Announcement

Collapse
No announcement yet.

n Finansiele suksesverhaal.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • n Finansiele suksesverhaal.

    Ons het onlangs gehoor van n onderwyser, wat toe hy 40 jaar gelede sy onderwysloopbaan begin het, die raad gekry het om maandeliks die ekwivalent van een skaap te spaar. Ek dink n skaap het in daardie dae n paar sjielings gekos. Ons het mos in 1961 toe ek in sub A was met die desimale geldstelsel begin. Nietemin, hy het daardie finansiele dissipline dwarsdeur sy werkende lewe toegepas en getrou sy 'skaapgeldjies' gespaar elke maand . n Boer kry tussen R500 en R800 n skaap deesdae. So van n paar sjielings tot n paar honderd rand n maand 40 jaar later. En ek gee julle te raai met watter reuse nes-eier kan hierdie afgetrede onderwyser vir die branders gaan sit en kyk??? n Hele sestig miljoen rand later!!! Soos in 60 met 6 nulle agteraan.
    In 1997 was daar in n Engelse Koerant n berig van n opname wat gedoen is en bepaal het dat 94% van hierdie land se inwoners nie sal kan bekostig om af te tree nie. Ontstellend ne? Het ons te min gespaar? Te rojaal gelewe? Nie aan die dag van more gedink nie? Ek dink daardie vraag het nie net een antwoord nie. Maar ek sal graag self die antwoorde op daardie vraag wil weet...

  • #2
    Protea. Die is so waar. Mens dink nie hieraan tot die dag as dit te laat is nie. Dankie vir die draad...
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

    Comment


    • #3
      Ons heuningsbostee besigheid het maar so n paar mde gelede werklik van die grond af gekom en toe 'beland' die pos van bemarkingsbestuurder so netjies in my skoot. Ek het nie eers daarvoor aansoek gedoen nie... Ek dink nie dis my man se belangstellingslyn nie en toe kry ek die werk... Maar wat weet n gewese musiek juffrou van bemarking af , vra ek jou?? Ek kry toe in die bib n boek oor 'high finance' : 'Rich Dad, Poor Dad', deur Robert Kiyosaki wat geskryf is sodat ons gewone mense wat nie so briljant is in wiskunde nie, ook n kykie kan kry in die wereld van die groot kanonne van die besigheidswereld. En wat n interessante boek wat selfs ek kan verstaan . Dis heeltemal n kopskuif van wat jy op skool geleer is na dit waarop dit werklik in die besigheidswereld op neerkom. Ek beveel hiedie boek veral aan vir beginners in die sakewereld (soos ekke..) Een van die skrywer se eerste boeke wat hy geskryf het, het dan ook die titel gehad : If you want to be rich and happy, don't go to school! Ek wil die boek ook nog in die hande kry. Robert en sy vriend het van jongs af 'indiensopleiding' by die vriend se pa ontvang oor wat in die besigheidwereld gebeur en wat direk die teenoorgestelde is van dit wat jy op skool geleer word.

      Comment


      • #4
        Hi Protea,

        Ja, Kiyosaki se boeke is werklik goed. Hy skryf op 'n lekker gemaklike manier
        en ek geniet veral ook sy menswees lesse wat hy ook daarin plaas.
        Terloops, hy het 'n bordspel, wat gemik is op kinders se leer van finansies - dit is puik.
        Vir volwassenees is daar ook een.

        Nog 'n goeie boek oor bemarking is - The Complete Idiot's Guide to Marketing, second edition,
        geskryf deur Sarah White, ISBN 1-59257-135-2. Ek het dit 'n baie eenvoudige en gebruikers
        vriendelike boek gevind.

        Terloops, in watter area kom die heuningbostee voor in SA? Hier in Taiwan, wat 'n
        geweldige tee drink land is, het Rooibos onlangs in die winkels hul verskyning
        begin maak. Maar ek't nog nie heunigbostee hier gesien nie,

        Groete

        Comment


        • #5
          Dankie Paul, ek gaan dit beslis vir my aanskaf!
          Ons kry hoofsaaklik 3 soorte komersieel verboude heuningbostee's, nl die bergtee, die vleitee en ons kustee. Die kustee kom van die weskus tot by Cape St Francis ongeveer voor . Van hierdie Cyclopia familie , het die kustee maar verlede November amptelik as eie volwaardige tee op die mark verskyn en die mense is gek oor die smaak. Dis snaaks dat rooibos NOU eers in die Taiwanese mark begin inkom.
          Groenis

          Comment


          • #6
            Baie interesant protea. Ek het heel toevalig 'n sessie met 'n makelaar deurgewerk die afgelope tyd om my polise ens. te hersien, en het ook in die proses agtergekom dat my aftree polise eintlik nie genoeg is nie. Ek het aangepas waar ek kon, maar om die hoeveelhede weg te sit om regtig 'n oordentlike aftreepakket te h kan ek eerlikwaar nie nou bekostig nie. Wat ek wel agter gekom het is dat ek nie met skuld sal kan sit die dag as ek aftree nie.

            Comment


            • #7
              Om voorsorg te tref vir aftrede word regtig al moeiliker. Hoefeel mense kan dit werklik bekostig en byhou by inflasie...

              Comment


              • #8
                Met geld kan jy n huis koop, maar nie n tuiste nie.
                Met geld kan jy n horlosie koop, maar nie tyd nie.
                Met geld kan jy n bed koop, maar nie slaap nie.
                Met geld kan jy bloed koop, maar nie lewe nie.
                Met geld kan jy "plesier" koop, maar nie liefde nie.

                Comment


                • #9
                  Dis waar Johnny, maar ongelukkig moet geld n broodjie koop om liggaam en siel aanmekaar te hou tot Jesus ons kom haal.....

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by protea View Post
                    Dis waar Johnny, maar ongelukkig moet geld n broodjie koop om liggaam en siel aanmekaar te hou tot Jesus ons kom haal.....
                    ....en dis ook waar wat jy se Protea...en ek dank die Here dat Hy voorsien om dit te kan doen.

                    Comment

                    Working...
                    X