Announcement

Collapse
No announcement yet.

Vandag se kinners...

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Vandag se kinners...

    Ek wil graag met julle hierdie deel.

    My seuntjie is 3 (word in Februarie 4), en is vreeslik stadig om te praat - dit gaan al beter want jy kan nou verstaan wat hy s maar 'n rukkie terug was dit nog net 'n gebabbel.

    Elkgeval, hy is vreeslik lief vir musiek - en saam sing! Ek en my man is altyd verstom oor die feit dat jy nie kan hoor wat Tiaan s nie, maar jy kan hoor wat hy sing. So het ons toe vir ons die Loftus vir Jesus DVD gekry en Tiaan is natuurlik gek oor die DVD want sy gunsteling liedjie word daarop gesing - Juanita du Plessis - Lig jou hande na bo (weet nie wat is die regte naam van die liedjie nie).

    Dus ons roetine in die aand - Pappa ek wil Halleluja! Dan sing Tiaan uit volle bors uit, en dan is dit natuurlik oor en oor die liedjie luister. Ons geniet dit vreeslik om hom te sien sing en dans, veral omdat hy nog so klein is en voor die Here dans en juig.

    Dit verstom my net elke dag meer en meer hoe die Here in my kinders se lewens werk. Hy het 'n sussie ook (11 maande) en terwyl Tiaan "Halleluja", sit en dans Sharonize (so vorentoe-atertoe-effek) en dis net handjies waar jy kyk!

  • #2
    As mens nie kinders het nie, wonder jy wat jy met hulle gaan maak as hulle daar is, en as mens die dag kindertjies het, wonder jy wat jy ooit sonder hulle gemaak het.

    Comment


    • #3
      Dit is so waar!

      Comment


      • #4
        Originally posted by Sonia Smit View Post
        Ek wil graag met julle hierdie deel.

        My seuntjie is 3 (word in Februarie 4), en is vreeslik stadig om te praat....
        ....Sonia, welkom hier om ons liggie.....

        ... my seunskind is al 7 en het 'n groot kommunikasieprobleem, maar sing Jan de Wet en die Loflaaities se liedjies duidelik, met of sonder die DVDs....... "vissies in die water" en "My God is so groot, so sterk en so magtig" met al die handgebare sy gunstelinge.....

        .... aan sulkes behoort die Konigkryk van God......


        m
        Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

        Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

        Comment


        • #5
          Tiaan ook! Hy is mal oor sy Jan de Wet DVD. Hy sing ook vissies in die water en lees jou bybel bid elke dag - ook met of sonder die musiek!

          Ek stem 100% saam met jou!

          Comment


          • #6
            Goeie mre,
            My seun wat 3 is geniet Hillsong kids ook baie ..... word sommer twee talig ook .... hy dans in engels en afrikaans ha ha..
            Joh 8:36 "Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees."
            John 8:36 "So if the Son sets you free, you will be free indeed"

            Comment


            • #7
              Tussen ons klomp kan ons 'n hele forum kinderkrans begin. Maar dit is vir my mooi; bou die volk julle, bou die volk!

              My vierjarige seuntjie is nog bietjie klein, maar my sesjarige meisiekind verstaan al die evangelie mooi. Dit wys jou net hoe werklik eenvoudig die evangelie is. Hulle sing graag al die liedjies, afrikaans en engels, en dit is baie lekker. Ons dogtertjie het al by geleentheid ons monde laat oophang met die dinge wat sy bid. Geestelike insig wat jy nooit van so kleintjie sou verwag nie. Dit wys jou net, dieselfde Gees wat in ons is, is in die kleintjies ook.

              Prys God wat homself aan ons kinders kom openbaar sodat hulle Hom ook mag leer ken.

              Comment


              • #8
                Originally posted by Son of the South View Post
                Prys God wat homself aan ons kinders kom openbaar sodat hulle Hom ook mag leer ken.
                Ja en dis LEKKER om kinners te he, veral as mens moes sukkel wat al hoe meer gebeur...

                Laaitie word Mei 4 en Ons Koning Kom (mighty men 2007 se "anthem") is die selfde Halleluja van Juanita wat my seuntjie ook mal is oor, veral in die kar met hande oplig en alles en ons moet saam Sussa klap hannde en dans en op 14 maande steel sy elke dag my hart net meer

                Dit is so lekker om musiek en stories ens. vir hulle te kry wat regte inslag het en goed inprent sonder dat ek hoef te preek het self nie na pa se preke geluister nie.....

                Miskien kan ons nog goeie boekies dvd's ens voorstel?

                Iemand al iets van Gary Kieswetter se kinder dvd's gehoor?

                Ek soek ook iets wat ek gelees het dat God self ons kinders sal leer wat ons nie kan nie wat ons Hom voor vra? Weet een van julle miskein iets daarvan?
                Dis alles net genade -Ma Grace
                "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                Comment


                • #9
                  Ons het al so een of twee DVDs vir kinders genoem op 'n vorige draad hier.
                  Ek sal bly wees as julle nog 'n paar kan bylas wat die moeite werd is.

                  Comment


                  • #10
                    Daar is 'n spier in die hakskeen /skeenbeen wat geoefen moet word wat spraak aanhelp..... so dit is hoekom julle kinders kan sing en dans!! Prys die Here dat Hy dit so uitbring in hulle.

                    Dans saam met julle kinders voor die Here!!

                    Wees kinders voor die Here!!
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by Willem View Post
                      Ja en dis LEKKER om kinners te he, veral as mens moes sukkel wat al hoe meer gebeur...

                      Laaitie word Mei 4 en Ons Koning Kom (mighty men 2007 se "anthem") is die selfde Halleluja van Juanita wat my seuntjie ook mal is oor, veral in die kar met hande oplig en alles en ons moet saam Sussa klap hannde en dans en op 14 maande steel sy elke dag my hart net meer
                      Willem , ek sien in my geestesoog vir Sussa dans agter ouboet se voorbeeld aan... Opvreetbaar, dierbaar!

                      Comment


                      • #12
                        Ek het vir Tiaan Retief Burger se cd gekoop - Luid Kidz. Hy hou nogal daarvan ook. DVD's het ek baie van, maar ek sal vanaand die name mooi neerskryf en vir julle plaas more, ek is nie so goed met al die name nie!

                        Comment

                        Working...
                        X