil indien ek my woorde nie reg uitgespreek het met my vorige post waarin ek die onderstaande gese het net moontlike misverstand uitklaar.

                          Met wat ek hieronder gekwoteer het, het ek NIE bedoel dat dit die doop (onderdompeling) is wat mens red nie, dis gladnie die doop wat mens red nie al doen jy dit in gehoorsaamheid en jy onderdompel jou soos die Skrif leer, dis nie die doop wat jou red nie. DIe doop is 'n gehoorsaamheids stap wat jy neem NADAT jy jou Bekeer het, Jesus aangeneem het as jou ENIGSTE verlosser en saligmaker en DAN is jy wedergebore, die doop/onderdompeling is die gehoorsaamheids stap NADAT jy jou klaar bekeer het, nadat jy klaar gered is deur Jesus se bloed, want dan is dit (doop) 'n openbare belydenis dat jy dan alreeds KLAAR gered is. - dis iets wat 'n baba nie kan doen nie.

                          As ek dit wat ek gese het in my vorige post so uitgedruk het dat iemand verstaan het dat ek se dat dis die doop/onderdompeling wat jou red, dan vra ek vir jou as persoon persoonlik onverskoning, ek is baie jammer dis nie wat ek bedoel het nie. Ek se dit hier want ek weet nie of daar persoonlik iemand is wat verkeerd verstaan het nie, maar as daar is, wil ek dit net regstel.

                          Originally posted by Psalm View Post
                          Die ou mens is begrawe en die nuwe mens is gebore in Christus waarvan die doop n openbare belydenis is van die bekering, die afsterwe van die oue mens en die opwekking van die nuwe mens in Christus (afsak in water afsterwe van die oue sondig mens en die oplig uit die water opwekking van die nuwe mens IN Christus) Dis hoekom Jesus vir Nikodemus ges het in Joh 3 as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
                          Interessant let op die SIEN.
                          Dan se Jesus:
                          as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Nou s Jesus INGAAN.

                          Lyk my daar is die wat wedergebore is wat net gaan SIEN, en dan die wat wedergebore is en dan gedoop word volgens die doop (Baptizo onderdompeling) waarvan die SKRIF PRAAT en waarvan Jesus vir ons n voorbeeld gegee het HOMSELF en dis nie besprenkeing nie, nou hulle gaan wel INGAAN.

                          (Ek doop my beskuit in my koffie deur hom in die koffie te druk en dan weer uit te haal, nie deur my beskuit met koffie te besprenkel nie!)
                          Die wat eendag geoordeel gaan word, word volgens die WOORD geoordeel, nie volgens die kerk geskrifte en lering nie!

                          Comment


                          • #14
                            Dankie vir jul gebede!

                            Ek het vergeet, blomme het water nodig, en ek glo dat na die storm, sal die son weer skyn...........

                            Tuine het water en son nodig vir saadjies om te groei!

                            Gaan beter, baie dankie julle!
                            Saved by Grace!

                            Praying for Mieke and Charles
                            Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                            My testimony
                            http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                            Comment


                            • #15
                              Hoe lekker is dit om jou weer hier te sien LINDA. Ek is bly dit gaan beter met jou, hou goeie moed, ons is meer as oorwinnaars!
                              The Rapture

                              My dearest friends, Im so sorry so sorry
                              but I must confess, dont worry
                              the rapture is not before the Great Tribulation
                              its before Gods wrath!!!

                              Because His wrath is not meant for you
                              its for all the people in the zoo
                              think about it and refresh
                              you will see theres no way out of here, in the flesh

                              If you really believe, you will see
                              the rapture is for you and me
                              when we decide to leave from here
                              that very day, oh! God adhere


                              Comment

                              Working...
                              X