Announcement

Collapse
No announcement yet.

Bybels teen winskoop pryse?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bybels teen winskoop pryse?

    Hello almal!

    Wonder net of julle dalk weet waar ons Bybles teen winskoop pryse kan bekom? Ons betaal huidiglik R46-R49 per Bybel (Afr, Eng, Zulu, Xhosa, N. Sotho, S. Sotho, Tsonga ens.), en so nou en dan kry ek hulle teen R30 by n man wat Bybels verkoop - hy het egter bitter min Bybels op die stadium...

    Hoop julle kan help

    Dankie


    Andre

  • #2
    Hallo Andrť,

    By die Bybelgenootskap kan mens Afrikaanse Bybels vir onder R40 aankoop en as mens deur sekere NGK-gemeentes kan koop kry mens redelike goeie afslag en verlede jaar kon ek King James Bybels vir ongeveer R15 'n Bybel kry en om Engelse Bybels vir onder R30 te kry is oor die algemeen nie te moeilik nie, maar dan is dit sagteband Bybels, wat ongelukkig nie baie sterk is nie. Laat weet my, dan kyk ons wat mens kan doen, maar ongelukkig is dit 'n moeilike tyd van die jaar.
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Hi Andre

      Ek ploeg dalk nou met 'n ander man se kallers... ek weet glad nie wat die posisie is en of hulle jou sal kan help nie, maar toe ek 'n aantal jare gelede met die Jesusfilm in Botswana uitgereik het, het die plaaslike Gideons ons baie gehelp met Tswana Bybels. Ek neem aan jy wil die Bybels bekom om te versprei, en dit is die Gideons se spesialiteit. Maak gerus kontak met jou plaaslike Gideons, en hoor of hulle jou nie op een of ander manier kan help nie.

      Comment


      • #4
        Ek het ook goedkoop Bybels via 'n NG Dominee kon kry, "On-the-Dot" lewer dit dan sommer by jou voorstoep af. Soos wat Ferdi sÍ, is die KJV gewoonlik baie goedkoop, om die waarheid te sÍ klink R46.00 vir my na 'n bietjie te veel, maar dit hang ook maar af van die "model" Bybel.

        Comment

        Working...
        X