Announcement

Collapse
No announcement yet.

Vas/Fasting

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Vas/Fasting

    Ons bestudeer hierdie week om te vas. Ek het die vorige besprekings oor die onderwerp gelees, en baie daaroor geleer. Daar is net een ding wat ek onseker oor is. My vriendin praat van mense wat nie self bereid is om te vas nie, dan vas sy namens hulle. Werk dit so? Ek weet jy kan saam met iemand vas, maar namens iemand anders is nou weer 'n ander vraag. Kan julle my dalk help?

  • #2
    Hi Marline,

    Mens kan vas oor iemand of vir iemand of met iemand (soos jy ook genoem het), maar om namens iemand te vas blyk onmoontlik te wees. AS ek nou sommer 'n afleiding mag maak, dan is dit miskien wat bedoel word, om terwyl julle vas iemand op die hart te dra in daardie tyd. Die rede hoekom mens nie namens iemand kan vas nie, sal dieselfde rede wees hoekom mens nie namens iemand voor die regterstoel van God sal kan staan nie...

    Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterwe.
    (2Kon 14:6 AOV)

    So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
    (Rom 14:12 AOV)

    Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
    (2Kor 5:10 AOV)
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Ek stem saam met wat Ferdi hier se, uit persoonlike ondervinding het ek reeds al baie male vir mense gevas, maar ek kan werklik nie namens iemand vas nie, net soos ek nie namens iemand kan bid nie, want ek kan nie namens iemand in 'n verhouding met God staan nie.

      Vas is in my opinie en uit my persoonlike ervaring 'n intense verlenging van gebed, daarom kan jy dit nie namens iemand anders doen nie.

      Groete
      Phil

      Comment


      • #4
        Ek stem saam met wat Ferdi hier se, uit persoonlike ondervinding het ek reeds al baie male vir mense gevas, maar ek kan werklik nie namens iemand vas nie, net soos ek nie namens iemand kan bid nie, want ek kan nie namens iemand in 'n verhouding met God staan nie.

        Vas is in my opinie en uit my persoonlike ervaring 'n intense verlenging van gebed, daarom kan jy dit nie namens iemand anders doen nie.

        Groete
        Phil

        Comment


        • #5
          Ek het myself nog nie gevas nie, en ek kry skaam vir my rede, maar ek weet net nie hoe om dit te doen nie.

          Vir my, die blote idee om nie te eet nie klink bietjie erg. Miskien sien ek dit in die verkeerde lig, maar ek moet ten minste een keer 'n dag eet anders pla dit my totdat ek eet...

          Vas is vir my nog 'n probleem waarmee ek worstel

          Comment


          • #6
            Sonia

            Jy sal weet as en wanneer die Heilige Gees jou daartoe lei, dan sal Hy jou ook die krag gee om dit te kan doen

            Comment


            • #7
              Dankie Phil
              Partykeer wanneer mense praat en hulle sÍ hulle het gevas oor sekere sake, dan voel ek maar so bietjie skuldig hier binne want ek het dit nog nie gedoen nie, maar soos jy sÍ die Heilige Gees sal my lei

              Comment


              • #8
                Ja Sonia, jy het niks om oor sleg te voel nie, die Heilige Gees werk met elkeen van ons verskillend en dinge moet altyd gebeur op Sy tyd. Mense wat wel vas en ander dinge doen, moet oppas dat hulle nie daarmee probeer spog, asof hulle nou 'n spesiale geestelike prestasie behaal het nie, want dit is baie verkeerd.

                Die belangrikste in jou geestelike lewe is bestudering van die Woord en kommunikasie met God, kry jou verhouding in orde en die res sal gebeur soos God dit van jou verwag, wanneer Hy dit van jou verwag

                Comment


                • #9
                  Is dit waar dat wanneer jy vas niemand daarvan mag weet nie?

                  Comment


                  • #10
                    Sonia, kom ons kyk na wat die woord se:

                    16 En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sÍ vir julle, hulle het hul loon weg.
                    17 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,
                    18 sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
                    Matt 6:16-18


                    So, ek glo Jesus se hier dat wanneer jy vas dit nie daaroor gaan dat jy nou vir almal probeer wys dat jy besig is om te vas nie, maar dat jou vas gaan oor jou verhouding met God en dat jy dit vir Hom doen en nie om deur mense gesien te word nie. Wanneer ek byvoorbeeld vas en iemand bied my iets aan om te eet, dan se ek nee dankie, as hulle wil weet hoekom, dan se ek ek is besig om te vas. Gewoonlik gee dit dan vir my 'n kans om te getuig oor hoekom ek vas, maar belangriker die evangelie te deel.

                    Vas is 'n baie persoonlike ding tusse jou en God, dit het niks met ander mense te doen nie, daarom moet ons nie loop en uitbasuin dat ons besig is om te vas nie, want ons doen dit nie vir mense of om deur hulle raakgesien te word nie, ons doen dit vir God.

                    Ek hoop ek maak sin

                    Comment


                    • #11
                      Baie dankie jy maak hope sin en ek leer nou baie
                      My volgende vraag: Kan jy van enigiets vas of beteken om te vas om jou van kos te distansieer? Maak my vraag sin?

                      Comment


                      • #12
                        Sonia

                        Algemeen glo ek dat die wat die Bybel ons leer is om van kos te vas, maar dit beteken vir my om een van jou menslike behoeftes eenkant te plaas en op te offer om eerder te fokus op God. M.a.w. as jy so voel (en ek weet dit is nogals 'n algemente praktyk) kan jy bevoolbeeld van jou TV vas as jy voel dit is iets wat tyd tussen jou en God roof, dan se jy byvoorbeeld jy gaan die TV vir 'n maand afsit en eerder dan daardie tyd wat jy sou gebruik het om jou sepies of stories te kyk gebruik om te spandeer in gebed met God of om saam met jou gesin huisgodsdiens te hou. Ek probeer as ek vas toelaat dat so min moontlik van my menslike begeertes en behoeftes prominent moet wees en dat ek eerder die tyd wat ek byvoorbeeld nie werk of saam met vriende en familie of kerkdinge spandeer nie, met God te spandeer sonder onderbrekings.

                        Ek hoop ek maak nogsteeds sin

                        Comment


                        • #13
                          Baie dankie Phil, ek verstaan vas nou baie beter
                          Dit klink eintlik baie maklik... maar ook baie belangrik...

                          Comment


                          • #14
                            Dit is ja Sonia

                            Comment


                            • #15
                              Baie dankie julle, Ek kom nou net van ons YESHIVA B'rit Hadassah klas af. Om van voedsel te vas beteken nie dat jy geheel en al van eet af hoef te gaan nie, alhoewel jy kan dit ook doen. Vloeistof mag wel geneem word.

                              Ek kan bv, nie heeltemal niks eet nie omdat ek bloedsuiker probleme het, maar jy onttrek jou bv van soetgoed of so iets. Dit is dan gedeeltelike vas, maar soos Phil sÍ, die belangrike ding hier is om dit in ootmoediging te doen, en meer tyd saam met jou Skepper deur te bring.

                              Ons is besig met die Feeste van Israel, en dit is daarom dat ons vas o.a. behandel het.

                              Comment

                              Working...
                              X