Announcement

Collapse
No announcement yet.

Twee Kindergedigte

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Twee Kindergedigte

    Nagvrees
    (Belinda van Rensburg)

    Ek het 'n baie goeie verbeelding;
    Van enigiets maak ek gou-gou 'n speelding
    In my gedagtes droom ek dinge op
    Wat slegs bestaan in my eie kop.

    Soms in die donker, swarte nag
    Verbeel ek my monsters lę loerend en wag
    Vir my om aan die slaap te raak
    Sodat hulle my bang kan maak.

    Ek wonder waar die gedrogte skuil?
    Ek is baie bang en lus om te huil -
    Wat moet ek doen? Hoe moet ek maak,
    Om van die gedagtes ontslae te raak?

    Ek vou my hande en bid klip hard
    “Jesus, alles is donker en swart
    Ek is vreesbevange; bang
    Vir monsters en goeters wat my wil vang.

    Help my, Jesus; help my tog
    Beskerm my teen elke gedrog
    Stuur U engele om oor my te waak
    Sodat ek veilig en rustig kan slaap.”

    --------------------------------

    My Hartjie Is Bly
    (Belinda van Rensburg)

    Dankie Jesus vir voëltjies wat sing
    Sprinkane wat spring
    'n nuwe begin.

    Dankie vir hierdie mooie dag
    Vir vreugvolle lag
    En rus in die nag.

    Alle mooi dinge is deur U gemaak -
    Sagte diertjies om aan te raak
    Gesonde kossies wat lekker smaak
    Eng'le wat dag en nag oor my waak
    'n Pappa en Mamma wat lief is vir my;
    U hele Skepping maak my hartjie bly.
    Last edited by paidforinfull; Mar 21st 2009, 08:51 PM.
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you,’ declares the Lord, ‘plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

  • #2
    Pretty Belinda, jy dig pragtig! En wie van ons het nie ook al as n kind wakker gele met vrese nie(baiekeer ongegrond, maar wel.) Veral diegene met vrugbare verbeeldings... Doet zo voort , Sis!

    Comment


    • #3
      Te pragtig!!!!

      Comment


      • #4
        Ag dankie, julle.

        Ek het regtig 'n hart vir kinders en het nogal 'n paar Engelse kindergediggies geskryf. Ek is nou besig om hulle op my webblad te sit. Ek wil ook graag begin om kinder storietjies te skryf (toe my dogter klein was het ek altyd vir haar stories opgemaak - volgens bestelling, nogal! ). Nou wens ek net ek het iemand geken wat goed kon teken of skilder om bietjie prentjies te teken ...... (hint hint ).
        Jeremiah 29:11
        "For I know the plans that I have for you,’ declares the Lord, ‘plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

        Comment


        • #5
          By die skone kunste is stokmannetjies teken my baie prominente plafon...

          Comment

          Working...
          X