Announcement

Collapse
No announcement yet.

Drome en droom uitleggings

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Drome en droom uitleggings

    Haai Almal!

    Ek het gisteraand 'n onaardige droom gehad

    In bybelse tye word daar gepraat oor drome en die uitlegging van dit.
    Genesis 40 v 8 - v 22 is seker een van die bekende voorbeelde.

    Wat word geglo om hierdie onderwerp. Is dit veilig om uitlegging te soek?

    Jesus groete
    Mari

  • #2
    Ek sal sÍ nee, dit is nie veilig nie, jy plaas jouself dan onder 'n persoon en nie onder die Woord van God nie, wat nooit 'n gesonde posisie is nie. As jy dalk in jou onderbewussyn met iets worstel, kan dit wel veroorsaak dat jy daaroor droom, maar moenie een of ander profetiese uitleg daarvoor gaan soek nie, jy gaan net mislei word.

    Comment


    • #3
      Hi Mari, ek sal ook nie gaan uitleg soek van elke weird droom wat ek het nie. (En ek het baaaaaiiieeee weird drome...kon jou katte al met jou terugpraat in 'n droom? ) Dis moeilikheid soek en beweeg jy in die rigting van 'n new-age gier. Maar ek glo wel dat God met jou kan praat of vir jou dinge kan wys in jou drome. Dit het al so keer of wat met my gebeur en ek het dit dadelik geweet toe ek wakker word. Ek het ook gebid dat die Here dit vir my duideliker sal maak wat Hy vir my wou wys en ek het Skrif gaan soek oor dit wat Hy my gewys het. So ek sou sÍ as jy 'n droom het waaroor jy wonder bid daaroor en soek Skrif daaroor maar moenie na iemand toe gaan wat drome uitlÍ nie. Dis volgens my beskeie mening 'n groot no-no...
      The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

      Comment


      • #4
        Baie goeie raad Lanie

        Comment


        • #5
          Originally posted by MG Van Wyk View Post
          Haai Almal!

          Ek het gisteraand 'n onaardige droom gehad

          In bybelse tye word daar gepraat oor drome en die uitlegging van dit.
          Genesis 40 v 8 - v 22 is seker een van die bekende voorbeelde.

          Wat word geglo om hierdie onderwerp. Is dit veilig om uitlegging te soek?

          Jesus groete
          Mari
          Hallo Mari,

          Ek stem saam met die ander antwoorde wat jy gekry het. Enige uitlegging van 'n droom, sal altyd subjektief wees. As mens dieper ingaan op drome, kom mens later agter dat die heel beste is om te wag op die Here, wanneer mens antwoorde soek omtrent dit. Drome is 'n manier waarop die Here met ons kommunikeer,

          Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. In die droom, in Ďn naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seŽl op die waarskuwing aan hulle; om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg; sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie.
          (Job 33:14-18 AOV)
          The Rapture

          My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
          but I must confess, donít worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          itís before Godís wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          itís for all the people in the zoo
          think about it and refreshÖ
          you will see thereís no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhereÖ


          Comment


          • #6
            Originally posted by Lanie View Post
            ...kon jou katte al met jou terugpraat in 'n droom?
            Katte is oor die algemeen nie lekker in die kop nie. Die beste raad wat ek jou kan gee is om jou katte onmiddelik vir my alsations te voer.

            Comment


            • #7
              Dankie aan almal vir jul terug voer. Ek het net gewonder daaroor want ek ken 'n paar mense wat sulke goed opsoek en wou nie te betrokke raak met die wete dat dit nie veilig kan wees nie.

              Ek dink baie drome kry jy oor goed wat vandag in jou lewe gebeur. Ek is net bang ek mis 'n boodskap van God omdat ek die droom afsien.

              Comment


              • #8
                Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                Katte is oor die algemeen nie lekker in die kop nie. Die beste raad wat ek jou kan gee is om jou katte onmiddelik vir my alsations te voer.
                Shame arme katte

                Comment


                • #9
                  Originally posted by MG Van Wyk View Post
                  Shame arme katte
                  Moenie jou steur aan meneer Grootbek hierbo nie, Mari. Sy nuwe stokperdjie is om my siel uit te trek.....
                  The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                  Comment


                  • #10
                    Ja Lanie, hy's weer besig met kattekwaad.

                    Comment


                    • #11
                      Ek droom soms ook eienaardige goed. Dan gebeur dit so. Ek noem dit sommer waar drome. Alle drome is nie waar drome nie. Soms is dit net die dag se gebeure wat met die onderbewuste smokkel. My waar drome is ook nie op die man af nie, met dit bedoel ek nie ek sal 'n ding droom soos dit gebeur nie. As ek van dood of dooie mense droom is daar swangerskap in die familie. As ek van water droom, is daar 'n groot geveg aan die broei. ens ens. Maaar, vir elke mens is verklarings van drome nie dieselfde nie, daarom is dit nie altyd akkuraat as 'n 2de persoon die droom uitle nie. Jy moet jou gemoedstoestand en emosies tydens die droom ook in ag neem.

                      Ek hoop nie julle gaan my nou stenig nie, ek weet baie mense dink dis bog, maar met my gebeur dit werklik so.

                      Comment


                      • #12
                        Die Here praat met Sy kinders - soms in drome of visies; deur Sy Woord; deur andere; deur die natuur; deur omstandighede en die opening en sluiting van deure, ens. Die Here praat met ongereddes ook - kyk maar vir Nebukadneser.

                        God het al 'n paar keer met my in visies en drome gepraat - nie baie nie - maar wel tog.

                        Die ongeluk is nou dit: daar is mens se eie onderbwussyn, die stemme van demone asook die Here se stem. Hier is onderskeiding en gebed vreeslik belangrik en nodig. In my geval weet ek dat ek weet dat ek weet wanneer die Here met my gepraat het - en natuurlik bid ek daaroor - soms vir jaaaaare.

                        Mens moet net in gedagte hou dat God eerste met mense gepraat het - die duiwel is 'n 'copy-cat' en maak sekere dinge van God na, met vreeslike gevolge sou mens daarna luister. Omdat ek uit die okkulte uit kom was en is ek vreeslik versigtig wat drome, visies en die uitleg daarvan betref.

                        Soos alreeds genoem is - droom-simbole beteken nie vir almal dieselfde nie. Ek vertel altyd vir mense om self te gaan bid en die Here te vra wat Hy vir hulle wil se, indien enigiets. Ek het al wel vir mense opinies gevra oor drome wat ek het, maar dit was maar grotendeels vir bevestiging (en nuuskierigheid).
                        Jeremiah 29:11
                        "For I know the plans that I have for you,í declares the Lord, Ďplans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

                        Comment


                        • #13
                          Nou moet ons net natuurlik hierdie draad aan die Woord gaan opmeet:

                          Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
                          HebreŽrs 1:1

                          Comment


                          • #14
                            So jy glo nie God kan met ons "praat" (en met praat bedoel ek dinge wys en nie noodwendig 'n gesprek nie) in ons drome nie?
                            The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                            Comment


                            • #15
                              Alles wat jy inneem moet gemeet word aan die Woord van God Lanie, as dit ek is wat voel die Here druk dit op my hart om met jou oor iets te praat, dan moet jy dit gaan meet aan die Woord, as dit iets is waarmee jy worstel in 'n droom (wat ek nog sterk glo 'n worsteling is van iets wat in jou gedagtes aangaan), meet dit aan die Woord.

                              Glo ek dat die Heilige Gees met ons kommunikeer, absoluut, as dit 'n worsteling is in 'n droom, dan is dit gewoonlik 'n worsteling wat jy in jou daaglikse lewe ook het. Drome is nie profeties nie, daar is net 1 profetiese woord en dit is die Woord van God. Meet alles aan die Woord van God.

                              Comment

                              Working...
                              X