Announcement

Collapse
No announcement yet.

Help mekaar finansieel

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Help mekaar finansieel

    Hallo julle;ek wil net n onderwerp onder julle aandag bring;op facebook is daar n titel met die naam "Christians Pay it forward" dis opgestel om mense te kry om maandeliks n bedrag te gee sodat ander mense se skuld afbetaal kan word en ook sy eie,gaan lees gerus en lewer jou mening asseblief.Ek dink ons het so iets nodig en kan mekaar se laste help ligter maak.

  • #2
    Dat ander mense my skuld moet betaal

    Dit klink na piramied skema
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Goeie More Jan,

      Mmmm, ek weet darem nie jong. Die idee is interressant maar mens moet maar versigtig wees.

      Daar is baie mense daar buite wat Christene uit buit juis omdat hul Christene is en ons is mos daar om mekaar te help? Ek sou nie betrokke raak hier sonder om self te sien dat dit werk nie. Jy vertou hier op mense om eerlik te wees en selfs as hul skuld afbetaal is nog steeds aan te hou betaal? Ek sou een van die wees wat aanhou betaal maar wat is die kaanse dat almal dit sou doen?

      Die ander ding is dat mense hulle geld soveel keer omdraai met die ekonomiese klimaat dat hul nie kan bekostig om die R500 of selfs R150 kan betaal en hul eie skuld tot dat die pay it forward vir hulle werk.

      Die idee is great as dit meer gewaarborg was.

      Comment


      • #4
        ...en jou skuld betaal!

        Gen 3:19 "In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer."

        So glo ek sal jy ook jou skuld betaal....met HARDE kontant.


        Comment


        • #5
          Dit klink na piramied skema

          Originally posted by Ta-An View Post
          Dat ander mense my skuld moet betaal

          Dit klink na piramied skema
          Ek dink nie ons moet dit verkeerd opvat nie almal maak foute en neem verkeerde besluit en of jy nou iemand met kos of klere help is mos net dieselfde as om hulle met geld te kan help?Dit is ook glad nie n piramiede skema nie dis n droom wat ek gehad het en wat ek dink uitgevoer sal kan word met die regte bestuur en kontrole oor die geld.

          Comment


          • #6
            Christians pay it forward

            Enige iemand is welkom om my te kom ondersoek en te sien waar ek woon en of ek n goeie reputasie het en of ek n kansvatter is,Dit is ook nie n kwessie van as die ouens betaal hulle nie die vrugte daarvan sal pluk nie,daar moet in elk geval eers genoeg mense wees wat positief belangstel voor daar enige iets finansieel sal wees, as daar genoeg is sal die geld ook genoeg wees om maandeliks by almal te kan uitkom.
            Almal wat betrokke raak sal n se he oor die besteding van die geld want dit gaan sy of haar geld ook wees.

            Comment


            • #7
              Christians pay it forward

              Originally posted by Johnny View Post
              Gen 3:19 "In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer."

              So glo ek sal jy ook jou skuld betaal....met HARDE kontant.


              Ja gelukkig is ons almal geregtig op ons eie opinies,dis net jammer dat ons as mense so maklik net aan onsself en ons eie omstandighede dink. Daar is hoeveel mense wat in finansiele nood verkeer wat nie hulle eie skuld is nie maar omstandighede,mag ons as hulle broers en suster in Christus hulle nie help nie,Rom 12:7-8
              Rom 12:6 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:
              Rom 12:7 is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;
              Rom 12:8 of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie Ďn voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.
              Rom 12:9 Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;
              Rom 12:10 wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;
              Rom 12:11 wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;
              Rom 12:12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
              Rom 12:13 Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;
              Rom 12:14 seŽn die wat julle vervolg, seŽn en moenie vervloek nie;
              Rom 12:15 wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween;
              Rom 12:16 wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoŽ dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;
              Rom 12:17 vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense;
              Rom 12:18 as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

              Comment


              • #8
                Christinne moet leer om die Here te raadpleeg wanneer besluite in hul lewe gemaak word, veral by groot finasieele besluite. Ek het 'n paar jaar gelede die prys betaal toe ek besluit het om 'n nuwe motor te koop nadat die Gees van die Here my vermaan het om dit nie te doen nie. Jy sien, as jy besluit, dan betaal jy. As die Here besluit, dan betaal Hy. Hy sal voorsien.

                Ek betaal my tiende elke maand aan die kerk en hieruit word die volgende gedoen:
                1. Leraars, tuinjong, sekretaresse, se salarisse moet betaal word.
                2. Die kinderhuis wat ons in Vereeniging ondersteun moet betaal word.
                3. Onderhouds en bedryfskoste van die kerk moet betaal word.
                4. W + L en so meer.
                Ek ondersteun 4 sending groepe wat elke maand betaal moet word:
                1. lida Shoultz van Ebenezer OpPeration Exodus wat help met die terukeer van die Jode (Suid Afrika)
                2. Shirley Lawson Ebenezer in Israel wat help met die JOde nadat hulle teruggekeer het na hulle beloofde land.
                3. Spencer en Karen van der Walt wat onder moeilike omstandighede in Indie vir die Here werk, saam hulle 3 kindertjies.
                4. Mobile Evangelisasie Trust (MET) van Ds. Denzel Dick wat tentbediening doen onder die swartes in die Kaap
                Dit sluit nou nie al die ouens by die robotte en karwagte in nie. Jy sal almal op my webblad sien by die volgende skakel;

                http://www.oospoort.co.za/source/sendelinge.html

                Ek wens ek kon meer mense ondersteun, maar ek moet ook seker my eie skuld ook nog erens inpas.....of hoe?

                Comment


                • #9
                  Geld gee

                  1. Mobile Evangelisasie Trust (MET) van Ds. Denzel Dick wat tentbediening doen onder die swartes in die Kaap
                  Dit sluit nou nie al die ouens by die robotte en karwagte in nie. Jy sal almal op my webblad sien by die volgende skakel;

                  http://www.oospoort.co.za/source/sendelinge.html

                  Ek wens ek kon meer mense ondersteun, maar ek moet ook seker my eie skuld ook nog erens inpas.....of hoe?[/quote]

                  Jan dis waar, dat mens jou eie verpligtinge het en hierdie idee is vir mense wat kan help en is baie nuut ,so enige kommentaar is welkom ,ek dink net ek het iets beet wat ons mede Christene kan help.Ek weet nie van ander nie maar ek geniet dit baie meer om te gee as om iets te ontvang.
                  Last edited by janoosthuizen; Jun 3rd 2009, 12:05 PM. Reason: Ek het die ding te lank gemaak

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by janoosthuizen View Post
                    1. Mobile Evangelisasie Trust (MET) van Ds. Denzel Dick wat tentbediening doen onder die swartes in die Kaap
                    Dit sluit nou nie al die ouens by die robotte en karwagte in nie. Jy sal almal op my webblad sien by die volgende skakel;

                    http://www.oospoort.co.za/source/sendelinge.html

                    Ek wens ek kon meer mense ondersteun, maar ek moet ook seker my eie skuld ook nog erens inpas.....of hoe?
                    Jan dis waar, dat mens jou eie verpligtinge het en hierdie idee is vir mense wat kan help en is baie nuut ,so enige kommentaar is welkom ,ek dink net ek het iets beet wat ons mede Christene kan help.Ek weet nie van ander nie maar ek geniet dit baie meer om te gee as om iets te ontvang.[/quote]

                    Jou woorde pas so in by my kraal. Ek wil ook graag meer gee, maar ons kan deur ons eie vermoe net soveel gee, en niks meer nie. Ek wens jou voorspoed toe met jou projek en wie weet, later kan ek dalk daarby iets gee.

                    Comment

                    Working...
                    X