Announcement

Collapse
No announcement yet.

Wat is jou persoonlikheid?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Wat is jou persoonlikheid?

    Dit help dikwels om mekaar beter te verstaan as ons mekaar se persoonlikhede beter verstaan.

    Doen die Jung toets op www.humanmetrics.com en sÍ wat jou resultate is, dan kan ons dit bietjie bespreek. Dit is basies die Meyers-Briggs persoonliheidstoets.

    Jy kan oplees oor jou persoonlikheidstipe op www.personalitypage.com.

    Die teorie daaragter:

    Die 16 persoonlikheidstipes wentel rondom 4 hoof-indikators:

    E-I as. “E” staan vir “Ekstraverties” en “I” staan vir “Introverties.” Let wel, “ekstraverties” met ‘n “a”. Dit is nie presies dieselfde as “ekstroverties” nie. “Ekstraverties” dui op die invloed van die eksterne wÍreld op jou, wat meestal te doen het met aksie, dinge, mense en omstandighede. “Introverties” dui op die invloed van jou interne wÍreld op jou, wat te doen het met jou eie idees en refleksies. In kort, "E" dui op 'n basiese direksie na buite en "I" dui op 'n basiese direksie na binne. Ekstravertiese persone kry energie om tussen mense te wees en introvertiese mense kry energie om tye alleen te wees en te reflekteer. Introvertiese persone kan ook uitstekende sosiale vaardighede hÍ, maar dit tap hulle. Ekstravertiese persone is ook nie noodwendig partytjie-vrate nie, maar word gedryf deur hulle eksterne wÍreld. Introvertiese mense is nie noodwendig skaam en teruggetrokke nie, maar word gedryf deur hulle interne wÍreld.

    S-N as. “S” staan vir “Sensories” (Sensing) en “N“ staan vir “IntuÔsie.” Dit het te doen met die manier waarop informasie bekom word – Persepsie-funksies (Perceiving functions) – “P” funksies. Dit beskryf hoe informasie verstaan en geÔnterpreteer word. “S” persone verkies om informasie te vertrou wat konkreet, prakties, tasbaar en in die hede is, wat deur middel van die 5 sintue waargeneem kan word. Hulle verkies om na die objektiewe feite en data te kyk. “N” persone sal meer geneig wees om informasie te vertrou wat abstrak en teoreties is. Hulle sal geneig wees om ‘n wyer konsep te soek en meer geÔnteresseerd wees in toekomstige moontlikhede. Hulle benadering tot probleemoplossing sal meer intuÔtief en innoverend van aard wees en die “S” persoon sal meer sistematies en volgens die boek werk. Vir "S" persone is die betekenis van iets in die data self opgesluit, terwyl vir die "N" persoon is die betekenis in die manier hoe die data ooreenstem met die patroon of teorie. “N” persone sal makliker tot ‘n slotsom oor iets kom en “S” persone sal meer huiwerig wees om te vinnig tot ‘n konklusie oor iets te kom omdat hulle eers al die feite en data wil bekom voordat hulle ‘n besluit sal neem. “N” persone kan daarom meer definitiewe en kategoriese standpunte inneem (reg of weg / alles of niks / swart of wit) terwyl “S” persone ‘n meer tentatiewe, voorlopige, gebalanseerde standpunt oor iets kan inneem. “N” persone kan daarom baie gou (soms te gou) besluite neem en “S” persone neem langer om besluite te neem (soms te lank).

    F-T as. “F” staan vir “Gevoel” (Feeling) en “T” staan vir “Denkend” (Thinking). Dit het te make met wat jou besluite laat neem – Oordelende funksies (Judging functions). – “J” funksies. “F” persone is meer geneig om besluite te neem op grond van dit wat mense voel, empatie met omstandighede, harmonie en konsensus tussen mense. In die proses speel mense se behoeftes ‘n balangrike rol. “T” persone neem besluite op ‘n meer objektiewe, rasionele, logiese konsekwente manier. “F” persone is meer gevoelsmatige mense en hulle kan nie hulle gevoel so maklik wegsteek nie. “T” persone kan hulle gevoel makliker wegsteek en kan meer “detached” wees van mense en persoonlike omstandighede. “F” persone is egter nie minder denkend nie, maar neem besluite meer op grond van mense se gevoelens. “T” persone is ook nie noodwendig onvaardig om hulle gevoel uit te druk nie, maar neem besluite meer op grond van logiese reŽls.

    P-J as. “P” (Perceiving) staan vir die twee “Persepsie-funksies” (S en N) en “J” (Judging) staan vir die twee “Oordelende funksies” (F en T). Hierdie indikator dui aan watter funksie, P (S of N) of J (F of T) aan die wÍreld gewys word. Dit is jou “ambassadeur” na buite – dit is jou basiese modus waarmee jy met die wÍreld daarbuite te werk gaan. "P" dui oor die algemeen daarop dat jy jou oordeel oor dinge uitstel of oop hou (daar is dus 'n mate van verband met "oopkop" wees en buigsaamheid), terwyl "J" daarop dui dat jy tot meer definitiewe konklusies en waarde-oordele kom (daar is dus 'n mate van verband met beginselvastheid en rigiditeit). Die "P" persoon is meer informatief en die "J" persoon is meer direktief. Daar is ook 'n mate van van korrelasie met die sg. linker of regterbrein dominansie. “P” persone is oor die algemeen meer regterbrein ge-oriŽnteerd en “J” persone is oor die algemeen meer linkerbrein ge-oriŽnteerd. Omdat “P” persone hulle S-N funksie aan die wÍreld toon, sal SP persone oor die algemeen voorkom as meer prakties en NP persone as meer abstrak en teoreties. Omdat die “J” tipes hulle F-T funksie aan die wÍreld toon, sal die TJ tipes oorkom as logies en rasioneel, terwyl die FJ tipes oorkom as empaties. Vir “E” -tipes is die “amabassadeur” (J-P voorkeur) die dominante funksie, terwyl by die “I” -tipes is dit net mooi omgekeerd - die “ambassadeur” (J-P voorkeur) is die sekondÍre funksie. Met ander woorde, by ‘n IJ persoon is die “P” -funksies dominant (IS of IN) en by ‘n IP persoon is die “J” -funksies dominant (IF of IT). Omdat "J" persone se oordeel oor dinge of mense sterker na vore sal tree, sal EJ persone meer oorkom as mense wat ander sal beheer op grond van hulle oordeel, en IJ persone as mense met wat 'n vaste opinie het oor mense of dinge maar nie mense daardeur wil beheer nie, tensy dit van hulle verwag word. Omdat "P" persone se perspsie van dinge sterker na vore sal tree, sal EP persone se persepsie van dinge (hetsy gefokus op teoretiese dinge: N of praktiese dinge: S) duidelik aan mense bekend wees, terwyl IP persone se persepsie van dinge (hetsy gefokus op teoretiese dinge: N of praktiese dinge: S) ook waargeneem kan word, maar 'n sekondÍre rol speel, ondergeskik aan hulle Introverte oordelende funksie (gevoelens van mense: IF of logiese, rasionele denke: IT). J persone oor die algemeen sal meer tuis voel in 'n geordende, beheersde omgewing, terwyl P persone oor die algemeen meer tuis sal voel in 'n oop, buigbare omgewing. Vir SJ persone sal dit langer neem en meer krag vra om 'n groot verandering te maak en vir NP persone sal vinniger en makliker wees om 'n groot verandering te maak. J persone (veral EJ Persone) sal geneig wees om hulle besluite sterker op mense af te dwing, terwyl P persone hulle besluite nie so sterk op mense sal wil afdwing nie. J persone sal meer geneig wees om konsensieus te wees en P persone sal geneig wees om meer buigsaam te wees.
    Last edited by Philip dT; Sep 10th 2009, 05:57 PM.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  • #2
    My Persoonlikheid

    Hi Phillip!

    Ek het die toets gaan doen en myne se as volg:

    ESFJ
    Strength of the preferences %
    22 12 38 11

    Dan se hy: You are:
    Slightly expressed extravert
    slightly expressed sensing personality
    moderately expressed feeling personality
    slightly expressed judging personality

    Ek het ook die type description by D. Keirsey uitgedruk en dit se: Guardian Portrait of the Provider (ESFJ)

    Miskien kan jy my help om dit beter te verstaan met wat jy als hier bo gese het?

    Dankie

    Comment


    • #3
      Myne is:

      ISFJ
      Introverted Sensing Feeling Judging

      Strength of the preferences % 11 38 62 1

      Qualitative analysis of your type formula


      You are:
      • slightly expressed introvert
      • moderately expressed sensing personality
      • distinctively expressed feeling personality
      • slightly expressed judging personality
      The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

      Comment


      • #4
        Originally posted by Sonia Smit View Post
        Hi Phillip!

        Ek het die toets gaan doen en myne se as volg:

        ESFJ
        Strength of the preferences %
        22 12 38 11

        Dan se hy: You are:
        Slightly expressed extravert
        slightly expressed sensing personality
        moderately expressed feeling personality
        slightly expressed judging personality

        Ek het ook die type description by D. Keirsey uitgedruk en dit se: Guardian Portrait of the Provider (ESFJ)

        Miskien kan jy my help om dit beter te verstaan met wat jy als hier bo gese het?

        Dankie
        Hallo.

        Die persentasies is 'n indikator hoe sterk jy is op 'n bepaalde as.
        100% op 'n bepaalde as is bv. as jy 'n baie sterk voorkeur het of sterk "oorhel" op daardie as.
        As jy 'n lae persentasie op 'n bepaalde as het, beteken dit jy kan soms oorhel na die ander pool van daardie as.
        Ek verwys jou na my eie interpretasie van jou persoonlikheidstipe:

        http://persoonlikheid.blogspot.com/2009/05/esfj.html

        Kyk ook op:

        http://www.personalitypage.com/ESFJ.html


        Alles gaan natuurlik nie 100% akkuraat wees nie, want elke mens is uniek.
        Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

        Comment


        • #5
          Originally posted by Lanie View Post
          Myne is:

          ISFJ
          Introverted Sensing Feeling Judging

          Strength of the preferences % 11 38 62 1

          Qualitative analysis of your type formula


          You are:
          • slightly expressed introvert
          • moderately expressed sensing personality
          • distinctively expressed feeling personality
          • slightly expressed judging personality
          Hallo.

          Die persentasies is 'n indikator hoe sterk jy is op 'n bepaalde as.
          100% op 'n bepaalde as is bv. as jy 'n baie sterk voorkeur het of sterk "oorhel" op daardie as.
          As jy 'n lae persentasie op 'n bepaalde as het, beteken dit jy kan soms oorhel na die ander pool van daardie as.
          Ek verwys jou na my eie interpretasie van jou persoonlikheidstipe:

          http://persoonlikheid.blogspot.com/2009/05/isfj.html

          Kyk ook op:

          http://www.personalitypage.com/ISFJ.html


          Alles gaan natuurlik nie 100% akkuraat wees nie, want elke mens is uniek.

          Omdat jou J net 1% is, beteken dit jy kan dalk of soms ook 'n ISFP wees. Jy kan dus die ISFP interpretasies ook lees en kyk watter een (van ISFP en ISFJ) jou die akkuraatste beskryf:

          Vir ISFP:

          http://persoonlikheid.blogspot.com/2009/05/isfp.html

          en

          http://www.personalitypage.com/ISFP.html
          Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

          Comment


          • #6
            man Philip, ek is te spesjil uniek om my op 'n papier te plot
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Originally posted by Philip dT View Post
              Dit help dikwels om mekaar beter te verstaan as ons mekaar se persoonlikhede beter verstaan.
              So sÍ die toets:Your Type is
              ENFJ
              Famous people of your particular type David, King of Israel,(YES!!!!!!)
              Bill Clinton, Tony Blair, Clara Barton (Founder of the American Red Cross), Ronald Reagan, Barak Obama....

              EN OPRAH
              The LORD is my Miracle

              G_d was gracious He has shown favor


              Hope is a seed
              God plants in our hearts
              to remind us
              there are better things ahead.
              -Holley Gerth

              Comment


              • #8
                Originally posted by Ta-An View Post
                So sÍ die toets:Your Type is
                ENFJ
                Famous people of your particular type David, King of Israel,(YES!!!!!!)
                Bill Clinton, Tony Blair, Clara Barton (Founder of the American Red Cross), Ronald Reagan, Barak Obama....

                EN OPRAH

                http://persoonlikheid.blogspot.com/2009/05/enfj.html


                en

                http://www.personalitypage.com/ENFJ.html

                Ta-An, het jy jou pesentasies gekyk?
                Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                Comment


                • #9
                  Jip, ingenerd. Foeitog

                  Your Type is
                  INTJ
                  Introverted Intuitive Thinking Judging
                  Strength of the preferences % 89 50 38 78

                  Maar ek het al by geleentheid ander resultate ook gekry. Partykeer wissel dit ook afhangend of jy jouself inbeeld asof jy by die werk of by die huis is.

                  Ons (ek en vroulief) het 'n hele ruk gelede 'n 'Kleure van Menswees' ding (gebasseer op die DISC profiel) by ons voormalige gemeente bygewoon. Dit het ons nogal heelwat gehelp om onsself en mekaar beter te verstaan. Sy het altyd gedink ek is moeilik en ek het gedink sy is 'n pyn. (Ons dink seker nog dieselfde ). Dit help ook om te verstaan hoe jou persoonlikheidstipe jou wisselwerking met ander mense en selfs met God beÔnvloed. Dit is natuurlik baie bevrydend om te besef dat God ons elkeen perfek aanmekaargesit het vir Sy doel deur te kyk na die persoonlikheidstipes van geloofshelde in die Bybel.

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Philip dT View Post

                    Ta-An, het jy jou pesentasies gekyk?
                    Entry level extrovert,,, twee inni middel en 44 op J
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by Son of the South View Post
                      Your Type is
                      INTJ
                      Introverted Intuitive Thinking Judging
                      Strength of the preferences % 89 50 38 78

                      Maar ek het al by geleentheid ander resultate ook gekry. Partykeer wissel dit ook afhangend of jy jouself inbeeld asof jy by die werk of by die huis is.

                      Ons (ek en vroulief) het 'n hele ruk gelede 'n 'Kleure van Menswees' ding (gebasseer op die DISC profiel) by ons voormalige gemeente bygewoon. Dit het ons nogal heelwat gehelp om onsself en mekaar beter te verstaan. Sy het altyd gedink ek is moeilik en ek het gedink sy is 'n pyn. (Ons dink seker nog dieselfde ). Dit help ook om te verstaan hoe jou persoonlikheidstipe jou wisselwerking met ander mense en selfs met God beÔnvloed. Dit is natuurlik baie bevrydend om te besef dat God ons elkeen perfek aanmekaargesit het vir Sy doel deur te kyk na die persoonlikheidstipes van geloofshelde in die Bybel.
                      Jou persentasies is baie sterk, so jy gaan waarskynlik 'n klassieke voorbeeld van hierdie tipe wees. Wat is jou beroep?

                      http://persoonlikheid.blogspot.com/2009/05/intj.html

                      en

                      http://www.personalitypage.com/INTJ.html
                      Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by Ta-An View Post
                        Entry level extrovert,,, twee inni middel en 44 op J
                        As jou persentasies laag is (onder 20), kan jy op daardie asse ook soms na die ander kant oorhel
                        Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                        Comment


                        • #13
                          Originally posted by Philip dT View Post
                          As jou persentasies laag is (onder 20), kan jy op daardie asse ook soms na die ander kant oorhel
                          soos in 'n gesplete persoonlikheid?






                          The LORD is my Miracle

                          G_d was gracious He has shown favor


                          Hope is a seed
                          God plants in our hearts
                          to remind us
                          there are better things ahead.
                          -Holley Gerth

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Philip dT View Post
                            As jou persentasies laag is (onder 20), kan jy op daardie asse ook soms na die ander kant oorhel
                            Jy sien..... as ek sulke grappies maak, moet jy weet waar jy met my staan......


                            Ja, elke situasie beheer/bepaal die manier van my optrede

                            Ek kan leiding neem waar ek moet, maar ek kan ook volg as dit van my verwag word.... maar ongelukkig kan ek op 'n stadium kom waar ek myself dan of uit die situasie verwyder of oorneem

                            Ek neem eintlik baie maklik iets uit iemand se hande om 'n ding klaar te maak as ek sien hulle sokkol......
                            The LORD is my Miracle

                            G_d was gracious He has shown favor


                            Hope is a seed
                            God plants in our hearts
                            to remind us
                            there are better things ahead.
                            -Holley Gerth

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by Ta-An View Post
                              soos in 'n gesplete persoonlikheid?






                              Nee, glad nie. Mense wat naby aan die asse lÍ is op daardie aspek dikwels aanpasbaar. Ek is bv. 'n S, maar lÍ feitlik teenaan die as (1%), en is dus ook gemaklik met N funksies. Ek is dus soms meer S en soms meer N. Maar my basiese / default modus bly S.

                              Mense met sterk persentasies kan ook na die ander pool van daardie as funsioneer, maar dit vra meer energie. 'n Sterk T (thinking) persoon is nie noodwendig koud en gevoelloos nie, maar vind dit makliker om detached en objektief in bv. konfliksituasies te bly. 'n F (feeling) peroon kan dit ook doen, maar dit vra meer energie. Net so kan 'n T persoon ook sy gevoel wys en bv. empaties optree, maar dit vra meer energie.
                              Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                              Comment

                              Working...
                              X