Announcement

Collapse
No announcement yet.

Hoe impakteer jou Christenskap jou lewe

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Hoe impakteer jou Christenskap jou lewe

    Na aanleiding van Lani se draad oor "Negatiewe Denke" wil ek hieroor uitbrei op 'n ander noot.

    Hoe benvloed jou Christenskap jou lewe? Of leef jy as 'n "gesplete persoon" - is jy twee mense in een? Is jy soos Dr. Jekyll en Mr. Hyde.

    Vir lank is daar geglo dat Christenskap (geloof) in jou private sfeer van jou lewe tuis hoort, maar enige iets anders in jou publieke sfeer tuis hoort.

    Voorbeeld: Mense sal byvoorbeeld beraad oor oplossings vir die armoede probleem in SA. Dan sal iemand noem dat die oplossing hoofsaaklik l in die toepassing van Christen waardes in ALLE sfere van die Lewe - soos byvoorbeeld om jou "tuinier of huishulp" 'n leefbare salaris te betaal.

    Mense sal dan skerts - "los jou geloofsake by die huis" - "geloof is 'n private ding en hoort nie in 'publieke' sfere ingebring te word nie.

    Of "probeer jy jou geloof op ons afdwing" -die vraag is sal die Christen ("holistiese Christen) antwoord - ek is 'n Christen in geheel, alles wat ek is is Christen, ek dink soos 'n Christen, beoordeel sake soos 'n Christen, leef soos 'n Christen en daarom kan ek nie dit van my menswees skei nie?

    Laat jou dink
    Anton VS

    Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

    -- Abraham Kuyper --


    www.collegia.blogspot.com


  • #2
    My geloof laat my soos 'n seer vinger uitsteek
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Dis my hoop en my vrees en waaraan ek meeste tyd spandeerongelukkig nie in gebed nie, maar met my verstand en gelukkig is ek nou besig met Angus se boek "Is Jesus Enough?" en spreek dit die gebed en tyd met Hom aan in plaas van lees en leer

      As Hy nie genoeg is nie; mors ek my tyd... MAAR Hy is! Die woord se so en dit is God se Woord en is waar, ek moet dit net aanvaar en onthou
      Dis alles net genade -Ma Grace
      "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

      Comment


      • #4
        ... die negatiewe reaksie op Christenskap in ons allerdaagse omgang met die "wereld" het dalk baie te doen met 'n amperse hoogmoedige "ek is reg, want die Bybel se so" houding van baie vormchristinne.......

        die wereld wil jou getuienis sien voor hulle na jou preke gaan luister......... as ons as gelowige Christinne kan leer om eerder in liefde te leef en getuig as in oordeel, sal die wereld ook beter na ons luister....

        om Christelikke, Bybelse prinsiepe in besigheid toe te pas is op die ou end baie meer voordelig as om aan wereldse idees toe te gee, want die seen van die Here gaan dan saam met jou doenighede, en die duiwel moet maar skoert........

        ons kry dit baie in die workshop dat mense spesifiek na ons toe kom oor ons reputasie vir eerlikheid en reguit openlikheid met bike kliente, 'n bedryf wat maar bekend is vir kansvat...... daar dra ons christen getuienis groot waarde.......

        dit is ook nogal snaaks dat "mede" gelowiges meer kritiseerend is oor openlikke Christenskap as die "wereld"..........

        groetnis
        m
        Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

        Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

        Comment


        • #5
          Watse impak het my christenskap op my lewe?

          Aan die negatiewe kant (en eintlik is dit nie negatief nie - ek's doodseker my Wyse Vader het ook 'n perfekte plan daarmee):

          Ek kan nie meer saam met vriende (van wie ek regtig baie hou, mense met pragtige harte) kuier, sonder om vrek ongemaklik te voel nie. Hoekom? Want as daar gebraai word, word daar gedrink. En mens kry mos maar altyd die 2 of 3 ouens wat nie weet wanneer om halt te roep nie. (Gelukkig is my man nie lief vir drank nie) En hoe meer hulle drink, hoe stiller raak Lanie.... en hulle ervaar my as droog/suur/koekerig. Drink ek een glasie wyn saam, en hulle is happy, maar ek voel skuldig, asof ek nie 'n goeie voorbeeld gestel het nie. Nie dat ek voel dis verkeerd om 'n glasie te geniet nie, ag ek weet nie, dalk is dit net weer irrasionele vroulike emosie wat kop uitsteek, maar dis hoe ek voel.

          Aan die ander kant is daar te veel om op te noem.....

          Ek lewe nie meer in vrees nie want ek weet Wie my beskerm...
          Ek worry nie meer oor geld of kos of klere of 'n huis nie , want Ek weet Wie voorsien...
          Ek oorbeskerm nie my kids nie, want ek weet Wie hou sy oog op hulle...
          Ek hanteer krisisse anders want daar is Iemand wat my leiding gee...

          Ai, dis nou so lekker om hierdie lys te maak, ek ding ek gaan 'n groot lys maak en dit op my aansteekbord vassit sodat ek elke dag dit kan lees en nog kan byvoeg. Dankie vir die idee, Anton!!!
          The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

          Comment


          • #6
            Lani en Mari Ek is Baie beindruk met julle terugvoer.

            Lani ek kan nie meer met jou saamstem oor die "drank" onder die nasie nie. Ek wil nie snaaks wees nie maar ons facebook kennise in VSA en SA is daar 'n duidelike verskil in die fotos van mense se lewens - drank is hand en sant deel v/d Afrikaner. Ek is jammer om dit te noem - maar die Afrikaner het 'n Drank-gierige nasie geword. Daar is daardie skeiding - "Geloof en Kerk bly by die Huis as ons gaan braai of rugby kyk"

            So Lani - as jou vriende jou 'veroordeel' - of jou mede gelowiges jou veroordeel - breek weg daar - hulle is nie jou broeders en susters in Christus nie (al glo hulle hulle is). Moet nooit jou gewete onderdruk nie - as jy nie iets uit 'n rustige gewete doen nie - is dit sonde


            Miskien kan Mari en ander ons voorbeelde gee van Christenskap in die Sake wereld
            Anton VS

            Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

            -- Abraham Kuyper --


            www.collegia.blogspot.com

            Comment


            • #7
              Originally posted by Antonvs View Post

              So Lani - as jou vriende jou 'veroordeel' - of jou mede gelowiges jou veroordeel - breek weg daar - hulle is nie jou broeders en susters in Christus nie (al glo hulle hulle is). Moet nooit jou gewete onderdruk nie - as jy nie iets uit 'n rustige gewete doen nie - is dit sonde
              Lani, ek het weer 'n ander ondervinding,
              So jaar terug was ek in 'n soortgelyke situasie.... het lekker uit gevoel want toe drink ek nie meer nie... ja dit was werklik ongemaklik en ja my pelle kon ook maar te ver gaan en nie stop nie ... gewoonlik is dronk mense in elk geval nie in staat om te veroordeel nie!!!
              Wat jou gewete aan betref ek is seker dit sal jou baie rustigheid gee as jy intens vir hulle begin bid!!!

              Ek was die naweel gelukkig genoeg om saam met dieselfde vriende van 'n jaar terug (wat soo kon "suip) te kuier (tot laat) op koffie en koek....en die HG ..... dit was voorwaar 'n voreg!!! Min van ons sou 'n jaar terug kon glo dat die spesifieke groep mense so sou kon kuier ... sonder drank!!!

              MOET NOOIT DIE KRAG VAN GEBED ONDERSKAT NIE!!!!!!!
              Joh 8:36 "Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees."
              John 8:36 "So if the Son sets you free, you will be free indeed"

              Comment


              • #8
                Originally posted by Antonvs View Post
                So Lani - as jou vriende jou 'veroordeel' - of jou mede gelowiges jou veroordeel - breek weg daar - hulle is nie jou broeders en susters in Christus nie (al glo hulle hulle is). Moet nooit jou gewete onderdruk nie - as jy nie iets uit 'n rustige gewete doen nie - is dit sonde
                Anton, ek voel nie vrede in my hart om weg te breek van hierdie groep mense nie. Dis eintlik meer my man se 4x4, volleyball buddies. Ek hou regtig van almal, maar ek dink van almal is daar een wie sy hart aan die Here oorgegee het. Ek het al baie, met veral die vrouens oor die Here gesels en getuig, ek kan dit nie help nie, my mond borrel meeste van die tyd oor van die Here, want vir my is dit die sinvolste en lekkerste gesprekke wat mens kan voer. Ek is seker God gebruik my daar. Ek moet net leer om dit in gedagte te hou wanneer ek ongemaklik raak met van die manne se drinkery. Dalk verander dit nog en ek moet dalk net leer om geduldig te wag dat God Sy plan werk.
                The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                Comment


                • #9
                  Dankie Optimis, vir jou getuienis en jou raad. Ek moet my kop in skaamte sak as ek s dat ek nog nie vir hulle begin bid het nie. Gaan sommer nou dadelik begin.
                  The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                  Comment


                  • #10
                    Laat my toe om na aanleiding van hierdie draad 'n kort persoonlike getuienis met julle te deel. Toe ek in 1995 wedergebore is, het ek in 'n groot firma gewerk - ons departement het bestaan uit 52 mense. Almal sogenaamde "kerkmense" Almal het geweet van my oorgawe want ek het geen geheim daarvan gemaak nie en my lewe het drasties verander. Maar ek het nie daarmee te koop geloop nie omdat ek glo dit skrik mense af. Maar omdat my eie lewe radikaal verander het (Die Here het ALLE aspekte van my lewe oorheers) het dit almal gepla. Ek het gou die bynaam "Pastoor" gekry. En elke keer as ek naby mense kom wat besig was om te gesels, sou iemand 'n opmerking maak soos: "Oppas wat julle se, want die pastoor is hier...." Dan het almal gelag.

                    Maar dit het gaandeweg begin verander. Ek het begin agtergekom dat mense nie meer in my teenwoordigheid vloek of vuil grappe vertel nie. En elke nou en dan het my deur oopgegaan en iemand sou by my lessenaar kom sit het (soms van diegene van wie ek dit die heel minste sou verwag) en met my begin praat oor die Here. DAN het ek 'n oop deur gehad en so kon ek baie mense help.

                    Wat ek probeer se, is dat die Here in elke fasset van 'n christen se lewe sigbaar moet wees. Nie net Sondae, of wanneer jy daar onder jou mede-christene is nie. Want deur ons lewens (Let wel, nie noodwendig ons woorde nie) het ons 'n invloed op ander mense se lewens.

                    Buitendien, as 'n mens werklik wedergebore is, kan jy jouself nie help nie. Dit is onmoontlik om die Here net in sekere kompartemente in te deel...

                    Comment


                    • #11
                      Almal ek is so in my skik

                      Julle het goed beantwoord - Gene veral ek deel in presies dieselfde ervaring - "People like to see real Christians" jy sien jy het jouself as 'n ware Christen bewys aan jou oud-kollegas

                      Lanie, ek weet jy doen wat jou "gewete jou toelaat" - en bly getuig teenoor die mensies. Onthou om nooit, maar nooit iewers of iets te doen wat jou gewete nie 100% in ooreenstemming is nie.

                      Onthou ook, terwyl jy so getuig oor die Here, dat mense sal saam gesels, maar pasop dat hulle net uiting gee aan hulle "religion" of "kulturele-geloof" nie.

                      Ons het al diep / baie diep geestelike gesprekke gehad met vriende, en hulle glo in God en sien sy werk in hulle lewe. Tog ontbreek die krag v/d Evangelie op 'n dag tot dag grondslag.

                      Hierop sal ek jou geen antwoord kan gee hoe mens dit moet hanteer nie - ek weet nie - dis daardie saak van "in die wreld maar nie van die wreld nie"

                      Sterkte Lanie, en sterkte aan almal wat soos ACCM noem uitstaan soos 'n seer vinger.

                      Wees die Sout v/d Wreld - dis die naaste aan die Hemel wat hulle ooit gaan kom. En julle as Kinders wat vervolg word - onthou die Wreld is die naaste wat julle aan die Hel sal kom.
                      Anton VS

                      Slegs beskawings wat hulle wortels skiet in die Christelike Geloof kan werklikwaar as beskawing bestempel word.

                      -- Abraham Kuyper --


                      www.collegia.blogspot.com

                      Comment


                      • #12
                        Hoe beinvloed Christenwees my lewe?

                        My doel in die lewe het geskyf van suksesvolle beroepsvrou na soveel mense moontelik saam neem Hemelse ewigheid toe. Ek jaag nie meer om soveel moontelik werk gedoen te kry en altyd `n stap voor te wees nie. Ek probeer nou elke oomblik geniet en elke mens se hart raak sien.

                        Ek gesels nie meer saam oor die toestand waarin ons land is en hoe "useless" ander mense is nie maar staan op God se woord dat Hy steeds in beheer is en ons almal gelyk is in Sy oe. Ek se dit ook elke geleentheid wat ek kry. Ja, dit maak jou onpopuler en mense tel hul woorde voor jou. Maar die saadjies word gesaai en hulle moet kyk na hoe hulle hul geloof uitleef.

                        Ek is nie meer so slim, oulik en regverdig in my eie oe nie maar word gereeld deur die HG gewys dat ek soms selfsugtig en hoogdrawend optree. Ek probeer nie meer uit my eie krag en passie die dinge in die wereld reg ruk nie maar vertrou op Die Rots en (probeer) wag vir Sy leiding.

                        Ek leef in `n wereld wat ander sien as `n droom wereld wat nie die krisisse in die werklikheid wil raaksien en aanvat nie. Maar ek weet dat elke werklike krisis gaan oor iemand se hart en dat die tyd wat ons op aarde is, slegs `n stoffie in ewigheid is. Buitendien, selfs die krississe in die fisiese wereld se antwoord le in die Jesus van die ewigheid.

                        Comment


                        • #13
                          Ek het een aand laat alleen in my bakkie op 'n grondpad huis-toe gery. Skielik is hier in die lig van die bakkie so 15 tree voor my 'n dronkie in die pad. Dit was te laat en ek het te vinnig gery. Al wat ek kon doen is om die stuurwiel regs te ruk en die man skuins met die kant van die bakkie te tref. Toe ek by hom kom het hy leweloos daar gel. Ek het geweet dat daar huise naby was en blaas op die toeter en roep. Binne 5 min kom daar 'n vrou en meisie aangedraf. Die man begin toe ook wonder bo wonder tekens van lewe te toon en hulle help my om hom op die bakkie te laai.

                          Op pad hospitaal toe s die vrou vir my ek hoef niks te s nie, sy weet ek glo. Ek was so geskok met die hele gebeure dat ek nie eers een keer aan geloof of Christenskap of iets gedink het tot sy daarvan gepraat het nie. Nee, s sy, hulle bly daar naby aan die pad en baie mense is al daar raakgery, maar gewoonlik ry die mense net aan, s sy. Ek was uit die veld geslaan. Ek het gedink die mense gaan my kwalik neem dat ek die man raakgery het. Ek het verder met haar 'n getuienis gedeel en vir haar 'n traktaatjie gegee.

                          In hierdie geval dink ek, glo ek dat ek nie eers daaraan gedink het of probeer het om Christen te wees nie, maar die Gees wat in my is het self die werk gedoen.

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Antonvs View Post
                            wat soos ACCM noem uitstaan soos 'n seer vinger.
                            "Ma, jy is altyd anders, 'almal bly saam', net jy dink dat dit verkeerd is, niemand anders se ouers is so erg eng soos jy nie"


                            The LORD is my Miracle

                            G_d was gracious He has shown favor


                            Hope is a seed
                            God plants in our hearts
                            to remind us
                            there are better things ahead.
                            -Holley Gerth

                            Comment


                            • #15
                              Ja Ta-An, dis tricky om kinders groot te maak as jy 'n christen is.

                              Nog 'n ding wat die wreld laat dink jy's 'n "koek" (jammer maar ek kry nie 'n beter woord nie), terwyl jy net christelike waardes het, is kleredrag.

                              Net verlede jaar moes my dogtertjie daarvan afsien om 'n pom-pom meisie in haar kleuterskoolkonsert te wees, omdat ek nie bereid was om haar halfkaal op 'n verhoog toe te laat nie. Sy het toe 'n ander rol gekry. Op die ou einde was dit toe nie eens nodig dat sy hoef te geskuif het nie, want die onderwyseresse het besluit om die kleredrag meer fatsoenlik te maak as wat die oorspronklike plan was.

                              My man voel partykeer ek ruk die ysberg onder die pikkewyn uit, bv. my dogtertjies word glad nie toegelaat dat hulle magies mag uitsteek nie. Maar kleredrag is vir my net een van daai dinge waarop 'n christen nie moet "compromise" nie. Dis nie nodig om soos Hestertjie Haarnaald rond te lopp nie, maar dis ook nie nodig om God se tempel goedkoop te maak nie. (Wat is die Afrikaans vir compromise - ek het nie 'n woordeboek nie)
                              The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                              Comment

                              Working...
                              X