Announcement

Collapse
No announcement yet.

Hoe lank nog.....

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Hoe lank nog.....

    Hoe lank nog voor Jesus ons kom haal? Hoe lank nog voor die wegraping? Is dit tyd om uit die slaap wakker te word, of is dit nog honderde jare....?

    Wat sal die tekens wees vir die koms van die Messias?
    7
    Binne die volgende 5 jaar
    42.86%
    3
    Binne die volgende 10 jaar
    0.00%
    0
    Nee wat, ons kan nog rustig voortgaan
    0.00%
    0
    Nie ons ons leeftyd nie
    0.00%
    0
    Ons weet nie wanneer dit gaan wees nie.
    57.14%
    4

  • #2
    Dat ons in die laaste pylvak is, is seker! Maar dit is onmoontlik om 'n tyd daaraan te koppel. Alles is nog nie in plek nie, maar dit kan binne dae verander.... (of dit kan nog BAIE jare wees - dalk eers na ons leeftyd) Maar persoonlik voel ek dat dit nie belangrik is nie. Wat belangrik is, is dat ons moet leef asof dit more gaan gebeur. Niemand van ons weet immers waar ons strepie getrek is nie...

    Comment


    • #3
      dalk eers na ons leeftyd
      Gene,

      As jy 80 is, dan is dit seker moontlik, maar as jy 46 soos ek is, dan twyfel ek. Ek neem nou nie in ag dat ek voor jou kan sterf nie, wat dit kan oor 5 minute gebeur. Ek dink normale leeftyd gewys.

      Sou die tekens van die tye nie hierdie konsep uikansseleer nie?

      Comment


      • #4
        Ek sou graag nog 'n opsie wou sien : " - ons weet nie wanneer dit gaan wees nie " .

        Comment


        • #5
          Originally posted by Die Filadelfieer View Post
          Ek sou graag nog 'n opsie wou sien : " - ons weet nie wanneer dit gaan wees nie " .
          Met graagte, maar hoe "edit" ek om dit te doen?

          Comment


          • #6
            Dis onmoontlik om te bepaal. Ek hou baie van oom Gene se antwoord. Leef asof dit enige oomblik kan gebeur. Ek moet sÍ partykeer laat mense en omstandighede my wens dat die wegraping nou moet gebeur en klaarkry, dat ek net by die Here kan wees en nie meer hoe te cope met mense en hul dinge nie, maar ek weet dis totaal en al 'n verkeerde gesindheid. Ons moet eintlik, veral wanneer ons sien hoeveel mense nog ongered is, die Here smeek dat Hy dit nog vir laaank moet uitstel.
            The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

            Comment


            • #7
              Originally posted by Lanie View Post
              Dis onmoontlik om te bepaal. Ek hou baie van oom Gene se antwoord. Leef asof dit enige oomblik kan gebeur. Ek moet sÍ partykeer laat mense en omstandighede my wens dat die wegraping nou moet gebeur en klaarkry, dat ek net by die Here kan wees en nie meer hoe te cope met mense en hul dinge nie, maar ek weet dis totaal en al 'n verkeerde gesindheid. Ons moet eintlik, veral wanneer ons sien hoeveel mense nog ongered is, die Here smeek dat Hy dit nog vir laaank moet uitstel.
              Lanie, ekke dink dis nader as wat ons dink, maar soos Gene se, niemand weet wanneer jou oomblik aanbreek nie en dan se Woord ook dat NIEMAND behalwe die Vader die tyd en uur weet nie... maar hier is vraag vir ons almal.... hoekom vra ons die Vader nie om almal te red volgens Sy wil nie, want die Woord se tog ALLES wat ons in Jesus se naam vra sal Hy ons gee... so hoekom bid ons nie Hom al daai siele nie en dat die Satan so alleen moontlik in hel opeindig en meer kniee sal buig en tonge getuig dat Hy waaragtig Seun van God is en weer LEWE en REGEER !
              Dis alles net genade -Ma Grace
              "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

              Comment


              • #8
                Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                Ek sou graag nog 'n opsie wou sien : " - ons weet nie wanneer dit gaan wees nie " .
                Dag en datum nie, maar in my OF my kind se leeftyd ; dink ek is heel moontlik ....
                Dis alles net genade -Ma Grace
                "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Willem View Post
                  Dag en datum nie, maar in my OF my kind se leeftyd ; dink ek is heel moontlik ....
                  Ek stem saam met jou oor hierdie moontlikheid Willem, Jesus het gesÍ dat nie eers die engelle weet water dag dit gaan wees nie, maar vir ons mensies hier op aarde wil dit tog voorkom asof die tyd baie naby is. Hoekom ek egter my opsies oophou is bloot omrede hierdie eindtydverwagting al vir baie lank saam met die mensdom beweeg, en kerke en mense wat spesifiek tydlyne hieraan begin koppel, en dan verkeerd bewys word, die hele saak meer skade aanrig as wat hulle goed doen.

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Die Filadelfieer View Post
                    Ek stem saam met jou oor hierdie moontlikheid Willem, Jesus het gesÍ dat nie eers die engelle weet water dag dit gaan wees nie, maar vir ons mensies hier op aarde wil dit tog voorkom asof die tyd baie naby is. Hoekom ek egter my opsies oophou is bloot omrede hierdie eindtydverwagting al vir baie lank saam met die mensdom beweeg, en kerke en mense wat spesifiek tydlyne hieraan begin koppel, en dan verkeerd bewys word, die hele saak meer skade aanrig as wat hulle goed doen.
                    Ons glo dat die totstankoming van Israel as 'n volk en nasie op 14 Mei 1948 na 2000 jaar se ballingskap God se "horlosie" as't ware weer laat begin loop het. In die wereld het dinge ook toe met rasse skrede begin versnel en soos julle almal tereg se, ons kan NIE die dag en uur bepaal nie, maar Hy het ons nie onkundig gelaat nie en die wederkoms is beslis voor die deur. Ek het al menmige male gese op die foruim on geestelike tasse moet gepak wees. Ek is oortuig dit sal vir hierdie generasie bedoel wees.....dit is nou die wederkoms.

                    Comment


                    • #11
                      Die BF reels sÍ geen date setting nie

                      Maar die feit dat die Duiwel los is spel dit vir ons uit dat daar aksie in the Spiritual realm is
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor


                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment


                      • #12
                        Met Iran se atoom bom wat hulle Israel mee wil uitwis, en China wat Amerika so te sÍ besit.... staan die Draak van Openbaring op!!??
                        The LORD is my Miracle

                        G_d was gracious He has shown favor


                        Hope is a seed
                        God plants in our hearts
                        to remind us
                        there are better things ahead.
                        -Holley Gerth

                        Comment


                        • #13
                          Die BF reels sÍ geen date setting nie
                          Sorry vir dit, maar feite is feite. Dit was wereldnuus, so ek is inlyn wat openlik verkondig was.

                          Comment


                          • #14
                            Johnny, ek hoor presies wat jy se, en ek stem in 'n mate saam. Ek herhaal wat ek in my eerste pos gese het - ons is beslis in die laaste pylvak. Die Bybel leer dat die presiese datum en tyd net by God alleen bekend is, maar die Bybel bevat genoeg inligting oor die eindtye dat ons nie in die duister hoef te wees daaroor nie. Al die tekens is daar, veral die verval van die wereld waarin ons leef. Dinge is sonder twyfel besig om na 'n punt te beweeg. Maar daar is dinge wat nog nie in plek is nie... en wanneer dit in plek gaan kom, weet ons nie. Ek het al in my leeftyd gesien hoe vinnig dinge kan verander, en ek weet, dinge kan byna oornag in plek val.... maar dit kan aan die ander kant dalk ook nog baie jare neem, ons weet nie.

                            En dit is die punt wat ek wil maak. Ten spyte van al die gebeure en tekens wat een na die ander besig is om in vervulling te gaan, kan nie een van ons op hierdie stadium nog eers naastenby 'n tyd daaraan koppel nie. En ek dink ook nie dit was die Here se bedoeling dat ons 'n tyd daaraan moet probeer koppel nie. Maar watter verskil gaan dit tog maak om te weet? Is dit werklik belangrik om daaroor te bespiegel? Is dit nie maar "useless information" nie? Die einde kan vir enige een van ons binne die volgende paar sekondes aanbreek... daarom se ek, konsentreer daarop dat jy leef asof dit enige oomblik kan gebeur. As daar dinge is wat gedoen moet word, of reggestel moet word, doen dit onverwyld, want nie een van ons weet hoe lank daar nog tyd daarvoor sal wees nie. Is dit nie die kruks van die saak nie?

                            Comment


                            • #15
                              Iran se atoombom ?!?!? Verskoon asb. dat ek nou weer so skielik op die forum spring, maar....


                              Dieselfde mense wat vir jou en my vertel het dat Irak weapons of mass destruction gehad het, vertel nou weer vir ons, dat Iran 'n sogenaamde atoom bom het.

                              Die International Atomic Energy Agency (IAEA) wat Iran gereeld besoek, en deur die Verenigde Nasies aangestel is, stel dit duidelik dat Iran NIE enige tekens van 'n atoom bom het nie.

                              Dit is blykbaar nie nuuswaardig genoeg om die nuus te haal, maar wanneer Obama sÍ dat sy intelligensie, (dis nou dieselfde intelligensie wat verantwoordelik was vir die Irak inval), dan word dit voorblad nuus.


                              Asseblief, wees meer versigtig hoe daar met inligting omgegaan word.

                              Comment

                              Working...
                              X