Announcement

Collapse
No announcement yet.

Lekker verjaar kleinboet Phil!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Lekker verjaar kleinboet Phil!

    Hi Phil, ek sien dis jou verjaarsdag vandag! Baie geluk! Mag jy 'n wonderlike lewensjaar hÍ en dankie dat jy, al is jy jonger as die meeste van ons, vir almal 'n voorbeeld is van hoe mens jou liefde vir Jesus moet uitleef. Geniet jou dag!

    (P.S. - Dalk kan ons nog hierdie jaar vir jou Írens 'n vroutjie kry! )
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  • #2
    Ahaaaa ! Geluk broer Phil, ons besef met jou ouderdom gaan daar heel moontlik nog baie van hierdie wees, so geniet hierdie ene.
    Ek hoop ons kry koek.

    Comment


    • #3
      Baie geluk Phil! Hoop daar gaan nog baaaaaie sulke dae wees, en dat jy in die jare wat kom, uit jou skoene uit geseen sal word. Jou liefde vir die Here en jou wysheid is 'n voorbeeld vir baie van ons "ouer" mense. Doe so voort!! (En as Fila koek kry, wil ek ok he)

      Comment


      • #4



        Mag die dag en die nuwe jaar vol verrassings wees !


        m
        Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

        Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

        Comment


        • #5
          Originally posted by mari View Post


          Wat vir 'n dingetjie dit daar op ou rimpels se kop, ek wil ook so enetjie hÍ...

          Geluk Phil, dalk kry jy so enetjie vandag!
          The Rapture

          My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
          but I must confess, donít worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          itís before Godís wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          itís for all the people in the zoo
          think about it and refreshÖ
          you will see thereís no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhereÖ


          Comment


          • #6
            Haai dankie julle, ek is net bly om te sien julle is nie meer kwaad vir my nie

            Ai as julle maar kan besef hoeveel die mense op hierdie forum vir my beteken, hoeveel bemoediging ek al uit die hele Bibleforums gekry het, veral vanaf die Afrikaanse lede, ek sit elke dag met so 'n groot verwagting my rekenaar aan om te sien wat die mense gesels, om partykeer bietjie self kontrovers te raak

            Dit is vir my regtig 'n wonderlike voorreg om elkeen van julle hier te kan ken, al is dit net vir sommiges van julle via die kuberruim.

            Lanie
            Dankie vir die inisiatief met hierdie draad, jy is waarlik vir hierdie forum 'n groot seen en jy het 'n nuwe dinamika hier gebring, 'n opregtheid waarna ek myself net kan strewe.

            Fila
            My KK tweelingboetie soos ons altyd bekend gestaan het. Ai, ons ken mekaar al seker so amper twee jaar en het ons al baklei, maar weet jy, ek is vir jou lief soos my eie broer en dank die Here dat ek bevoorreg was om jou Mamma Fila en Boetie Fila persoonlik te kon leer ken, julle is wonderlike mense en dit is vir my lekker as ek weet ek kan altyd jou bel vir enige probleem. Skies oor noudie aand, jy sal nie glo nie, maar toe jy terugbel was ek al aan die slaap

            Eugene
            Dankie vir jou insig, jou wysheid hier op die forum, ons verskil soms nogals rof, maar ek wil net he jy moet weet, ek het baie respek vir jou, soms misverstaan ons mekaar deur hierdie erg beperkte medium, ek sal werk maak daaraan om te let op hoe ek my punt oorbring, ek hoop ons sal mekaar nog eendag van aangesig tot aangesig kan ontmoet.

            mari
            Ons kom ook al 'n redelike lang pad saam, dankie vir jou deelname hier op Lighuis, weet dat ek steeds ook baie vir julle bid, veral vir jou en die kleinding en ek weet die Here sal julle dra waar julle soms self sukkel om te loop, dankie vir die mooi prentjie, ek lyk darm nie heeltemal so nors nie

            Oom Ferdi
            Ai, ek het admirasie vir jou dat jy maar steeds kans sien om hier met my opgeskeep te sit, ek weet ek maak die lewe soms nogals vir jou moeilik, maar kom nou, verwag jy enigsins minder van my Dankie vir die wysheid en insig wat jy my ook al so gereeld gedeel het, dit is maar gewoonlik jy wat my weer hier tot kalmte moet bring as ek effe warm raak, dankie dat jy dit doen en jammer dat jy dit moet doen

            Weereens dankie julle almal, julle is kosbare mense.

            Groete
            Phil

            Comment


            • #7
              Originally posted by CFJ View Post
              Wat vir 'n dingetjie dit daar op ou rimpels se kop, ek wil ook so enetjie hÍ...

              Kan ek vra, nou dat Phil so mooi gereageer het, dat ons hierdie draad oordentlik ontspoor en by Ferdi uitvind wat hy met so 'n dingetjie wil maak ?

              Comment


              • #8
                Hy wil hom aanhou as 'n pocket dog

                Comment


                • #9
                  Ag nee, man! Nou's al my make-up afgegrens!!!!!
                  The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                  Comment


                  • #10
                    Originally posted by Phil Fourie View Post
                    mari
                    Ons kom ook al 'n redelike lang pad saam, dankie vir jou deelname hier op Lighuis, weet dat ek steeds ook baie vir julle bid, veral vir jou en die kleinding en ek weet die Here sal julle dra waar julle soms self sukkel om te loop, dankie vir die mooi prentjie, ek lyk darm nie heeltemal so nors nie

                    dankie Phil...... my makeup is nou wel nie gesmudge soos Lani s'n nie ( nie plek daarvoor hier tussen die gries en spenners nie. ) ... maar myse hartsnare gee so 'n twing...

                    ja, ons kom 'n redelike lang pad - vol hobbels, maar gelukkig ry ons altwee quad ( ek darem nie so rof soos jy nie - die ouderdom laat dit nie meer toe nie ) ....... !!! .... al stamp ons menigmale kop, weet ek jou hart sit in die regte plek.... en hou maar die helmit byderhand as dit te rof raak ......


                    die prentjie het my net herinner aan jou Chad van KK..... en die brak droom van 'n mooie dame.... so.... anyway..... you catch my drift ....


                    m
                    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                    Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                    Comment


                    • #11
                      Geluk Phil,

                      mag al ons Vader se wense vir die jaar vir jou waar word.

                      Ek WEET jy maak Hom bly..
                      Dis alles net genade -Ma Grace
                      "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by Phil Fourie View Post
                        Haai dankie julle, ek is net bly om te sien julle is nie meer kwaad vir my nie
                        Was iemand kwaad? Ek is ok nooit heelemal by nie! My manlief sÍ die naweek vir my hy gee op want ek leef op my eie planeet!
                        The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                        Comment


                        • #13
                          Willem
                          Baie dankie, ek ken jou nog nie so goed nie, maar ek geniet jou plasings gewoonlik baie, ek hoop ons kan nog 'n lang pad hier saam stap.

                          Lanie
                          Almal is altyd kwaad vir my hier, dit is nie 'n vreemde verskynsel nie

                          mari
                          Jy praat seker van hierdie outjie... Ek het dit seker al hier gese, maar Chad is actually my regte Rottweiler se naam, toemaar, hy is nie so kwaai soos ek nie
                          Last edited by Phil Fourie; Jun 1 2009, 12:04 PM.

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Phil Fourie View Post
                            Ek het dit seker al hier gese, maar Chad is actually my regte Rottweiler se naam, toemaar, hy is nie so kwaai soos ek nie
                            Ja, Phil... ek onthou, daarom die prentjie..... hoop die regte woef Chad kry ook koek vandag....... en julle kan mos altwee droom .....

                            .... ja, jy is kwaaier !.... maar daar's darem nie soveel byt in jou blaf nie.....

                            lekker dag
                            m
                            Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                            Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                            Comment


                            • #15
                              My persoonlike gunsteling prentjie daar was hierdie een... Die mense gaan hom net nie so baie hier geniet nie
                              Last edited by Phil Fourie; Jun 1 2009, 12:04 PM.

                              Comment

                              Working...
                              X