Announcement

Collapse
No announcement yet.

Het die kerkraad

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Het die kerkraad

    Ek was so 15 jaar van my lewe in 'n kerk op die platte land gewees. Was nie so lekker vir 'n jong kind van Christus om daar te wees nie. Elke Oktober het daar 'n oom voor in die kerk 'n "target" gestel van hoefeel geld hulle moes in...

    Nou wil ek die vraag stel of van die kerkraad lede van gemeentes nie God raadpleeg wat om te doen nie.
    En dink mooi. Ek was op die kerkraad gewees toe ek 18 was (liturgiese raad) Die mense het besluite geneem op 'n ruglyn wat die kerkraad gestel het. En as 'n jonk en jukkerige mannetjie het ek baie pakslae gekry van die kerkraad.

    Nou om my vraag weer te stel:
    Neem die kerkraad die besluit in jou kerk of God?
    8
    God
    50.00%
    4
    Kerkraad
    50.00%
    4

    The poll is expired.

    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  • #2
    Originally posted by Francois Marais View Post
    Ek was so 15 jaar van my lewe in 'n kerk op die platte land gewees. Was nie so lekker vir 'n jong kind van Christus om daar te wees nie. Elke Oktober het daar 'n oom voor in die kerk 'n "target" gestel van hoefeel geld hulle moes in...

    Nou wil ek die vraag stel of van die kerkraad lede van gemeentes nie God raadpleeg wat om te doen nie.
    En dink mooi. Ek was op die kerkraad gewees toe ek 18 was (liturgiese raad) Die mense het besluite geneem op 'n ruglyn wat die kerkraad gestel het. En as 'n jonk en jukkerige mannetjie het ek baie pakslae gekry van die kerkraad.

    Nou om my vraag weer te stel:
    Neem die kerkraad die besluit in jou kerk of God?

    In ons vorige kerk het God beslis nie die besluite geneem nie en dis hoekom ons daar weg is. God het ons o geopen. Gelukkig in ons huidige kerk is God volkome in beheer.

    Comment


    • #3
      Ons het ook so 'n ervaring gehad (soos Hannelie).

      Daar het die kerkraad baklei oor die kleur van matte, het een oom gedreig om sy bydrae terug te hou as hy nie sy sin kry nie, en toe hulle my op die komitee kry om 'n dienskontrak vir die dominees op te stel, en die komitee en die dominees begin stry oor werkure, het ek onttrek (uit die kerkraad).

      Anton

      Skies, ek klink bitter, maar eintlig is dit groot hartseer...
      השייך לאלוהים דרך ישו

      Comment


      • #4
        Ek was deur die jare op baie kerkrade, en veral na my wedergeboorte het dit my geweldig begin pla.... ek kan eerlikwaar se dat daar weinig plek vir die Here op die meeste van hierdie kerkrade was. En dit werk natuurlik deur na die gemeente - 'n kerk waar die kerkraad nie hulle werk in afhanklikheid van die Here doen nie, is 'n dooie kerk.

        Ek dink die probleem kom grotendeels by die mense wat normaalweg tot de kerkraad verkies word. Wanneer vakatures ontstaan, word daar dikwels vooraanstaande en "gewilde" mense gekies - gewoonlik die skoolhoofde, prokureurs, besigheidsmense ens ( dis wat gebeur hier op die platteland in elk geval) Daar word bitter min aandag gegee aan so persoon se geestelike stand. Die gevolg is dat sulke kerkraadslede dikwels net daar is vir die status wat daaraan gekoppel word.

        Ek het egter die voorreg om vir die afgelope jaar lid van 'n kerkraad te wees wat werklik die Here vooropstel. Kerkraadslede word ook op 'n heel ander wyse gekies as in meeste ander gemeentes waar ek al gedien het. Wanneer kerkraadslede gekies moet word, word die kerkraad gevra om eers huistoe te gaan en te gaan bid daaroor, voordat iemand genomineer word. As die Here iemand se naam op jou hart le, gaan voer jy eers met daardie persoon 'n gesprek, en stel was wat sy geestelike stand is, en of hy werklik besef wat so posisie behels en of hy bereid sal wees om hom daartoe te verbind. Eers dan word so persoon by die volgende kerkraadsvergadering genomineer, en na intense gebed, word daar gestem..... nodeloos om te se, daar is gewoonlik baie na aan 100% eenstemmighed oor die persone wat verkies word.

        Comment


        • #5
          Ek is bewus van enkele Kerkrade waar God eerste gestel word, maar my eie ondervinding en ook wat mens waarneem, is dat die groot meerderheid amper nie eers God erken in al hulle handelinge en wandelinge nie. Nie een van die gemeentes waaraan ekself behoort het, het God eerste gestel nie. Dit is maar net 'n versiersuikerlagie met godsdiens oor dit geskryf, wat jammer is om te s, maar wat ongelukkig die waarheid is.
          The Rapture

          My dearest friends, Im so sorry so sorry
          but I must confess, dont worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          its before Gods wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          its for all the people in the zoo
          think about it and refresh
          you will see theres no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhere


          Comment


          • #6
            Dis maar moeilik....na my mening word kerkraadslede ook dikwels verkies sonder dat die lidmate die gewigtigheid van die amp besef.

            Dis uiters, uiters, uiters belangrik dat die wil van God in die verband geskied, mens kan nie iemand tot 'n kerkraad verkies as so 'n persoon nie 'n ware gelowige is nie, en dis ongelukkig wat gebeur, en dan is so kerkraad "geinfekteer" (kan nie nou aan 'n beter woord dink nie)

            En dis waar al die probleme begin.

            Comment


            • #7
              Sjoe. Gene, neem jy die woorde uit my mond uit.
              'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
              Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
              [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
              Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
              [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

              Bemidbar 6:24-26
              [Numbers 6:24-26]

              Comment


              • #8
                Originally posted by CFJ View Post
                ...... maar my eie ondervinding en ook wat mens waarneem, is dat die groot meerderheid amper nie eers God erken in al hulle handelinge en wandelinge nie......
                Ek is op die oomblik 'n kerkraadslid, en kan vir julle s dat dit wat Ferdi hier skryf 100% waar is. Die verval is al so ver dat ek nou die dag beantwoord is nadat ek 'n stuk uit die Bybel op 'n vergadering aangehaal het met 'n "ja, MAAR die kerkorde s ......"
                Hoe op dees aarde antwoord mens dit sonder om jou speelgoed uit die kot te gooi ?

                Comment


                • #9
                  Ek wou al een aand vir 'n ouderling gevra het of hy God ken. Gelukkig het ek my tong bewaar, anders sou ek die kerk op slegter voete verlaat het...
                  'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
                  Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
                  [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
                  Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
                  [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

                  Bemidbar 6:24-26
                  [Numbers 6:24-26]

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                    Ek is op die oomblik 'n kerkraadslid, en kan vir julle s dat dit wat Ferdi hier skryf 100% waar is. Die verval is al so ver dat ek nou die dag beantwoord is nadat ek 'n stuk uit die Bybel op 'n vergadering aangehaal het met 'n "ja, MAAR die kerkorde s ......"
                    Hoe op dees aarde antwoord mens dit sonder om jou speelgoed uit die kot te gooi ?
                    Fila, wat ht jy toe gedoen?

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by Henry View Post
                      Fila, wat ht jy toe gedoen?
                      Gebid vir rustigheid .......... en dit gekry !

                      Ek is op die oomblik erg teleurgesteld/hartseer/whatever oor ons kerkraadkiekiekie, en erg ontseker of ek moet waai of bly.

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                        Ek is op die oomblik 'n kerkraadslid, en kan vir julle s dat dit wat Ferdi hier skryf 100% waar is. Die verval is al so ver dat ek nou die dag beantwoord is nadat ek 'n stuk uit die Bybel op 'n vergadering aangehaal het met 'n "ja, MAAR die kerkorde s ......"
                        Hoe op dees aarde antwoord mens dit sonder om jou speelgoed uit die kot te gooi ?

                        Daar is vele ander wat dieselfde ervarings gehad het Fila.

                        Myne het my my geloof in die "kerk" gekos. Tot so 'n mate dat ek nie meer by 'n gemeente in skakel nie. Hier waar ek bly, is daar net nie 'n alternatief nie. Ongelukkig. Ek word nou gesien as kerkloos, en deur party as 'n randfiguur. Maar dit is ok. Ten minste het ek gesien hoe dit in die binne kringe gaan, en weet nou dat die Woord tweede staan teenoor wat die gemeente se visie, missie, bylaws en what-have-yous is.

                        Babilon, in my beskeie mening, sluit die christendom amper in sy geheel in.

                        Comment


                        • #13
                          Originally posted by Paul Pienaar View Post
                          ...Ek word nou gesien as kerkloos, en deur party as 'n randfiguur. ...
                          Ja. En die ironie is dat jy net vry is van lering van mense. Ek bid dat jy egter 'n tuiste vind by ander mense wat in Jesus glo, vry van 'n "kerkorde" van mense.

                          Anton
                          השייך לאלוהים דרך ישו

                          Comment


                          • #14
                            Sjoe mense.... my hart bloei vir julle. Ek besef nou eers hoe bevoorreg ek is om deel van 'n gemeenskap van gelowiges te wees waar God eerste gestel word. Ja, daar is natuurlik die loues onder ons, soos daar in elke kerk is, maar die kern van die gemeente se fokus en geestlike volwassenheid is op koers. Ek bid dat God vir elkeen van julle 'n geestlike tuiste sal gee waarbinne julle suiwer lering sal ontvang en geestelik sal kan groei.
                            The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by Paul Pienaar View Post
                              Daar is vele ander wat dieselfde ervarings gehad het Fila.

                              Myne het my my geloof in die "kerk" gekos. Tot so 'n mate dat ek nie meer by 'n gemeente in skakel nie.
                              Presies hoekom ek nie in 'n kerk is nie, alhoewel ek by verskeie Bydelstudies betrokke is. Om kerkloos te wees beteken nie vir my om God-loos te wees nie.

                              Comment

                              Working...
                              X