Announcement

Collapse
No announcement yet.

Lighuis uitreik. Lees asseblief!!!!!!!!!!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Lighuis uitreik. Lees asseblief!!!!!!!!!!

    Hi julle almal

    Daar was in die verlede 'n soortgelyke draad, maar ongelukkig het daardie draad nie baie aftrek gekry nie. Na gesprek tussen my en Ferdi vanoggend asook lank terug voel ons werklik dat die Here dit op ons harte druk dat Lighuis meer as net 'n forum moet wees.

    Ons het hier tussen ons 'n bepaalde hoeveelheid gawes wat werklik aangewend kan word in 'n gesamentlike bediening. Ons wil dus hier die moontlikhede bespreek van 'n gesamentlike Lighuis uitreik om van ons kant af ons deel te doen om die groot boodskap van ons Here Jesus Christus pro-aktief uit te dra in 'n wereld wat honger is na die Waarheid, soekend is na 'n Verlosser, 'n stukkende wereld met pyn en nood, mense wat geen hoop meer het nie, nie in hierdie lewe of vir dievolgende nie.

    Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
    Matteus 28:19

    Ek weet ons is elkeen besig met ons eie bediening en dit is nie altyd maklik om tyd te maak vir meer nie, maar ek wil werklik vra dat diegene wat 'n bereidheid en die middele het om saam met ons aan so 'n aksie te werk hier sal deelneem en hulle insette gee.

    Ek weet ons begin al weer dink aan 'n Lighuis kuiertjie, ons het ook al een gehad, ek voel as ons die reelings kan tref om saam te kom om te kuier, dan kan ons net so maklik saam kom vir 'n evangelisasie inisiatief, al is dit net oor 'n naweek vir 'n begin. Mense, die tyd is besig om uit te loop, ons moet nou meer as ooit opstaan met die evangelie van die waarheid, met die evangelie van ons Here Jesus Christus.

    Ek vra dat julle sal saampraat, julle insette op hierdie draad lewer, ons kan ons opkomende beplande kuiergeleentheidtjie ook gebruik as 'n geleentheid om hierdie aksie van die been af te kry, om waar ons ookal besluit om saam te gaan kuier, byvoorbeeld die Saterdag opsy te sit om in die gemeenskap van daardie omgewing in te gaan en die evangelie te verkondig.

    As daar diegene is wat nog huiwerig is op die gebied van evangelisasie, moet nie kommer nie, ek sal julle goeie betroubare opleiding gee oor hoe om effektief die evangelie te deel, dit is dan ook die gebied waarin ek opgelei is en ook my bediening om ander op te lei om die evangelie te deel.

    Ek hoor graag van julle in die verband.

    Groete
    Ferdi/Phil
    Last edited by CFJ; Oct 13th 2008, 09:09 AM. Reason: Regstelling

  • #2
    Hi Phil....

    Ek dink jou idee om 'n uitreik te hou saam met ons kuier is 'n goeie idee. Ek self was nog nooit by so 'n uitreik nie, maar my man was al Hillbrow toe vir 'n MES-aksie. Ek moet bieg dat ek erg skrikkerig is vir so iets. By vreemde mense verander ek in 'n totale introvert!

    Ons het ook vriende van Middelburg wat 'n uitreik groep begin het, genaamd Kingdom Builders. Hulle gaan uit in die swart gemeenskappe en versprei bybels, komberse en klere en deel dan die Evangelie. Hulle doen werklik awesome werk. Ek het hulle nog altyd bewonder dat hulle dit met soveel "boldness" doen. As jy wil kan jy op facebook gaan soek vir Kingdom Builders, daar is foto's en inligting van die uitreike wat hulle al gedoen het. Dis regtig inspirerend om te sien sulke jongmense het so 'n wonderlike passie vir die koninkryk van God.
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

    Comment


    • #3
      Hi Lanie

      Jou bereidheid beteken vir my baie, dit is al wat mens nodig het, in Ef 6 lees ons:

      en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
      EfesiŽrs 6:15


      Jy het die bereidheid, die Heilige Gees sal die res ingee

      Kom ons kyk of ons hierdie idee die keer kan maak werk. Is daar nog mense wat bereid is om deel te word hiervan, in watter hoedanigheid ookal?

      Comment


      • #4
        Ek en my man was so flugtig betrokke by uitreikings, maar nou nie meer nie want omstandighede het so bietjie verander

        Ek sal baie graag weer betrokke wil raak want dis vir my lekker om mense se dankbaarheid op hulle gesigte te sien, veral vir goedjies wat hulle kry en hulle nie ken nie.

        Toe ek en my man eendag ook by 'n uitreiking was het 'n vrou, nuut wedergebore, haar getuie gegee, en terwyl so besig was om te praat het sy onbewustelik vir 'n Bybel gevra. My man het opgestaan en sy Bybel, met al sy goedjies in, net so vir haar gegee. Sy was eers geskok en toe soen sy die Bybel! Dit was vir my amazing, ek dink ons was 'n hele paar wat gesit en huil het...

        Comment


        • #5
          Yebo Gogo Phil !

          Nou raak jy my hartsnare

          Ongelukkig is ek so bietjie vÍr van julle af, maar in die gees is ek saam . . .

          In my "kerk dae" was ek betrokke met die EE3 uitreikaksies. Toe ek uit die kerk "gesit" is, het ek gewonder hoe nou...
          Na ek eers deur al my seer en "kleinseerigheid" gewerk het, het God my gewys daar is nog maniere om hom te dien en 'n getuie tewees.

          Ek het begin getuig teenoor mense wat by my wou weet hoekom ek "regtig" uit die kerk is. (Ek was die "worship leader" en redelik bekend)

          Na 'n tyd het mense my kom sÍ dat hulle ook uit die kerk wil gaan, maar waantoe gaan ek, want hulle wil ook dan soontoe kom.

          Ek het geen kerk bygewoon nie en het voorgestel dat hulle Vrydag aande by my Huis bymekaar kom vir "fellowship"... en die res is geskiedenis.

          Vandag is daar 4 groepe wat deur die week vergader en dit groei nog steeds soos mense uit die kerke kom opsoek na Die Waarheid.
          Sodra 'n groep 12 mense is dan verdeel ek die groep. Ek verkies klein groepies.


          Ja, great idee!

          Laat my weet wanneer julle gaan dat ons kan bid !

          2Ti 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

          Comment


          • #6
            Ek het ook die EE3 kursus gedoen toe ek in die hoŽrskool was, maar ek het toe nie daarin bedien nie want ons het toe getrek, en ek was jonk en dom...

            Ek is wel in die Jeugbediening nou...

            Comment


            • #7
              Ek hou baie van die EEIII model, ek glo dit is 'n baie goeie basiese raamwerk om te gebruik om die evangelie eenvoudig aan mense te bedien. Ek myself is 'n EEIII dosent.

              Comment


              • #8
                Ek sal baie graag weer die kursus wil doen om weer my geheue op te kikker...

                Comment


                • #9
                  Toe Ferdi daaroor gepraat het, het ek ook die idee ondersteun. Ons is elkeen 'n sendingveld of 'n sendingaksie - een van die twee.

                  Ons moet 'n boodskap hÍ wat ons saambind in so 'n aksie. Ja, die boodskap is in die Bybel uitgespel, maar ons moet daaroor besin en 'n boodskap formuleer wat in ons tyd spesifiek aktueel is en mense kan aanspreek in die nood van ons tyd. Maak mense wakker vir die tydsomstandighede waarin ons leef. Wys hulle op die dramatiese ontwikkelinge wÍreldwyd en hoe dit inpas by die prentjie wat al duisende jare gelede uitgelÍ is. Wys hulle op die bedrog en misleiding wat hoogty vier in ons tyd en hoe dit ook voorspel is.

                  Dan moet ons die antwoord daarop reg hÍ. Jesus Christus. Kan ons nie 'n paar kernagtige studies van die persoon van ons Verlosser opstel om dit met mense te deel nie: Jesus, die lig van die wÍreld. Jesus, die lewende water. Jesus, die kruis wat die kloof oorbrug. Jesus plant vandag lewe in jou hart. Jesus vir vandag. Jesus, die volkome Middelaar. Wat ek wil sÍ is dit: Kom ons beweeg weg van die metodisme (ek spel dit met 'n kleinletter want ek verwys nie na 'n denominasie of 'n teologie nie). Ons gee nie vir mense 'n metode om by God uit te kom nie, ons gee vir hulle Jesus Christus. Die belangrikste vers in die Bybel gaan net oor Jesus Christus (Joh. 3:16) en die tweede belangrikste een ook (Joh. 14:6), en nie oor wat ons kan doen om by Hom uit te kom nie. In elk geval dink ek dat dit die plek is waar mense soos lighuisers uit verskillende kerklike agtergronde mekaar kan ontmoet en teologiese verskille kan vermy, deur van begin tot end net van Jesus Christus te praat.

                  Comment


                  • #10
                    David,

                    Ek sal graag wil aansluit by jou. Bepaald is daar baie dinge wat mens kan regverdig, veral as mens dit as hulpmiddels sou gebruik. My eie gevoel en ondervinding is dat wanneer mens op 'n uitreik gaan, mens werklik "oop" moet wees vir die werking van God se Gees. Die kere wat mens sukses het, is die kere wat jyself werklik nie weet wat om te sÍ nie, maar wanneer mens 'n vrees het om die Here nie teleur te stel nie. Hyself neem dan besit van mens en wat daarna gebeur is dan nie jyself nie, maar Hy wat deur jou werk. Daar is nie 'n formule vir hierdie resep nie, behalwe dat mens deur Hom gestuur moet wees en ook deur Hom voorberei moet wees.

                    Baie van die kursusse en ook uitgewerkte metodes wat vandag beskikbaar is in die sendingveld, is tot voordeel van God se koninkryk, gegewe dat dit altyd sekondÍr moet wees tot dit wat ek glo, primÍr is. Die primÍre konsep in God se akker, is wanneer Hy deur mense werk en mens net beskikbaar moet wees om dit wat Hy wil doen en hoe Hy dit wil doen, bewerk kan word tot Sy voordeel en eer. Daar is geen resep nie, daar is geen metode of prosedure nie, behalwe Jesus wat gekruisig is en opgestaan het en dat dit prakties lewend moet word vir elke mens.

                    Daar is egter baie prosedures en metodes beskikbaar om mens te help, om by die punt te kom, waar God alles in almal is. Die Bybel is ook vol van dit, maar die Bybel word net lewend wanneer ons totaal ondergeskik aan God raak...

                    Ek hoop ek maak sin, want ek weet wat ek bedoel... of ek dit egter reg oorgedra het sal net diegene wat hier lees kan sÍ...
                    The Rapture

                    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                    but I must confess, donít worry
                    the rapture is not before the Great Tribulation
                    itís before Godís wrath!!!

                    Because His wrath is not meant for you
                    itís for all the people in the zoo
                    think about it and refreshÖ
                    you will see thereís no way out of here, in the flesh

                    If you really believe, you will see
                    the rapture is for you and me
                    when we decide to leave from here
                    that very day, oh! God adhereÖ


                    Comment


                    • #11
                      Phil

                      Nou praat jy my taal. Ek is beskikbaar. En as julle nie omgee nie glo ek 'n paar vriende sal miskien ook wil saamkom, afhangende van die tyd en plek.

                      Lyk my meeste het redelik EEIII agtergrond so dit sal die logiese evagelie styl wees. Ek ken dit net glad nie so julle sal my op 'n quick course moet sit. Was darem al by 'n paar uitreike.

                      Ek dink om erens te begin moet ons besluit:
                      1)Kinders, tieners, volwassenes of gemeng?

                      2) Waar? en hoekom daar

                      Hier in pretoria is daar baaie geleentheid maar ook reeds baaie uitreike. Ek dink ons moet dalk kyk of iemand hier 'n klein plattelandse dorpie op die hart het. Maar sou julle in die stad wil ingaan is daar arm swart, staatkinders, arm wit, swart sluipslapers en 'n paar kinderhuise waaraan ek kan dink. Daar is reeds uitreike na die wat ek genoem het so ons kan dit oorweeg om by hulle aan te sluit. Mar klink my Ferdi en Phil is reeds in beheer.

                      3) Waneer?

                      Mense is meer oop vir die evagelie as hulle koud en honger is, maar honger het nie 'n seisoen nie.

                      Ek is bereid om saam te gaan enige plek binne 4 ure van pta.

                      Comment


                      • #12
                        Kom, kom mense wat draaie om die post.. tik. Hierdie is 'n oproep reguit uit Jesus se mond uit. Jy hoef nie 'n sosial butterfly of iemand van baie woorde te wees nie. As jy kan bid-bid toebroodjies smeer of bid-bid koeldrank ingooi dan doen jy klaar jou deel. Ons kan iets reel wat net 'n halwe dag vat.

                        Kom met voorstelle laat ons kyk waarheen rol die bal.

                        Comment


                        • #13
                          SP

                          Dankie vir jou vurige belangstelling hiermeer. My idee was dat ons 'n bymekaarkom weer reel soos gesien kan word op die "Lighuis Kuiertjie" draad, dat ons so die naweek sal kan saamkuier en mekaar leer ken, die Saterdag dan uitgaan na die plaaslike gemeenskap. As ons byvoorbeeld gaan vir die Klein Kariba idee, dan kan ons uitreik na Warmbad of Nylstroom die Saterdag.

                          Ek gaan reguit wees, my eerste begeerte is dat ons begin by ons eie mense, straatevangelisasie by byvoorbeeld 'n winkelkompleks of 3, uitdeel van traktaatjies (Ek het baie EEIII boekies), gesprekke aanknoop met mense op straat, die evangelie deel die hele Saterdag lank, ons kan dalk selfs 'n kerk in die dorp identifiseer waar ons seker is die Woord suiwer verkondig word en probeer hulle saam met ons betrokke kry, sodat ons weer wanneer ons huistoe gaan 'n plek het waarna ons die mense kan verwys vir geestelike nasorg en groei.

                          Daar is maar nog baie idees wat hier in my kop rondmaal SP, maar kom ons "brain strom" sommer so saam in hierdie draad.

                          Ek maak jou sommer die koordineerder van die aksie

                          Comment


                          • #14
                            Ok, dit klink 100%
                            Wil net seker maak, wil julle die Klein Kariba kuier wat nou gereel word inwerk met die uitreik of nog 'n naweek reel met die fokus op die uitreik?

                            Ek gee glad nie om om dinge te reel nie. Ek hou daarvan om mense opgewonde te kry.
                            So ons weet nou al die volgende...
                            1) Warmbad of Nylstroom
                            2) Ons mense- Jy weet natuurlik ons mense is die hardkoppigste om te evageliseer.
                            3) 'n Mall opset.

                            Met betrekking tot die kerk- laat weet my asb watter kerke jy goedkeur laat ek kan kyk of ek hulle kan kontak om te hoor of hulle sou belangstel. Ek wil net ook onder jou aandag bring dat daar altyd mense is wat seergemaak is deur een of ander kerk so jy gaan twee kerke jou toets moet laat paas sodat ons vir egte bekeerders 'n keuse kan gee.

                            Comment


                            • #15
                              Ek besef toe ook nounet, Klein Kariba self is natuurlik vol van ons mense

                              By die winkelsentrums in Warmbad hardloop die mense net in en uit om goed te koop en terug te gaan vakansieplek toe. Ek is nie seker hoe bereik mense hulle in die hardloop nie.

                              Weet enige iemand of daar naby Klein Kariba 'n sentrum is waar die mense rustig rondloop en uiteet ens?

                              Comment

                              Working...
                              X